VivA Afrikaans-joernaal

VivA Afrikaans-joernaal

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.

Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) Education 68 rész Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.
Wurgpatat sluk is swaar sowaar
8 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Van tuin-aartappeltjies tot aartappelbovis, stoelpatat tot warm patat. Wyl Dawid elders wortels grawe, spit Jana Luther knolle uit. Is jou aartappel ’n ertappel?
Kaatjie en klaar
8 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
In ’n vorige aflewering in hierdie joernaal (“Gawies, japies, en brawe Hendrikke”, 19 Oktober 2018) vertel Jana Luther van Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, asook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag luister iemand daarna en vra: Waar is die vroue dan? Hulle is minder, maar hier is Antjie, Bella, Bertha en Margriet, Martha, Saartjie, Sannie en ander. Gawies, japies en brawe Hendrikke (blog)
Bord, bordeel, van tafel tot bed
10 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Bord, bordeel, van tafel tot bed (Jana Luther). “Waar kom die woord ‘bordeel’ vandaan?” vra ’n Hollander op Twitter terwyl ’n klub vir volwasse vermaak terselfdertyd in Suid-Afrika in die nuus is. “Bordeel.” ’n Prima voorbeeld van hoe ’n eenvoudige woord in betekenis kan gedy wanneer sprekers van verskillende tale sonder “-isme”-benoudheid en puristegepruttel dit oor en weer vir mekaar laat werk.
Pampoen tot pampoesie
9 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Van pampoen tot pampoesie (Jana Luther). Oor kaboepampoen; korrelkop-, kromnek- en gatruikerpampoene; bulpampoene; pampoentyd; pampoenspoke; seepampoentjies; en meer. Lees die blog
Deund, wrik, hekel en snert
14 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Deund, wrik, hekel en snert (Jana Luther). Op die spoor van taalfossiele in komplekse woorde en vaste uitdrukkings in Afrikaans.
Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?
13 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Van ons menswees is taal waarskynlik die grootste kenmerk, die resultaat van die kreatiwiteit en vindingrykheid van duisende geslagte. Hoe gee woordeboekmakers aan dié anonieme en kollektiewe kuns gestalte, en hoe word hul werk gemeet? Jana Luther blaai deur die 15de deel van die Woordeboek van die Afrikaans Taal en vertel van die nut van leksikografiese liniale. . “Die verifiëring, verfyning en toepassing van leksikografiese liniale vir Afrikaans” · Veels geluk, WAT, met die verskyning van Deel 15! · Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?
Pase, Pasga, hase en bolletjies
9 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Pase, Pasga, hase en bolletjies (Jana Luther). ’n Paasnaweekepisode oor die oorsprong van die feesdae, die Joodse feesmaaltyd, die mite van die paashaas, die storie van paaseiers, en die geskiedenis van en bygelowe met betrekking tot paasbolletjies.
SADiLaR vier Jaar van Inheemse Tale
9 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
SADiLaR vier Internasionale Jaar van Inheemse Tale (Jana Luther). 2019 is die Internasionale Jaar van Inheemse Tale (#IYIL2019). Vier saam met SADiLaR Suid-Afrika se taleverskeidenheid, want “mens sonder taal is soos slimfoon sonder apps”.
Antjie en kie
9 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Antjie en kie (Jana Luther). Kinderskrikverhale oor bangmaakfigure en -verskynsels kom voor in die meeste lande en kulture van die wêreld. In Ysland is daar Grýla; in die Afrikaanse folklore Doederomandro, Antjie Somers, Kettemekê, Kaaiman, Kapkaatjie, die Kappietante en nog baie ander.
"Ken jy die see, Meneer?"
12 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
"Ken jy die see, Meneer?" (Jana Luther) Van die vervlietende wêreld van Afrikaanse vissersgemeenskappe en Afrikaans as visserstaal bied die WAT kosbare glimpe.
Hempie-raak-my-nie
5 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Hempie-raak-my-nie (Jana Luther). Duifie sonder gal? Of bokbek en omgemoer? Vir elke omgekrapte bui is daar in die WAT ’n beskrywing.
Koffieklets
11 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Koffieklets (Jana Luther). Waar kom die woord “koffie” vandaan? Wat het ons voorsate in die plek van koffie gedrink? Hoeveel spreekwoorde en uitdrukkings met die woord “koffie” ken jy? Oor “koffie” skryf die WAT lank en lekker. Lees die blog · Lees in Beeld
Dikstertmerries en feite soos koeie
5 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Dikstertmerries en feite soos koeie (Jana Luther). Teenoor die spesialiswetenskap van die etimologie staan die volksetimologie van Jan en alleman; gewone mense wie se tonge oor vreemde woorde struikel, en wat dan spontaan en heeltemal onwetenskaplik, dié tongknopers by hulle eie taal, hul eie variëteit, hulle eie, unieke taalgebruik aanpas.
Sewe opdragte vir taalonderrig
31 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Sewe opdragte vir taalonderrig (Jana Luther). Terwyl die taalkurrikulum in Nederland ingrypend hersien word, bied die Afrikaanse Taalraad op 9 en 10 November 2018 ’n werkwinkel aan oor die ondersteuning van Afrikaansmediumonderrig en Afrikaans as vak in die Wes-Kaap. Hoe lyk die sewe “groot opdragte” wat vir die vak Nederlands gestel word? Wat is daar oor elk van dié opdragte te sê? In Neerlandistiek.nl, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, bespreek prof. Marc van Oostendorp, hoogleraar Nederlands en Akademiese Kommunikasie aan die Radboud Universiteit en navorser aan die Meertens Instituut, in sewe blogs Curriculum.nu se sewe kerndoelwitte vir Nederlands in die klas. Vir nadenke oor raakpunte met Afrikaans, herhaal Jana Luther in hierdie podsending, sy volledige kommentaar in Afrikaans. Neerlandistiek.nl · Curriculum.nl · “grote opdrachten” · VivA-webjoernaal
Gawies, japies, en brawe Hendrikke
8 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Gawies, japies, en brawe Hendrikke (Jana Luther). In baie, veral ouer Afrikaanse uitdrukkings word algemene, alledaagse mansname gebruik om mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge aan te dui; dikwels vergesel van ’n tiperende bynaam of van: Daantjie Donderbos, Karel Grootoog, Jakob Eensnaar, vrolike Frans, brawe Hendrik ... Om van al die Janne en japies nie te praat nie. Soms verbleek die eienaam, soms verbleek die eienaam nie. Die AWS verduidelik wat met die beginhoofletter gebeur. Lees die blog
Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans
7 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans (Jana Luther). Van 4-6 Oktober 2018 is die tweede Afrikaans Grammar Workshop (AGW) as deel van vyfde Afrikaanskollokwium in Gent aangebied. Ondanks herhaaldelike versekerings deur die organiseerders dat dié aanbieding in België ’n eenmalige gebeurtenis was, was ’n handjievol Afrikaanse akademici tog ietwat beswaard oor dié “verengelsing” van die Afrikaanskollokwium. In sy verwelkoming aan kollokwiumgangers het prof. Andries Coetzee oor die ontstaan van die AGW ’n kort historiese oorsig gegee en die redes vir die hou van die AGW in Engels opgesom. Lees die blog · Gentkollokwium 2018: Klik hier vir opsommings van referate
“Sneupe vol sneus”
8 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
“Sneupe vol sneus” (Jana Luther). Uit “bhang”, die Indiese naam vir Cannabis sativa (volgens Facebook ook “omkyktwak”), het die Konstitusionele Hof in September 2018 vir bostrekkers die benoudheid gehaal. In hierdie podsending kan jy luister na alles wat jy nog altyd van aaptwak, van mak- en wildedagga, wou geweet het. Lees die blog
Skitter in Afrikaans: Woordeboeke
28 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Skitter in Afrikaans (Jana Luther). Die taalafdeling van die ATKV ondersteun sedert 2012 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal-onderwysers deur landwyd eendagwerkswinkels aan te bied. Hierdie praatjie oor woordeboeke in die klaskamer word tydens so 'n werkswinkel by die UWK aangebied. ATKV: Skitter in Afrikaans
Awendrood, water in die sloot
10 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Awendrood, water in die sloot (Jana Luther). Vir mense wat na aan die natuur leef, dui verskeie dinge aan dat reën naby is: reënpaddas, rysmiere, dolfies, donderbesies, misroepertjies ... In die Noordelike Halfrond word gespog dat bewoners van ysgebiede meer as 200 verskillende woorde vir sneeu het. Hoeveel soorte reën is daar, en hoeveel reënname, in Afrikaans?
'n "Poenankies"-podsending
18 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
'n "Poenankies"-podsending (Gerhard van Huyssteen). "Poenankies" beteken ‘oulik’ of ‘fraai’, ʼn lekker alternatief vir die slengwoord "cute". In die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls word "poenankies" vir die eerste keer as Standaardafrikaans erken. In hierdie podsending kyk ons na enkele taalkundige aspekte van die woord en veral na waar dit vandaan kom. Lees die blog
Proe hoe soet ’n ghoukom smaak
7 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
“Proe hoe soet ’n ghoukom smaak” (Jana Luther) Luister na Coenie de Villiers se "Namakwaland". Rol jou tong om die klanke. Vind in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT), van Kamieskroon tot Kommagas, tussen ghwarriebos, ghnarrabos en ghneitjies, ghabessies, ghommabos en ghaap, ’n karnaval van diere. Laat jou verhemelte hul name proe.
Meerkatmededelings
47 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Meerkatmededelings (Gerhard van Huyssteen). Waar kom die woord meerkat vandaan? Wat noem hulle Timon in The Lion King in Engels? Is ʼn meerkat en ʼn Engelse suricate dieselfde ding? Wat is die verband tussen ʼn Engelse vervet en grivet, Nederlandse groene meerkat en ʼn Afrikaanse blouaap? Wat vir ʼn woord is muishond en waar kom hy vandaan? Ons kyk na die woord "meerkat" en klap sommer 'n klomp verbandhoudende konsepte met een slag raak. Lees die blog
Dan loop ons so onder deur die maan
21 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Dan loop ons so onder deur die maan (Jana Luther). Om saam te val met die langste algehele maansverduistering van die 21ste eeu op Vrydagaand 27 Julie 2018, 'n podsending oor maanmites en -legendes, bygelowe, spreekwoorde en uitdrukkings, maanalmanakke, en meer.
ICL20 in die Kaap
11 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
ICL20 (Jana Luther). Van 2 tot 6 Julie 2018 is die Internasionale Linguistiekkongres vir die eerste keer op die Afrikavasteland aangebied. In die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum het taalkundiges uit tientalle lande in 10 parallelle sessies oor vyf dae sowat 650 referate gelewer en altesaam 27 werkswinkels gehou. In aansluiting by die kongrestema: Die dinamiek van taal. ICL20-webblad
Praattaal en skryftaal; bollataal en djôltaal
17 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Standaardtaal en omgangstaal (Jana Luther). In Suid-Afrika met sy elf amptelike tale verstaan meer as 7 miljoen mense Afrikaans, en uit die mond van elk van dié 7 miljoen klink Afrikaans net ’n klein bietjie anders as die Afrikaans van enigiemand anders. So beskou, is daar van Afrikaans vandag nie net drie nie, maar om en by 7 miljoen unieke variasies, waarvan die geskiedenis tot ongeveer duisend jaar gelede teruggevoer kan word.
Oor "huidiglik"
49 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Oor "huidiglik" (Gerhard van Huyssteen). Die woord "huidiglik" is 'n doring in die vlees van menige taalpraktisyn en taalgebruiker, maar word desalnietemin gereeld in geskrewe en gesproke taal gebruik. In hierdie podsending word die woord vanuit verskillende perspektiewe toegelig, ten einde uitsluitsel te probeer kry hoe ons in 2018 oor die woord sou kon dink. Lees die blog
Groentesop en vrugteslaai
5 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Groentesop en vrugteslaai (Jana Luther). Dié week was ek in die WAT en die HAT se vrugteboorde en groentetuine, waar plante nie net as voedsel dien nie, maar ook kleur aan ons taalgebruik verleen. Hier is ’n mandjie vol.
Kaaps in fokus
27 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Gesprek oor Kaaps (Jana Luther en Frank Hendricks). Prof. Frank Hendricks is pas afgetrede hoogleraar in sintaksis, variasietaalkunde en naamkunde van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland, voormalige ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalkommissie en mederedakteur van die histories belangrike boek Kaaps in Fokus wat in 2016 by African Sun Media verskyn het. Verwysing: Frank Hendricks en Charlyn Dyers (redakteurs). 2016. Uitgewer: African Sun Media. ISBN: 9781928314165.
Moenie so pandora wees nie
6 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Moenie so pandora wees nie (Jana Luther). Dié uitdrukking hoor ek nou die dag in ’n hysbak in die Media24-gebou in Kaapstad. Eg Kaaps? Of word dit ook elders gebruik? Laat weet vir ons. Maar of dit nou van hier is of van daar: Dit kom van ver.
Van Bologna tot Benoni
4 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Van Bologna tot Benoni (Jana Luther). Toe die verband tussen vleisfabrieke en listeriose onlangs blyk, is polonie snel van winkelrakke verwyder. Nog ’n verdoemende beoordeling van dié kamma-mortadella is die Amerikaanse woord "baloney", wat naas ‘wors’, ook ‘bog’ of ‘onsin’ beteken. Kan ’n Mens in Afrikaans "polonie" ook só gebruik? Figuurlik? Die HAT en die WAT swyg daaroor, maar in VivA se korpusse wemel dit van poloniegesegdes!
Rododendron of viooltjie? Albatros of sysie?
5 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Rododendron of viooltjie? Albatros of sysie? (Jana Luther) In twee vorige podsendings het ek oor klankekspressie gesels: klanknabootsing, of onomatopee; en klankskildering. ’n Derde vorm van klankuitdrukking, wat minder duidelik as onomatopee en klankskildering is, en waaroor hierdie laaste aflewering in dié reeks handel, is klanksimboliek. Om klanksimboliek, soos dit byvoorbeeld in ’n gedig voorkom, noukeurig te omskryf, is moeliker. ’n Mens moet ook versigtig wees om jou dit nie te verbeel nie! Lees die blog
Kaplaks! loop sy in die ruit vas
4 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Kaplaks! loop sy in die ruit vas (Jana Luther). In my vorige podsending het ek oor klankekspressie gesels. Dié soort waar mense klanke wat hulle hoor, met hulle stemme probeer naboots: die geluide van diere, voëls, insekte, selfs plante. Dié soort klankuitdrukking, die eerste van drie tipes waarby ek stilstaan, word klanknabootsing, of onomatopee, genoem. Daaroor nou ’n entjie verder, en ook oor klankskildering. Lees die blog:
Lang woorde en reklametaal
10 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Lang woorde en reklametaal (Gerhard van Huyssteen). Vasstamper; wisselrigter-sweismasjien; vinnigruilbeitelhouer; metaaldraadsnydraaibank met gangwissel; hidrouliese bandsae; pneumatiese naelklinkers; suigtoevoersproeispuite; freesmasjiene; voetknipmasjien; kis- en panplaatmetaal-voumasjiene; gliprollers; draaiflensbuigmasjien; banktapgatmasjien; bossiekappers; awegaars; draagbare loopteleskoop. Dié is alles woorde wat onlangs in 'n baie goed versorgde reklamebrosjure verskyn het. Gerhard praat oor Afrikaans in die reklamwese, asook oor lang woorde. Lees die blog · Adendorff se Afrikaanse brosjure
Nuus uit die Taalkommissiebinnekring
14 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Nuus uit die Taalkommissiebinnekring (Gerhard van Huyssteen). Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het gedurende die laaste week van Februarie 'n sitting in Windhoek, Namibië gehad. In hierdie podsending gee Gerhard terugvoer oor van die besluite wat geneem is, asook oor sommige van die nuwe woorde wat voorlopig opgeneem is as Standaardafrikaans. Lees die blog · Meer oor die Taalkommissie
Tinteltong Toekennings
12 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Tinteltong Toekennings (Gerhard van Huyssteen). AfriVriendelik bekroon jaarliks sakeondernemings wat Afrikaans kreatief gebruik en uitbou. In hierdie podsending gesels Gerhard oor sy ervaring by die 2018-geleentheid. Hy reflekteer ook oor vooropgestelde idees, en hoe Afrikaanssprekendes dalk met meer respek na mekaar moet luister. Lees die blog
“Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” die sprinkaan.
7 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
“Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” sê die sprinkaan. (Jana Luther) Die menslike stem is ’n geskakeerde instrument. Met ons stemme kan ons allerhande geluide naboots. Ons doen dit van die vroegste tye af, en ons doen dit steeds. Luister maar na kinders, wanneer hulle speel. Dié soort klankekspressie – waar met die stem gepoog word om wat die gehoor waarneem, te reproduseer – word klanknabootsing, of onomatopee genoem. Lees die blog:
Tolkterminologie
10 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Tolkterminologie (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Wat is die verskil tussen vertaling en tolking? Of tussen vertaling en lokalisering? En watter verskillende soorte tolking kry 'n mens? Prof. Marné Pienaar (Universiteit van Johannesburg) vertel van twee terminologieprojekte waarby sy en haar kollegas betrokke is. Verwysing :Pienaar, M. & Beukes, A-M. 2010. Veeltalige Vertaalterminologie / Multilingual Translation Terminology. Van Schaik: Pretoria. Kry die boek:
Oor moedertaalmaand
10 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Oor moedertaalmaand (Gerhard van Huyssteen) 21 Februarie is jaarliks Internasionale Moedertaaldag en daarom is Februarie moedertaalmaand by Afrikaans.com. Is moedertaalonderrig slegs 'n kwessie onder Afrikaanssprekendes, of is dit ook iets waarmee sprekers van ander Afrikatale hulle bemoei? Trouens, verkies mense nie dalk om eerder in Engels begroet te word nie, aangesien Engels 'n statussimbool is? Lees die blog · Afrikaans.com se moedertaalonderrigblad
Trap versigtig as jy nie kan sien nie
6 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Trap versigtig as jy nie kan sien nie (Sophia Kapp). Oor trolle en die taal - hoe om op internetfora raad oor taal te vra en hoe om dit uit te deel. Lees die blog
Wat is spelling en waar pas dit in?
18 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Wat is spelling en waar pas dit in? (Gerhard van Huyssteen) Om die selfstandige naamwoord "spelling" of werkwoord "spel" te definieer, is nie so eenvoudig as wat jy dink nie. In hierdie episode praat Gerhard oor wat spelling is en waar dit presies in die taalkunde inpas. Hy verduidelik ook hoe spelling verband hou met die sogenaamde ortografie, asook wat die verhouding is tussen die ortografie (die studie van die manier van skryf) en die fonologie (die studie van die manier van praat).
Online language course: Gesellig Afrikaans
5 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Online course: Gesellig Afrikaans (Gerhard van Huyssteen and Angelique van Niekerk). Prof Angelique van Niekerk talks about an online computer-assisted language learning course that was developed at the University of the Free State. This exciting new course, called Gesellig Afrikaans, is aimed at learners of Afrikaans as a foreign language. More information about the course is available at https://viva-afrikaans.org. Gesellig Afrikaans · Brochure
Dra daai louere – moenie op hulle rus nie
6 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Van verloof en verlof tot loof, lof en die lowergroen lourier. Hoe hou hierdie woorde met mekaar verband, en waar kom hulle vandaan? Lees die blog
Wat is "name and shame" in Afrikaans?
10 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Wat is "name and shame" in Afrikaans? (Gerhard van Huyssteen) Dit is dikwels moeilik om Engelse idiome of segswyses, soos byvoorbeeld "name and shame" in Afrikaans te vertaal. In hierdie week se podsending vertel Gerhard van 'n kreatiewe voorstel van dr Frikkie Lombard van die WAT en Taalkommissie. Lees die blog
Vat dit met 'n bietjie sout!
16 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Vat dit met 'n bietjie sout! (Gerhard van Huyssteen). Sê ons in Afrikaans jy moet iets met 'n knippie/knypie/korreltjie sout neem/vat? En waar kom die uitdrukking vandaan? Kry ons ook dieselfde wisseling in Engels (tussen "a pinch/grain of salt")? Hierdie vrae word aan die hand van uitgebreide korpusdata ondersoek en toegelig. Lexicon Valley
Oor humor en hase
13 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Oor humor en hase (Gerhard van Huyssteen). Waar kom die woord "haasbek" vandaan? En hoekom is daar 'n hele genre hasiegrappies in Afrikaans? In hierdie podsending vertel Gerhard van Huyssteen meer oor hoe humor werk deur normale gespreksbeginsels en -voorwaardes te oortree. Lees die blog · Meer oor Grice se samewerkingsbeginsel
Gesprek oor Die storie van Afrikaans – Deel 1
75 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Gesprek oor Die storie van Afrikaans – Deel 1 (Gerhard van Huyssteen en Wannie Carstens). Proff. Wannie Carstens en Edith Raidt is twee bekendes op die gebied van die geskiedenis van Afrikaans. Aan die einde van 2017 het deel 1 van 'Die storie van Afrikaans' by Protea Boekhuis verskyn. Ons gesels oor die boek, oor Wannie se loopbaan aan die Universiteit van Kaapstad en die Noordwes-Universiteit, asook oor moeilike kwessies met betrekking tot Afrikaans se herkoms. Verwysing: Carstens, WAM & Raidt, E. 2017. Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika – deel 1. Pretoria: Protea Boekhuis.
Waar kom voëlname vandaan?
23 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Waar kom voëlname vandaan? (Gerhard van Huyssteen). Afrikaans het 'n ryk woordeskat van plant- en diername? Maar waar kom al hierdie name vandaan? In hierdie episode gesels Gerhard oor die verdeling tussen erfgoed, leengoed en eiegoed, en bespreek dit aan die hand van 'n klompie Afrikaanse voëlname. Lees die blog · Digitale Biblioteek van die Afrikaanse Taalkunde
Die vers is ’n refrein en die gesang ’n requiem – Vers 3
6 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Die vers is ’n refrein en die gesang ’n requiem (Sophia Kapp). Versamelname – Vers 3: Die stryd duur voort.
Versamelname – Vers 2
5 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Versamelname – Vers 2 (Sophia Kapp). Is ’n dolfyn ’n vis of 'n bees? Die kwessie van versamelname word nog 'n keer ondersoek.
Die juffrou wil 'n antwoord hê – Vers 1
6 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Die juffrou wil ’n antwoord hê – Vers 1 (Sophia Kapp). Oor skilpaaie, die moerige ma en die juffrou wat nie nageslaan het nie. Hoe gemaak met versamelname?
Intensiewe vorme, Noag en die kanon
5 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Intensiewe vorme, Noag en die kanon (Sophia Kapp). 'n Lys taalrelikweë, die jonger geslag wat van die troon af taal maak, en die ouer geslag wat dit uit die kroeg gedoen het. Waarvandaan sal ons hulp kom?
Die Amerikaanse touchdown, die Engelse roos en Welkom se melktert
6 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Die Amerikaanse touchdown, die Engelse roos en Welkom se melktert (Sophia Kapp). Kulturele merkers in tekste - hoe eet 'n mens 'n melktert in 'n ander taal?
Kom ons praat maar weer oor aanspreek
7 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Kom ons praat maar weer oor "aanspreek" (Jana Luther). Onder invloed van Engels wat moeilikhede “address” word vraagstukke in Afrikaans al dekades lank “aangespreek”, ten spyte van deurlopende pogings oor net soveel dekades heen om dié gewraakte woord uit die taal te weer. Is die gebruik daarvan regtig so verkeerd? Lees die blog (met grafiek)
Genoeg is genoeg
6 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Genoeg is genoeg (Jana Luther). “Pak slae is nou ’n misdaad,” sê die hof. Dié uitspraak is wyd verwelkom, maar ook gekritiseer. En ek dink by myself hoe dit my onlangs weer opgeval het hoe baie van Afrikaans se idiome met lyfstraf verband hou.
Aanlyn kursus: Gesellig Afrikaans
15 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Aanlyn kursus: Gesellig Afrikaans (Gerhard van Huyssteen en Angelique van Niekerk). Prof Angelique van Niekerk van die Universiteit van die Vrystaat gesels oor die nuwe aanlyn kursus Gesellig Afrikaans. Dié kursus is gerig op die onderrig van Afrikaans as vreemde taal (met ander woorde vir iemand wat eintlik geen - of min - kennis van Afrikaans het). Meer inligting oor die kursus is beskikbaar by https://viva-afrikaans.org. Inligtingstuk
Wat ek vandag wil kom staan vertel
7 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Wat ek vandag wil kom staan vertel (Jana Luther). “Moet jy so vroeg in oggend met my staan en stry?” Vir hierdie stryery om plaas te vind, hoef nóg die aangesprokene nóg die spreker werklik op die been te wees. Hulle kan aan tafel sit, of selfs nog in die bed lê. In die voorbeeldsin stel “staan” bloot die handeling van te wil stry, as feit. Dis hoe verbale hendiadis meestal in Afrikaans gebruik word: met ’n inleidende werkwoord waarvan die letterlike betekenis verflou het ...
Kom plant jou vlag in Afrikaans se spraakatlas
4 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Kom plant jou vlag in Afrikaans se spraakatlas (Jana Luther). Hoe klink Afrikaans? Daar waar jy is. Verewig jou stem in die Virtuele Instituut vir Afrikaans se nuwe Noordewindkorpus.
Oor beddens en Boervrouens
5 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Oor beddens en Boervrouens (Sophia Kapp). As jy in die middel van die nag wakker word van 'n harde klapgeluid, kan jy maar weet daar is moeilikheid. Maar sommige mense vat nie nonsens van sulke moeilikheid nie ... Oor beddens en Boervrouens
Van varke en verraaiers
6 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Van varke en verraaiers (Sophia Kapp). Oor die bekendstellingsgeleentheid van die 2017-AWS, Sagmoedige Neelsie en Dalene Matthee se Moerbeibos. Wie is uiteindelik die vark in die verhaal? Van varke en verraaiers
Boekbekendstelling - Terminology and Terminography
8 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Boekbekendstelling - Terminology and Terminography (Gerhard van Huyssteen en Mariëtta Alberts). Dr Alberts is een van Suid-Afrika se bekendste terminoloë. In hierdie episode praat sy oor haar nuwe boek wat onlangs gepubliseer is: Alberts, M. 2017. Terminology and Terminography: Principles and Practice. A South African Perspective. Milnerton: MLA Publications. 483 bladsye. ISBN 978-0-9947129-0-5. Prys: R695,00 (BTW ingesluit). MLA Publications; Tel: 021 813 9414; info@editandtrain.com.
Nee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nie
14 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Nee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nie (Jana Luther). Waarom krap die toevoeging van ’n enkele woordpaar tot die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls (’n skamele twee uit altesame 34 077 inskrywings) bruin akademici en skrywers so om?
"Trend" toon opwaartse neiging
6 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
"Trend" toon opwaartse neiging (Jana Luther). Watter nuwe woorde is op die woordeboekmakers se dophoulyste? En hoe word daar oor hulle opname besluit?
Subredakteur is koerant se onbesonge held
5 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Subredakteur is koerant se onbesonge held (Gerhard van Huyssteen). Menige leser/luisteraar weet nie wat ʼn subredakteur is nie. Subredakteurs doen veel meer as om net die taal in 'n koerantberig te versorg.
Oos, Wes, Bluff Bes
5 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Oos, Wes, Bluff Bes (Sophia Kapp). Hoekom word die name van stede of geboue in die buiteland soms in Afrikaans vertaal? En wat noem 'n mens iemand wat van die Bluff (Durban) vandaan kom?
Beskans jou deur jou taal goed te beheers
5 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Beskans jou deur jou taal goed te beheers (Gerhard van Huyssteen) Bouwer Bosch se #Versoening-video’s het Suid-Afrikaners behoorlik aan die gons. Van sy kritici gebruik sy taalgebruik om hom as onbelangrik af te maak. Is sulke kritiek geregverdig?
Nie alles wat rooi is, is ’n posbus nie
13 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Nie alles wat rooi is, is ’n posbus nie (Jana Luther). Rapport se gebruik van die woord "rampant" in die kop van ’n berig oor die Leeus se Superrugby-sege in Durban het ’n hele paar lesers op hulle agterpote gehad. Hoe staan sake met dié woord in Afrikaans?
Koerante en tydskrifte is voedingsbron vir Afrikaans
11 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Koerante en tydskrifte is voedingsbron vir Afrikaans (Jana Luther). Om in bronne soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal en die Afrikaanse woordelys en spelreëls eietydse taalgebruik akkuraat te weerspieël, word die gedrukte én niegedrukte media daagliks gefynkam.
Spontaan oor die lippe
12 perc 0. rész Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Spontaan oor die lippe (Jana Luther). Van Afrikaans se uitdrukkings en gesegdes is reeds etlike honderde jare oud; baie dateer uit vorige millennia. Ontstaan daar vandag nog nuwe idiome?
Sebesség:
Érd el és vezéreld távolról a helyi hálózaton elérhető IntoRadio Cast képes eszközöeidet!
Böngésző-kiegészítő telepítése szükséges!
Chrome web store