God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord. Vars, vir jou, elke dag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Religion & Spirituality 21 évad 250 rész JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenk
Groener Weivelde
2 perc 21. évad 1489. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 10:7-9  Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou verbind word, en die twee sal een liggaam wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. Daarom, wat God saamgevoeg het, moet 'n mens nie skei nie.” (AFR20)

Ons dink dikwels aan die huwelik as 'n instelling, maar as jy eendag trou, ontdek jy dat dit heeltemal anders is, as wat jy gedink het dit sal wees. Dit kan so moeilik word, dat baie mense moed verloor en die handdoek wil ingooi. Maar dit was nooit God se plan nie.

Die huwelik is een van die kosbaarste van alle menslike verhoudings. Man en vrou sluit ander verhoudings doelbewus uit, om aan mekaar getrou te wees. En dit is presies wat God bedoel het.

Maar elkeen wat getroud is, weet dat ‘n huwelik nie altyd rosegeur en maanlig is nie. Sommige dae is daar konflik. Party dae is daar teleurstelling. Party dae is dit seer.

En tog is dit ook deel van God se plan – dit leer ons dat liefde nie gaan oor ‘n toutrekkery om te wen nie.

Maar soms raak ‘n man of vrou ontnugter oor hul huwelik en is die versoeking om na groener weivelde te soek. Daar moet sekerlik iemand beter daar buite wees. Miskien sal ek ...

Kyk wat het Jesus oor die huwelik gesê in:

Markus 10: 7-9 Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou verbind word, en die twee sal een liggaam wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. Daarom, wat God saamgevoeg het, moet 'n mens nie skei nie.” (AFR20)

Om na die sogenaamde "groener weivelde" te beweeg, vereis dat jy iets uitmekaar skeur en glo my, dit veroorsaak 'n pyn en 'n verlies wat geen woorde kan beskryf nie, net om te ontdek dat die verste gras nie regtig groener is nie. 

Ek wens ek kon vir jou sê dat ek die perfekte man is, maar ek is dit nie. En so wonderlik soos my vrou Jacqui is, is sy ook nie perfek nie. Maar ons het hierdie oorweldigende begeerte om saam oud te word. En dit is presies wat God bedoel het.

Wat God saamgevoeg het, mag niemand skei nie.

Sê gereeld vir jouself: die verste gras is nie groener nie.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Sy Getroue Liefde
2 perc 21. évad 1488. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Klaagliedere 3:22,23... ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. (AFR20)

Liefde is 'n woord wat ons almal graag gebruik. En ons dink nogal ons verstaan wat dit beteken. En tog, eers wanneer ons die liefde van God self ervaar, besef ons dat ons tot op daardie stadium geen idee van liefde gehad het nie.

As jy van buite na 'n huis kyk, het jy geen idee wat onder die huis aangaan nie. As die fondament sterk is, sal die huis lank staan, maar as dit nie is nie, sal dit binnekort inmekaar stort.

As jy al ooit 'n huis gebou het, sal jy weet dat die fondament nie juis die mees glansryke deel van die gebou is nie. Jy sal nooit eers die fondament sien wanneer die huis klaar is nie. Maar as dit nie solied is nie, weet jy die res het nie ‘n kans om te bly staan nie...

Die Bybel praat oor en oor van God se standvastige liefde. Dit is 'n vreemde woordkeuse as jy daaraan dink; want ons dink aan liefde as, as 'n gevoel: warm, sag, donsig en ja, romanties. Dit lyk asof "standvastig" net nie daar pas nie.

En tog is die standvastige, onbeweeglike, rotsvaste liefde van God die beste, moontlike grondslag vir jou en my lewe. Dit maak nie saak wat ook al in jou lewe met jou gebeur en watter storms of aardbewings dreig om jou te ontwortel nie, dit is die volmaakte, betroubare liefde van God wat jou geanker hou. Dit is die onbeweeglike liefde van God wat jou staande hou.

Klaagliedere 3: 22,23  ... ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. (AFR20)

Hierdie boek is geskryf deur 'n man wat die verwoesting, wat die Babiloniërs in Jerusalem aangerig het, ondersoek. Hy huil, hy kla, hy probeer die trauma verwerk. Maar toe besef hy ...

Die liefde van die Here hou nooit op nie, sy ontferming is nimmereindigend – dis elke oggend nuut; sy getrouheid is onpeilbaar groot.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Lig en ‘n Lamp
2 perc 21. évad 1487. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 119:105 U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad.(AFR20)

Om ons Bybel oop te maak, is die laaste ding wat ons wil doen wanneer dit moeilik gaan. Dit voel mos nie nodig nie. Dit voel nie relevant nie. En tog is dit die een ding wat ons kan doen, wat God se lig in die donkerte en somberheid van ons omstandighede sal laat skyn.

Soms is die lewe totaal en al ‘n fees. Maar dan kan ander dae weer regtig donker wees: 'n Tyd van seer, of verlies, of die gevoel dat ons op een of ander manier die pad byster geraak het. En dit is in daardie donker tye, wat ons dikwels nie weet watter kant toe nie.

Ons was al almal daar.

Kom ons kyk weer na een van die bekendste tekste van almal:

Psalm 119: 105 U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad. (AFR20) 

Psalm 119 is die langste hoofstuk in die Bybel. Dit is geskryf deur 'n man wat baie moeilike, en baie donker tye beleef  het... en die hele Psalm is sy gebed tot God.

U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad.

Is dit nie wonderlik nie? 'n Lamp vir ons voete, sodat ons kan afkyk om te sien waar ons die volgende tree op hierdie rotsagtige pad moet neem.

En 'n lig op ons pad, sodat ons kan opkyk en sien waarheen die pad lei.

En tog ken ek soveel mense wat in Jesus glo, maar in donker tye is hierdie lamp, hierdie lig – die Woord van God- weggesteek in 'n kas êrens onder 'n klomp rommel, of in hul bedkassie om stof te vergader. 

Kan ek jou vra - maak dit vir jou enigsins sin?

God se woord is 'n lamp vir jou voet en 'n lig vir jou lewenspad.

Laat dit skyn. Laat God op daardie donker dae sy Lig in jou lewe skyn.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Daar is Nie Klein Sondetjies Nie
2 perc 21. évad 1486. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Johannes 1:9 As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.(AFR20)

Die lewe is vol kompromieë. Ek dink dit is vandag meer as ooit ‘n werklikheid. En tog is daar 'n paar kompromieë wat ons maak, wat ons kan beroof van alles wat God vir ons lewens beplan het. Selfs wanneer dit vir ons lyk asof hierdie kompromieë klein en onbeduidend is.

Daar is tye in ons lewens wanneer dit vir ons voel asof, ten spyte van die feit dat ons alles reg doen, dinge aanhou skeefloop. Dit is asof God nie sy deel doen nie.

Soms is dit omdat sy tydsberekening net nie ons tydsberekening is nie. Maar ander kere, voel dit asof iets vir God verhoed om ons te seën. Dit voel asof daar ‘n soort van ‘n verstopping is.

As jy al ooit 'n geblokkeerde pyp in jou huis gehad het, sal jy weet dat 'n baie klein verstopping 'n groot hoeveelheid water kan terughou.

En soms is daar klein kompromieë in ons lewens wat ons vir God probeer wegsteek. Dit kan iets klein en verborge wees; iets wat ons so maklik regverdiging voor kan kry of verskonings voor kan maak; iets wat niemand anders, behalwe God kan sien nie. En Hy wag eenvoudig vir ons om dit reg te stel, om die verborge verstopping te verwyder, sodat sy lewende water kan vloei.

“Maar dit is so klein. Niemand kan dit sien nie.” Miskien...maar dit is hoe blokkasies werk. En weet jy, in God se oë is sonde nooit klein nie.

Maar in 1 Johannes 1: 9 staan: As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig. (AFR20)

Wat is daardie verstopping in jou lewe? Watter klein, verborge sonde hou die massiewe stroom van God se planne, God se seëninge in jou lewe, terug?

As jy jou sondes bely, sal God jou vergewe.

Moet dus nie net daar sit nie. Verwyder die verstopping. Laat die seën vloei.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Elke Deel van jou Lewe
2 perc 21. évad 1485. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 127:1,2 As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan. As die Here oor die stad nie wag hou nie, bly die wagte tevergeefs wakker.(AFR20)

Wanneer jy vir iemand vra hoe dit gaan, kry jy maar al te dikwels die antwoord: “Ag weet jy, ek’s so besig, besig, besig.” Dit wil lyk asof die ‘besig-wees’ deesdae amper ‘n soort van status simbool geword het... selfs wanneer dit ons doodmaak.

Een van die dinge wat ek regtig van God waardeer, is dat Hy deel van elke faset van ons lewens wil wees. En Hy wil nie net deel daarvan wees nie, maar Hy wil elke deel van ons lewens seën.

‘n Paar jaar gelede het ek ongelooflike lang ure gewerk en ek het permanent moeg gevoel. Ek was desperaat en het dokter toe gegaan. Sy het al die toetse gedoen. Nadat sy al die moontlike siektes uitgeskakel het, was haar diagnose eenvoudig: “Berni,  jy kry net nie genoeg slaap nie. Jy het elke aand 'n ekstra uur se slaap nodig!” Hm, en hier het ek nog altyd gedink ek is superman!

Nie lank daarna nie, lees ek toe in die Bybel in:

Psalm 127: 1,2 As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan. As die Here oor die stad nie wag hou nie, bly die wagte tevergeefs wakker.(AFR20)

'n Wonderlike ding gebeur wanneer ons toelaat dat God oor elke deel van ons lewe regeer. Hy spreek sy wysheid in ons harte in. Hy bring rus; Hy gee slaap vir diegene wat Hy lief het.

Moenie my verkeerd verstaan ​​nie, ek glo aan harde werk. En ek hou daarvan om lang ure te werk as ek besig is om te doen wat God van my vra. Maar daar kom 'n stadium waar die dolle gejaag nie net jou gesondheid verwoes nie, maar wys dat jy eenvoudig nie op God vertrou nie.

Hy wil betrokke wees by elke deel van jou lewe. Laat Hom toe om te wees! 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Ontdek God
2 perc 21. évad 1482. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Efesiërs 2:8,9 Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie; dit is die gawe van God. Dit kom nie uit eie werke nie, sodat niemand op iets mag roem nie. (AFT20)

Die meeste van ons kan seker aanvaar dat God ons kan vergewe; maar die idee dat Hy ons slegs vergewe deur die dood en opstanding van sy Seun, is iets waarmee ons dikwels worstel.

 

As ons deur die mensdom se geskiedenis kyk, vereis elke geloofstelsel wat 'n god of gode insluit, dat die mens dinge moet doen om die gode se guns te verkry.

 

Die gode is die gode, en ons is maar net die mense; daarom moet ons dinge doen om hulle te paai, anders straf hulle ons. Dié godsdiens patroon is deur die eeue dieselfde.

 

Maar toe een sterre nag, in 'n stal in Bethlehem, is die patroon gebreek. Die ware God het sy Seun in die wêreld gebring en gestraf om vir ons sonde te betaal. 

 

Hy het gesê, “As jy glo, dat Ek my eie Seun vir jou sonde gestraf het, sodat ek jou kan vergewe; dan is jy vergewe. En dan het jy die Ewige Lewe.”

 

Dis maklik om van Jesus se offer as ’n genade gawe te praat, maar dit is baie, baie moeiliker dit om te begryp. Dit klink net nie regverdig nie, want dit is nie! Die apostel Paulus stel dit so in:

 

Efesiërs 2:8,9 Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie; dit is die gawe van God. Dit kom nie uit eie werke nie, sodat niemand op iets mag roem nie. (AFR20)

 

Ons verstaan almal wat dit beteken om 'n geskenk te ontvang. Die Ewige Lewe is 'n gratis geskenk van God, wat slegs gegee word aan dié wat in Jesus glo. Dit is nie iets wat jy kan verdien nie.

 

Daar is slegs een plek om die genade van God te ontvang - by Jesus. Jy kry dit nêrens in enige ander godsdiens, of by enige gode nie. 

 

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Motivering van die Hart
2 perc 21. évad 1481. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 12:35,36,40 “Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. En wees soos mense wat vir hulle eienaar wag om van die bruilofsfees terug te kom, sodat hulle, wanneer hy tuiskom en klop, dadelik vir hom kan oopmaak.

Wees julle ook gereed, want die Seun van die Mens kom op 'n tyd wanneer julle dit nie verwag nie.”(AFR20)

Het jy al opgelet dat dit soms voel asof die lewe net voortjaag? Ek het soveel dinge wat vandag, môre en die volgende dag gedoen moet word ... en natuurlik jy ook. Ons gaan maar net op die ou trant voort om die dinge te doen. Totdat dit eendag skielik aan ‘n einde kom. Wat gebeur dan?

 

Vandag sal jou hart honderdduisend keer klop. Dit is nege en dertig en 'n half miljoen keer per jaar. Gegewe die gemiddelde leeftyd van ongeveer vyf en sewentig jaar, is dit ongeveer drie miljard hartkloppe. Sjoe, die hart is ‘n ongelooflike ding.

 

Die vraag is, wat gebeur as dit stop?

 

Dink net aan die heelal, die ontsaglike onmeetbaarheid van die heelal. Dis so groot dat ons nie eers weet waar dit eindig nie. Honderd biljoen sterre in ons sterrestelsel alleen. Triljoene op triljoene sterrestelsels.

 

Ons weet nie presies hoe dit begin het nie. Mense praat van die oerknal-teorie; maar hoe het die goed wat in die eerste plek 'geknal' het, daar bo gekom? En hoe het dit gebeur dat ons op hierdie brose rotsmassa beland het; ‘n aardbol, wat presies op die regte afstand van die son af is en die ongelooflikste verskeidenheid lewe onderhou?

 

‘Wat gebeur as jou hart ophou klop’, is so 'n belangrike vraag. Want as jy dít verstaan, kan jy nou doen, wat jy moet doen, om jou gereed te maak vir daardie oomblik.

 

Jesus het dit so gestel in:

Lukas 12:35,36 en 40 “Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. En wees soos mense wat vir hulle eienaar wag om van die bruilofsfees terug te kom, sodat hulle, wanneer hy tuiskom en klop, dadelik vir hom kan oopmaak.

Wees julle ook gereed, want die Seun van die Mens kom op 'n tyd wanneer julle dit nie verwag nie.” (AFR20)

 

Is jy gereed? Want as Jesus is, wie Hy gesê het Hy is, is dit nóú die  tyd om te glo.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Kardinale Vraagstuk
2 perc 21. évad 1480. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

2 Kronieke 1:8-12 Salomo het vir God gesê: “U self het aan my vader Dawid oorvloedige troue liefde bewys, en U het my koning gemaak in sy plek. Here God, laat nou u belofte aan my vader Dawid bewaarheid word, want dit is U wat my koning gemaak het oor 'n volk so talryk soos die stof van die aarde. Wysheid en oordeelsvermoë, gee dit dan nou vir my, sodat ek voor hierdie volk kan uittrek en terugkeer. Want wie kan regspreek oor hierdie groot volk van U? God het Salomo geantwoord: “Omdat juis dit jou hartsbegeerte is, en jy nie gevra het vir rykdom, besittings en eer, of die lewe van hulle wat jou haat nie, ook nie vir 'n lang lewe nie, maar vir jouself wysheid en oordeelsvermoë gevra het, sodat jy my volk oor wie Ek jou koning gemaak het, kan regeer, sal die wysheid en oordeelsvermoë aan jou gegee word. Maar ook rykdom en besittings en eer sal Ek vir jou gee, soveel as wat konings wat voor jou was, nie gehad het nie, en dié wat ná jou kom, nie sal hê nie.ie en dié ná jou ook nie sal hê nie.”(AFR20)

Het jy al opgelet hoe ‘n mens die grootste deel van jou gebedstyd besig is om God vir allerhande dinge te vra? Baie dinge. Die kritieke vraag is egter: vra ons Hom vir die regte dinge?

As jy God sou kon vra vir enigiets wat jy wil hê, waarvoor sou jy Hom vra? Jou antwoord is belangrik, want dit sal weerspieël wat jou lewe dryf. Is dit geld, of erkenning, of daardie 'ding' wat jy so pas op Facebook gesien het?

Terwyl jy oor jou antwoord nadink, wil ek jou wys wat 'n jong koning vir God gevra het. 

In 2 Kronieke 1: 8-12 staan: Salomo het vir God gesê: “U self het aan my vader Dawid oorvloedige troue liefde bewys, en U het my koning gemaak in sy plek. Here God, laat nou u belofte aan my vader Dawid bewaarheid word, want dit is U wat my koning gemaak het oor 'n volk so talryk soos die stof van die aarde. Wysheid en oordeelsvermoë, gee dit dan nou vir my, sodat ek voor hierdie volk kan uittrek en terugkeer. Want wie kan regspreek oor hierdie groot volk van U? God het Salomo geantwoord: “Omdat juis dit jou hartsbegeerte is, en jy nie gevra het vir rykdom, besittings en eer, of die lewe van hulle wat jou haat nie, ook nie vir 'n lang lewe nie, maar vir jouself wysheid en oordeelsvermoë gevra het, sodat jy my volk oor wie Ek jou koning gemaak het, kan regeer, sal die wysheid en oordeelsvermoë aan jou gegee word. Maar ook rykdom en besittings en eer sal Ek vir jou gee, soveel as wat konings wat voor jou was, nie gehad het nie, en dié wat ná jou kom, nie sal hê nie.”(AFR20)

Laat ek jou weer vra, as jy iets van God kon vra, waarvoor sou jy vra? Of miskien moet ek eerder vra: "Wat wil God hê, moet jy van Hom vra?"

Dink baie versigtig na ... en gaan vra dan.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Jesus Stel die Twaalf Aan
2 perc 21. évad 1479. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 3:13-15 Hy het toe teen die berg uitgeklim. Hy het hulle op wie sy keuse geval het, nader geroep, en hulle het na Hom gekom. Hy het toe twaalf aangestel, wat Hy ook apostels genoem het, sodat hulle saam met Hom kon wees, en Hy hulle kon uitstuur om te preek, en hulle volmag kon hê om demone uit te dryf..(AFR20)

Ek glo nie dat een van ons dink dat God deur óns ‘n wesenlike verskil in hierdie wêreld kan maak nie. Deur ander ja, maar nie deur ons nie. En dis tog snaaks dat God die merkwaardigste dinge deur gewone mense doen.

 

As ek of jy Jesus was, en ons kon net twaalf dissipels kies om die pilare van die Koninkryk van God op aarde te vestig, hoe sou ons die werwingsproses hanteer het?

 

Sou ons in koerante en aanlyn adverteer? Gesoek: 12 apostels. Moet die Koninkryk van God gaan verkondig, sodat hulle geslaan en doodgemaak kan word vir hul geloof?Sou ons iemand kry om volgens CV's ‘n kortlys van kandidate vir onderhoude op te stel? Wat van aanlegtoetse?

 

Wat het Jesus gedoen? Hy het die hele nag in gebed deurgebring en 

ons lees in:

Markus 3: 13–15 Hy het toe teen die berg uitgeklim. Hy het hulle op wie sy keuse geval het, nader geroep, en hulle het na Hom gekom. Hy het toe twaalf aangestel, wat Hy ook apostels genoem het, sodat hulle saam met Hom kon wees, en Hy hulle kon uitstuur om te preek, en hulle volmag kon hê om demone uit te dryf. (AFR20)

 

Jesus het groot planne vir hierdie manne gehad. Hulle sou die stigters word van hierdie 'kerk' wat gedurende die volgende (ten minste) tweeduisend jaar, miljarde lewens sou transformeer.

 

Ja-nee, dit was groot planne. Daarom het Hy nie die bes gegradueerdes van die beste teologiese universiteite gekies nie. Nee. Hy het eenvoudige, relatief onopgevoede mense soos vissermanne, mense wat sosiaal verwerp is en sondaars, soos tollenaars, gekies. Hy het gewone mense, net soos ek en jy, gekies.

 

Hy het hulle nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom.

 

Wat 'n uitnodiging! As God jou roep, beteken dit dat Hy jóú wil hê. Gaan.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Menigte
2 perc 21. évad 1478. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 3:7,8 Jesus het saam met sy dissipels na die see teruggegaan, en 'n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg. Ook uit Judea, Jerusalem, Idumea, van oorkant die Jordaan, en uit die omgewing van Tirus en Sidon, het 'n groot menigte na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen (AFR20)

Daar is 'n rede waarom godsdienstige reëls vervelig, hol en betekenisloos voel. Dit is omdat hulle is. Jesus het self gesê Hy het gekom om ons vry te maak van hulle; en weet jy, wanneer Hy ons vrymaak, is ons inderdaad vry.

 

Ek word nog steeds aangegryp deur die skrille kontras tussen reëlgebaseerde godsdiens aan die eenkant en die werklikheid van ons God van genade aan die anderkant. Genade so groot, dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om vir my en vir jou te ly en te sterf.

 

Die realiteit is ongelukkig dat godsdiens, deur middel van reëls, mense steeds dwarsoor die wêreld manipuleer en onderdruk. Maar ​​Jesus stel 'n skrille kontras teenoor hierdie onderdrukking, wat eeue lank die wêreld en die lewens van miljoene mense oorheers. Kyk wat staan in:

Markus 3:7,8 Jesus het saam met sy dissipels na die see teruggegaan, en 'n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg. Ook uit Judea, Jerusalem, Idumea, van oorkant die Jordaan, en uit die omgewing van Tirus en Sidon, het 'n groot menigte na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen. (AFR20)

 

Interessant nè; hierdie groot skare mense wat uit verskillende dele kom om Jesus te volg. Dink ‘n bietjie. Al hierdie mense het sekerlik in God geglo en op Saterdae die sinagoge of tempel besoek. En tog het hulle alles agtergelaat en kilometers ver, te voet oor berg en dal gereis, om Jesus te hoor. Ongelooflik!

 

En ek dink dis hier waar die geheim lê. Ons weet almal wanneer iemand opreg is. En Jesus se egtheid, sy wonderwerke, sy genesings en sy waarheid, kry jy beslis nie tussen die grafstene van godsdienstige reëls nie.

 

Ons word nie gered en dan geroep om 'n godsdiens, of 'n denominasie of mensgemaakte reëls te volg en altyd skuldig te voel nie.

 

Ek en jy word geroep om Jesus te volg.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Geniet God
2 perc 21. évad 1475. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 2:18,19 Johannes se dissipels en die Fariseërs was besig om te vas. Hulle kom sê toe vir Hom: “Waarom vas die dissipels van Johannes en die dissipels van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?” En Jesus antwoord hulle: “Die bruilofsgaste kan tog nie vas terwyl die bruidegom by hulle is nie? Solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. (AFR20)

Ek het grootgeword met wettiese godsdiens. Vir my het dit gevoel dat wanneer ‘n mens Jesus volg, jy 24/7 'n dwangbaadjie sal moet dra. Ek vermoed dat baie mense vandag nog so dink. Maar sê-nou dis nie wat God in gedagte gehad het nie?

 

Een van die dinge wat my die meeste van Jesus aantrek, is die feit dat dit nie vir Hom oor reëls gegaan het nie. Hy het baie gepraat oor ons verhouding met God en hoe ons die manier waarop ons leef, moet verander; maar Hy gee nie hierdie gevoel van 'n klomp rigiede reëls om na te volg nie.

 

Ek dink ons mense kan die neiging hê om die goeie dinge van God te neem en dit in reëls te verander. Godsdiens en reëls gaan blykbaar hand aan hand. Maar ek is nie seker of dit is wat God in gedagte het nie.

 

Party van die mense het Jesus eendag uitgedaag oor die aspek van vas. Ons lees in:

Markus 2:18 Johannes se dissipels en die Fariseërs was besig om te vas. Hulle kom sê toe vir Hom: “Waarom vas die dissipels van Johannes en die dissipels van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?” (AFR20)

 

Met ander woorde, hulle het gevra: "Waarom kom julle nie die reëls van die spel na nie en hoekom volg julle nie die godsdienstige reëls soos almal nie?" Dit is nie 'n onredelike vraag nie. Maar daar staan in:

 

Markus 2:19  En Jesus antwoord hulle: “Die bruilofsgaste kan tog nie vas terwyl die bruidegom by hulle is nie? Solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. (AFR20)

 

Weet jy wat dit my van God vertel? Hy wil eerder hê dat ons 'n verhouding met Hom moet geniet, as om 'n klomp reëls na te jaag. 

En die snaakse ding is, hoe meer ons Hom geniet, hoe meer wil ons ons lewe vir Hom leef. Ek wonder soms of godsdienstige reëls nie die kern van God se genade heeltemal misverstaan en misloop nie.

 

Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Ete saam met Jesus
2 perc 21. évad 1474. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 9:10,11 Toe Hy in die huis vir ete aanleun, het daar onverwags ook baie tollenaars en sondaars opgedaag en saam met Jesus en sy dissipels vir ete aangeleun. Die Fariseërs het dit gesien en vir sy dissipels gevra: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?”(AFR20)

My idee dat ek nie goed genoeg vir God is nie, het my vir amper twintig jaar weerhou daarvan om my lewe aan Hom te gee. Twintig jaar! Toegegee; ek weet ek kan in myself nooit goed genoeg vir God wees nie. Maar die een ding waarop ek nie gereken het nie, was Jesus.

 

Ek dink as Jesus my dorp sou besoek, sou ek Hom graag wou oornooi vir ete. Dit is altyd lekker om die baas vir aandete te hê.  Dink aan die dorp waar jy woon. Al die mense wat vir Jesus werk - die biskoppe of predikante of ouderlinge of evangeliste of wie ook al - hulle is sekerlik diegene wat 'n maaltyd saam met die Baas verdien.

 

Stel jouself die scenario voor:  Jesus neem die bus van die lughawe af en Hy stop nie eers by een van die kerke of huise van enige van hierdie goeie en goddelike predikante nie. Aikona. In plaas daarvan gaan Hy reguit hotel toe. En weet jy dis nie die vyfster een nie, dis daardie regtig ongure kroeg in die stad. Dis die plek waar daar altyd moeilikheid is – waar mense dronk word en waar daar dikwels ‘n messtekery of ‘n geskietery  voorkom; om nie eens van prostitusie praat nie. Dié soort plek, waarin jy nooit gesien sou wou word nie. Kan jy dit in jou verbeelding sien?

 

Nou kan jy dink: Berni, jy maak dit alles op. Glad nie. Want dit is presies waar Jesus telkens beland het, en dit het die godsdienstige leiers van sy tyd tot in die droesem van hulle gebeentes geskok.

 

Matteus 9:10,11 lees: Toe Hy in die huis vir ete aanleun, het daar onverwags ook baie tollenaars en sondaars opgedaag en saam met Jesus en sy dissipels vir ete aangeleun. Die Fariseërs het dit gesien en vir sy dissipels gevra: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” (AFR20)

 

Dis 'n baie goeie vraag. Hoekom?

 

Miskien het Jesus nie net vir die geestelike elite gekom nie. Miskien stel Hy baie meer belang in die doodgewone ouens, die sondaars, soos ek en jy.

 

Dis ons unieke Jesus!

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Net Nog Een
2 perc 21. évad 1473. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 2:4,5 Omdat hulle hom vanweë die skare nie tot by Jesus kon bring nie, het hulle 'n deel van die dak bokant waar Hy was, opgelig, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die slaapmat waarop die verlamde gelê het, laat afsak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man: “Kind, jou sondes word vergewe.” (AFR20)

Baie mense het die idee dat 'n persoonlike een-op-een verhouding met Jesus, totaal onmoontlik is. Hoe kan dit moontlik waar wees? As elkeen van die twee miljard Christene op die planeet 'n persoonlike verhouding met Hom sou wou hê, hoe sou Hy die kapasiteit daarvoor hê? Hoe sou Hy die tyd daarvoor kon maak?

Het jy al ooit in 'n stampvol kerk gesit met soveel mense, wat elkeen ‘n deel van God wil hê, en begin wonder: “Is daar vir my ook ‘n gaatjie, of is al hierdie ander mense vir Hom belangriker?”

Ek onthou die eerste keer wat ek 'n kerk binnegestap het, nadat ek my lewe aan Jesus gegee het. Dit was net 'n gemeente van ongeveer dertig mense; en tog onthou ek dat ek so geïntimideerd gevoel het.

Hulle het almal die woorde van die liedjies geken en geweet hoe om te bid. Hulle het die ‘kerktaal’ geken, die ‘Christianese’ soos dit in Engels genoem word. Maar ek, ek het absoluut niks geweet nie. Hier was beslis geen plek vir my nie.

Maar ek het geleer dat daar 'n tyd was toe Jesus omring was deur ‘n groot skare en hoe ‘n paar manne hul verlamde vriend na Jesus wou bring vir genesing.

Markus 2: 4,5 lui: Omdat hulle hom vanweë die skare nie tot by Jesus kon bring nie, het hulle 'n deel van die dak bokant waar Hy was, opgelig, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die slaapmat waarop die verlamde gelê het, laat afsak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man: “Kind, jou sondes word vergewe.” (AFR20)

Om 'n gat in die dak te breek bo-kant die sensasionele nuwe prediker is 'n baie ekstreme manier om Sy aandag te trek, of hoe? 

Maar kyk hoe Jesus reageer in Markus 2:5: Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man: “Kind, jou sondes word vergewe.”

Het Jesus hom vererg? Geensins! Hy was verbaas en beïndruk deur hul geloof, en Hy het die man genees.

Jy sien, Jesus het altyd plek vir nog een.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Bla, Bla, Bla
2 perc 21. évad 1472. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 1:22 Hulle was verwonderd oor sy lering, want Hy het hulle geleer soos iemand met gesag, en nie soos die skrifkenners nie. (AFR20)

 

Prediking, preke ... het dit regtig nog in die 21ste eeu bestaansreg? Wie stel vandag nog belang daarin, as 'n YouTube-video van vier en 'n half minute te lank is om ons aandag te hou? Sekerlik nie veel mense nie. Dit is uitgedien. Of is dit nie?

Ek onthou toe ek as 'n jong seun kerk toe gesleep is om vir 'n uur op ‘n harde kerkbank stil te sit. ‘n Volle uur, kan jy dit glo? Om nie eers van die preek te praat nie;  ‘n man wat net daar staan en vervelig voortdreun.

 

Wat my betref kon hy net sowel “Bla, bla, bla,” gesê het. Ek dink nie ek is die enigste volwassene met daardie herinneringe nie. En ek is sekerlik ook nie die enigste wie se persepsie van wie God werklik is, hierdeur vertroebel is nie.

 

Vroeg in sy openbare bediening het Jesus by 'n sinagoge in Kapernaum ingegaan en die mense begin onderrig. Maar as jy lees, sien jy dat Jesus se toehoorders dit heeltemal anders ervaar het, as hoe ek dit in my jonger jare moes verduur.

Markus 1:22 Hulle was verwonderd oor sy lering, want Hy het hulle geleer soos iemand met gesag, en nie soos die skrifkenners nie. (AFR20)

 

Waarom was dit? Waarom was sy leer en prediking so anders as die preke waaraan hulle gewoond was?

 

Omdat Jesus bemagtig was deur die Heilige Gees, het  Jesus, die Woord van God, slegs gesê wat God wou hê Hy moes sê, en daarom was daar ‘n egtheid wat niemand kon mis nie. Dit was klokhelder.

 

Indien jy ooit moet preek, sorg dat dit aan hierdie twee vereistes voldoen: dat dit deur die Gees bemagtig word en waar en eg volgens die Skrif is.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Kar Voor die Perde Inspan
2 perc 21. évad 1471. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 2:16,17 Toe die skrifkenners onder die Fariseërs sien dat Hy saam met die sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gevra: “Waarom eet hy saam met die tollenaars en sondaars?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (AFR20)

As ons eerlik is, sal ons graag wil hê dat Jesus 'n aangename, gemaklike, simpatieke Verlosser moet wees; een wat ons sal aanmoedig om te wees wie ons graag wil wees en om te lewe soos ons graag wil. Die probleem is dat Jesus nie so is nie!

Ek wonder of ons Christene nie sekere dinge agterstevoor doen nie. Jy weet, om die wa voor die perde in te span nie? 

 

Ons "gaan kerk-toe" soos ons nog altyd kerk-toe gegaan het. Hoekom? 

 

Slegs omdat dit is, wat ons nog altyd gedoen het. En dan dink ons dat ons “kerk-toe-ganery” al is wat van ons gevra word; dit is mos ons “roeping”? En hierdie “roeping” bepaal ook die manier waarop ons Jesus sien ... uit ons mooi, netjiese kerkbanke, netjies in rye agtermekaar...

 

Dink jy is ek onredelik? Dink jy werklik dat Jesus vir ons, in die gemak van 'n gekussingde kerkbank, heeltemal anders behandel, as wat hy byvoorbeeld dwelmverslaafdes behandel?

 

Ek kom self uit 'n gemaklike middelklas-agtergrond en ek was geskok toe ek die eerste keer in die Bybel van Jesus gelees het. Hy was nie soos ek verwag het Hy sou wees nie. Ek het verwag dat Hy baie soos ek sou wees, maar ek het ontdek Hy iemand was wat die wêreld omgekeer het. Hy het nie gekom om almal gemaklik oor hulself te laat voel nie. Hy het melaatses genees, saam met prostitute gekuier en die geveinsdheid van die godsdienstiges ontbloot. Ons lees in:

Markus 2:16,17 Toe die skrifkenners onder die Fariseërs sien dat Hy saam met die sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gevra: “Waarom eet hy saam met die tollenaars en sondaars?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars.” (AFR20)

 

Hoe sou die kerk gelyk het, as ons almal Jesus se voorbeeld gevolg het?

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Hemel het Oopgegaan
2 perc 21. évad 1468. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 3:16,17 en 4:1 Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos 'n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”.

Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word.

Wanneer dit moeilik gaan en ons probleme ervaar, is dit maklik om te dink dat ons op een of ander manier buite God se wil is. Voorspoed en geluk is tog ‘n teken van God se seën ... is dit nie?

Ek weet nie of jy gedoop is nie, maar my doop was 'n redelike gewone gebeurtenis. Moenie my verkeerd verstaan ​​nie, dit was regtig spesiaal vir my, maar dit was ... gewoon. Aan die ander kant, toe Jesus gedoop is, word ons vertel in:

Matteus 3:16,17 Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos 'n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”

Ongelooflik! As dieselfde met my gebeur het, sou ek gedink het, “Halleluja! Nou’s my kop deur! Dis hoe sukses in die Koninkryk van God mos lyk.”

 

Maar wat direk daarna met Jesus gebeur het, het my onkant gevang. Luister hoe Matteus dit stel in hoofstuk 4 vers 1: Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word.

Eintlik is dit 'n bietjie sagkens gestel. In die oorspronklike Grieks staan dat die Gees van God Hom gedryf of in die woestyn uitgegooi het. Maar, net na hierdie bonatuurlike doop en God se bevestiging, word Jesus deur dieselfde God na die woestyn gedryf; om honger te ly, om alleen en swak en kwesbaar te wees en dan deur die duiwel versoek te word. Dit was 'n groot omwenteling. Dit is nie wat jy sou verwag nie.

En tog, is dit presies wat God met sy Seun gedoen het. Dis nogal iets om in gedagte te hou die volgende keer as jy 'n moeilike tyd beleef.

God se plan is nie altyd om ons gemaklik te laat voel nie, maar sy plan is perfek.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Hy Kom uit Nasaret
2 perc 21. évad 1467. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 1:9 Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop

Dis maklik om ons te verbeel dat ons nie goed genoeg vir God is nie. God het Jesus gestuur om ander mense te red – dié wat soveel meer waardig as ons is. Ons sal heelwaarskynlik nie goed genoeg wees om te kwalifiseer nie.

 

Ek lees nou die dag my Bybel en hierdie een vers tref my:

 

Markus 1:9 Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop.

 

Jy woon waarskynlik nie in dieselfde wêrelddeel as ek nie. Maar waar ons ook al woon, ons kan almal aan 'n plek, 'n dorp of 'n voorstad, wat goor is, dink. Die soort plek waar ek of jy nooit sal  wil woon nie. Ek is seker jy kan aan so ‘n plek dink. Miskien is dit ook nie so ver van waar jy woon nie.

 

Weet jy, in Israel in die eerste eeu, as jy een van die magtige godsdienstige manne was, dié vernames met 'n hoek-kantoor naby die tempel in Jerusalem, was daardie plek, die dorp Nasaret in die provinsie van Galilea.  Jy sou by die blote noem van die naam jou neus opgetrek het, en soos iemand anders eenkeer gedoen het, vra: “Kan daar iets goeds uit Nasaret kom?”

 

En tog het God besluit om sy Seun, Jesus, in 'n arm gesin gebore te laat word en opgelei te word as 'n skrynwerker op ‘daardie plek’, nie in Jerusalem, die magsentrum nie, maar in Nasaret, daardie niksseggende ou plekkie 'n paar dae te voet in ‘n noordelike rigting.

 

Het jy al ooit gewonder - wat sê dit van God?

 

Die feit dat die Skepper en die Verlosser, God self, hierdie wêreld in diepe nederigheid binnegekom het, sê vir my alles; dit sê dat Hy nie net vir die vernames en die elite gekom het nie, Hy het gekom vir die gewone mense soos ek en jy.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Doop met die Heilige Gees
2 perc 21. évad 1466. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 3:16 Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”

Christenskap is nie 'n godsdiens nie, dit is nie 'n stel reëls om te volg nie – dit werk soos ‘n huwelik. Net soos die huwelik, is die Christendom 'n verhouding waarin ons gedrag verander, omdat ons ‘n liefdesverhouding met God het. Dis die groot verskil!

Ek het onlangs 'n verskriklike konflik in 'n Christelike organisasie waargeneem, waar mense regtig sleg optree het. En hierdie onenigheid het my oë weer oopgemaak vir hoe ongelooflik belangrik sterk verhoudings is.

Verhoudings is soos brûe wat ons tydens die goeie en slegte tye in die harte en lewens van ander mense inbou. Brûe wat bedoel is om sterk te staan ​​tydens storms wat onvermydelik uitbars.

Ja, ek weet, dis harde werk om so 'n sterk brug te bou, maar dink net dat wanneer die storm woed, dit wonderlik is om verhoudings te hê wat die toets deurstaan het? Kyk in Lukas 3 wat die heel eerste ding is, wat Johannes die Doper oor Jesus gesê het:

Lukas 3:16 Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”

Dit was 'n radikale stelling oor iets baie seldsaam, want tot op daardie stadium was die Gees van God nog net aan 'n handjievol uitgesoekte leiers en profete gegee.

Dit blyk egter dat God hierdie plan gehad het om 'n kragtige verhouding met elkeen van ons op te bou; deur ons met sy Gees te deurdrenk. Dit is wat dit beteken om gedoop te word; om in iets gedompel, deurdrenk en deeglik getransformeer te word.

In hierdie geval is dit die plan van God om ons te doop, te deurdrenk en radikaal te transformeer deur die uitstorting van Sy Gees op ons. Dis 'n brug wat gebou is deur die lyding van sy Seun. Dit is 'n verhouding wat vir ewig sal hou.

Word gedoop - deurdrenk en deeglik getransformeer - deur die Heilige Gees.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

God Doen Soms Rare Dinge
2 perc 21. évad 1465. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 3:1,2 In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” 

As God jou sou roep om iets te doen, iets wat jou voete onder jou uitslaan – iets wat heeltemal buite jou ervaring lê - sal jy dit doen? Sal jy dink Hy behoort iemand wat baie meer bekwaam is, te stuur... of sou jy in elk geval gehoorsaam? Sou jy?

 

Laat ons eerlik wees, God doen soms vreemde dinge. Neem Johannes die Doper; 'n stem wat uitroep in die woestyn; 'n man wat God gekies het en uitgestuur het om die weg vir die Here voor te berei.

 

Johannes was ‘n bietjie van ‘n rare karakter. Hy het klere van kameelhaar gedra en sprinkane en heuning geëet. Hy het nie na 'n Bybelkollege gegaan of sy geloofsbriewe deur die godsdienstige hiërargie laat stempel nie. Nee, hy was 'n stem wat in die wildernis uitroep met 'n boodskap wat ongelooflik ongewild was. Kyk wat lees ons in:

Matteus 3: 1,2 In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

“Bekeer julle,” met ander woorde, draai weg van julle sonde - “want die koninkryk van die hemel het naby gekom”. En hy het die mense wat na hom toe gestroom het, en hulle sondes bely het, gedoop en vir hulle gesê: “Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar daar kom een ​​wat kragtiger is as ek... en Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”

 

Dink jy as ek of jy God was, sou ons so ‘n snaakse ou soos  Johannes die Doper gekies het om die weg voor te berei vir Jesus, die Skepper van die Heelal en die Verlosser van die wêreld? Waarskynlik nie.

 

Dit is makliker vir ons om te dink dat God sy belangrikste werk vir mense wat belangrik voorkom, uithou. Bekwame mense wat hulself al bewys het.

 

Maar kyk ‘n bietjie in jou Bybel. Hy gee dikwels daardie werk vir mense wat jy nie sou verwag nie. Mense soos ek en jy.

Hou op om jou met hierdie belangrike mense te vergelyk en gaan aan en doen dít waarvoor God jou roep.

 

Dit is  Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Om Mure te Verf
2 perc 21. évad 1464. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Hebreërs 4:12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

Hulle sê dat 'n kitssukses gemiddeld ongeveer twintig jaar neem. Dit is waar. Daar bestaan nie iets soos 'n vinnig-ryk-word-skema nie. En karaktervorming, neem jare se noukeurige werk deur die Een wat ons in die eerste plek gemaak het, om die finale produk te vorm.

'n Paar jaar gelede het ek en my vrou 'n pragtige ou huis gekoop wat in ongeveer 1890 gebou is. Dit was jare lank 'n losieshuis. Jy kan jou seker die toestand van die mure, pleister en houtwerk voorstel.

Ons het 'n paar verwers en skrynwerkers gehuur om die plek te restoureer. Wat my egter verbaas het, was hoe lank dit geneem het om die oppervlaktes voor te berei, voordat hulle kon begin verf. Slegs die afskraap van ontelbare lae ou verf en die opvul en skuur - het 'n paar weke geduur. Maar weet jy, die verwery self, het eintlik baie vinnig gegaan. Alhoewel die verf die eindproduk was, was dit die onsigbare voorbereiding wat die projek suksesvol gemaak het. 

En dit is ook in ons lewens dieselfde. Ons leef in 'n wêreld wat fokus op die blink buitekant; die suksesvolle prentjie wat mense kan sien.

Maar God werk onder die oppervlak en sien ons harte. En net soos daardie verwers, weet Hy dat Hy die dinge wat onder die uiterlike lê, moet hanteer om die finale produk te vorm. Ons lees in:

Hebreërs 4:12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

Laat ons eerlik wees, ons wil graag kitssukses hê. Maar God skaaf deur Sy Woord - wat lewend en kragtig is - die diep krake binne-in weg. Daarom het sy Woord soveel krag om die gedagtes en bedoelings van ons harte te beoordeel.

Luister ons? Dis die groot vraag.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Adam, die Nutsman
2 perc 21. évad 1461. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Eksodus 20:17 “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”

As ons onsself met die mense rondom ons begin vergelyk, kom ons elke keer tweede beste daarvan af. Ons dink ons kan nooit so goed soos hulle wees nie.  Maar, wat jy jouself moet afvra, is of jy ooit veronderstel was om die spesifieke ding so goed soos hulle te kan doen?

'n Rukkie gelede het ek ‘n nutsman, Adam, gehuur om 'n paar goedjies in die huis te kom regmaak. (Ek is die onhandigste nutsman ter wêreld!)

Een van sy take was om die handdoekrak wat onder die wasbak inskuif, te herstel. En weet jy, die ding waarmee ons so lank al sukkel, het hy in minder as drie minute seepglad in-en-uit laat skuif. Ongelooflik. Ek kon dit, wat hy so pynloos gedoen het, nooit gedoen het nie!

Maar, as ek eerlik is, kan Adam waarskynlik ook nie die dinge doen, wat ek kan doen nie! Vra jouself af: 'Wat is die doel daarvan om te vergelyk?'

Maar ons doen dit almal ongelukkig maar al te dikwels. Dis 'n lokval waarin ons almal kan val.

Ons kyk hoe ander mense lyk, of wat hulle het, of verdien, of hoe wonderlik hulle lewe is. En sonder om dit te besef, voel ons ongelukkig en minderwaardig. Ons almal ken seker die tien gebooie.  Nommer tien van tien, lui so:

Eksodus 20:17 “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”

Miskien sou jy of ek nie dié een in ons top-tien lysie geplaas het nie. Maar stop en dink mooi daaroor na.... dit ís baie sinvol, want die begeerte om te hê wat aan iemand anders behoort, is die broeiplek waar baie van die kwaad in hierdie wêreld vandaan kom.

Hou op om jouself te vergelyk met ander.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Jy kan nie ‘n ou Jakkals nuwe Maniere leer nie
2 perc 21. évad 1460. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 19: 26 Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

Verandering is konstant. Dit lyk asof niks ooit dieselfde bly nie, want God is altyd besig met vernuwing. En tog kan verandering, selfs positiewe verandering, ontstellend, selfs stresvol, wees. Hoe goed hanteer jy verandering?

Hulle sê dat dit moeilik kan wees om 'n ou jakkals nuwe maniere te leer.

‘n Paar jaar gelede het ek 'n kat met die naam, Doggy, besit. (Nogal snaaks, maar oulik, nè?) Ons het vir Doggy 'n klein skuilinkie met een van daardie kat-deurtjies onder die braai in die agterplaas gebou. Al wat sy dus moes doen, was om daarop te druk om in en uit te gaan. Sy was mal oor haar ‘huisie’. Dit was warm en droog, maar sy het aanvanklik 'n bietjie gesukkel om die deur te gebruik.

Ek wonder soms of ons nie ook so is nie. God verander dinge. Hy doen iets nuuts, iets goeds, maar iets wat ons nie verwag het nie; met die gevolg dat dit ons uit ons gemaksone forseer.

En dan sit ons net daar, soos die kat, en kyk daarna en wonder: "Nou hoe gaan dit werk?" Ek het al so gevoel, en ek is redelik seker dat jy ook al so gevoel het.

Matteus 19:26  Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

Jesus het dit in 'n ander konteks gesê, maar dit is 'n universele geestelike beginsel.

As God iets nuuts in ons lewens doen, moet ons dit met al twee hande vasgryp, eerder as om terug te staan. En dan sal jy uiteindelik ontdek, dat God heeltemal in staat is om dít te doen, wat vir ons onmoontlik is.

Sien jy ... God kan enigiets doen!

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Prys van Liefde
2 perc 21. évad 1459. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Johannes 3:16 Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê.

Om ander mense lief te hê, kan ‘n uitdaging wees. Eintlik is ek redelik seker dat elkeen van ons moeilike persone in ons lewens het, persone wat God ons roep om lief te wees. En dit ... dit is moeilik; dit kan seermaak ... maar dit is hoe dit werk.

Jesus, hoe beter ek U leer ken, hoe meer begin ek glo dat U liefde is. Ek het gelees hoe U daardie melaatse man genees het en hoe U daardie prostituut verdedig het en ek het gedink - sjoe, dit is wat liefde waarlik is.

Maar, om ander mense lief te hê, is vir my so moeilik. Ek het nooit gedink dat dit my soveel sal kos om liefde te bewys nie.

En toe lees ek hoe hulle U gekruisig het en ek het gehuil. Ek kon dit nie help nie. Ek het net daar gesit en snik. Vir die eerste keer het dit tot my deurgedring hoe lief U my het en hoeveel dit U gekos het.

En êrens diep in my hart, wil ek soos U wees. Ek wil leer om mense lief te hê soos U my liefhet. En ek weet dit gaan baie van my vra. En dit maak my bang.

Maar – ek wil ook ander liefhê soos U my liefhet. Help my, in Jesus naam. Amen.

In 1 Johannes 3:16 staan: Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê.

Dit is absoluut waar. Om ander lief te hê, is party dae harde werk - dit kan 'n moeilike besluit wees, want om ander lief te hê, gaan iets kos. Dis ‘n duur prys om te betaal. Maar aan die anderkant, het God ons liefgehad ... en dit het Jesus alles gekos, selfs sy lewe.

Dis wat dit beteken om Jesus te volg - om ander lief te hê, soos Hy ons liefgehad het.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Ek is nie Heeltemal Seker Nie
2 perc 21. évad 1458. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Johannes 5:13-15 Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

Gister het ons saam 'n gebed gebid - 'n gebed wat ons lewens aan Jesus gegee het - alles wat ons is, alles wat ons het, elke hoop en elke droom. Alles, maar ... miskien twyfel jy vandag?

Jesus ek het gister my lewe aan U gegee, maar om die waarheid te sê, vandag voel ek nie so seker nie. Ek het in die middel van die nag in ’n koue sweet wakker geword en gedink: "Wat het ek gedoen?"

Ek is nie een of ander godsdienstige dweper nie. En toe dink ek: maar nou ja, as U God is, weet U dit al lankal. Dit is snaaks, nè? En Here, U weet wat gebeur. In my diepste wese wil ek U so graag in my hart hê,  maar in my kop ervaar ek daardie gevoel wat ‘n mens kry, wanneer jy wakker word en jy voel asof jy besig is om te val? Dit is presies wat in my kop aangaan.

Ek het U alles gegee. My hele lewe. En ek weet nie wat dit gaan beteken nie. Ag Here, my God, ek wil U net vandag vra om my ongeloof tegemoet te kom. Ek hoor hoe mense van hulle geloof getuig, maar sommige dae is dit nie vir my so maklik nie. Daarom vra ek, Here, help my asseblief om te glo. In Jesus se naam. Amen.

Ons twyfel almal van tyd tot tyd ... maar hier is die waarheid.

1 Johannes 5: 13-15 Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Ek Dink Dit is Tyd
2 perc 21. évad 1457. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

'n Vrou kan nie half swanger wees nie. Sy is verwagtend of sy is nie. En die waarheid is, as dit by jou ewige toekoms kom, kan jy nie half gered wees nie. Jy is ... of jy is nie. Waar staan jy? Is jy waarlik gered ... of nie? 

Te veel mense sê dat hulle in Jesus glo, maar hulle verhouding met Hom is lou, hulle lewe sonder om ooit ‘n verbintenis met Hom aan te gaan. Dis soos 'n paartjie wat sê hulle is ‘saam’.. hulle kan selfs 'n tydjie saamwoon ... maar hulle maak nooit daardie lewenslange verbintenis, daardie openbare huweliksverklaring nie. Is dit nie vandag die dag om ‘n besluit te neem nie?

Here ek dink dit is tyd. Ek weet dit is tyd. Ek dink die afgelope tyd so baie daaraan. Ek het probeer uitvind of U waarlik God is. Ek worstel – maar ek wil seker wees. Is U daar?

Maar in my hart - in my diepste wese weet ek dat U is. En daarom glo ek dit is tyd. Ek wil nie meer wag nie. Ek wil my lewe aan U gee ... alles. Alles wat ek is, alles wat ek het, al my hoop en drome gee ek vir U. Alles. Ek wil my hele lewe in u hande plaas. Ek weet regtig nie wat dit gaan beteken nie. En Here, ek kan regtig nie verklaar waarom ek dit doen nie - ek wil net.

Sal U my neem net soos ek is? Ek kyk terug na sommige van die dom dinge wat ek gedoen het, en dit voel asof my spyt nie goed genoeg is nie, maar ek vra vir u vergifnis.

Ek gee U myself - dis al wat ek het. En Jesus as U vir sondaars gesterf het – glo ek in my hart dat U vir my gesterf het en dat u belofte waar is. In:

Romeine 10: 9  lees ek: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Lang en Moeilike Pad
2 perc 21. évad 1454. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 40:2 Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor.

As ons in nood verkeer, veral wanneer ons gespanne is en onder druk verkeer... wanneer ons God regtig nodig het - verwag ons dat God dadelik moet antwoord! En so dikwels, doen Hy dit nie.

Job se geduld is nie iets wat ons almal het nie. Ons wil hê dat dinge moet gebeur - en ons wil hê dat dit nóú moet gebeur! Is ek reg?

God, as U vir my dinge gaan belowe - wil ek hulle nóú hê.

Daarom was ek verslae toe ek in die Bybel lees dat ‘n duisend jaar vir God soos 'n dag is. Agge nee!

Ons bid miskien oor verskillende dinge soos ons gesondheid, 'n verhouding, 'n finansiële behoefte, of wat dit ook al mag wees. Goed, ek het daarvoor gebid. Dit was vyf minute - dis tyd om te antwoord, Here!

Ek lees graag die Psalms wat deur koning David geskryf is, omdat hy so dikwels in gevaarlike situasies was. Hy het werklik swaargekry en daar is, interessant genoeg, meer Psalms waarin hy weeklaag, as dié waarin hy God se lof besing. 

Kom ons kyk na een van die Psalms wat hy geskryf het, terwyl hy in  een van die moeilikste en gevaarlikste tye van sy lewe, was:

Psalm 40:2 Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor.

Hm. Sien jy; Dawid het gesmag en dit beteken om hewig, vurig te verlang. Hy het gewag ... geduldig gewag. Die oorspronklike Hebreeuse woord beteken om verwagtend te vertoef - om met afwagting uit te sien na wat God gaan doen.

Dit is 'n gesindheid van die hart. Dit gaan daaroor om ons harte op God te rig en met 'n gevoel van verwagting op Hom te wag. Dit is wat dit beteken om vertroue te hê ... 'n geduldige verwagting.

En wanneer ons God met daardie gesindheid nader ... neig Hy tot ons - met ander woorde, Hy strek Hom uit en hoor ons geroep.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Stel Geloof Eerste
2 perc 21. évad 1453. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Handelinge 7:5 God het hom geen eiendom in hierdie land gegee nie, selfs nie 'n handbreedte daarvan nie. Maar Hy het wel belowe om dit as besitting vir hom te gee, en ná hom vir sy nageslag, alhoewel hy nog nie 'n kind gehad het nie.

Soms lyk God se beloftes onmoontlik. As ons eerlik wil wees, lyk dit soms absurd. Maar God is die God van die onmoontlike. God is die God wat ons nooit in die steek laat nie ... al neem Hy soms langer as wat ons verwag.

Het jy al ooit gesukkel om in God se beloftes te glo? Ek is ernstig, Hy maak 'n paar baie groot beloftes, nie waar nie?

So het God vir Abraham, 'n ou man wat geen kinders gehad het nie, beloof dat hy sy eie land en ‘n verskriklike groot nageslag sou hê. Dit is glad nie snaaks dat Abraham gesukkel het om die belofte te glo nie. Dit was beslis verregaande! Kyk wat lees ons in:

Handelinge 7:5 God het hom geen eiendom in hierdie land gegee nie, selfs nie 'n handbreedte daarvan nie. Maar Hy het wel belowe om dit as besitting vir hom te gee, en ná hom vir sy nageslag, alhoewel hy nog nie 'n kind gehad het nie.

 

God hierdie wonderlike manier om met gewone mense soos Abraham, en ek en jy ‘n pad te stap. Dis ‘n moeilike pad waarop ons soms swaarkry. Maar dis ‘n pad waar God nie slegs sy beloftes op ons harte skryf nie, maar ook waar Hy hulle op sy volmaakte tyd, vervul.

En as dit moeilik voel en sy beloftes onmoontlik lyk - soos dit beslis vir Abraham moes gelyk het wat 25-jaar moes wag - is al wat God van ons vra, om aan Hom vas te hou. Om aan te hou glo.

Dit is wat Abraham gedoen het. Hy het genoeg foute gemaak. Maar hy het vas geglo aan God se beloftes.

Ja, jy’s reg. Al die beloftes is nie in sy leeftyd vervul nie, maar God het hom 'n seun, Isak, gegee. Interessant genoeg beteken die naam, Isak, "hy lag". Nogal lagwekkend as ‘n mens dink hoe oud hy en sy vrou was!

Kyk God weet dat die reis soms vir jou moeilik is. Maar byt vas. Hou aan glo. Moenie tou opgooi nie.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

n Mens Kan nie Altyd Wen Nie
2 perc 21. évad 1452. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Hooglied 2:15 “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot.

'n Onvervulde lewe is een van die mees algemene dinge wat jy onder Christene sal vind. 'n Lewe wat skynbaar tekort skiet aan alles wat God belowe. 'n Lewe wat jou laat vra: werk hierdie Christenwees-ding regtig?

 

As God waarlik God is, dan kan Hy nie lieg nie en kan Hy nie teruggaan op sy beloftes nie. Alles wat Hy belowe het - en Hy belowe nogal baie - moet Hy doen.

 

Soveel mense glo in God se beloftes - vrede, vreugde, 'n oorvloedige lewe - maar op die een of ander manier lyk dit of die dinge nooit in hul lewens waar word nie. Hoekom is dit?

 

Dit is nie dat Jesus ons 'n maklike lewe belowe het nie. Nee, allermins, om Hom te volg, maak die lewe baie moeiliker, omdat ons geroep word om onsself te verloën, om ons kruis op te neem en om teen die stroom op te swem.

 

Weet jy, daar is hoofsaaklik een ding, wat 'n mens van al God se beloftes beroof. Dit is die klein kompromieë wat ons maak. 'n Bietjie verneukery hier, 'n ligte flirtasie daar. Niemand sal dit agterkom nie. Dis in elk geval net 'n klein dingetjie. Dit maak nie regtig saak nie. Maak dit?

 

Die wyse ou koning Salomo het in Hooglied 2:15  gesê: “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot.

 

Dit is geskryf in die konteks van die klein dingetjies wat 'n huwelik kan ondermyn, maar dit geld ook vir die klein dingetjies wat enige verhouding kan bederf, ook ons verhouding met God.

 

Ons weet almal dat die lewe veronderstel is om ‘n fees te wees, net soos daardie wingerd, wat ryk, oorvloedige vrugte dra. Maar dit gaan nooit gebeur, as jy die klein jakkalsies toelaat om jou wingerd te verniel nie.

 

Watter klein kompromieë beroof jou van God se beloftes? Is dit regtig die moeite werd om hulle in jou lewe te hê?

 

Doen jouself 'n guns. Vang hulle. Skop hulle uit jou wingerd.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Aanvaar Jesus as Here
2 perc 21. évad 1451. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 16:24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg,

Daar is twee verskillende maniere om in Jesus te glo. Die mees algemene een, is bloot om met jou verstand in Hom te glo. Die minder populêre manier, is om Hom met jou lewe te vertrou. Op watter manier glo jy?

Ek was voorheen ‘n baie voorskriftelike ou - ‘n 'my way or the highway' soort man.

Gevolglik was dit vir my 'n groot besluit om my lewe aan God oor te gee. Nie ‘n oppervlakkige geloof in Jesus nie, nee - om Hom die Here van my lewe te maak. Daar is 'n reuse verskil. Kyk hoe Jesus dit gestel het in:

Matteus 16:24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg,

Om jouself te verloën, beteken om dinge op te gee wat jy nie wil prysgee nie. Dit help nie om doekies te probeer omdraai nie. Om Jesus te volg, vra opoffering.

Ek was voorheen baie ongenadig en wreed teenoor mense. Ek sou hulle maklik verneder en misbruik vir my eie gewin. Maar jy kan nie aanhou om dit te doen en Jesus te volg nie. Dit is of die een of die ander. Ons natuurlike instink is om in beheer te wees, om dinge op ons manier te doen. Die probleem is dat daardie pos reeds gevul is. Dis God s’n.

Om in Jesus te glo ... dit is een ding. Om Hom die Here van jou lewe te maak, is heeltemal ‘n ander saak. Kan ek jou dus vra, is jy 'n gelowige of 'n dissipel? Is jy iemand wat maklik sê: "Natuurlik, glo ek dat Jesus vir my gesterf het," ... en dan met jou lewe voortgaan asof jy in beheer is?

Of, sê my, is jy 'n opregte dissipel, 'n volgeling van Jesus, wat bereid is om jou eie agenda te laat vaar en jou kruis op te neem en Jesus te volg?

Die kern van die saak is: is Jesus die Here van jou lewe ... of nie?

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Geveg op Geveg
2 perc 21. évad 1450. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Deuteronomium 6:18,19 “Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou en dat jy die goeie land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het, kan ingaan en in besit neem, dat jy al jou vyande kan verdryf soos die Here belowe het.

God maak baie beloftes in sy Woord. Dit is egter ‘n ander saak om sy beloftes te ervaar en om elke dag vanuit daardie beloftes te leef.  Wat dink jy?

Ons word soveel dinge in die lewe belowe, soveel ... en tog word so baie beloftes nooit bewaarheid nie. Sukses kan op die ou end leeg voel. Verhoudings kan teleurstel. En ongelukkig ervaar baie mense ook dat God se beloftes nie in vervulling gaan nie.

Dit lyk asof Jesus soveel vir ons belowe het - vrede, vreugde, 'n oorvloedige lewe - maar op die een of ander manier voldoen die beloftes nie aan die verwagtinge nie.

Die arme Israeliete. Hoe moes hulle gevoel het? Hier staan hulle en  sien uit na die vervulling van God se belofte. Na eeue van slawerny in Egipte, gevolg deur veertig jaar in die woestyn, lê die Beloofde Land, wat God al jare tevore aan Abraham belowe het, voor hulle.

Maar hierdie "Beloofde Land" wat aan húlle beloof is, word alreeds deur 'n hele klomp stamme en nasies bewoon. Dit sal geveg op geveg van hulle vra om hierdie land hul eie te maak.

Was dit regtig een van God se beloftes? En as dit was, hoekom sou hulle moes veg daarvoor?

Kyk hoe God die vrae beantwoord het in:

Deuteronomium 6:18,19 “Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou en dat jy die goeie land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het, kan ingaan en in besit neem, dat jy al jou vyande kan verdryf soos die Here belowe het..

Ja, dit het geveg op geveg van hulle gevra, maar hulle het die getrouheid van God eerstehands ervaar. Hulle het vasgehou aan God se belofte.

“Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou...”

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Christen-wees Werk
2 perc 21. évad 1447. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Petrus 4:12,13 Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid.

Mense wat van buite af na die Christelike godsdiens kyk, sien dit dikwels as 'n spul 'reëls en rituele', eerder as dit wat 'n kragtige verskil in jou lewe maak. Dit verbaas my nogal, alhoewel dit...nee, wag, streng gesproke, verbaas dit my nie regtig nie, omdat ék ook voorheen so gedink het.

Mense het my gevra: “Waarom het jy jou webwerf christianityworks.com genoem? Beteken dit dat die Christelike godsdiens gaan oor dit wat jy doen – jou werke? Is dit hoe dit werk? Moet jy op die een of ander manier werk en werk om in God se goeie boekies te kom?” 

Nee, dit is nie wat dit beteken nie, want as jy in Jesus glo, as jy jou volle vertroue in Hom stel en glo dat Hy die prys vir jou sonde aan daardie Kruis betaal het, dan is God se guns en vergifnis gratis. Dit word genade genoem. Ongelooflik!

"So - wat beteken dit?"

Nou ja, ek dink dat as ons in Jesus glo, moet dit werk. Dit moet 'n verskil in ons lewens maak - 'n positiewe verskil, nie 'n slegte verskil nie. Die geloof moet uitwerk, in goeie en slegte tye. Kyk wat geskrywe is vir Christene wat destyds geweldig gely het:

1 Petrus 4:12,13 Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid.

Weet jy ek het in sommige van die donkerste dae van my lewe,  ontdek dat hierdie Christenwees-ding regtig werk. Op dae toe ek swaargekry het ... was God daar om my vertroue in Hom te herstel. God het my hart laat oorloop van vreugde te midde van my hartseer.

Glo my vry: dit werk om ‘n Christen te wees. 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Ek was Verkeerd!
2 perc 21. évad 1446. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Niemand van ons hou daarvan om te erken dat ons verkeerd is nie ... en tog is ons soms. En dikwels as ons verkeerd is, maak ons ander mense seer. En dis juis in daardie situasies wat ons 'n paar moeilike besluite moet neem.

 

As jy al tieners grootgemaak het, sal jy weet dat dit van tyd tot tyd baie geduld en heelwat konflik behels. Toe my dogter 'n tiener was, het ek haar dikwels verkeerd verstaan, verkeerd gereageer en haar kop afgebyt.

 

En jy as ouer, weet diep binne in jou hart dat jy moet erken dat jy verkeerd was. Dis baie moeilik, veral as jy die gesagpersoon is. Die maklikste ding om te doen, is net om die konflik toe te smeer, daarvan te vergeet en aan te beweeg.

 

Maar hoe langer jy dinge so los, hoe groter is die kans, dat jy daardie verhouding skade gaan aandoen. Daarom steek ek my trots in my sak, omhels haar, vra om verskoning en vra dat sy my moet vergewe.

 

Miskien is ek anders as jy, maar ek sukkel nogal daarmee. Maar Jesus het in Johannes 13: 34,35 gesê: Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

 

En as ons sê dat ons iemand liefhet, kan ons nie daardie verhouding skade berokken en die persoon seermaak deur iets wat óns fout is nie.

 

As ons sê dat ons iemand liefhet, moet ons dinge regstel.

Liefde is 'n werkwoord. Dit ís 'n werkwoord. En wanneer ons sy liefde in moeilike situasies betoon, is ons ‘n getuienis vir Hom. Onthou, dit maak nie saak hoe moeilik dit mag lyk en hoeveel dit ons mag kos nie.

 

...julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet,

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Stewige Fondament
2 perc 21. évad 1445. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 18:3 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.

Een van die grootste foute wat ons ooit kan maak, is om te dink dat ons 'n goeie lewe kan hê sonder sterk fondamente. Baie probeer ... asof 'n struktuur sonder vaste fondamente ooit sal hou!

 

Hierdie VARS boodskap van vandag word regoor die wêreld in baie verskillende tale gelees, geluister en gekyk, Maar waar jy ook al woon, is die Sydney Hawe Brug, 'n paar kilometer van my huis af, een van die landmerke waarvan die meeste mense weet.

 

'n Vriend uit die VSA het my ‘n rukkie gelede besoek. Ek het hom geneem om onder die bekende brug te gaan stap. Van die onderkant af, sien jy dit uit 'n perspektief wat die meeste mense dit nooit sien nie.

 

En ek moet jou vertel, van daar af, is dit enorm: 52 800 ton staal. Dit word aanmekaar gehou deur 6 miljoen klinknaels; is met 272 000 liter verf bedek en word elke dag deur ongeveer 200 000 voertuie  gebruik. Jy kan self dink dat die brug massiewe fondamente moet hê, wat diep op soliede rots gebou is, om die las te dra.

 

En as jy daaraan dink, is daar 'n groot las op jou en my lewe. Dink aan die dinge waardeur jy gaan, die swaar wat jy moet dra, die chaotiese verkeer waarmee jy daagliks moet stoei. Sonder sterk fondamente wat in soliede rots geanker is, sal dit uiteindelik alles ineenstort. En ongelukkig is dit wat met baie mense gebeur. Ons lees in:

 

Psalm 18:3 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.

 

Bou jou fondament op die regte plek, op soliede rots en bou dit sterk. Laat die Here jou rots wees.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Louwarm Lewe
2 perc 21. évad 1444. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Openbaring 3:15,16 Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.

Ja, ons wil tog so graag net deur die lewe wals  ... oukei, ek glo in Jesus ... maar wat van my volgende verhoging en my volgende vakansie. Wat dink hy van my? Sy lyk slimmer as ek ... ja, so wentel ons lewens al te dikwels om onbenullighede.

Het jy al ooit 'n glas louwarm water gedrink? Dit is absoluut walglik, is dit nie? Jy wil dit net uitspoeg. En dit is hoe Jesus voel, wanneer Hy 'n louwarm Christen teëkom. Dit is hoe Hy dit stel in:

Openbaring 3:15,16 Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.

En as jy daaraan dink hoe ‘n louwarm glas water smaak, dan verstaan jy baie goed wat Jesus bedoel.

Die duiwel daarenteen? Hm, my gevoel is dat hy absoluut mal is oor louwarm Christene. Jy ken die soort; gemaklike, voorstedelike, kerksitter-Christene wie se lewens nie regtig vir Christus getuig nie. Hulle, wie se lewens nooit in hierdie wêreld enige praktiese en  kragtige verskil vir Jesus maak nie.

Christene wat net lou is.

Ja, ek is redelik seker dat die duiwel mal is oor daardie mense, want hulle hou geen bedreiging vir hom in nie. Hulle sal beslis nooit iemand van Jesus vertel nie. Hulle sal waarskynlik ook nooit opregte liefde en vriendelikheid betoon aan iemand wat dit ook nie verdien nie. Reg geraai;  louwarm maak die duiwel nie bang nie!

Jesus, daarenteen, voel so hartstogtelik oor jou en my, dat Hy namens ons aan daardie kruis gesterf het. En daardie selfde Jesus het 'n plan vir jou en my lewe. Hy begeer dat ons vaste beginsels moet hê, 'n verskil in hierdie wêreld moet maak, en mense deur ons liefde vir Hom, na Hom trek.

Moenie 'n louwarm Christen wees nie.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Arme Ekke
2 perc 21. évad 1443. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Spreuke 14:20,21 'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot; 'n ryk man het baie vriende. Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed.

Ek hoop nie jy dink ek’s onsensitief nie, maar ek gaan die volgende stelling in elk geval maak, omdat dit waar is. Hoe meer welvarend ons raak, hoe meer is ons geneig om op onsself te fokus en die behoeftes van ander as minder belangrik te beskou.

So nou en dan kry ons onsself jammer. Miskien gaan dit nie so goed nie, of jy voel pootuit of miskien sommer net sat vir alles ... Arme ekke.  Dit gebeur met ons almal.

Die heel eerste keer dat ek deur ware armoede gekonfronteer was, was in 'n dorpie in Indië. Hierdie mense het in sulke armoede geleef, dat ek gehuil het. Tot op daardie oomblik het ek geen idee gehad van wat "arm" regtig beteken nie.

Ek weet nie wat jou finansiële omstandighede is nie, ek weet ook nie wat in jou lewe aangaan nie en ek weet ook nie hoe swaar jy dalk kry nie. Maar, wat ek wel weet, is dat Jesus die meeste van sy tyd onder die armes deurgebring het. God het ‘n spesiale plek in sy hart vir die armes. Ons lees dwarsdeur sy Woord daarvan. Kyk wat lees ons in:

Spreuke 14: 20,21 'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot; 'n ryk man het baie vriende. Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed.

Natuurlik kry ons onsself soms jammer, en tog glo ek elkeen van ons kan tog 'n manier vind om kos op iemand, wat nie genoeg het om te eet nie, se tafel te sit. Elkeen van ons kan help om 'n dak oor die kop van 'n gesin, wat geen skuiling het nie, te sit.

Elkeen van ons kan 'n manier vind om medelye en vertroosting te bied aan iemand wat dit regtig nodig het; iemand wat regtig seer het.

Wees vriendelik teenoor die armes, en jy sal geseënd wees.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Trotseer Vrees
2 perc 21. évad 1440. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 6:31,32 “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

Kan ek jou uitdaag om terug te dink aan die laaste keer wat jy bang was vir iets. Ek bedoel regtig vreesbevange was; tot op die punt dat dit jou denke oorheers het. Die vraag is: hoe het jy dit hanteer? Wat het jy met jou vrees gedoen?

Ons gaan almal deur tye van vrees, wanneer daar 'n toenemende gevoel van bedreiging en gevaar in ons harte posvat.

Ek is nie van nature 'n angstige mens nie, maar ek was ook al deur die jare soms vreesbevange; seker omdat dit menslik is om bang te wees.

Maar dis jou keuse hoe jy dit hanteer:  jy kan vir 'n rukkie alleen op jou eie sukkel, maar dit werk nie regtig so goed nie. Jy kan ook ander mense se raad en hulp vra, maar so dikwels verstaan ​​hulle nie jou vrese nie.

Dan sit jy met die vraag, wat maak ek met my vrees? Sit ek my dapper masker op, en laat toe dat die vrees my steeds van binne af vreet?

Ek wil nie naïef klink nie, want ek is nie van nature 'n naïewe mens nie ... maar deesdae neem ek my vrees na Jesus toe. Dit is so eenvoudig. En dit is nie ontduiking van die probleem of ‘n godsdienstige kruk nie. Inteendeel. Dit is 'n stap van geloof, om Jesus op sy Woord te neem. Ons sien in:

Matteus 6:31,32 “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

Wanneer alles in jou lewe skeef loop, as die pad vorentoe wankelrig lyk, of as jy in gevaar verkeer, is dít die oomblik waarin jou geloof getoets word.

Die vraag is, sal jy jou vrees na Jesus toe neem? Dit is tog nie so 'n groot sprong in geloof, as wat jy mag dink nie ... jou hemelse Vader weet wat jy nodig het.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Hier kom die Regter
2 perc 21. évad 1439. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 7:4,5 Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

Ek gee toe, die wêreld is vol onvolmaakte mense en ja, die druk neem toe en ja, ons het die neiging om ongeduldig te raak met mense. Maar dis asof ons by die dag meer ongeduldig en onverdraagsaam word. Het jy al ooit gewonder wat ander mense van jou dink as jy so ongeduldig teenoor hulle is?

Laat ons eerlik wees, die wêreld haat 'n huigelaar. En as ons eerlik is, is ek en jy ook nie so lief vir hulle nie .... Jy verstaan dis die skynheiliges  daar buite waarvan ek praat, per slot van rekening, is hulle die huigelaars nie ek of jy nie. Beslis nie ons! Nè?

Het jy al ooit op jou toeter gelê omdat iemand sonder flikkerlig in die verkeer van baan verander het? En dan, net 'n paar minute later, betrap jy jouself dat jy presies dieselfde doen!

Ek het. Oeps. Dis geveinsd.

Jesus het dit so gestel: Moenie ander oordeel nie, en God sal jou nie oordeel nie.

Maar Hy het geweet dat Hy dit baie duidelik moet stel, sodat ons kan verstaan wat die skynheiligheid in ons harte regtig beteken. Daarom het Hy hulle - en ons ook  - vierkantig tussen die oë getref, toe Hy in:

Matteus 7:4,5 gesê het: Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

Ja ... jy kan nie meer sê jy verstaan nie die boodskap nie!

En die ding wat ek opgemerk het, is dat wanneer ons onsself as regter, jurie en laksman aanstel, maak dit ons ongelukkig. Dit verwoes ons lewens net soveel soos die volgende persoon s'n.

En boonop weet ons dat almal 'n huigelaar verafsku.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Via Dolorosa
2 perc 21. évad 1438. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 27:28-31 Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.

Jy weet mos hoe jy 'n prentjie in jou kop opbou van iets waarvan jy gehoor het, maar as jy dit uiteindelik sien, lyk dit glad nie soos jy verwag het dit moet lyk nie?

Ek het deur die fotograaf Ken Duncan se boek "Where Jesus Walked" gekyk en ek het op 'n onlangse foto van die Via Dolorosa afgekom.

Dit is die pad waarmee Jesus van die gevangenis na sy kruisiging geloop het. Kan jy jouself die situasie voorstel? Hy was bebloed en geslaan, en Hy het sy kruis gesleep. Ek weet nie hoekom nie, maar ek het verwag dat dit nogal 'n wye pad sou wees. Dit is nie. Dit is taamlik smal.

En deesdae is daar 'n winkel met 'n rooi en wit Coke Cola-bord. Dít het ek nie verwag nie! Maar, ek is seker dat toe Hy daardie dag met sy kruis die pad afgestap het, was daar ook handelaars in hul winkeltjies wat besig was om hul sake te doen. Matteus teken vir ons ‘n baie somber toneel in:

Matteus 27:28-31 Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.

Die Via Dolorosa. Die pad wat Jesus vir jou en vir my geloop het. Hy het gely, sodat ons vrygelaat kan word. En as ons Hom wil volg, is dit dieselfde pad wat ons moet volg. Smal en pynlik ... die Kruis-pad.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Regte Ding om in Getsemane te Doen
2 perc 21. évad 1437. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 26:36,39 Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” 

Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

Die beskrywing van Jesus se lyding is ‘n gedeelte wat ‘n mens ontstel. Die Bybel sê Hy was doodsbenoud en het met sy gesig teen die grond in 'n tuin gebid, voordat Hy weggelei is om gekruisig te word. Dit is ontstellend ... dit is uitdagend.

 

Ek praat nou die dag met 'n bekende fotograaf, Ken Duncan, oor 'n reeks foto's wat hy gepubliseer het in sy boek ‘Where Jesus Walked’.

 

Een van die foto's wat my regtig aangegryp het, was die een wat hy geneem het in die tuin van Getsemane, die plek waar Jesus gebid het, net voordat Hy verraai en gekruisig is.

Daar is 'n olyfboord in die tuin. Maar hierdie olyfbome lyk nie soos dié in my plaaslike kwekery nie. Hulle lyk regtig, baie oud en knoetserig. Ken het my vertel dat dit waarskynlik dieselfde bome is waaronder Jesus gebid het. 

 

In Matteus 26:36,39 lees ons: Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

 

Geen wonder die olyfbome lyk so oud nie. As hulle net kon praat...Tweeduisend jaar daarna is hulle nog daar. En in al die tyd het die kragtige boodskap van dit, wat onder hulle afgespeel het, nie verander nie. Jesus sterf aan die kruis vir jou en vir my, om die prys van ons verwerping van God, te betaal.

 

En toe ek na die bome op die foto kyk, het dit gelyk asof hulle daar staan ​​soos ou boodskappers, soos 'n lewende uitnodiging.

 

Jesus het gesterf en weer opgestaan ​​vir jou. Sy vergifnis, Sy genade, Sy vrede is vir jou. Hierdie uitnodiging ... is vir jou.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Kom, Volg My
2 perc 21. évad 1436. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

Ek wonder, wanneer laas het jy Jesus met jou hoor praat? Wanneer laas het jy gehoor hoe Hy jou roep om Hom te volg? Wat sê jy? Wanneer laas?

Ek kyk nou die dag na 'n foto wat deur Ken Duncan geneem is. Dit is 'n onlangse foto van 'n visserman in sy boot op die See van Galilea; die plek waar Jesus vir Petrus en Andreas, Jakobus en Johannes gevind het.

Oukei, die man dra jeans en 'n sweetpak-top. En ja, daar is 'n buiteboord Mercury-enjin agterop die boot. Maar dit was die plek waarheen Jesus gegaan het om sy dissipels te kies, en dit het my laat dink. Dit was nie in die tempel nie. Nie by die beste teologiese kweekskool in Jerusalem nie. Nie eers in die plaaslike sinagoge nie. Aikona! Jesus het na Galilea gegaan waar die vissersbote ingekom het.

Dit was 'n gewone plek vol gewone mense soos ek en jy, wat daardie dag, ‘n buitengewone man ontmoet het. Ons lees in:


Matteus 4:18-20
Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.


Dink net: jy is besig om alles netjies en skoon te maak en op te pak na 'n lang nag se werk daar buite op die water en hier kom Jesus en sê: "Kom, volg my." En wat het die manne gedoen? Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

En dit is wat Hy vandag nog doen. Hy roep gewone mense op gewone plekke. Kom saam met My...

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Vreugde van Oorvloed
2 perc 21. évad 1433. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Ester 10:3 Die Jood Mordegai was tweede in bevel onder koning Ahasveros. Hy was hoog in aansien by die Jode en gewild by al sy volksgenote. Hy het hom vir die welvaart van sy mense beywer en die veiligheid van al hulle nakomelinge verseker 

Om ons met ander mense te vergelyk, is omtrent een van die domste en die mees vernietigende dinge wat ons ooit kan doen. Want, weet jy, God het nooit bedoel dat jy soos enige ander persoon moet wees nie. Tog wil ons almal nog steeds onsself met ander vergelyk.

 

Ek hou daarvan om mense te sien soos God hulle gemaak het terwyl hulle dít doen, waarvoor God hulle gemaak het. Jesus wil nie hê dat ons net genoeg kry om te drink nie, maar Hy wil ons oorvloedig seën.

 

In Johannes 7: 37,38 staan: ... “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!...Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

 

Ons word al te dikwels afgeskrik deur die feit dat óns oorloop so dikwels anders is, as die volgende persoon s’n.

 

Ek wil jou vandag vertel van hoe God mense gebruik het. Toe die lewens van sy mense in gevaar was, het Hy deur Ester en haar oom Mordegai ingegryp. Ons sien in:

Ester 10:3 Die Jood Mordegai was tweede in bevel onder koning Ahasveros. Hy was hoog in aansien by die Jode en gewild by al sy volksgenote. Hy het hom vir die welvaart van sy mense beywer en die veiligheid van al hulle nakomelinge verseker.

 

Ester en Mordegai het baie van mekaar verskil... en God het hulle geroep om verskillende, maar tog ewe belangrike rolle te speel om sy volk te red.

 

As ons onsself met ander mense vergelyk – “O, dít sou ek nooit kon doen nie!” - die antwoord is: “Ag, natuurlik kon jy nie! Dit is miskien nie waarvoor God jou toegerus het nie.”

 

Of jy nou Ester of Mordegai of Fred of Maria is, moenie jouself misgis nie, God het jou gemaak met 'n baie spesiale doel in gedagte. Hy het talente en vermoëns aan jou toevertrou, en as jy jou spesiale gawe gebruik, staan ons ander in verwondering. 

 

Wees wie God jou gemaak het. Doen dit waarvoor God jou geskep het.

 

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Dors, Dors, Altyd Dors
2 perc 21. évad 1432. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ” 

Het jy al opgelet hoe dit lyk asof al jou damme op dieselfde tyd droog loop? Dit is nie ‘n mooi gesig om te sien nie en op daardie droë, uitgedorde plek smag ons na ‘n teug koel water.  

 

Toe ek jare gelede opgelei is as leëroffisier, het ons vir weke aaneen geoefen en met 'n denkbeeldige vyand geveg om die oorlogskuns te bemeester.

 

Destyds was die leër besig met, wat hulle 'waterrantsoenering' genoem het. Twee waterbottels, per man, per dag. En dit was om te skeer, te was, tande te borsel, te kook en te drink. Jy kan self dink dat twee bottels, in daardie moordende warm somers, met al die swaar oefening, nooit, ooit genoeg was nie.

 

Ons moes dikwels teen 'n steil heuwel oefen (natuurlik met jou  swaar pak op jou rug) of 'n diep loopgraaf in ‘n verdedigende posisie grawe; en al waaraan ek kon dink, was om 'n hele waterbottel leeg te drink.

 

Natuurlik kon jy dit nie doen nie. Ek onthou ook hoe ek dikwels my oë toegemaak het en gedink het hoe dit sou voel om in 'n lekker koel rivier te gaan swem.

 

As jy so dors is, wil jy regtig baie, baie water hê. Jy wil drink en drink totdat jy nie meer kan nie. En so voel jy ook in die loopgraaf van die lewe, as jy heeltemal leeg voel.

 

In Johannes 7:37,38 lees ons: Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

 

Het jy gehoor wat Jesus gesê het? Strome, 'n oorvloed lewende water. Onthou dit die volgende keer as jy dors word: Jesus hou nie van waterrantsoenering nie.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Geestelike Verstopping
2 perc 21. évad 1431. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 4:13,14 ... “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

Of ons dit wil erken of nie, maar op 'n stadium kom ons almal tot die slotsom - dat ons nie goed genoeg is vir God nie. Ek het so gedink en jare lank vir Hom probeer wegkruip, terwyl ek my lewe eers skoonmaak. Wat 'n dom ding was dit nie!

 

Ek het onlangs na een van my gunsteling akteurs geluister waar hy vertel hoe hy die ongelooflikste pyn in sy maag ervaar het. Hulle het hom na 'n dokter gehaas, wat 'n obstruksie in sy derm gevind het. Sonder 'n noodoperasie sou hy gesterf het.

 

Obstruksies in jou liggaam is byna altyd dodelik. In jou lugweë, in jou are of in jou ingewande. As hulle nie onmiddellik behandel word nie, kan hulle jou doodmaak. En geestelike verstoppings of obstruksies doen net dieselfde.

Kyk, ek weet dat "sonde" nie juis 'n byderwetse woord is nie. Maar dis die woord wat God gebruik. Vir die verstopping wat gebeur as ons ons rug op Hom draai, gebruik ons hierdie klein woordjie van vyf letters. 'n Blokkasie wat tot ‘n ewige dood lei. 

 

Maar dan gebruik God 'n ander Woord. Weer net vyf letters. Dit is die woord wat lewe gee. Die Woord wat die verstopping wegneem. Daardie Woord? Jesus. Ons lees in Johannes 4:13,14  hoe Jesus dit self gestel het:

Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

 

Elkeen van ons het een of ander ‘sonde,’ een of ander ‘ding’ wat ons van God skei. En wat doen ons daaraan?  Ons probeer onsself regruk. Hm, maar op die lange duur werk dit nie.

 

Wat wel werk, is om na Jesus te gaan, die lewende water te kry wat Jesus gee - Sy Gees, Sy Woord - om die verstopping uit te spoel, soos net Hy kan.

 

Om harder daaraan te werk, is nie die antwoord nie. Jesus, is.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Slagoffers Word die Oorwinnaars
2 perc 21. évad 1430. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

 | Johannes 14:30 Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie

So nou en dan gebeur daar iets baie sleg met ons. Dit sal seermaak en ons sal treur, en dit is hoe dit hoort. Maar dan is die versoeking daar, om daardie verlies telkens weer te beleef. Sommige mense kom nooit daaroor nie.

 

Ons sien dikwels hoe die geskiedenis homself herhaal. Een nasie oorwin 'n ander nasie. Een groep mense onderdruk 'n ander groep.

 

Dit lyk half asof die menslike verhaal een van die oorwinnaar en die slagoffer is. Die wenner en die verloorder.

 

Vandag, in my land, is nasionale ‘Australië dag’. In Indië vier hulle ‘Onafhanklikheidsdag’. Dit lyk asof elke land een dag het, waarop hy die een of ander episode uit sy geskiedenis herdenk. En byna sonder uitsondering het daardie dag iets met wen en verloor te doen.

 

En dit gebeur nie net op geo-politiese skaal nie. Dit gebeur net so kragtig, net so seer, op 'n diep persoonlike vlak.

 

Daar is ongelukkig soveel mense vandag wat hul smart vertroetel - ek hoop nie dat jy omgee dat ek dit so kras stel nie, maar hulle verkneukel hulself in hul smart, sodat dít wat hulle verloor het, definieer wie hulle is, hoe hulle voel en hoe hul toekoms gaan wees.

 

Net voordat Hy gekruisig is, het Jesus met sy dissipels gepraat. Ons lees in:

 

Johannes 14:30 Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie,

 

Hy was op die punt om wreed aan 'n kruis vasgespyker te word; om onbeskryflik te ly. Maar Hy het geweier om die rol van ‘n  slagoffer te speel. Hy het geweier om homself jammer te kry. Hy het geweier dat mense aan Hom, as ‘n 'verloorder' aan die kruis, sou dink en Hom as sulks definieer.

Jy en ek sal in hierdie wêreld verlies ly; dit is baie seker. Moet nie toelaat dat die verlies jou definieer nie. Moenie jou in jou smart verkneukel nie. Weier om dit te doen.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Dam loop Droog
2 perc 21. évad 206. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 7:37,38 ...“As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”

Ons hou onsself soms dapper, selfs as dinge aan die binnekant, waar net ons weet hoe ons voel, nie gaan soos dit moet nie. Ons gaan vandag diep onder die oppervlak delf, want ek glo met my hele hart dat God vandag iets vir jou wil sê.

 

Ek weet nie hoe dikwels dit met jou gebeur nie, maar soms voel ‘n mens so moedeloos en moeg; asof jy niks krag oor het nie, geen energie het nie en geen reserwes het om op te steun nie.

 

Ons was al almal daar. Wat ons ook al in die lewe doen, of dit nou by die huis is, of by die werk, ons gee en ons gee en ons gee ... en bietjie vir bietjie dreineer dit al ons krag. 

 

Al hierdie gee en gee, laat ons so ‘n emosionele en geestelike moegheid en leegheid ervaar, dat selfs 'n vakansie nie ons batterye herlaai nie. 'n Gevoel van, “Ek is nie seker dat ek  enige iets meer het, om te gee nie," en dit, terwyl die wêreld om jou, die mense om jou, meer en meer eis.

 

Jy is 'n werkende moeder met moeilike tieners; of 'n pa wat homself as die "broodwinner" sien, wat homself dag na dag by sy werk afsloof. En jy is net moeg. Jy het genoeg gehad.

 

Jy word wakker en die dam het pas droog geloop. Daar is net niks meer oor om te gee nie. En tog, glo dit of nie, God verstaan. Hy verstaan, en Hy het die oplossing vir jou. Jesus het dit so gestel:

 

in Johannes 7:37,38 ...“As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

 

Die antwoord is nie om jouself as ‘n swakkeling te sien nie. Die oplossing lê nie daarin om nog harder te werk en jou dam te laat leegloop nie. Die antwoord is Jesus.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Breinvreters
2 perc 21. évad 1426. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jesaja 55:1-3 Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.

In die wêreld van vermaak bestaan daar deesdae ‘n magdom opsies. En tog is nie alles wat voorgehou word as vermaak, goed vir ons nie. Sommige daarvan is eintlik giftig en het uiteindelik nare gevolge.

 

Ek weet nie van jou nie, maar ongeveer vier- of vyfuur in die middag kry ek, wat in ons kontrei, 'die munchies' genoem word.  Jy ken daardie knibbelrige gevoel. Middagete voel asof dit eeue gelede was en aandete, voel 'n eeu ver. Wat is in die yskas? Wat is in die spens?

 

En vir iemand soos ek, wat sy gewig moet dophou, is dit so ‘n uitdaging om nie na 'n pakkie skyfies - vol sout en koolhidrate, of sjokolade, vol suiker, of iets anders wat ook nie goed vir my is nie, te gryp. En as jy dit dag na dag doen, weet jy daar sal gevolge wees.

 

Dieselfde ding gebeur met die televisie. Jy is verveeld, en kyk maar net wat op die kassie is. Jy hop deur die kanale met die afstandsbeheer en stop by enige iets wat jou aandag trek. En as jy dit dag na dag doen, sal daar gevolge wees. Daar moet 'n beter oplossing wees. Daar is. Ons lees in:

 

Jesaja 55:1-3 Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.

 

Daar moet 'n beter oplossing wees. Daar is!

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

So baie Vullis
2 perc 21. évad 1425. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jeremia 17:9 Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?

Die probleem met siekte is dat ons soms sleg voel. Dit bekruip ons baie stadig, totdat ons eendag weet daar’s iets verkeerd, maar ons kan net nie ons vinger daarop lê nie.

 

Ek het onlangs gekyk hoe bouers 'n kleinerige sloot grawe. Dit was net ‘n 46 cm diep, 2 en ‘n half meter lank en omtrent ‘n meter breed ... glad nie baie groot nie. Maar elkeen wat al ooit 'n sloot gegrawe het, sal weet dat die mates jou maklik kan mislei.

 

En weet jy, die hoop grond en vuilgoed wat uit hierdie 'klein' slootjie gekom het, was groot. Dit het gelyk asof die hoop genoeg was vir drie slote.

 

Dit lyk aanvanklik na min om uit te grawe, omdat dit so styf gekompakteer is. Eers wanneer jy dit uitgrawe, besef jy hoeveel daar regtig is.

 

Ek dink dit is soos die gemors wat ons in ons harte wegsteek; die slegte gesindhede, die selfsug, die trots. Ons bluf onsself, “Ag nee wat. Dit is nie 'n groot probleem nie. Regtig nie.”

 

En wanneer ons Jesus binnelaat om dit uit te grawe, besef ons hoeveel dit ons van ware lewe beroof het.

 

Jeremia 17:9 lees: Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?

 

Dit is snaaks hoeveel boosheid binne-in ons weggesteek kan wees, sonder dat ons dit ooit besef. Terwyl ek en jy dikwels blind is vir ons eie sonde, moet ons sukkel met hierdie siekte van die hart, waarvan God hier deur die profeet Jeremia praat. Maar weet jy dat God die Meester uitgrawer is! Wees net gereed wanneer jy Hom toelaat! Hy sal genesing vir jou siel bring.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Doodmoeg
2 perc 21. évad 1424. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 11:28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Kan ek jou op 'n skaal van nul tot 10 vra, hoe moeg is jy? Is jy moeg van alles wat dag na dag om jou aangaan? En hoeveel daarvan word veroorsaak deur jou eie besige program; die uitmergelende tempo waarteen jy jou lewe lei? Hm?

 

Ek was nou die dag op 'n Christelike leierskonferensie, en een van die deelnemers het tydens die oggend pouse gespog dat hy gedurende die afgelope tien jaar nie ‘n ordentlike vakansie gehad het nie. My aarde, is hy dan nou simpel ?

 

En tog lyk dit of so baie mense hulself deesdae gedaan werk. Ons spog met ons bedrywigheid asof dit vir ons eer en aansien gee en dan wonder ons waarom ons so uitgeput is.

 

As 'n gerehabiliteerde werk-verslaafde van jare gelede, praat ek uit ondervinding. Maar nou-ja, as ek eerlik moet wees, het ek steeds meer as genoeg op my taaklys om my 24/7 aan die gang te hou. Die e-posse stroom vinniger in as wat ek hulle kan hanteer. Maar weet jy, daar kom 'n tyd dat jy moet sê, genoeg is genoeg.

 

Ek is nog altyd 'n vroeë-oggend-mens. Die dag toe ek hierdie oordenking voorberei het, was ek om 01:45 op. Vroeg in die oggend spandeer ek tyd saam met die Here. Dit is wanneer ek my beste werk lewer.  Om so vroeg te werk, is glad nie ongewoon vir my nie.

 

Maar ek moes ook iewers 'n streep trek. Smiddae is my rustyd. En ek skakel my selfoon af as my vrou by die huis kom. En ek gaan nie snags meer my e-pos na nie. Dit is maar net hoe dit is. Partykeer moet mense dae en selfs weke wag vir ‘n antwoord. 

 

Ons lees in: Matteus 11:28 wat  Jesus gesê het: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

 

Dit is 'n wonderlike uitnodiging. Maar ons moet besluit hoe ons dit gehoorsaam. Dit hang van ons af om 'n besluit te neem - om die streep te trek en te sê, genoeg is genoeg.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Vergewe die Onvergeefbare
2 perc 21. évad 1423. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Mattheus 5:43,44 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg,

Die afgelope paar dae het ons gesels oor vergifnis, en miskien dink jy ... nou ja, komaan Berni, laat ons oor iets anders praat. Ons sal môre vergewe. . .Maar vandag wil ek jou voorstel aan 'n vrou wat alle rede gehad het, om nié te vergewe nie.

 

Ek het onlangs 'n onderhoud met Lorraine gevoer. Haar seun is deur 'n dronk bestuurder raakgery en vir dood agtergelaat. As die bestuurder net sou gestop het om te help, sou haar seun waarskynlik vandag nog gelewe het. Maar hy het nie en daarom is hy aan sy beserings dood.

 

Dit is maklik vir 'n ou soos ek om oor vergifnis te praat, maar daardie onderwerp sny diep in die hart en krap ou wonde uit die verlede oop. Ek vra jou, wat beteken vergifnis in so 'n situasie?

Wat my van Lorraine opgeval het, was dat sy die pyn van haar verlies, 'n moeder se pyn, na baie jare nog in haar hart gedra het. Maar te midde daarvan, was sy vasbeslote om te vergewe.

 

Ek het haar sedertdien dopgehou. Die manier waarop sy genees het, is so wonderlik. Sy kan nooit verander wat gebeur het nie. Geen vorm van geregtigheid kan haar seun ooit terugbring nie. Maar haar keuse om te vergewe, het genesing in haar hart gebring. Jesus het dit die volgende oor vergifnis gesê:

 

In Matteus 5: 43,44 staan: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg 

 

Hm, wees lief vir jou vyande en bid vir hulle. Is dit maklik? Nee. Maar ek dink dat dit vir Lorraine, alhoewel dit baie moeilik was om die optrede van daardie dronk bestuurder wat haar seun heeltemal alleen laat sterf het, te vergewe, dit veel makliker is, as om die kanker van onvergewensgesindheid vir die res van haar dae saam te dra.

 

Wees lief vir jou vyande en bid vir hulle.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Vergifnis is Genesend
2 perc 21. évad 1422. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 6:14,15 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie. 

Vergifnis is nie iets waaroor daar deesdae baie gepraat word nie. En tog sal die seer van die verlede nooit weggaan, totdat ons diegene wat ons seergemaak het, vergewe het nie.

 

Dit is verbasend hoeveel mense in 'n nimmereindigende siklus van onvergewensgesindheid vasgeketting is aan die seer van die verlede. Maar weet jy, dit is 'n ernstige saak vir Jesus. Hy het ‘n paar baie onpopulêre dinge gesê oor ons versuim om te vergewe:

 

In Mattheus 6:14,15 staan: “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.

 

Onthou, dit is Jesus se woorde, nie myne nie. En Hy stel dit baie duidelik sodat ons almal dit kan verstaan.

 

Ons leef onder hierdie valse verwagting dat dinge reggestel moet word, dat geregtigheid moet geskied, voordat ons kan laat gaan en vergewe. Maar so dikwels sal geregtigheid nie geskied nie. Só dikwels is die een wat jou te nagekom het, onbewus daarvan. 

 

Nee, ons weet mos, alle probleme word nie maklik opgelos en met 'n mooi, netjiese lintjie vasgemaak nie. Hoe vergewe ons dan? Jesus leer ons om ons reg op vergelding prys te gee, soos wat Hy vir ons op daardie wrede Kruis gedoen het.

 

Dink mooi daaraan. Hy het sy lewe gegee, sodat ek en jy vergewe kan word. Dink jy dit het vir Hom regverdig gelyk, toe Hy vir daardie verskriklike ure met sy volle gewig aan daardie wrede spykers deur sy hande en voete gehang het?

 

En tog, deur sy wonde, is ons genees.

 

En as ons besluit om, ten spyte van ons pyn, te vergewe – ja, vergifnis het altyd 'n prys – dan genees Hy die seer van die verlede.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Vergewe en Vergeet
2 perc 21. évad 1419. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.

Ek wonder of daar ‘n persoon in jou lewe is, wat jy moeilik vind om te vergewe. Een persoon teenoor wie daardie diep gevoel van onreg en onvergewensgesindheid nog diep in jou hart broei. En hoe laat dit jou regtig voel?

 

Hallo, ek is JG vir Berni Dymet en welkom terug by VARS

 

Het jy al ooit gewonder, presies wat dit beteken om te vergewe? Ons weet almal dat ons moet vergewe, maar dis baie makliker gesê as gedaan.

 

Jesus sê dinge wat ons aanvanklik skok, maar wat op die ou end werklik sin maak. Soos hierdie versie in:

 

Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.

 

Ek weet, as iemand ons ‘n onreg aandoen, kry ons seer en voel ons verontreg en seer. Hoe langer ons aan daardie gevoel vashou, hoe erger word dit. Die probleem is dat dit so, so moeilik is om te vergewe. Dit is so, so moeilik om daardie seer te laat gaan. Ons weet ons moet, maar hoe?

 

Nou-ja, hier is die oplossing, luister weer:

(julle) moet julle vyande liefhê (en goed doen aan hulle).

 

As dit moeilik is om te vergewe, begin bid vir daardie persoon. Begin dink: "Wat kan ek doen om hom te seën?" Jy weet, dit voel altyd agterstevoor. Dit is nie natuurlik om jou vyande te seën nie. Dis mos nie regverdig nie.

 

Maar vergifnis is soos 'n spier wat jy moet oefen en hoe meer jy dit doen, hoe sterker word dit. Bietjie vir bietjie verdwyn die bitterheid en die seer.

 

Jy vergeet nooit werklik wat gebeur het nie, maar op die een of ander manier "vergeet" jy tog dat die persoon wat jou seergemaak het, jou iets skuld.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Goeie en opregte, ordentlike, vriende kan ‘n baie groot invloed op ons lewens hê, en ek praat hier van ‘n positiewe verandering.

 

Jy kan daagliks boodskappe soos hierdie per e-pos ontvang. Gaan na ons webwerf: varsvandag.co.za en teken in. Wanneer jy inteken, sal jy ook onmiddellik ‘n gratis eksemplaar van Berni Dymet se boekie “Omskep Foute in Wonderwerke” ontvang. Onthou dis varsvandag.co.za.   Luister weer Maandag! Seënwense en mooi loop.

Laat julle Lig in die Wêreld Skyn
2 perc 21. évad 1418. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 5:15,16 ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Dit is ongelukkig ‘n feit dat hoe besiger ons word, hoe minder bedagsaam word ons.  En hoe minder ons dink aan hoe ons iemand anders se lewe kan raak, hoe minder laat ons die lig van God se liefde in die duisternis van hierdie wêreld skyn. Dis hartseer, maar tog so waar.

Hallo, ek is JG vir Berni Dymet en welkom weer by VARS

 

Wanneer laas het iemand regtig iets goeds vir jou gedoen? Iets spesiaals. Iets wat hulle gedoen het, net omdat hulle geweet het dit sal vir jou plesier verskaf, jou help, of op 'n spesiale manier raak.

Miskien het dit onlangs met jou gebeur, of miskien was dit lank laas. Maar ons weet albei dat wanneer iemand dit doen, jy dit nie maklik vergeet nie.

Dit is dalk net die kleinste dingetjie; 'n vriendelike blik, 'n woord van bemoediging of die gebaar as iemand vir jou 'n maaltyd bring as jy siek is. Daardie dinge bly jou vir ewig by. 

En as ons iets goeds vir iemand doen; of vrygewig is, of iemand bemoedig, laat dit ons uitstyg bo ander ​​op ’n manier wat woorde nie kan beskryf nie. Jesus het dit so gestel in:

Matteus 5:15,16 ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”      

Daardie eenvoudige dade van vriendelikheid of opofferende dade van diens, bring vir iemand lig, in ‘n donker en eensame wêreld. En ek praat van selfs die kleinste dingetjies; soos wanneer jy uit jou pad gaan om iets te doen, wat vir iemand anders iets beteken. 

Aan wie kan jou glimlag, ‘n woord van bemoediging of net ‘n klein geskenkie van jou tyd, vandag 'n lewenslange verskil maak? Jy’t reg gehoor - jy, ja, jy – want volgens Jesus, is jy die lig van die wêreld. Wees vandag daardie lig.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Die ding wat my elke oggend uit die bed laat opstaan, is die passie om die lewensveranderende Woord van God met jou te deel. Wanneer ons sy Woord ons eie maak ... leef ons met die waarheid dat Jesus gesterf het en weer opgestaan ​​het om ons ‘n nuwe lewe te gee. 

Gaan gerus na ons webwerf: varsvandag.co.za waar jy baie opbouende VARS boodskappe sal kry. Daar is ook video’s en ander materiaal van Berni Dymet. Mooi loop, en luister weer môre na jou gunsteling stasie.

Jou Woorde Kan Maak of Breek
2 perc 21. évad 1417. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Efesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.

Ons woorde is ongelooflik kragtig. Hulle kan mense opbou of afbreek. Kan ek jou vandag vra, hoe lyk die woorde wat jy gebruik?

 

Hallo, ek is JG vir Berni Dymet en welkom weer by VARS

 

Die tempo van die lewe het die afgelope paar jaar regtig toegeneem. In hierdie besige, transaksionele wêreld waarin ons leef, gaan dit meer daaroor om dinge gedoen te kry. Waar is die dae van saamkuier om ‘n koppie koffie en verhoudings bou?

 

En ons weet mos: hierdie vinnige tempo het 'n groot invloed op die manier waarop ons met mekaar praat. Ons raak kortaf, selfs onbeskof as ons praat, sodat ons net kan klaarkry met alles wat ons dink, ons ​​vandag moet doen.

 

Wat ons sê en miskien nog belangriker, hoe ons dit sê, belemmer ons verhoudings - by die werk, in ons huwelike, met ons kinders, met die paar vriende wat ons nog oor het.

Wanneer laas het jy te nagekom of verwerp gevoel, bloot vanweë die manier waarop iemand met jou gepraat het ... iemand, wat beslis van beter moes geweet het?

 

In Efesiërs 4:29 lees ons: Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.

 

Sê nou ek en jy sou net dinge sê om mense op te bou en sterker te maak? As ons slegs kommunikeer met die doel om hulle aan te moedig en te ondersteun - selfs wanneer ons oor moeilike dinge moet praat?

 

As jy hierdie Efesiërs-resep volg, watter invloed sou dit op jou verhoudings hê? Hoe dink jy ...

 

praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom – En  so sal jy hulle help om sterker te word.

 

Woorde is kragtig. Gebruik jou woorde om tot seën te wees.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

 

Dis net een teksvers; slegs een. Wat 'n kragtige impak kan dit tog nie in jou verhoudings hê nie? Dit is die rede waarom is ek so passievol is om die Woord van God dag na dag met jou te deel.

Het jy geweet - Jy kan boodskappe soos hierdie per e-pos ontvang? Gaan na ons webwerf: varsvandag.co.za en teken in. Wanneer jy inteken, sal jy ook onmiddellik ‘n gratis eksemplaar van Berni Dymet se boekie “Omskep Foute in Wonderwerke” ontvang. Onthou dis varsvandag.co.za.   Luister weer môre! Seënwense en mooi loop.

Verander jou Denke en Verander jou Lewe
2 perc 21. évad 1416. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 23:27 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is.

Elkeen van ons bestee baie tyd daaraan om te dink. Soms is dit positiewe gedagtes, ander kere, nou-ja, nie soseer nie. En ons gedagtes sê baie vir Jesus oor wie ons is.

Hallo, ek is JG vir Berni Dymet en welkom weer by VARS

Ek waardeer opregte mense; mense wat innerlik en uiterlik dieselfde is. Mense wat jou nie om die bos lei deur mooipraatjies nie. Ek wil weet dat dít wat hulle sê en doen, uit hulle harte kom.

 Ek raak daarom nie ontsteld as mense kort-af en reguit is nie. Ek wil veel eerder weet wat hulle dink, as dat hulle een ding voor my sê en 'n iets heel anders agter my rug sê. Ek is seker jy is dieselfde.

Maar weet jy, as mense na ons, na jou en my kyk, wil hulle ook weet, dat hulle kan reken daarop dat ons opreg teenoor hulle is. Maar is ons altyd?

Jesus het eenkeer vir 'n klomp elite-godsdienstige leiers van sy tyd die volgende gesê:

Ons lees: in Matteus 23:27 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is.

Sjoe, dis regtig pynlik en direk, of wat sê jy?

Die kern wat hier ter sprake kom, is ons gedagtes; dit wil sê wat ons met die grysstof tussen ons ore doen; ons gedagtes, dit waaraan ons dink. Jy kan nie aanhou om iemand in die stilligheid te verwens, en dan vir hulle te glimlag nie ... want uiteindelik sal hulle agterkom dat dít wat jy vir hulle probeer voorhou, ‘n leuen is. Uiteindelik sal daardie dubbelsinnigheid jou duur te staan kom. 

Wees eerlik; waaraan dink jy die meeste van die tyd?

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Goeie en opregte, ordentlike, vriende kan ‘n baie groot invloed op ons lewens hê, en ek praat hier van ‘n positiewe verandering.

Kom leer meer!  Besoek gerus ons webwerf: varsvandag.co.za vir toegang tot nog boodskappe van Berni Dymet. Sy boodskappe word reeds oor 1300 radiostasies en televisie netwerke uitgesaai. Skakel weer môre op dieselfde tyd op jou gunsteling stasie in. Mooi loop, tot dan. 

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Maak die Beker se Binnekant Skoon
2 perc 21. évad 1415. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 23:25,26 Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binne is hulle vol hebsug en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees. 

Niemand hou van 'n huigelaar nie; jy hou seker nie van so ‘n persoon nie, en ek beslis ook nie. Maar ongelukkig is ons daagliks in die versoeking om ‘n ​​mooi beeld vir die mense voor te hou, terwyl ons iets heeltemal anders dink en voel.

Hallo, ek is JG vir Berni Dymet en welkom weer by VARS 

Stel jou voor dat jy na 'n koffiewinkel gaan. Jy voel lus vir 'n baie spesiale koppie koffie. Jy gaan sit, bestel jou koffie en neem 'n tydskrif. Jou mond water al toe die koffie uiteindelik kom. Fantasties!

Dit ruik heerlik, dit lyk goed ... maar net toe jy op die punt is om jou eerste slukkie te neem, sien jy hoe 'n kelner 'n leë koppie van die volgende tafel optel, en sonder om dit te was, terug neem na die koffiemasjien, dit met 'n cappuccino vul en aan 'n ander klant bedien.

Dink nou net daaraan. Wat vertel dit jou van die koffie wat hulle nou net voor jou neergesit het? Alles lyk goed aan die buitekant ... maar hulle was nie die binnekant van hul koppies nie. Gaan jy dan hierdie koppie koffie drink wat jy nou net bestel het, of nie?

Ongelukkig is 'n hele klomp mense in hierdie wêreld 'n bietjie so - skoon aan die buitekant, maar vuil aan die binnekant. En die verskil tussen dít wat jy aan die buitekant sien en dít wat aan die binnekant gebeur, noem ons ... skynheiligheid. Kyk hoe Jesus dit gestel het in:

Matteus 23:25,26 Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binne is hulle vol hebsug en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.

Maar weet jy, dít wat aan die binnekant aangaan, is soveel belangriker vir Jesus, as dít wat mense aan die buitekant kan sien.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Dis nou maar een ding wat waar is van Jesus; Hy draai nie doekies om nie. Hy stel regtig belang om ons vry te maak van al die snert wat ons lewens verwoes. Hy wil sien dat jou lewe radikaal getransformeer word ... daarom praat Hy deur Hy sy Woord met jou.

Ek wil jou graag aanmoedig om ons webwerf: varsvandag.co.za te besoek. Daar is baie om oor na te dink ,om jou te help op jou reis tot ‘n betekenisvolle verhouding met God. Skakel weer môre op dieselfde tyd op jou gunsteling stasie in vir nog ‘n boodskap van Berni Dymet. Mooi loop, tot môre.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Lae Selfbeeld
2 perc 21. évad 1412. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Galasiërs 2:20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

As jy terugdink aan jou lewe, wat het jy geleer oor hoeveel waarde jy in hierdie wêreld het? Terwyl jy jou waarde vergelyk met die waarde van diegene rondom jou, tot watter gevolgtrekking kom jy?

‘n Rukkie gelede het ek 'n paar uur saam met 'n groepie studente aan ‘n Bybelkollege waar ek klasgee, deurgebring. Ons het 'n groepsbespreking gehad. Hulle opdrag was om na iemand se lewe te kyk. Iemand wat hulle ken, wat regtig probleme in hul lewens het, sodat ons in die klas oor die probleme kon praat.

En weet jy, dit was vreemd. Toe die studente oor 'n vriend of familielid gepraat het, het dit net weer en weer neergekom daarop, dat almal dieselfde probleem ervaar.

Elkeen van die mense, waaroor ons gesels het, het 'n diep gevoel van waardeloosheid gehad. Elkeen! Ek was totaal verstom, maar ek moes dit tog geweet het. . .

Ons leef in 'n samelewing waar ons enersyds die leuen gevoer word dat ons, ek en jy, die middelpunt van die heelal is, en dat alles om my wentel om my gelukkig te maak ... Maar, weet jy, aan die ander kant word ons afgekraak tot ons in sak en as sit, as ons nie voldoen aan die eise wat die wêreld stel nie, om soos die een of ander superheld te wees nie.

Wat veroorsaak dit? 'n Verwronge, verwarde gevoel van eiewaarde?

Wat is jy dan regtig werd? 

In Galasiërs 2:20 staan: en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Jy is die prys werd wat God bereid was om vir jou te betaal ... en dit is 'n prys wat so hoog is, dat ons dit nie eers kan begryp nie.

Die prys wat Hy betaal het, was die lewe van Jesus, sy Seun, wat jou van onskatbare waarde maak!

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Geskenk van Lewe
2 perc 21. évad 1411. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

Dit is snaaks hoe maklik dit is om te praat oor "die genade van God." Christene sê dit die hele tyd. Maar hoe dikwels dink ons regtig aan wat dit eintlik beteken? Die genade van God....

Ek dink nogal dat om 'n orgaanskenker te word, een van die mees voor die hand liggende dinge is, wat ‘n mens kan doen.

Ek bedoel, as ek môre in 'n motorongeluk omkom, waarom kan iemand anders nie die geskenk van die lewe deur my niere of lewer of hart hê nie? Ek het hulle beslis nie meer nodig nie. Vir my is dit 'n vanselfsprekende ding om 'n orgaanskenker te wees.

Maar weet jy, ek het groot bewondering, vir diegene wat 'n nier aan 'n vriend of familielid skenk, terwyl hulle nog lewe. Dit klink oukei genoeg om jou organe weg te gee as jy dit nie meer nodig het nie, maar terwyl jy nog leef, is dit regtig 'n groot geskenk - ‘n groot offer.

Kom ons neem dit een stap verder. Stel jou voor dat jy nie net 'n ekstra orgaan skenk nie, maar jou hele lewe vir iemand anders gee. Dit is onbegryplik. Dis waarom ek nie maklik kon verstaan, wat Jesus aan daardie kruis vir my gedoen het nie.

Die Seun van God is wreed aan 'n kruis vasgespyker; Hy het daar gely; gehyg na asem; en toe pynlik gesterf om te betaal vir al my dom foute ... daar is net geen woorde om te beskryf hoe ek voel nie.

'n Geskenk van lewe? Dié gawe van die lewe. Ewige lewe.

 In Romeine 6:23 sien ons: Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

Dis die genade van God in Jesus Christus. En weet jy, dit het Hom alles gekos. Alles; om die ewige lewe vir ons te gee - alles - vir jou en vir my.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Reëls, Reëls, Reëls
2 perc 21. évad 1410. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Titus 3:6,7 God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

Ek weet nie hoe jy daaroor voel nie, maar ek is nie goed daarmee om reëls na te kom nie. Ek is net nie. Daarom was die idee om ‘n Christen te word – om die waarheid te sê - ten minste vir die eerste ses en dertig jaar van my lewe, nie baie aantreklik nie.

 

Die meeste mense, en ek sluit myself daarby in, het gedink aan die Christelike godsdiens as 'n reëlgebaseerde, onderdrukkende godsdiens. Dit is maar die idees waarmee ek grootgeword het. Dit klink nes die brief wat ‘n man uit Rwanda vir my geskryf het:

 

Dit het vir my gelyk of die Christelike lesse wat ek sedert ek vyf jaar oud was, geleer het, ek is nou 62, heeltemal anders is, as dié wat jy vir ons leer. Ek kan jou dae lank besig hou met stories oor die godsdienstige leringe wat vir ons gepreek is, maar weet jy, dit wat jy vir ons leer, is waarna ek gesoek het. Om te weet dat ons almal: swart, wit, Hutu's, Tutsi's, ons almal, sondaars is en dat Christus vir ons almal gesterf het om met sy Vader versoen te word, gee my nuwe lewe en hoop.

 

Die versie wat die ommekeer in hierdie man se lewe gebring het, was toe ek die dag Titus 3:6,7 behandel het. Dit lees: God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

 

Ek het agtergekom dat dit, wat ek as kind geleer het, verkeerd was. Dit was dieselfde met hierdie Rwandese man. Dit gaan nie daaroor om 'n klomp reëls na te kom nie, dit gaan oor ‘n ervaring van God se genade.

 

En as ons die genade van God in Jesus Christus ontdek, gee dit ons 'n nuwe lewe en nuwe hoop.

 

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Afwesigheid versterk Nie sy Liefde Nie
2 perc 21. évad 1408. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 17:20,21 “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

Het jy al ooit gevoel asof jy so ver van God af weggedryf het, dat Hy net sowel 'n miljoen kilometer ver kon wees? En as ons só voel, begin ons twyfel of Hy ons ooit weer terug wil hê.

 

Ek bring gereeld baie lang tye weg van die huis af deur, omdat ek vir die bediening van Christianityworks reis, maar dan verlang ek vreeslik baie na my vrou. Die spreekwoord sê mos, afwesigheid maak meer bemind.

 

Maar weet jy wat ek geleer het? As dit by God kom, is die teenoorgestelde waar. Daar was al tye in my lewe toe ek so besig was, dat dit vir my moeilik was om tyd te kry om elke dag saam met Hom deur te bring.

 

En jy weet mos hoe dit gaan. Hoe minder jy bid, hoe minder voel jy lus om te bid. Voordat jy dit weet, lyk dit asof jy en God 'n miljoen kilometer van mekaar af is. Jy ís beslis nie, maar dis hoe dit voel.

 

Goed; en wat doen ons nou? Weet jy dat Jesus 'n passie het om by ons te wees?

 

Net voordat Hy gekruisig is, het hy in

 

Johannes 17:20,21 so gebid: “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.”

 

Jesus, het vir jou en vir my gebid. As ons wegdryf, dink ons ​​dat Hy ons nooit weer terug wil hê nie. Maar dis nie die waarheid nie. Jesus smag daarna om naby jou te wees. Dit is waarom Hy na die Kruis toe is.

 

Maak dus elke dag tyd vir Hom. Want as jy na Hom toe kom; kom Hy altyd nader aan jou.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Lewe is so Onregverdig
2 perc 14. évad 1409. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

Ek is nie seker of jy al ooit so daaraan gedink het nie, maar hierdie hele beginsel van genade, is ongelooflik onregverdig. Dit is onbillik. Jesus, ‘n onskuldige man, is doodgemaak om die prys vir my en jou sondes te betaal. As dit nie onregverdig is nie, weet ek nie wat is nie!

 

Soms lyk die lewe net nie regverdig nie, of hoe? Iemand doen iets verkeerd en dit veroorsaak dat ons die prys moet betaal en miskien iets misloop wat ons regtig graag wou hê ... dit is net so onregverdig!

 

Dit gebeur gereeld in ons lewe, nie waar nie? Dinge is soms onregverdig en ons haat dit met ‘n passie as ons aan die ontvangkant daarvan is. Ons haat onregverdigheid. Dit is net nie reg nie. Dit moenie so wees nie.

 

Stel jou vir 'n oomblik voor dat jy God is. Natuurlik is geregtigheid sy prioriteit, want dit is hoe God is. Reg is reg en verkeerd is verkeerd. Maar dan kyk jy na mense soos ek en jy, of sommer net na 'n paar mense vir wie jy regtig lief is.

 

Jou sin vir regverdigheid sê: “Hulle het my verwerp. Hulle verdien nie die ewige lewe nie.” Maar jou Vader in die hemel sê: “Ek het hulle so lief. Ek wil hê hulle moet die ewigheid saam met my deurbring. ”

 

Dit is God se dilemma ... en wat doen Hy daaraan?

 

Weet jy, Hy doen iets heeltemal onregverdig. Hy stuur sy Seun Jesus om te sterf vir mense soos ek en jy, om die prys vir ons opstandigheid, ons verwerping van Hom ... ja, dis reg, ons sonde, te betaal. Maar wanneer ek en jy in Jesus glo, maak Hy die deure van die hemel vir ons oop.

 

Dit is so onregverdig. God noem dit genade. Kyk wat staan in:

 

Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Nuwe Jaar Begin
2 perc 11. évad 305. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Spreuke 27:1 Moenie roem oor wat jy môre verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.

Ek wonder watter soort jaar hierdie jaar vir jou en vir my gaan wees? Wat hou die toekoms in? Sal dit 'n wonderlike jaar wees of ten minste ‘n goeie jaar? Wat beplan jy? Waarna sien jy uit?

 ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar vir jou! Ek hoop ten minste dat dit 'n gelukkige jaar gaan wees ... maar niks is vas en seker nie. Ek probeer nie 'n demper op jou Nuwejaars-vieringe plaas nie, maar dit is die waarheid.

Net soos jy, het ek ook planne, verwagtinge en drome vir die komende jaar. Om die waarheid te sê is my dagboek al redelik vol met bedienings-reise hier, daar en oral ... om nie te praat van 'n vakansie saam met my vrou, waarna ek regtig uitsien nie.

Ek aanvaar dat jy ook 'n paar dinge beplan vir die jaar wat voorlê. En dit is 'n goeie ding. Dit is wonderlik om dinge te hê waarna jy uitsien.

Maar ek wil weer sê dat niks seker is nie. En dit is nie net ek wat dit vir jou sê nie. Kyk wat staan in:

Spreuke 27:1 Moenie roem oor wat jy môre verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.

Is dit verkeerd om dinge vir die volgende jaar te beplan? Glad nie. Wat egter verkeerd is, is wanneer ons ons lewe leef asof dit definitief gaan gebeur. As ons amper op ‘n manier daaroor spog. My suster is onlangs oorlede. Met die oppak van haar paar ou besittinkies en haar klere, wat ek na 'n liefdadigheidsorganisasie moes stuur, het die waarheid my weer getref.

Daarom wil ek sê ... leef elke dag voluit. Gee eer aan God. Wees lief vir diegene rondom jou en dien hulle na die beste van jou vermoë, want ... jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Nog ‘n Jaar is Verby
2 perc 11. évad 304. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Prediker 7:10 Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat 'n mens so sê nie.

Oujaarsdag nè? Hier is ons. Dit is 'n tyd waarin ons oor allerhande snaakse dinge dink. Ons kyk terug na die afgelope jaar en ons dink ‘n bietjie aan die jaar wat voorlê ... en ons besin oor die verloop van die lewe.

Hier is ons, nog 'n jaar is verby. Hoe was jou jaar? ‘n Goeie jaar, was dit net oukei, of was dit 'n skok? Ons begin elke jaar met die hoop dat dit 'n goeie een sal wees, maar dit is nie altyd so nie. Is dit?

Jy begin dink: “Dit was nog nooit so erg nie. Dinge was soveel beter, terug in die goeie ou dae. Wat het van die lewe geword?”

Dit is snaaks hoe ons so maklik deur ‘n rooskleurige bril na daardie goeie ou dae terugkyk, en dan maak ons onsself wys dat dinge waarskynlik nooit weer so goed sal wees nie.

As jy al ooit in daardie strik beland het, dan is hier goeie raad vir jou in Prediker 7:10:  Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat 'n mens so sê nie.

Die waarheid is dat hierdie jaar verby is. Dit is klaar en afgehandel. Ons kan daar niks aan verander nie, maak nie saak hoe graag ons wil nie. Maar die idee dat dinge nooit weer so goed sal wees nie, is ‘n waansinnige beperkende manier van dink - jammer om dit so kras te stel, maar dit is. Moet dit nie doen nie, dis een van die slegste dinge wat ons kan doen.

Môre ... more is 'n Nuwe Jaar. En God ... God is 'n goeie God. Ek wil jou vandag aanmoedig om met verwagting uit te sien na wat Hy vir jou beplan het. 

Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat 'n mens so sê nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Sonder Woorde
2 perc 11. évad 303. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.

Ons leef in 'n wêreld wat sukses en prestasie beloon. Ons leef in 'n wêreld waar jy veronderstel is om onafhanklik te wees. Ons leef in 'n wêreld waar ons geleer word dat sukses net van onsself afhang.

Soms dra ons soveel pyn in ons binneste rond, dat ons nie daaroor kan praat nie. Of soms raak dinge so ingewikkeld, so verwarrend dat ons nie eers weet wat om vir God te sê nie. Ons weet nie hoe ons moet bid en waarvoor ons moet vra nie.

Was jy al ooit in so ‘n situasie? Jou pyn is so erg dat jy nie die krag het om 'n woord te bid nie. Jy wil, maar jy kan net nie. Al wat daar diep uit jou binneste kom, is ‘n kreun.

Tweeduisend jaar gelede het die apostel Paulus byna die helfte van die boeke van die Nuwe Testament geskryf - sommige daarvan terwyl hy in die gevangenis opgesluit was. Daar kan dus geen twyfel bestaan ​​dat hy presies geweet het hoe pyn voel nie. Dis hoe hy dit beskryf in:

Romeine 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.

Ek wil jou troos en sê dat in daardie oomblikke, wanneer jy nie eers weet waar om te begin nie; hang dit nie van jou af nie. God is nie afhanklik van jou, in jou oomblik van swakheid nie. Nee, inteendeel.

Wanneer ons ons oë na Christus opslaan, is dit die Heilige Gees wat vir ons intree met gebed wat nie in woorde uitgedruk kan word nie. Wanneer ons net na Jesus kyk, te midde van die woordelose pyn en verlorenheid; dan my vriend, praat ons van ware gebed. En dit is al wat nodig is.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Gesindheid
2 perc 11. évad 302. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Petrus 4:10 As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

Die idee dat jy 'n dienaar van iemand anders moet wees, is vir die meeste van ons afstootlik. Die idee is amper, nee, dit is neerhalend in ons moderne tyd. En tog, die belangrikste mens wat ooit op hierdie aarde gewandel het, het gekom om te dien en nie om gedien te word nie. Hm, wat sê dit vir ons?

Dit maak nie saak wat jy in die lewe doen nie, wat jou spesialiteitsveld is nie, dit kan uiteindelik alledaags of vervelig word. Mense sê soms vir my: “Ag nee, dit kan nie waar wees nie. Kyk na jou, jy is elke dag op televisie en radio. Hoe kan dit ooit alledaags of vervelig wees?”

Ek verseker jou ek geniet my werk. Ek moet elke jaar meer as 1100 boodskappe probeer skryf en produseer. Dit maak nie saak hoe baie ‘n mens daarvan hou nie, maar te midde van al die harde werk, is dit maklik om dit alledaags te laat word.

Dink aan die meisie wat 'n lugwaardin wil word. Dit klink so aanloklik en verleidelik met vlugte dwarsoor die wêreld. Maar dink aan al daardie lang vlugte, die veeleisende passasiers, tydsone veranderings en om van die huis af weg te wees. . .  dieselfde roetine oor en oor.

Weet jy, ek was onlangs op 'n vlug en die lugwaardin, het gelyk asof sy geniet wat sy doen. Sy het mense belangrik laat voel en met ‘n glimlag bedien, in plaas daarvan om net 'n skinkbord voor hulle neer te plak. Dit was 'n genot om te aanskou en ek vermoed dat dit alles neerkom op haar gesindheid teenoor mense.

 In 1 Petrus 4:10  staan: As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

God het elkeen van ons met 'n unieke talent gemaak en wanneer ons daardie talent met vreugde en dankbaarheid gebruik, is dit so 'n ongelooflike seën, nie net vir ons nie, maar ook vir diegene rondom ons.

Dit kom neer op jou gesindheid.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Instapbewys
2 perc 11. évad 301. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Deesdae hou ons nie meer van ‘n saak wat duidelik óf swart óf wit is nie. Deesdae is dit baie geriefliker om in skakerings van grys te dink. Al daardie swart en wit, regte en verkeerde goed, is per slot van rekening uit die oude doos.

O so? En het jy al ooit op 'n vliegtuig probeer klim sonder 'n instapbewys? Of 'n grens sonder 'n paspoort probeer oorsteek? Jy hoef nie Einstein te wees om agter te kom dat dit net nie gaan werk nie.

Wat laat ons dink dat ons sonder Jesus met God kan praat? Miskien dink jy ek’s arrogant? Ag man, lei alle paaie nie na Rome toe nie? Dit maak seker nie saak wat jy glo nie, solank jy dit net opreg glo? As jy 'n goeie lewe lei, gaan jy sekerlik hemel toe!

Nee ou maat, jy klim nie op 'n vliegtuig sonder 'n instapbewys nie. En jy steek nie 'n grens sonder 'n paspoort oor nie.

Jesus het dit so gestel in:

Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Of jy dit wil hoor of nie, laat ek dit baie duidelik stel. Tensy jou lewe wys dat jy met jou hele hart glo dat Jesus die Seun van God is; dat Hy vir jou gesterf het, sodat jou sondes vergewe kan word en dat Hy weer opgestaan ​​het, sodat jy 'n nuwe lewe kan hê - 'n ewige lewe in sy teenwoordigheid ... sal jy nie die poorte van die hemel binnegaan nie. Dis is nou maar net so!

Maar die goeie nuus, die fantastiese nuus, is dat wanneer jy dit doen, jy heeltemal vergewe word; jy 'n heeltemal nuwe lewe het; jy heeltemal seker kan wees dat wanneer jou liggaam sterf; jy die ewigheid by God sal deurbring. Vir ewig en altyd en altyd, amen!

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Eensame Tyd
2 perc 11. évad 298. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 138:8 Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.

Hoe sal jy hierdie dag deurbring? Omring deur mense, of heeltemal alleen ... of albei? Hoe dit ook al sy, vandag is daar een ding wat waar is. Jy sal nie alleen wees nie.

Kersfees; 'n tyd wanneer ons veronderstel is om deur geliefdes omring te wees, 'n tyd van viering, maar dit kan vir sommige mense 'n baie eensame dag wees.

Maar dis nie altyd so nie. Ek onthou 'n Kersfees vyf en twintig jaar gelede toe ek hopeloos alleen was. Ek het wakker geword en met die trap afgegaan om 'n koppie tee te maak, maar die leegheid, die stilte was byna tasbaar.

Ek het gaan sit en tyd met God deurgebring. Die trane het oor my wange gerol. Ek was ontsettend alleen. En net daar, terwyl ek daardie tyd saam met Hom deurgebring het, het ek iets ervaar wat moeilik is om in woorde uit te druk.

My God was daar en Hy het my op so 'n spesiale manier gevul met sy teenwoordigheid en sy liefde. Dit was ongelooflik. Jy weet, deur die jare het ek agtergekom dat hoe groter my behoefte is, hoe meer oorweldigend is sy liefde.

Deesdae is ek met Kersfees omring deur 'n wonderlike gesin en alles voel fantasties, maar ek sal nooit die gewaarwording van daardie Kersfees, wat ek jare gelede alleen met my God deurgebring het, vergeet nie. Hier in 

Psalm 138:8 staan: Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.

Wat jou Kersdag ook al vandag vir jou inhou, laat ek jou aanmoedig om tyd te maak om alleen saam met jou God te wees en self die wonder van sy teenwoordigheid en die wonder van sy liefde te ervaar.

Mag jy en diegene vir wie jy lief is, 'n geseënde Kersfees hê.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Menslike Toestand
2 perc 11. évad 297. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 2:12-14 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”

Hoeveel keer het jy nie gedurende hierdie tyd van die jaar die een of ander prediker hoor vertel van “die ware betekenis van Kersfees” nie? Dieselfde ou storie. En so laat ons nog 'n Kersfees verbygaan. Regtig tragies.

Te midde van al die roesemoes en al die dinge wat ons moet doen, kom ons op 'n punt in ons lewens waar ons wonder: Wat doen ek op hierdie aarde? Wat is die doel van die lewe? Waarin lê die vervulling?

Op 'n helder sterre nag, tweeduisend jaar gelede, is God se ewige Plan gebore. ‘n Seun. Sy Seun, gebore in ‘n nederige stal. Ons lees in: 

Lukas 2:12-14 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!”

 

Wat moes God die Vader op daardie oomblik gevoel het? Was dit onuitspreeklike vreugde om te sien hoe sy Plan om die mensdom te red begin ontvou, of was dit terselfdertyd ‘n groot hartseer, omdat Hy geweet het, dat sy Seun sou moes ly? 

Maar in daardie nag het God met jou en my gepraat. Hy het gepraat van sy ontsaglike liefde vir ons. Hy het uit een of ander obskure stal in een of ander obskure dorpie ons uitgenooi om in sy Seun te glo.

Waaroor gaan die lewe? Waar gaan dit heen? Wat is die doel? Dit is alles simptome van 'n vakuum wat deur God self in die DNA van ons siele geskep is, om met sy Geskenk gevul te word, met Jesus.

En dit is presies waaroor Kersfees gaan. Hy smag na jou. Hy het sy Seun vir jou gestuur.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Siel wat Wroeg
2 perc 11. évad 296. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 9:21,22 Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond.

Kan ek jou vra: is jy lus om nog 'n Kersfees te vier, of nie? Miskien is almal vrolik en besig met hul Kersfees voorbereidings, maar jy ... miskien het jy ander dinge in jou kop en die laaste ding waaraan jy nou wil dink, is Kersfees.

Het jy al soggens wakker geword nadat jy die hele nag in die bed rondgerol het? Jou siel is in 'n warboel, die druk van die lewe neem toe, dit lyk asof niks wil uitwerk nie. En al waaroor die mense praat, is Kersfees; die Kersmusiek weergalm deur die winkelsentrums ... die versierings is op ... maar die laaste ding waarvoor jy lus het, is daardie Kersfeesvrolikheid.

Dis hoe jy nou voel. Dit is die lewe. Al die musiek en versierings en geskenke en voorbereidings gaan dit nie verander nie.

By Jesus kan jy jouself wees. Hy het nie na hierdie wêreld gekom as 'n Kerslied, of 'n blink versiering of 'n patetiese Kersboodskappie nie. Hy het gekom as 'n werklike Verlosser, soos hierdie vrou wat al meer as 'n dekade gely het, self ontdek het. Ons lees in:

Matteus 9:21,22 Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloofhet jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond.

Wat ook al in jou lewe aangaan, wees hierdie Kersfees opreg teenoor Jesus. Al is jy so desperaat soos hierdie vrou . . . As ek maar net aan sy klere kan raak  ... dit is al wat nodig was.

Ek wil jou vandag aanmoedig om nie deur hierdie uiterlike vertoon van Kersfees verblind of ontsteld te word nie. Maak nie saak hoe jy voel nie, neem jou laste na Jesus; gaan net soos jy is.

Dit, my vriend, dit is waarom Hy gekom het. Hy het om jou onthalwe gekom. Dit is waaroor Kersfees gaan.

En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

As God by jou Voordeur sou opdaag
2 perc 11. évad 295. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jesaja7:14 Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.

Ek bid vir jou en al die ander wat vandag vir hierdie VARS boodskap by ons aansluit, dat, soos ons Kersfees nader, ons harte gereed sal wees om te ontvang, óóp sal wees om te ontvang en daarna sal smag om te ontvang.

Het jy al beplan hoe jy vanjaar Kersfees gaan benader? Daar’s net 'n paar dae voor die groot dag oor. . .Is dit ‘n malle gejaag, om dinge by die werk klaar te maak, die laaste geskenke te koop en die kos te beplan? Op die ou end is jy op Kersdag stokflou? Is dit die plan?

As dit is, en ek wil nie krities wees nie, maar dis die laaste ding waaroor Kersfees behoort te gaan. Want as dit jou plan is, dink ek dit is regtig hartseer, want as jy uitgeput is wanneer Kersfees aanbreek, voel dit alles betekenisloos.

Kom ons dink hieroor na. God het 'n ewigheid aan Kersfees beplan; 'n absolute ewigheid. Dit was 'n eenvoudige, maar tog so ‘n unieke plan. Ongeveer sewehonderd jaar voordat dié Plan in die wêreld gebore sou word, het Hy ons 'n kykie gegee in hoe dit sal gebeur. 

In Jesaja 7:14 lees ons: Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.

Nou-ja, ons weet almal dat Maria 'n maagd was. Dit beteken dat Jesus die Seun van God is.

Maar die leidraad lê in die woord Immanuel. Dit beteken "God is met ons". Op hierdie wyse sou God, as mens na die wêreld kom. Sy Naam is Jesus.

En daarom is die idee dat Kersfees afgesaag is, vir my so 'n tragedie. Kersfees is God wat op jou voorstoep verskyn. Dit is wat ons vier.

Doen jouself asseblief 'n guns. Maak gereed. Christus kom.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Is jy gereed om te ontvang?
2 perc 11. évad 294. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jesaja 9:5 Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Kersfees beteken nie vir alle mense dieselfde ding nie. Vir party sal dit 'n groot fees wees, vir ander 'n eensame tyd en vir ander 'n werksdag. Sê my ... hoe sal jou Kersfees lyk?

Kan jy dit glo - hier is ons al in die Kersweek. Ons gaan weer Kersfees vier. Kan ek jou vra: is jy gereed?

Nee, ek praat nie van die inkopies, die geskenke, Kersete en die versierings nie. Dit is alles goed en wel, maar dit is nie waarom ek dit vra nie, is dit? Nee, wat ek wil weet is of jy diep in jou hart gereed is om die grootste geskenk wat ooit gegee is, te ontvang; want dit is immers waaroor Kersfees gaan.

Ongeveer sewehonderd jaar voordat Jesus gebore is, het Jesaja sy koms voorspel. Ons lees in:

Jesaja 9:5 Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Kyk net al die Name wat aan die Seun gegee word: Wonderbare Raadsman, MagtigeGod ... wag ‘n bietjie. Stop net daar! Wat het Jesaja nou net gesê? Dat ‘n magtige God in hierdie wêreld gebore sal word word. ‘n Ewige Vader en Vredevors.

Daar kan geen fout wees nie, hoegenaamd nie. Dit is 'n profesie van die geboorte van God in hierdie wêreld.  God wat mens geword het; wat een van ons word, om by ons te woon, om Homself aan ons te wys en om vir ons te sterf. Dit is waaroor Kersfees gaan. Laat ek jou dus weer vra. Is jy gereed om die grootste geskenk wat nog ooit gegee is, te ontvang? Indien nie, kry jouself gereed. Christus kom.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Wees Onsigbaar
2 perc 11. évad 291. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 6:1 “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie.

Kan ek jou 'n ongemaklike vraag vra? In watter mate word jy deur erkenning gemotiveer? Hoe belangrik is ander mense se opinie van jou? Wil jy hê hulle moet goed praat van jou, of jou selfs bewonder? 

Ons leef in 'n wêreld waar beroemdes aanbid word; 'n wêreld waarin een of ander bogkind 'n sogenaamde "Instagram-beïnvloeder" word, wat honderdduisende, selfs miljoene volgelinge het. Dis gek. En die ergste van alles is dat ons onsself verbeel dat ons ook aansien moet geniet, bekend moet wees, bewonder moet word, anders het ons eenvoudig nie die paal gehaal nie.

Om verslaaf te wees aan erkenning is 'n lelike ding, want dit beteken dat jy deur trots gemotiveer word en dat God, soos ons almal goed weet, die hoogmoediges weerstaan.

En weet jy, as ek daaraan dink, is die mense wat ek die meeste bewonder, nie so nie. My eerste pastoor, Phil, het sy hele lewe lank behoeftige mense, soos ek, gehelp. 'n Goeie vriend van my, Dave in Kansas City, het sy lewe daaraan gewy om mense regoor die wêreld met die liefde van Jesus te bereik. Maar jy sal waarskynlik nooit weet hoe een van hulle lyk nie.

Dit is asof hierdie mense met inbors, hierdie mense wat ‘n verskil maak, onder die radar vlieg, sonder dat die meeste van ons hulle ooit erkenning gee.

Jesus was so. Hy het nie sy teologiese geloofsbriewe deur die godsdienstige leiers van sy tyd laat stempel nie. In plaas daarvan het Hy met die laagstes van die samelewing geassosieer.

Weet jy, my gevoel is dat hoe gouer ons agterkom dat dit goed is om onder die radar te vlieg, hoe gouer sal ons vrede maak met wie ons is en waarvoor God ons geroep het.

Matteus 6:1  lees: “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie.

Moenie verslaaf wees aan die erkenning van mense nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Word Japannees
2 perc 11. évad 290. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 8:11 Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

Kan ek jou vra, wat beteken dit om 'n 'weergebore' Christen te wees? Hoe weet jy verseker of jy een is, of nie? Dit is goeie vrae ... want baie mense wat hulself 'Christene' noem, ken nie die antwoorde nie.

Jare gelede het ek 'n Amerikaner met die naam, Tim, ontmoet. Hy was so effens ‘ronderig’ van postuur. Sy hare was grys en hy het 'n baard gehad. As jy so na hom kyk, kon hy net sowel ‘n plakker met die woorde: 'Amerikaanse Toeris' op sy voorkop laat plak het.

Tim woon die afgelope veertig jaar in Japan en as jy hom leer ken, ontdek jy dat hy regtig Japannees aan die binnekant is. Hy dink en tree op asof hy daar gebore is, alhoewel hy beslis nie Japannees lyk nie.

En weet jy hoekom ek aan hom dink as Japannees? Omdat hy in sy hart die mense liefhet. Hy is toegewyd aan Japan, en hy het een van hulle geword.

Iemand het my onlangs gevra: "Wat beteken dit om 'n 'wedergebore' Christen te wees?" Wel, ek dink dit is baie soos Tim en die Japannese ding.

As jy werklik vir Jesus aanneem, is dit 'n besluit en 'n verbintenis om Hom eerste te stel.

As jy na my kyk, kan ek nog steeds 'Australiese Toeris' op my voorkop vasplak. Maar as jy my regtig leer ken, is ek 'n nuwe mens, want toe ek Jesus aangeneem het, het die Gees van God in my hart kom woon. 

Romeine 8:11 lees: Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

Om aan Jesus te behoort, beteken jy lei 'n heeltemal nuwe lewe, jy is ‘n splinternuwe mens, wat totaal getransformeer is.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Hanteer Teleurstelling
2 perc 11. évad 289. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 23:34 Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” 

Wanneer laas is jy deur iemand of iets teleurgestel? Hoe het jy gevoel? Wat was die uiteinde daarvan? Het jou gevoel van teleurstelling dinge verbeter, of net vererger?

Dinge verloop nie altyd soos ons dit wil hê nie. Soms lyk dit regtig asof dinge keer op keer teen ons draai. Jou verhouding gaan nie goed nie, jy is onder druk by die werk en dan word jy ewe skielik siek. Dit is net die een ding na die ander. En hierdie dinge veroorsaak ‘n gevoel van diep teleurstelling wat voel soos 'n messteek.

Maar weet jy, die waarheid is, dat teleurstelling ‘n hart-saak is. Dit is ‘n emosionele ding wat ons diep raak. Wanneer ons emosioneel raak en teleurgesteld en moedeloos voel as ons teëspoed beleef, maak ons dinge net erger.

Ek is teleurgesteld in jou omdat jy nie gebel het nie. Ek is teleurgesteld omdat dinge net nie reggekom het nie. Ek gaan met ‘n lang gesig rondloop, omdat ek nie my sin gekry het nie.

Teleurstelling is die reaksie van 'n slagoffer, nie van 'n oorwinnaar nie. As ons teleurgesteld voel, reageer ons verkeerd. Om teleurstelling vatplek te gee, is op die ou end, ‘n keuse - dit is iets wat ons kan toelaat om ons te verswelg, of ons kan dit verwerp. Met ander woorde teleurstelling bly ‘n keuse – joune en myne.

Miskien klink dit 'n bietjie wreed. Maar as jy die verhale oor Jesus lees, het hy nie teleurgesteld gevoel toe die mense Hom verwerp het, of toe hulle Hom verkeerd verstaan ​​het, of toe hulle Hom verlaat het nie, en selfs nie toe hulle Hom gekruisig het nie. Hy het nie toegelaat dat hulle mislukkings sy lewe bederf of Hom ontwrig nie. Kyk wat gebeur aan die kruis. Ons lees in:

Lukas 23:34 Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” 

Wanneer dinge sleg afloop, kan jy net soos Jesus, kies om nie lamgelê te word deur die teleurstelling nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die GenadeTroon
2 perc 11. évad 288. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 3:23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,Hebreërs 4:14,16 Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

Het jy al ooit gesukkel om te bid, omdat jy gevoel het jy is nie goed genoeg nie? Miskien het ons almal al somtyds 'n bietjie so gevoel.

Hierdie gevoel oor gebed laat baie mense huiwer om te bid. Waarom, wel, weet jy ...

Ek is net nie goed genoeg nie. Daardie persoon daar, wel, sy is waarskynlik. Ja. En miskien daardie ou daar anderkant... Maar nie ek nie. Jy ken my nie. Die dinge wat ek gesê en gedoen het ... nee, ek kan nie voor God staan ​​en begin bid nie. Ek is nie goed genoeg nie. Hy sal nooit na my luister nie.

En as jy miskien so voel, laat my toe om dit vir jou sê: aan die een kant is jy heeltemal reg, maar aan die ander kant, heeltemal, heeltemal verkeerd. Aan die een kant, omdat God 'n volmaakte en heilige God is, en ons almal ver tekort skiet. Ons lees in:

Romeine 3:23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,

Maar aan die ander kant weet Hy dit, en juis daarom het Hy Jesus, sy Seun, gestuur het om vir ons te sterf, om te betaal vir al ons ‘nie goed genoeg' nie, sodat ons vrylik na Hom kan gaan.

Hebreërs 4:14,16 sê: Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

As jy in Jesus glo, hoef jy nooit bang wees om te bid nie. Inteendeel. Kom met vrymoedigheid voor die troon van genade en jy sal barmhartigheid, genade en hulp in jou nood ontvang.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Krag van Gebed
2 perc 11. évad 287. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

Een van die groot vrae waarmee ons dikwels stoei is: waarvoor kan jy alles vir God vra? Enigiets, of is daar dinge wat jy nie behoort te vra nie? Sê my, waarvoor kan jy God vra?

Baie van die dinge wat Jesus gesê het, toe Hy op aarde was, het mense geskok en soms beledig. Dit was wat op die ou end tot Sy kruisiging gelei het.

En een van die buitengewone stellings wat Hy gemaak het, het die godsdienstige leiers se hare laat rys; Hy het gesê in:

Johannes 15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.     

Dit het die Pandora-kis behoorlik oopgemaak! Vra vir net wat jy wil hê, en jy sal dit kry?

Enigiets?! Hoe kan Hy so 'n belofte maak? Dis eenvoudig. Sy belofte begin met 'n voorwaarde:  As jy in My bly, en my woorde in jou.

Daardie woord 'bly' is 'n sterk woord. Volgens die woordeboek beteken, dit om te berus in, aan te hou, te verduur, vas te staan, nooit te vertrek nie. As ons dus hierdie verregaande belofte lees, en die voorwaarde verstaan – dat ons in Christus, en sy Woord in ons, moet bly - dan kan ons baie duidelik sien hoe hierdie belofte werk.

Want wanneer Jesus die Here van jou lewe word, dan verander die begeertes van jou hart heeltemal. Met die gevolg dat dít waarvoor jy vra, volgens sy wil is. Want as jy met jou mond bely en met jou hart glo dat Jesus jou Here is... is dit nie meer jou wil nie, maar syne.

Bly jy in Hom? Bly Sy Woord werklik in jou? Vra dan net wat jy wil en dit sal vir jou gedoen word.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Imago Dei
2 perc 11. évad 284. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Genesis 5:1,2 Hier volg die geslagsregister van Adam. Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as beeld van Homself. Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle geseën en hulle “mens” genoem toe hulle geskep is.

Ons het elkeen 'n manier om na onsself te kyk. Ons besluit wat ons ​​werd is, en hoe ons met ander vergelyk. Ons noem dit ons “selfbeeld.”  As ons onsself maar net kon sien, soos God ons sien. . .  dan sal alles verander!

Mense het al baie gesê dat ek my pa se ‘loop’ geërf het. En as ek hulle vra: “Wat bedoel julle met ‘sy loop geërf?" Dan het hulle maar net geglimlag.

En toe sien ek myself eendag op televisie. Dit was 'n onderhoud van vyftien minute en ek was totaal en al geskok oor wat ek gesien het. Al my maniertjies, die manier waarop ek beweeg en praat en beduie het, selfs my gesigsuitdrukkings, was tipies my pa. Ek het geen idee gehad dat ek alles nes my pa doen nie.

Christene sê graag dat ons na die beeld van God gemaak is. Teoloë noem dit die Imago Dei. "Wat beteken dit?" Kyk wat staan in:

Genesis 5:1,2 Hier volg die geslagsregister van Adam. Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as beeld van Homself. Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle geseën en hulle “mens” genoem toe hulle geskep is.

Dit beteken dat of ons nou man of vrou is, God het ons gemaak om soos Hy te wees. En weet jy, hoe meer ek na mense kyk en sien hoe briljant en kreatief en mooi en verrassend en anders en aangenaam hulle is, hoe meer kom ek tot die gevolgtrekking dat daardie Christene reg is. Die Imago Dei is geen klug nie.”

As dit nou nie vir ons sonde was nie, sou ons ‘n weerkaatsing van God kon wees. En ek dink as elkeen van ons net in die spieël wil kyk en onsself sou sien soos God ons sien, sou ons in verwondering fluister: “Ek het geen idee gehad nie!”

Toe God ons geskep het, Hy ons gemaak as beeld van Homself.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Melkweg
2 perc 11. évad 283. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 119:130 Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.

Kan ek jou ‘n baie reguit vraag vra? As 'n onpartydige regter, jou Bybelleesgewoontes sou ondersoek, sou hy onteenseglike bewyse vind dat jy inderdaad 'n man of vrou van God se Woord is ... of sal hy nie?

Die daaglikse voorbereiding van hierdie VARS boodskappe is een van die grootste vreugdes in my lewe. God gebruik hierdie saad, wat ons saai, oor die hele wêreld. Dit raak mense, wat ek nooit aan hierdie kant van die ewigheid sal ken nie, se lewens aan.

Een van die vrae wat mense lief is om vir my te vra, is: “Waar kom al die idees vandaan? Sukkel jy nie partykeer nie?”

My antwoord is altyd: “Het jy al ooit opgekyk na die Melkweg? Daar is triljoene sterre daarbo en dit maak nie saak hoe lank sterrekundiges die hemelliggame bestudeer nie, hulle sal altyd nuwes ontdek.”

Daar is so 'n rykdom, so 'n diepte, so 'n krag in die Woord van God. 'n Enkele vers; net 'n paar woorde, God se woorde, kan jou hele lewe verander. Ons lees in:

Psalm 119:130 Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.

Ek weet dat dit beslis in my lewe waar is. God se Woord is dié een ding, wat Hy gebruik het om my lewe te verander. Daar ís krag in sy Woord. Krag wat my lewe herskep het. Krag om jou lewe te verander.

God se Woord bring lig, dit blaas nuwe lewe in ons lewens.

En weet jy, as God my nog honderd en vyftig jaar sou gee om Sy Woord te verkondig, sou ek skaars ‘n duik gemaak het.

Wees 'n man, wees 'n vrou van God se Woord.

Sy Woord maak selfs eenvoudige mense (soos ek en jy) wys!

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Ek het Vandag Brood Nodig
2 perc 11. évad 282. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 11:3 Gee ons elke dag ons daaglikse brood;

Wanneer laas het jy 'n dringende nood gehad; 'n gesondheids-, of 'n finansiële krisis, of 'n verhouding wat verbrokkel? En het jy onmiddellik met God daaroor gepraat en geglo dat Hy sal voorsien? Het jy ... of het jy nie?

Vir sommige mense is dit 'n groot stryd om net elke dag kos op die tafel te sit. Miljoene mense leef vandag nog in armoede.

Ek het onlangs met 'n man in Rwanda gepraat. Hy sukkel om nie net vir sy eie gesin te sorg nie, maar ook vir familielede wat in desperate nood verkeer. En 'n ander man in Bangladesj, het ‘n rukkie gelede vir my gesê: "Ons eet meestal rys, maar as die rys op is, dan ly ons honger.” 

Kyk wat is een van die dinge wat Jesus sy dissipels geleer het om voor te bid. Ons lees in:

Lukas 11:3 Gee ons elke dag ons daaglikse brood;

Ek het al dikwels gewonder hoe die vissermanne en boere wat na Jesus geluister het, hierdie woorde sou interpreteer. Dié gebed het tog sekerlik ‘n heeltemal ander betekenis vir die mense wat swaarkry, as vir dié wat oorvloed het.

Watter soort God is Jesus wanneer Hy vir dié wat honger is sê: “Ek weet wat jy nodig het en sal voorsien in jou behoeftes.” Vandag het die Rwandese man en die een uit Bangladesj albei genoeg kos vir hul gesinne. Hoe dink jy voel hulle nou oor God?

Soms dink ons ​​dat dit vir God onmoontlik sou wees om in ons behoeftes te voorsien. En dan bid ons daardie eenvoudige gebed: Gee ons elke dag ons daaglikse brood. En God voorsien. Hy doen dit altyd. Soms seën Hy ons harde werk. Ander kere, wanneer niks wat ons kan doen, help nie, stuur Hy 'n wonderwerk uit die hemel.

Hy doen dit nie altyd op dieselfde manier nie, maar Hy voorsien altyd.

Gee ons elke dag ons daaglikse brood;

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Sien af van die Formule
2 perc 11. évad 281. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jeremia 33:3 Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.

Kan ek jou vandag vra, hoe bid jy? Wat is jou benadering? Waaraan dink jy as jy bid?  Mense, selfs Christene, praat baie oor gebed, maar hulle vertel ons nie hoe ons moet bid nie.

Die woord "gebed" laat party mense dink aan rituele of formules. Jy weet mos; jy moet op 'n sekere plek wees, die regte klere aanhê en die regte woorde op die regte manier bid. En as jy dít regkry, sal God jou nie straf nie en kan jy selfs kry waarvoor jy ook al vra.

Dis waarmee ek grootgeword het. Maar toe eendag sit ek en dink: "As dit is hoe gebed werk, wie het dit dan nodig?" Met die gevolg dat ek toe vir twintig jaar nooit gebid het nie. Dit is 'n lang tyd om in die woestyn deur te bring.

In my laat dertigerjare, toe al my hoop en drome in skerwe gelê het, het ek uit pure desperaatheid weer begin bid.

Nie met formules nie, o nee, ek het net my hart by God uitgestort. En tot my absolute verbasing het God my begin antwoord. Sy antwoorde was nie wat ek altyd verwag het nie. Ek het gehoop dat Hy 'n towerstaf sou waai en al my probleme sou oplos. Maar Hy het iets heel anders in gedagte gehad.

In Jeremia 33:3 staan: Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.

Ek het toe tot God geroep, Hy het my wel geantwoord ... maar sy antwoorde was sy wysheid en die aanmoediging wat ek nodig gehad het om deur die moeilike tye te kom, nie 'n towerstaf om die probleme in 'n oogwink te laat verdwyn nie.

Gebed. Dit is nie 'n formule nie. Word eerlik. Roep tot God en Hy sal jou antwoord.

Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Kommunikasie Gaping
2 perc 11. évad 280. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

2 Kronieke 15:2 Hy (Asarja) het Asa tegemoet gegaan en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en alle manne van Juda en Benjamin: As julle by die Here is, sal Hy by julle wees; as julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

Sê my, op 'n skaal van 0 tot 10, hoe naby voel jy op hierdie oomblik aan God? Nul is 'n baie ver weg ... en tien is 'n hegte, intieme en opregte verhouding met Jesus. Komaan, wat sê jy - hoe naby voel jy op hierdie oomblik aan God?

Het jy opgelet dat soos die tegnologie ontwikkel, ons met soveel meer mense kommunikeer as ooit tevore? Eers was dit die posdiens - onthou jy nog briewe? Toe kom telefone, fakse, e-pos en slimfone. Deesdae is sosiale media net die ding - Facebook, Instagram, YouTube en 'n hele spul ander. Wie weet wat kom volgende?

Maar jy stem seker saam, dat met al hierdie moderne hulpmiddels wat ons nou het, ons net besiger en besiger raak. Al hierdie opsies veroorsaak dat ons ons lewens oorlaai met allerhande goed.

En die hartseer paradoks van dit alles is, dat hoe meer die tegnologie ontwikkel, hoe meer oppervlakkig raak ons kommunikasie ​​met ander mense. Onthou jy die gesprekke rondom die kampvuur toe jy nog ‘n kind was? Toe ons vir ure net kon sit en gesels?

Maar dink daaraan - as dit is hoe ons menseverhoudinge vervlak het, is dit ook waar van ons verhouding met God? Op die een of ander manier het ons net weggedryf. Kom ons kyk wat Asarja vir die koning gesê het in:   

2 Kronieke 15:2 Hy het Asa tegemoet gegaan en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en alle manne van Juda en Benjamin: As julle by die Here is, sal Hy by julle wees; as julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

Luister ‘n bietjie hier -  as dit voel asof God myle ver is, moet jy tyd maak om by Hom te wees, want Hy is by jou, as jy by Hom is ... Maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou verlaat.

Maar moenie moedeloos wees as jy weggedryf het nie, want as jy na Hom soek, sal jy Hom vind.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

By die Lughawe
2 perc 11. évad 277. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Het jy werklik in jou hart die feit aanvaar dat Jesus vir jou gesterf het?

Het jy dit waarlik al in jou hart as die waarheid aanvaar, dat Jesus vir jou gesterf en uit die dood opgestaan ​​het? Het daardie waarheid al tot jou deurgedring, tot by die kern van jou wese?

Ek het nou die dag op een van die besigste lughawens ter wêreld gesit en kyk hoe mense voortstorm. Groot, klein, jonk, oud, swart, wit en elke skakering tussenin. Alle vorms en groottes en ouderdomme en agtergronde en oortuigings; dit lyk asof die hele spektrum van die mensdom by my verbybeweeg.

Terwyl ek daar sit, beleef ek net hoe Jesus iets in my hart fluister: Ek het gesterf vir elkeen van hulle. Gaan vertel hulle. Ek het gesterf vir elkeen van hulle.

Ek wonder soms of dit nie vir ons makliker is om te glo dat Jesus vir iemand anders gesterf het nie; iemand wat baie beter as ons is nie. Miskien iemand wat dit baie meer as ons verdien of iemand anders met meer kennis, wat die regte dinge glo en die regte dinge doen en die regte dinge sê?

Maar ekke? Nee, nooit, ek kan nooit aanvaar dat Hy vir my gesterf het nie. Ek kan nooit aanvaar dat Hy in my belangstel nie. Nee, ek kan nie dink dat Hy die res van die ewigheid... saam met my wil deurbring nie!

Maar in 2 Korintiërs 5:15 lees ons: En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Jesus het vir almal gesterf; vir elkeen van ons. Elkeen! Vir al die mense in daardie lughawe, vir my en vir jou.

Hy het vir ons gesterf en is uit die dood opgewek, sodat ons 'n nuwe lewe kan lei; sodat ons ons lewens vir Hom sal leef.

Word wakker. Hy het gesterf en opgestaan ​​... vir jou!

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Van Skatryk tot Brandarm
2 perc 11. évad 276. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Prediker 5:9 Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks.

As iemand jou ‘n onbeperkte bedrag geld aanbied, hoeveel sou vir jou genoeg wees?

Dink vir ‘n oomblik aan ‘n situasie waar iemand vir jou 'n onbeperkte hoeveelheid geld sou aanbied. Hulle vra jou: "Hoeveel wil jy hê moet ek vir jou gee?" Wat sou jy antwoord? Hoeveel sou jy vra?

Dit sal so lekker wees om baie geld te hê, sal dit nie? 'n Porsche of twee wat in die oprit staan, 'n luukse huis, 'n paar bediendes om dit aan die kant te hou, jou maaltye voor te berei en daardie motors te was. . . Wie het nie daarvan gedroom om daardie soort lewe te leef nie?

En tog, hoe meer mense besit, hoe meer wil hulle hê. Ons weet almal van hoë profiel besigheids- of politieke leiers wat weens hul hebsug selfs tronk toe is.

Daar is een spesifieke man aan wie ek kan dink - hy was baie welaf en ongelooflik gewild - en tog het hy in die tronk beland omdat hy met net 'n paar honderdduisend dollar bedrog gepleeg het. Dit sê vir my dat dit nie die geld self is, wat die probleem is nie. Dit is wanneer ons begeerte daarna so erg, soos dié van ‘n verslawende dwelmmiddel word, dat dit ons lewens verwoes.

En dit is nie slegs van toepassing op die ryk elite nie, maar ook op mense op ons vlak.

Dit is so ongelooflik hartseer om te sien hoe mense van geld 'n afgod maak. 

Hier in Prediker 5:9 is die slotsom: Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks.

Soos CS Lewis in sy boek "The Screwtape Letters" skryf, is die plan van die duiwel om jou te versoek, om jou lewe te verwoes, eenvoudig:

 An ever increasing craving for an ever diminishing pleasure is the formula. 

Moenie toelaat dat die begeerte na geld jou vernietig nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Van Hier tot by die Son
2 perc 11. évad 275. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom

Vraag: Kan Jesus, die skrynwerker van Nasaret, nog steeds vandag in jou lewe relevant wees?

Hoe kan 'n skrynwerker, wat tweeduisend jaar gelede in Nasaret gebore is, in die 21ste eeu in my en jou lewe relevant wees? Hoe kan dit moontlik wees?

Stel jou voor dat jy 'n groot stuk papier het. 'n Baie groot stuk papier. Jy vou dit in die helfte. Vou dit dan weer in die helfte. Herhaal dit vyftig keer. (Toemaar, ontspan – ongeag hoe groot jou papier ook al is, jy sal sukkel om dit meer as sewe keer in die helfte te vou!)

Verdra my maar. . . Stel jou voor dat jy die papier weer en weer- vyftig keer - in die helfte kon vou. Goed, hier’s my vraag: Hoe dik is daardie stuk papier nou? So dik soos 'n telefoongids? So hoog soos 'n yskas miskien? Of miskien, as jou stoutste verwagtinge oortref word, tot teen die plafon?

Eish! Nee! As jy dit vyftig keer halveer, sou dit van die aarde tot die son strek. Ek het dit in 'n boek gelees en toe die wiskunde gedoen. Dit is waar. En as jy dit net nog een keer kon vou - 'n een-en-vyftigste keer - sou dit van die aarde af na die son en weer terug wees.

Dit is juis waaroor dit gaan - klein dingetjies kan 'n ontsaglike groot impak hê. Neem 'n timmerman van Nasaret wat tweeduisend jaar gelede gebore is. En wat daarvan?

Nou-ja, tweeduisend jaar later het Hy miljarde lewens aangeraak, en Hy is nog steeds besig om lewens te verander. Tweeduisend jaar later genees Hy nog steeds die gebrokenes van hart. En tweeduisend jaar later bewys Hy steeds liefde, red Hy steeds en fluister Hy nog steeds: Ek het spesiaal vir jou gekom. Kyk wat staan in:

Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom

Klein dingetjies kan 'n ongelooflike impak hê. Sy naam is Jesus.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Net Soos Ek en Jy
3 perc 11. évad 274. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 9:10,11 Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet. Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?”

God is baie besig, kan Hy regtig in jou en die dinge in jou lewe belangstel? 

Kan jy jouself indink hoe besig God vandag moet wees? Seker nie regtig nie! Maar dink jy daar bestaan dalk 'n moontlikheid, selfs die skraalste moontlikheid, dat Hy vandag in dit, wat in jou lewe aangaan, belangstel? Hoe dink jy?

Kyk na hierdie verstommende statistieke: die gesamentlike jaarlikse inkomste van die vyftig top maatskappye in die wêreld is groter as die gesamentlike bruto binnelandse produk van die vyftig armste lande waar, terloops, meer as die helfte van die wêreld se bevolking woon. Sjoe!

Dit is vir my verbysterend hoe groot maatskappye kan aanhou groei. Universele handelsname wat ons almal ken: Amazon, Apple, Facebook, Google, Coca Cola, McDonalds, Nike. Maar maak nie saak hoe groot hulle is nie, hoeveel miljarde hulle omset is nie, hoeveel wins hulle aan hul aandeelhouers lewer nie ... elkeen van hulle bestaan ​​uit individue soos ek en jy. Dit wil sê miljoene gewone, alledaagse mense net soos ek en jy, wat daagliks by die werk opdaag.

En wanneer ons hoor van ‘n natuurramp of ‘n oorlogsramp in een van die armer lande, waar ontelbare mense dakloos gelaat is, ontelbare mense ly en sterf, is hulle nie statistieke nie; nee, hulle is mense, gesinne, ouers en kinders ... net soos ek en jy.

Hierdie wêreld, as jy mooi daaraan dink; bestaan ​​uit etlike miljarde onbelangrike, gewone mensies met klein verhaaltjies - sommiges gelukkig, ander hartseer, ander werklik tragies.

Miskien is dit hoekom Jesus by hierdie mensies gekuier het; die vissers, die tollenaars, die melaatses, die bedelaars, die prostitute. Ons lees in:

Matteus 9:10,11 Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet. Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?

Hoekom? Omdat Hy die gewone mense kom red het. Mense net soos ek en jy.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Daardie één Ding
2 perc 11. évad 273. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 15:13 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Wat is die een ding, wat jy regtig op hierdie oomblik begeer?

Dit lyk asof ons almal tog op die een of ander manier gemaak is om na plesier, bevrediging, vreugde, vrede of geluk of wat jy dit ook al wil noem, te smag ... Ongelukkig is die probleem, dat die meeste van ons op al die verkeerde plekke daarvoor gaan soek.

Hier’s 'n vraag: wat is die één ding in jou lewe wat ontbreek? Ek bedoel, as jy net een ding moet noem wat jy regtig graag wil hê, wat sou dit wees?

‘n Verhouding? Ek wil graag getroud wees ... Ek wens ek het 'n beter huwelik gehad ... Ek wens ek kon met my twee tieners klaarkom.

'n Beter werk of 'n beter baas miskien? Net nog 'n paar duisend Rand per jaar vir ‘n paar van die luukshede van die lewe? 'n Lekker vakansie? Wat sal dit wees?

Ons het almal daardie een versugting. As ek maar net dit kon hê. . . .

Maar diep in ons harte weet ek en jy albei dat as ons daardie ding sou kry, daar net nog 'n ander ou dingetjie op die lysie sal wees, nie waar nie? En nog een, en nog een ...

Dit lyk asof “daardie één ding,” wat dit ook al in jou lewe is, nooit die vermoë sal hê, om jou totaal te bevredig nie. Want diep binne-in ons harte het God 'n versugting geplaas - of ons dit nou besef of nie, of ons bereid is om dit te erken of nie - na iets veel groter.

Die apostel Paulus sê vir sy vriende in Rome in:

Romeine 15:13 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Dit klink vir my asof Paulus net die regte dinge vir daardie Romeinse Christene gebid het. Vreugde, vrede en hoop in die krag van die Heilige Gees.

Daardie “één ding” ... dit sal jou nooit tevrede stel nie. Net God kan.

Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Wat is God se Plan?
2 perc 11. évad 270. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Levitikus 26:11,12 Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees.

Openbaring 21:3 Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.

Ek weet nie of jy ook so voel nie, maar soms voel dit asof die lewe net doelloos voortwoed... totdat jy wakkerskrik en begin wonder waarheen is alles op pad? Wat is die doel van die lewe?

Het jy al ooit gewonder of God inderdaad God is, of Hy die hele heelal geskep het en ons daarin geplaas het? Het jy jouself al afgevra presies waarom Hy dit gedoen het? Wat was die doel daarvan?

Aan die begin van die Bybel, maak Hy 'n belofte aan sy mense en sê Hy in:

Levitikus 26:11,12 Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees.

Dit is nogal ‘n groot belofte. In daardie dae het die sogenaamde gode, wat al die ander nasies aanbid het, in tempels gewoon. Jy moes na hulle toe gaan. Maar hier belowe God dat Hy by sy mense sal wees, dat Hy ‘n hegte verhouding met hulle sal hê. Dit is sy belofte.

En weet jy, aan die einde van die Bybel in die tweede laaste hoofstuk van die boek Openbaring, kry ons 'n blik op wat vir elkeen wat in Jesus glo, wag. Ons lees in:

Openbaring 21:3 Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.

En wat van alles tussenin; die geskiedenis en ons eie lewens? Hulle is deel van die wonderlike reis wat strek vanaf God se belofte, tot die vervulling daarvan. Wat 'n kragtige belofte. Wat 'n ongelooflike einde.

Ek sal jou God wees, en jy, jy sal my volk wees.

Dit is God se plan! Dit is die doel van alles.

En dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Geld is nie Alles Nie!
2 perc 11. évad 269. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 62:6,7 en 11 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.

Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.

Geld, rykdom, weelde… dit is verleidelik nie waar nie? As ons eerlik wil wees, wil ons almal meer hê. Sommige mense doen verskriklike dinge om meer te kry. Maar meer, nou-ja, meer is nie noodwendig 'n goeie ding nie. In werklikheid is daar iets baie beter.

Afhangend van waar jy woon, is welvaart miskien normaal. Of miskien leef jy op 'n plek waar armoede die norm is.

Ek verwonder my gereeld aan die feit dat soveel mense regoor die wêreld, elke dag, hierdie VARS boodskap ontvang. Van Algerië tot Zimbabwe, van Bolivia tot Oesbekistan, van ryk tot arm, swart tot wit, diegene wat in veiligheid leef en diegene wat in gevaar verkeer.

Wat sê ek nou eintlik oor geld en oor materiële besittings? Hoe kan ons dan almal rondom God se Woord bymekaarkom en dwarsoor daardie spektrum besin oor wat Hy sê van rykdom?

Nou-ja, gelukkig word God se wysheid nie beperk deur ons situasies nie.

Psalm 62:11 Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. 

Sommige mense is bereid om slegte dinge te doen om meer geld te kry - afpersing en roof, en dan is daar nog talle ander onnoembare dinge. Jy weet, ons is almal in die versoeking om op die verkeerde manier meer geld te kry.

Moenie dit doen nie. Moet tog net nie. En as daar meer rykdom op jou pad kom, moet jy nie toelaat dat dit jou hart verander nie. Ek het al gesien hoe mense, wat alles het wat hul harte kan begeer; mense wat gelukkig moet wees; wat veilig moet wees; ellendige lewens leef. Dit is wat gebeur as ons op rykdom fokus.

Dit maak nie saak of jy nou ryk of arm is nie; wat is die regte benadering tot rykdom? Kom ons kyk in:

Psalm 62:6,7 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.

Dis waar… in watter omstandighede jy jou ook al bevind.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Aandagafleiers
2 perc 11. évad 268. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jesaja 44:6 So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie.

Ek hoop nie jy gee om nie, maar ek is op die punt om 'n effens konfronterende vraag aan jou te stel. Is God op sy regmatige plek in jou lewe?  Is Hy Koning van die konings en Here van die here, of word Hy eenkant toe geskuif deur al die ander dinge wat jy moet doen? Hm?

Het jy al opgelet hoeveel dinge daar in die lewe is wat jou aandag kan aftrek? Dinge soos e-posse, telefoonoproepe, sosiale media, inkopies, nuttelose programme op TV, kos,  kinders ensovoorts, ensovoorts.

Ons dink miskien dat dit binnekort beter sal gaan, maar dit gaan nie, gaan dit? In werklikheid voel dit net of alles vinniger en vinniger word. Meer dinge. Gaan laai die kinders af. Neem die vuilgoedsakke uit.

Nie een van hulle is verkeerd nie. Nie een van hulle is sleg nie. Dit is net dat hulle die belangrikste ding verdring. Ons word een dag wakker en dink - waaroor gaan dit? God? Nee wat. Daar is te veel om te doen. Ons lees in:

Jesaja 44:6 So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie.

Die boek Jesaja vertel die aaklige verhaal van die gevolge wat Israel getref het, toe hulle God eenkant toe gestoot het. Hulle is as ballinge weggevoer; hulle was slawe in Babilon ... totdat God hulle na sewentig jaar bevry het.

Soveel mense wat hulself “Christene” noem, leef vandag met die gevolge, omdat hulle God eenkant toe gestoot het. Hulle leef in ballingskap as slawe van die dinge van hierdie wêreld.

Hoe leef jy jou lewe? Is God op sy regmatige plek, of is jy net te besig met die dinge van hierdie wêreld?

Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Wat kies jy? Hemel of Hel?
2 perc 11. évad 267. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 7:21-23 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”

Ek het ‘n rukkie gelede in die kerk gevra dat die mense ‘n hand moet opsteek as hulle saamstem met een van die volgende drie stellings oor hulle geloof: dat ons slegs deur geloof gered word, of dat ons gered word deur ons dade, of deur 'n kombinasie van geloof en werke. En jy, wat glo jy?

Ek is nie iemand wat sommer bang word nie. Maar hierdie een ding maak my bang - dat kerke vol mense is, wat in Jesus glo en tog hel toe gaan.

Sjoe, dit is 'n verregaande ding om te sê, is dit nie? Dit staan lynreg teenoor wat die meeste Christene glo, naamlik dat ons gered word deur God se genade, deur ons geloof in Jesus Christus. Hoe kan dit dan wees dat iemand wat getuig van geloof in Jesus, hel toe kan gaan?

Wag nou,  voordat jy vir my kwaad word, laat ons kyk wat Jesus hieroor sê in:

Matteus 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. 

Eina! Eina! Ek het al gehoor dat mense dit op allerhande verskillende maniere probeer verklaar ... maar ek het in die Bybelkollege geleer dat jy moet lees wat daar staan! Dis altyd die betroubaarste manier om te verstaan ​​wat God probeer sê. En as ons hierdie verse lees, is dit absoluut voor die hand liggend. Om die waarheid te sê, as jy die volgende paar verse lees, word dit nog pynliker.

 Matteus 7:22-23 Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”

Dit is baie duidelik, is dit nie? Leef 'n lewe wat God eer.

Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Kry die Kloutjie by die Oor
2 perc 11. évad 266. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Samuel 2:30 . . . want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.

Ons wonder dikwels hoekom sekere dinge in ons lewe nie goed uitwerk nie ... dit verwar ons, nie waar nie? Maar selde, indien ooit, bring ons ​​dit in verband met ons opstandigheid teenoor God en ons ongehoorsaamheid aan die eenkant, en die verknorsing waarin ons sit, aan die anderkant.

Dit is snaaks hoe sekere dinge wat die Christene glo, so ongelooflik outyds klink. Een voorbeeld is dat voorhuwelikse seks verkeerd is. Is jy ernstig? In vandag se dae?

Toe ek en my vrou Jacqui ontmoet het, was ons in ons laat dertigerjare. En net so tussen ons gesê, sy is asemrowend aantreklik! Dit sou dus die maklikste ding in die wêreld gewees het om net saam te woon. Dit is wat baie mense deesdae doen. In die tussentyd het ons drie maande voor ons troue ‘n huis gekoop maar ons kon nie bekostig om die verband daarop, sowel as die huur op my ou woonstel te betaal nie. Wat ‘n penarie.

Nou ja, Jacqui sou in die nuwe huis intrek en ek het vir die mense by die kerk gevra vir hulp. En kan jy glo: ‘n afgetrede egpaar, Ken en Jean, het maande gelede al hul kaartjies bespreek vir 'n toer deur Europa. Hulle vertrekdatum was die dag waarop Jacqui moes intrek in ons huis. En hul terugkeerdatum? Vyfuur die oggend van ons troue! En ja, hulle was verheug oor die feit dat ek hulle huis gratis vir hulle kon oppas.

Toe nou; vertel my dat dit outyds is. Sê vir my dat dit nie God se plan was nie. Ons lees in:

1 Samuel 2:30 . . . want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.

Die oomblik dat ons daardie beginsel verstaan en die oomblik wat ons 'n lewe begin leef wat God eer, word sy hulp, sy seën en sy krag in oorvloed oor ons uitgestort.

Eer God en Hy sal jou eer.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Kat kom Weer
2 perc 11. évad 263. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 15:24 Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.

Hoe naby, hoe intiem, hoe werklik is jou verhouding met God? En as jy in jou hart weet dat dit nie is, wat dit moet wees nie, wat gaan jy daaraan doen?

 ‘n Rukkie gelede het die ondenkbare gebeur, ons gesin se kat het verdwyn. Ons was platgeslaan. Sy was deel van ons gesin.

Daar het vier lang dae verloop ... toe het sy skielik weer opgedaag. Ek was ek in die wolke. My hart wou ontplof. Oor 'n kat, my liewe aarde, kan jy dit glo . . . 

Dink net aan hoe God voel as ons weer na Hom toe terugkom. Stel jou voor wat in sy hart gebeur as een van ons tuiskom.

Ek het jare lank gevrees dat wanneer ek na God teruggaan, ek in ernstige moeilikheid sou wees! Diep in my binneste het ek geweet dat God my leefstyl ernstig sou afkeur.

Jesus het 'n hele verhaal daaroor vertel ... die verhaal van die verlore seun. Vir my lê die trefkrag van die gelykenis in die pa se reaksie op die seun wat teruggekom het. Kyk wat sê hy in: 

Lukas 15:24 Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.

Hierdie seun het sy pa se geld gemors, by prostitute geslaap ... en toe hy terugkom, het die pa 'n partytjie gehou!

Maar weet jy; dit is die liefde van ons Vader. Al die jare toe ek te bang was om terug te gaan, het Hy daarna gesmag dat ek na Hom sal terugkeer.

Dit maak nie saak waar jy nou op jou geloofspad is nie: miskien het jy nog nooit tevore na Hom gegaan nie; miskien het jy vervreemd geraak of afgedwaal van Hom af, of miskien is jy een wat net uit gewoonte bid ... moenie nog een dag wag nie.

Hy smag na jou.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Goedheid van God
2 perc 11. évad 262. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 146:1,7,8 Prys die Here! Ek wil die Here prys.  Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief.

Wanneer daar iets wat sleg is met ons gebeur, kan ons vra: “Waarom het God toegelaat dat dit met my gebeur?” Ons het almal al daaroor gewonder. En tog is daar iets besonders wat ek glo God vandag, in ons tye van teenspoed, wil aanspreek.

Dit is nie maklik om in God se goedheid te glo wanneer dinge skeefloop, jy moedeloos word en die mense jou elke dag afkraak nie.

Kyk net na al die lyding wat daar tans in die wêreld is. Kyk na die dinge wat hierdie God, as Hy regtig bestaan, toelaat. En Hy laat dit nie net met die mense daar buite gebeur nie, maar ook met jou.

Kom ons kyk na wat alles tydens die afgelope sewe dae met jou gebeur het, die dinge wat jy aangevang het - die goeie, die slegte en die lelike. Ek is seker dat daar net in hierdie kort tydjie dinge met jou gebeur het, wat jou maklik die goedheid van God kon laat bevraagteken.

God gryp in op maniere waarop ons nie voorbereid is nie, en kom ons te hulp in ons nood, wanneer ons dit die minste verwag. 

Psalm 146:1,7,8  lees: Prys die Here! Ek wil die Here prys. 

Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief.

Die psalm gaan oor lofprysing en dank te midde van moeilike tye. Ons het almal ons deel aan moeilike tye in hierdie lewe.

Wat doen ék? Ek het besluit om Hom te begin prys en Hom te dank, te midde van daardie tye. En weet jy? Hy het my nog nooit gefaal nie.

Die Here help dié wat in moeilikheid verkeer.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Nuutgemaak deur sy Liefde
2 perc 11. évad 261. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou:

Vir sommige mense is God bloot 'n konsep . . . 'n vae, irrelevante begrip. Ander het egter Sy liefde eerstehands ervaar en sodra dít gebeur, kan die lewe nooit weer dieselfde wees nie.

'n Paar jaar gelede het ek gesels met 'n man wat 'n majoor in die Rwandese leër was tydens die volksmoord in 1994 toe een miljoen mense in net 100 dae afgemaai is. Hy het verskriklike dinge gesien, en met die gevolg was hy baie anti-God gesind. “As daar 'n God was,” het hy eenmaal vir my gesê, “hoe kon Hy toegelaat het dat hierdie verskriklike dinge met my mense gebeur?”

Ek dink jy sou hom as 'n oortuigde ateïs kon beskryf.

'n Jaar of twee later stuur hy egter aan my 'n e-pos wat soos volg begin: Yezu Akuzwe wat in sy taal “Loof Jesus” beteken.

Daardie openingswoorde begin een van die wonderlikste e-posse wat ek nog ooit gelees het. Dit blyk dat sy hart kragtig aangeraak is, toe hy op een of ander manier na die verhaal van Jesus Christus geluister het. Die waarheid van God se liefde het deur al die ongelooflike seer en die littekens van sy bloedige verlede gedring en het hom diep aangeraak.

Dit is die krag van God se liefde. Dit is die krag van dit wat Jesus vir jou en my aan die kruis gedoen het. Dit is 'n bloedige, wrede boodskap van God wat vir jou en my gely het. Dit is 'n boodskap van ongelooflike liefde en opoffering.

Dit maak nie saak wat jy deurgemaak het nie, dit maak nie saak hoe seer dit is nie - dieselfde God wil jou vandag innerlik met sy liefde aanraak. Ons lees in:

Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou:

God het jou meer lief as wat woorde kan beskryf.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Totaal Ondenkbare
2 perc 11. évad 259. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 2:6-8 Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade: aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe; maar dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.

Dit is ongelooflik hoe dinge soos ons eie ervaring, ons verwagting van wat moontlik is, en wat ons dink in die toekoms kan gebeur, ons beperk. En vir baie mense sal dit ongelukkig tot 'n ewige hel lei.

Op 17 Desember1903 het Orville en Wilbur Wright die wêreld se eerste beheerde ​​vlug van 'n swaarder-as-lug-meganies-aangedrewe- vliegtuig onderneem. Destyds was die idee van massa-lugvaart heeltemal ondenkbaar. Vandag onderneem miljoene mense daagliks vlugte.

Op 3 Desember1967 het dr. Christian Barnard die eerste hartoorplanting uitgevoer. Sy pasiënt, Louis Washkansky, het slegs vir  18 dae geleef. Destyds was dit heeltemal ondenkbaar dat duisende mense elke jaar sulke oorplantings sou ontvang en daarna betreklik normale lewens kon lei.

Net dertig jaar gelede was die verreikende invloed van die internet heeltemal ondenkbaar. Dit is vandag 'n onontbeerlike hulpmiddel vir biljoene mense.

Vir baie mense is die idee van Jesus, die hemel en die hel, ondenkbaar. En tog gebeur die 'ondenkbare' die hele tyd. Die apostel Paulus skryf in:

Romeine 2:6-8 Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade: aan dié wat in goeddoen volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe; maar dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.

Tweeduisend jaar gelede het God ‘n uitnodiging in die bloed van sy Seun op Golgota, aan 'n kruis geskryf. Dit lui:

 

Ek kom terug. En my kruisiging was vir jóú. Waarom kom jy nie na  My toe nie? Waarom plaas jy nie jou vertroue in My nie? Ek wil jou vir ewig by My hê.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

God Roep Jou
2 perc 11. évad 260. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 15: 34 Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

Vir sommige mense is Jesus ‘n werklikheid. Vir ander, nie regtig nie. Watter relevansie kan Hy per slot van sake in die 21ste eeu hê? Watter impak kan Hy immers op ons besige, ingewikkelde lewens hê? 

Dit is maklik om 'n vae, afsydige geloof in God te hê - 'n tipe versekeringspolis, net ingeval daar regtig 'n hemel en 'n hel is. Miskien bid jy slegs tot God in moeilike tye, maar vir die res van die tyd. . .

As jy jouself in hierdie kategorie plaas, glo ek dat daar vandag iets is, wat God vir jou wil sê. Hy begeer nie 'n vae, afsydige verhouding nie. Hy was daar toe jy in jou moederskoot gevorm is, Hy het jou gesien. Om die waarheid te sê, selfs voor tyd begin het, het Hy jou lewe reeds beplan; wie jy gaan wees en elke oomblik van elke dag het Hy vooraf beplan.

Selfs ook hierdie oomblik, nou, om met jou te praat.

Ek het jou lief. Ek wil jou nie 'n miljoen kilometer ver van My af hê nie. Ek wil hê jy moet naby my wees. Dis waarom ek my Seun, Jesus, gestuur het.. Jy weet wat met Hom gebeur het. Jy weet hoe Hy aan die kruis gely het, hoe Hy in pyn uitgeroep het.

Markus 15:33 lees: Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

Dit was my kreet. Dit was namens jou wat Ek uitgeroep het. Weet jy nie hoe lief Ek vir jou is nie? Moenie jou rug op my keer nie. Kom na My toe. Ek wil jou 'n nuwe lewe gee. 'n Ryk, oorvloedige lewe. 'n Lewe by My wat vir ewig en altyd sal voortduur.

Ek glo met my hele hart dat God jou vandag roep; jou uitdaag om Hom te volg ... Verstaan jy nie? Besef jy nie hoe lief Ek jou het nie?

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Onluste
2 perc 11. évad 256. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 27:23, Hy vra: “Watter kwaad het hy dan gedoen?” Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.”

Miskien voel dit ‘n bietjie vreemd om hierdie tyd van die jaar oor die dood van Jesus te praat. Ons doen dit gewoonlik gedurende Paasfees en dis amper Kersfees! En tog, wat Jesus vir jou en my aan die kruis gedoen het, is die belangrikste ding wat iemand ooit kon doen, maak nie saak watter tyd van die jaar dit is nie.

'n Paar jaar gelede was daar 'n paar lelike ras-onluste nie ver van waar ek woon nie. ‘n Woedende menigte het chaos in die strate veroorsaak, mense geslaan, motors verwoes en bottels na die polisie gegooi.

Ons was almal ontstoke. Hierdie tipe onluste vind eenvoudig nie in ons woonbuurt plaas nie. Binne dae het die regering strawwe nuwe wette in plek geplaas.

Stel jou nou voor dat jy God is. Jy het 'n Seun. Jy stuur Hom aarde toe as 'n man om mense soos ek en jy te red; selfs mense soos dié in daardie oproerige skare.

Hulle beskuldig Hom vals. Maar Hy word onskuldig bevind. Toe begin die opstandige skare, dieselfde mense wat net 'n paar dae tevore sy lof besing het, maar wat deur fanatiese godsdienstige leiers opgesweep is, dreunsing: "Kruisig Hom, kruisig Hom."

In Matteus 27: 23,24 staan: Hy vra: “Watter kwaad het hy dan gedoen?” Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.”

As jy God was, sou jy toegelaat het dat dit gebeur? Ek sou nie! Ek sou streng nuwe wette uitgevaardig het. Maar nee, God het gedwee toegekyk ​​en die lewe van sy Seun gegee om die prys van geregtigheid vir my en vir jou te betaal.

Dit is nie hoe ek dit sou gedoen het nie. Maar God het dit so gedoen en dis genade.

Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Onreg
2 perc 11. évad 255. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 27: 22 Pilatus sê vir hulle: “Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word?” “Kruisig hom!” skreeu hulle almal.

Kan ek jou vra: hoe relevant is die dood en opstanding van Jesus Christus in jou alledaagse lewe? Hoe dikwels vra jy jouself af wat dit vir jou beteken?

Misdaadreekse hou ons al vir jare lank voor die kassie vasgenael. Ek dink hulle bevredig ons begeerte na opwinding en intrige, en ek dink ook dat dit vir ons ‘n gevoel van geregtigheid gee. Ek moet sê dat ek dit nogal geniet, want die meeste van die tyd eindig hulle met die goeie ouens wat wen en die slegte ouens wat tronk toe gaan.

Maar ek moet ook sê ek hou glad nie daarvan wanneer ‘n episode, af en toe, eindig met die slegte ouens wat met hul misdaad wegkom nie. Al weet ek dis fiksie, is die onregverdigheid van so 'n einde, iets wat my sin van reg en billikheid aantas. Ek is seker jy voel ook so.

Wanneer ons na die historiese verslag van Jesus se verhoor kyk, sien ons dat Pontius Pilatus, die Romeinse goewerneur in Jerusalem, besluit het dat daar absoluut geen rede was om Jesus tereg te stel nie. 

Matteus 27: 22: Pilatus sê vir hulle: “Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word?” “Kruisig hom!” skreeu hulle almal.

Dis presies wat gebeur het. Die mense was dit eens: Barabbas,’n berugte gevangene, moet vrygelaat word en Jesus, die onskuldige Een, moet gekruisig word.  Die onreg daarvan maak ‘n mens woedend.

Die skare het die oorhand gekry. Jesus is geslaan, gespoeg, gespot en gekruisig. Dit was so onredelik. So onregverdig. Tog merkwaardig dat God sy Seun se dood moes gebruik om sy geregtigheid te laat seëvier - sodat ek en jy, soos Barabbas, vry kan wegstap.

Dit is so onregverdig. Dít word genade genoem.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die “Halo”
2 perc 11. évad 254. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Petrus 1:14-16 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

Heiligheid is 'n konsep wat op verskillende tye in ons lewens verskillende reaksies van ons ontlok; soms vrees, ander kere minagting, ander kere 'n gevoel van hopeloosheid. As ek jou sou vra: “Is jy heilig?” Hoe sou jy op hierdie oomblik reageer?

Ons het 'n tydjie gelede opgraderingswerk op ons webwerf, christianityworks.com, gedoen. Gaan kyk gerus daarna.

Hoe dit ook al sy, die ontwikkelaars, almal in hul twintigs, het 'n bietjie pret daarmee gehad. Hulle het 'n halo bo my kop op die foto op die tuisblad gemaak. Ons het almal lekker gelag en toe sê ek vir hulle, sonder om doekies om te draai, om dit te verwyder!

Dis snaaks hoe jy soms grappenderwys die waarheid kan insien. Daardie klein sketsie, daardie klein halo-motief het my daaraan herinner dat, omdat ons na God se beeld geskape is en omdat God 'n heilige God is, ons ook geroep word om heilig te wees.

Maar wat beteken dit eintlik? Hoe lyk dit?

1 Petrus 1: 14-16 sê: As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

Ek kan julle nou 'n teologiese definisie van heiligheid gee, maar ek verkies die praktiese uitleg wat hier deur Petrus gegee word. Om heilig te wees, beteken om die slegte dinge wat ons vroeër gedoen het, te laat staan en God te gehoorsaam in alles wat ons doen.

Op watter terrein van jou lewe vereer jy God nie? Op watter gebied moet jy heilig word?

Wees heilig, want die Here jou God is heilig.

Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Na die Vuur was Daar …
2 perc 11. évad 253. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Konings 19:11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”

'n Vriend van my het my ‘n rukkie gelede vertel hoedat hy op ‘n boek waarvan hy heeltemal vergeet het, afkom het, terwyl hy besig was om ou bokse te sorteer. Die titel was “Hoe om jou geheue te verbeter.”

 

Die lewe is gekompliseerd, nie waar nie? Daar is so baie wat ons moet leer en moet weet ... en ons vergeet so maklik dinge wat ons alreeds geleer het. Die lewe is so besig en gejaagd en mal ... en miskien het God jou jare gelede al iets geleer. Was dit  ‘n stuk wysheid, of miskien ‘n waarheid wat jou vry gemaak het? Maar op die een of ander manier het dit in die harwar van die lewe vergete geraak.

 

Ek glo dat God 'n hele paar dinge het, wat Hy vir jou wil sê; dinge wat Hy regtig wil hê jy moet hoor. Ons lees in:

1 Konings 19: 11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”

 

Daar is sterk winde, aardbewings en brande in die lewe. So baie geraas. Soveel ontwrigting. Maar te midde hiervan, moet jy stil word om sy stil, sagte Stem te hoor.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Pasop vir die Krokodille!
2 perc 11. évad 252. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 91:14 “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.

Daar is, in die groot wye wêreld, genoeg uitdagende en selfs vreesaanjaende dinge, wat wil verhoed dat ons voluit lewe. Met die gevolg, dat baie mense hulself uit vrees, in veiligheid en gemak probeer toespin. Maar ons weet almal dat dit nie die manier is om jou lewe te lei nie. Dit is beslis ook nie hoe jy 'n verskil in hierdie wêreld gaan maak nie.

'n Paar jaar gelede was ek en my vrou, Jacqui, met vakansie na 'n idilliese, tropiese deel van die land. Dit was warm en sonnig en daar was palmbome en strande. Dit was ‘n fantastiese geleentheid om ‘n bietjie te ontspan.

Ek en Jacqui het een aand so teen skemer, net toe die son sak, langs die strand gaan stap. Ons het geweet dat daar in hierdie omgewing krokodille was, maar ek het hierdie nonchalante houding gehad van: “Ag, dis 'n toeriste strand. Daar sal tog kennisgewingborde wees om ‘n mens te waarsku as daar regtig krokodille is.”

Ons was tog ‘n bietjie senuweeagtig toe ons in die donker deur die struikagtige gedeelte na ons hotel toe terug moes stap. Die volgende dag het van die plaaslike inwoners ons vertel, dat daar gereeld teen sononder krokodille op die strand is. Ek dink nie ons sal dit sommer gou weer doen nie!

Nou ja, hoewel ons almal soms simpel dinge doen, wil ons nie die noodlot tart en dom flaters soos hierdie herhaal nie. Maar wees verseker: daar is elke dag 'n hele paar verborge krokodilletjies op die snelweë en afdraaipaadjies van die lewe.

En ons kan óf in vrees en bewing leef, óf ons kan met vrymoedigheid optree en God vertrou, wetende dat ons tog hier en daar ‘n glips sal maak.

Psalm 91:14  lees: “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.”

Moenie ‘n fout maak nie. Die Here beskerm jou, selfs wanneer jy dit nie besef nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Vergewe op ‘n Drafstap
2 perc 11. évad 249. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Ons, dis nou ek en jy, is so lief daarvoor om ons swak gedrag en ons slegte gesindhede teenoor ander mense te regverdig. 

 Jy verstaan mos. . . Maar God is nie een wat sulke goed in die doofpot stop en dit ignoreer nie. Glad nie.

 

Ek het in die verlede gewonder waarom vergifnis so 'n groot saak vir God is. Regtig? Die rede waarom Hy Jesus, die Seun van God, die Skepper van die hele heelal na hierdie aarde gestuur het, was om aan die kruis vasgespyker te word, om te betaal vir jou en my sonde en so aan die eise van God se geregtigheid te voldoen ... dit alles, sodat ons vergewe kan word.

 

Dit ís 'n groot saak. En tog, selfs vir die persone wat aan Jesus behoort, wat glo dat Hy gesterf het, sodat hulle vergewe kan word, dat Hy weer opgestaan ​​het, sodat hulle die ewige lewe kan hê ... is daar drie dinge wat kan hulle beroof van Sy vergifnis.

 

En hier is hulle ... direk uit die mond van Jesus in:

 

Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

 

Ons weet almal dat daar altyd twee kante van 'n muntstuk is, kom ons draai hom om. As ons ander oordeel, dan sal God ons oordeel. As ons ander veroordeel, dan sal God ons veroordeel. En tensy ons ander vergewe, sal God ons ook nie vergewe nie. Laat dit net insink. Oordeel, veroordeling en onvergewensgesindheid kan ons beroof van die verlossing wat ons in Jesus Christus het.

 

God neem hierdie dinge baie ernstig op. So ernstig, dat Hy Jesus gestuur het om vir ons te sterf. Moet ons dit dan nie net so ernstig soos Hy opneem nie?

 

Die alternatief is nie iets wat jy wil oorweeg nie.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Dinge wat ons as Vanselfsprekend Aanvaar
2 perc 11. évad 248. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 25:34-40 Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee. Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’’

Baie mense het deesdae 'n beleggingsportefeulje waarin hul vir hulle aftrede belê. Wel gedaan. Maar hoeveel mense het 'n skekings-portefeulje wat in armes en behoeftiges belê? Hoeveel?

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie het twee miljard mense steeds nie toegang tot skoon drinkwater nie. Twee miljard!

Dit laat jou besef hoeveel dinge ons as vanselfsprekend aanvaar. Jy leef uiteindelik in jou eie kokon ... en aanvaar dat die vars skoon water wat jy in jou huis het, die norm is, maar in werklikheid is dit alles behalwe.

Jesus het hierdie gelykenis oor die oordeelsdag vertel in:

Matteus 25: 34-40 Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee. Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’’

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Is die Hemel My Beskore?
2 perc 11. évad 247. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Petrus 1:3-5 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.

Die probleme van hierdie wêreld het 'n nare manier om ons hoop op die toekoms weg te vreet. Soos die probleme toeneem, lyk dit asof ons hoop verkrummel. Ongelukkig lyk dit ook asof ons hoop juis op dié tydstip, wanneer ons dit die nodigste het, verdwyn.

 

Het jy al gewonder of die hemel ooit vir jou ‘n werklikheid sal word? Dit is nie 'n onredelike vraag nie. En daar is 'n baie eenvoudige antwoord daarop. Hier is dit in:

1 Petrus 1:3-5  Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.

 

Ek is dol daaroor - 'n nuwe lewe en 'n lewende hoop. Jy kry 'n splinternuwe begin, wanneer jy in Jesus glo. Dit is wat dit beteken om weer gebore te word. Die dinge van die verlede word agtergelaat en net soos 'n baba uit die baarmoeder na 'n hele nuwe wêreld gly, kry ons in Christus, wanneer ons wedergebore word, 'n lewende hoop. Dit is omdat Christus uit die dood opgewek is. Ons hoop in Hom is dus lewendig en nie dood nie.

 

Petrus skryf hier aan Christene wat so verskriklik, so aaklig, gemartel en vervolg word; vir wie dit sekerlik gelyk het asof daar geen hoop is nie. . . om hulle te bemoedig met die belofte van ‘n:

onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.

 

Dit maak nie saak wat hierdie wêreld na jou toe slinger nie, hoe sleg dit ook al gaan, niemand kan ooit jou erfenis in Christus van jou wegneem nie.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Hede
2 perc 11. évad 246. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Titus 2:11,12 Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,

Bevrediging, tevredenheid, dit is die dinge waarna ons almal smag. Daardie gevoel van vervulling. Daardie gevoel aan die einde van 'n lang, moeilike dag, dat dit die moeite werd was, al is jy moeg. Waarom hunker soveel mense altyd na meer?

 

Dit is te maklik om ons lewens voortdurend te leef en te wag vir die volgende groot ding om te gebeur. Ons is nooit tevrede in die hede nie. Ons verlang altyd na die volgende bevordering, die volgende salarisverhoging, die volgende ding.

 

Is dit ook hoe jy somtyds voel? Is daar iets waarna jy voortdurend smag, iets beter waarvoor jy hoop en verlang na?

 

Natuurlik praat die Bybel nogal baie oor hoop op die toekoms; 'n vaste, onfeilbare hoop in Christus. 'n Hoop wat nooit sal beskaam nie. Maar die Bybel praat ook baie oor die hede.

Titus 2: 11,12 sê:  Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,

 

Dit gaan oor die hede. God se genade is uitgestort. Dit is 'n afgehandelde transaksie. Die Bybel gaan nie net oor die toekoms nie, dit leer ons ook hoe om in die hede, vandag, te leef, en dat ons nie die slegte dinge wat ons vroeër gedoen het, moet doen nie.

 

God se genade stel ons in staat om ‘n vervulde lewe hier op aarde te leef. 'n Lewe van wysheid. 'n Lewe wat van ware toewyding aan God spreek.

 

Dit beteken nie dat jy nie hoop mag hê en na goeie dinge mag uitsien nie, maar laat die guns van God, wat alreeds in Christus joune is, jou lei in 'n lewe van wysheid en goedheid. So sal jy tevredenheid in die hede kan beleef.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Onder ‘n Donker Wolk
2 perc 11. évad 245. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Petrus 1:2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!

Ons het almal van tyd tot tyd 'n woord van bemoediging nodig. Dis ‘n feit. En nou wil ek graag iets sê om jou te bemoediging.

Ons voel soms asof daar ‘n swaar wolk oor ons lewens hang. Dinge gaan net nie soos hulle veronderstel is om te gaan nie. As God inderdaad God is, dan is dít die tyd dat Hy ons te hulp moet snel - juis wanneer ons onder daardie wolk verkeer.

Tweeduisend jaar gelede het die apostel Petrus briewe aan vervolgde Christene geskryf. Hierdie Christene is tydens Caesar se tuinpartytjies met teer bedek en as fakkels aan die brand gesteek. Glo vir my, dit het ‘n groot wolk veroorsaak. Hy open sy brief as volg:

1 Petrus 1:2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!

‘n Meer letterlike vertaling van die laaste deel kan so klink: "Mag die genade en die vrede in oorvloed joune wees." Stop net en dink 'n oomblik daaraan. Dit is so diep en betekenisvol. God praat deur Petrus se brief met hierdie mense. Hy reik uit na hulle waar hulle onder ‘n geweldige wolk verkeer. Hy herinner hulle daaraan dat hulle, lank gelede al as deel van God se groot en magtige raadsplan, bestem is om deur Hom gered te word. 

En dan, onder daardie wolk, deur daardie beproewings en vervolging seën Hy hulle:

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!”

Ek bid dat hierdie kragtige seën jou sal bemoedig; watter wolk daar ook al van tyd tot tyd oor jou mag hang. Weet dit -  God het 'n plan vir jou lewe – Hy bied jou sy genade en vrede in oorvloed.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Nooit Goed Genoeg Nie
2 perc 11. évad 242. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 19:10 Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

Ek het geglo dat ek nie goed genoeg vir God is nie, om die waarheid te sê, nooit goed genoeg vir God sal wees nie en dit het my vir twee dekades van Hom weggehou. Maar, my logika het nie rekening gehou met God se genade nie.

Sommige mense dwaal deur die lewe met 'n knaende gevoel dat hulle nooit goed genoeg sal wees nie. Hulle het nodig om die ongelooflike liefde van God deur Christus Jesus, sy Seun, te ervaar.

God?! Ag nee! Ek is nie goed genoeg nie.

In Lukas 19: 1-10 lees ons: Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. Daar was 'n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, 'n ryk man. Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. Hy hardloop toe vooruit en klim in 'n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan. Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.” Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang. Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by 'n sondige man tuis!” Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.” Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

As die wêreld vir jou vertel dat jy nie goed genoeg is nie, onthou, dan is jy presies dié persoon vir wie Jesus gekom het om te red.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Waar is die Skare nou?
2 perc 11. évad 241. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 6:66 Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.

Het jy al ooit iets in die Bybel gelees en gedink: “Wat? Hoe kan dit wees? Hoe kan God dit doen, of Jesus dit sê? Nee, nee, dit kan nie reg wees nie?” Wat nou? Die meeste mense kies die stukkies waarvan hulle hou en blaai vinnig verby die gedeeltes wat hulle ongemaklik laat voel.

As jy in die Bybel oor Jesus se lewe lees, is daar iets wat regtig uitstaan.

Groot skares het Hom oral waar Hy gegaan het, gevolg. Waarom sou hulle nie? Hy was 'n kragtige spreker en daarby het hy ongelooflike wonderwerke verrig. So het hele stede en dorpe tot stilstand gekom, soos die mense uitgegaan het, om Jesus te ontmoet en na Hom te luister.

En tog het hulle nie gehou van alles wat Hy gesê het nie. Kyk wat gebeur in:

Johannes 6:66 Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.

En toe Hy gekruisig is, was Hy bykans alleen. Selfs van sy familie en vriende het, uit vrees vir hulle lewens Hom verlaat. Waar was die skare toe? Waar was al die mense?

Dwarsoor die wêreld is daar groot getalle mense wat beweer dat hulle Christene is, asof dít, soos 'n soort 'versekeringspolis', vir hulle toegang tot die ewigheid sal gee. Net vir ingeval. . . 

Maar dieselfde mense kies die dinge wat God sê, waarvan hulle hou,  sorgvuldig uit, en bou vir hulle ‘n eie, gerieflike geloof daarop. Baie mense wil God in 'n vorm giet wat vir hulle aanvaarbaar is en gemaklik by hulle eie leefstyl inpas.

Mense sê maklik dat hulle Christene is, totdat hulle sien wat in die  Bybel staan, totdat hulle die God, die Jesus van die Bybel, ontmoet.

God het gesê: “Ek is wie ek is.” Hy verander vir niemand nie. Ons kan nie kies hoe Hy moet wees om ons te pas nie. 

Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Ek is hier om jou te vertel dat die God van die Bybel, 'n God is wat jou ongelooflik baie wil seën... en Hy wil sien dat die seën uitkring na die lewens van baie ander.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Dubbele Porsie
2 perc 11. évad 240. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

2 Konings 2:9 Net toe hulle deur is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?” Elisa het geantwoord: “Mag daar tog 'n dubbele deel van u gees op my kom!”

Dit sou regtig lekker gewees het as die lewenspad sonder hobbels was, maar ons weet almal, dis nie hoe dit werk nie. Daar sal tye wees wanneer ons onder druk verkeer; maar wat laat ons dink dat ons nie dan die Here om sy hulp behoort te vra nie?

 

Jare gelede het ek nie in my wildste drome gedink dat God ooit iets prakties, soos om my byvoorbeeld te help as ek hulp nodig het, vir my sal doen nie.

 

Deesdae lei ek 'n taamlik besige lewe, ek reis baie, ek skryf en vervaardig radio- en televisieprogramme. En hoe hard ek ook al probeer om balans in my lewe te hê, is dit soms nie moontlik nie.

 

Ek dink nou spesifiek aan een aand verlede week. Ek het eers middernag in die bed gekom, omdat ek die aand as spreker by 'n geleentheid moes optree. Wat die saak nog vererger het, was dat ek die volgende oggend voor vyfuur weer moes vertrek om 'n vliegtuig te haal.

 

Toe ek my kop op die kussing neersit, het ek gebid: “Here, U weet dat ek vanaand net 'n paar uur se slaap gaan kry. En U weet hoe vlymskerp ek môre moet wees. Here, vanaand het ek 'n dubbele porsie hulp nodig. En môre het ek ook 'n dubbele porsie van u Gees nodig."

 

En weet jy, 'n paar minute voordat die wekker die volgende oggend sou afgaan, was ek al wakker, uitgerus en vol energie. Miskien dink jy ek is mal. Maar dit is God. Dit is wat Hy vir my doen as ek Hom vra. 

 

In 2 Konings 2:9 staan: Net toe hulle deur (die rivier) is, sê Elia vir Elisa: “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen voordat ek van jou af weggevat word?” Elisa het geantwoord: “Mag daar tog 'n dubbele deel van u gees op my kom!”

 

Ek weet ons moet probeer om 'n gebalanseerde lewe te lei. Maar nou en dan sal jy 'n dubbele porsie hulp nodig hê. Moenie bang wees om te vra nie.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Gefokus op die Ewigheid
2 perc 11. évad 239. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

“Christene, agge nee. Jesus dit, Jesus dat, Jesus is die enigste weg. Wie dink hulle is hulle?” Dit is hoe baie mense dink. Dit was presies hoe ek gedink het. Die probleem is, die waarheid is die waarheid, dit maak nie saak hoeveel jy skop en spartel nie, jy kan dit nie verander nie. Dit bly steeds die waarheid.

 

Die meeste van ons is deesdae so gefokus op wat hier en nou gebeur, dat ons amper vergeet het hoe dit voel om oor môre te droom - wat nog te sê van die ewigheid.

 

Weet verseker; die ewigheid is 'n baie lang tyd. Miskien is dit die moeite werd om daaroor na te dink. Baie mense sê deesdae dat dit nie saak maak waarin jy glo nie – solank jy net met jou hele hart glo, dan sal jy oukei wees.

 

Jesus het ons egter nooit daardie opsie gegee nie. 

Toe een van sy dissipels vir Jesus vra wat die weg na God is, antwoord Hy in:

Johannes14:6 . . . “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”

 

Nou ja, ek jammer as dit nie polities korrek is nie. Ek is jammer as dit aanstoot gee. En ek is jammer as dit nie pas by jou siening van hoe God behoort op te tree nie.

 

Maar as God God is, dan kan Hy kies. En sy keuse was om sy Seun, Jesus, te stuur om te sterf en te betaal vir jou en my mislukkings sodat wanneer ons in Hom glo, ons die ewige lewe kan hê.

 

Dit is dit! Geen as, geen maar, geen miskien nie!

 

Ek het onlangs êrens gelees: “God is nie wie ons dink Hy behoort te wees nie; ook nie wie óns miskien wil hê Hy moet wees nie. God ís wie Hy sê Hy is. ”

 

Dit is 'n struikelblok vir baie mense. Jesus is vir baie mense 'n struikelblok.

 

Hy. . . “ is die weg en die waarheid en die lewe.” Niemand kom na die Vader toe behalwe deur Hom nie.

 

Aanvaar dit en leef daarvolgens. My gebed vir jou is dat jy dit sal aanvaar.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Doodgewone Mens
2 perc 11. évad 238. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 68:35,36 Erken dat God magtig is! Hy heers oor Israel, Hy het mag oor die wolke! God wek ontsag wanneer Hy uit sy heiligdom kom. Hy is die God van Israel, Hy gee krag en sterkte aan sy volk. Aan God kom die lof toe.

Die ding wat soveel mense keer om God te dien en Hom te volg en sy roeping op hul lewens te gehoorsaam, is omdat hulle dink hulle is nie goed genoeg vir God nie. Kan God ooit deur 'n gewone mens soos ek werk?

Ek het nou die dag saam met Barry Chant, wat in 1979 die Tabor Bible Kollege gestig het, gaan koffie drink. Hy is ‘n plat-op-die-aarde man  onder wie ek studeer het. Hierdie Kollege het sedertdien letterlik duisende studente opgelei. Vandag dien hulle die Here orals in die wêreld op verskillende wonderlike maniere.

Ek onthou baie duidelik hoe emosioneel hy geword het, terwyl hy sommige van hulle verhale met my gedeel het. Hy kon skaars die woorde uitkry. Hier is 'n gewone man wat sy lewe daaraan gewy het, om sy geloof met ander te deel. Hierdeur is God se boodskap na plekke geneem waaraan hy nie in sy wildste drome kon dink nie.

Laat ek jou sê, elke keer as ek op 'n vliegtuig na Kenia, Namibië, Indië of die VSA klim, dank ek God vir hierdie man. Die Here het my deur hom toegerus, om sy roeping te vervul.

En dis hoe dit werk. As ons ons doodgewone gawes en vermoëns in God se hande plaas, is Hy in staat om buitengewone dinge daarmee te doen.

In Psalm 68:35,36 skryf Dawid: Erken dat God magtig is! Hy heers oor Israel, Hy het mag oor die wolke! God wek ontsag wanneer Hy uit sy heiligdom kom. Hy is die God van Israel, Hy gee krag en sterkte aan sy volk. Aan God kom die lof toe.

Die Here is magtig, en waardig om ons lof ontvang. En weet jy, dat Hy op soek is na meer gewone mans en vrouens, mense net soos Barry, deur wie Hy kan werk.

God sal wonderbaarlike dinge doen deur gewone mense wat bereid is om Hom te gehoorsaam.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

George Lucas
2 perc 11. évad 235. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.

Dit is interessant hoe die pryse van artikels wêreldwyd van mekaar verskil. Die vergelyking tussen gewone dinge soos 'n bottel water of die prys wat jy betaal om jou hare te laat sny, vertel jou baie oor die lewenstandaard van ‘n land.

Ek was onlangs in Indië op 'n konferensie in Bangalore. Tydens middagete gesels ek met George Lucas, ‘n kollega van my. Nee, nie die een wat al die Star Wars-films gemaak het nie. George is 'n man in sy sewentigerjare. Sy vrou, met wie hy vyftig jaar lank getroud was, is net 'n paar weke gelede oorlede, nadat sy twaalf jaar bedlêend was. Hy is deur 'n moeilike tyd.

Terwyl ons die gesprek lig probeer hou, vra hy my oor ‘n koppie tee: “Hoeveel betaal jy om jou hare in Australië te laat sny?” Nie 'n onredelike vraag nie.

Nadat ek die omskakeling van dollars na roepees gedoen het, antwoord ek hom: “Ongeveer 800 roepees is 'n redelike gemiddelde prys.”

Hy roep in verbasing uit. “Kannie wees nie, ek betaal slegs 8 roepees vir myne.” Dit blyk dus dat George 100 keer sy hare kan laat sny vir die prys van een haarsny in Australië. Dink net, hy sal my ver wen -  seker al sy haarkapper in die hemel besoek -  vir die prys van my volgende haarsny in Australië! 

George is geensins 'n welgestelde man nie. Ten spyte van die feit dat hy baie deurgemaak het, is daar 'n vrede, 'n vreugde, en 'n rustige opgetoënheid in hom, wat jou na hom toe aantrek. Jy sien, George weet dat geld nie vrede kan koop nie. 

In Romeine 14:17 staan: Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Bangladesh
2 perc 11. évad 234. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jesaja 58:11 Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

Vreugde, krag, bevrediging, tevredenheid ... dit is maklik om op die verkeerde plekke daarna te gaan soek. Miskien is dit die rede waarom so baie ryk mense, so ongelukkig is. Wat dink jy?

 

Ek was 'n paar jaar gelede in Indië saam met 'n kollega uit Bangladesh. Hy woon in 'n piepklein landjie, 'n paar honderd kilometer van noord na suid en oos na wes, met ‘n bevolking van160 miljoen mense.

 

Tydens middagete lyk dit of my kollega sy kerrie met groot geesdrif eet en meer geniet as die meeste ander mense aan die tafel.  Hy was 'n goed geklede jong man, opgevoed en intelligent, met 'n regte sprankel in sy oë. Ek het hom uit belangstelling gevra: "Wat eet julle in Bangladesh?" Ek het probeer uitvind of hierdie kos anders is as die van sy vaderland, waar ek nog nooit was nie.

 

Sy antwoord het my heeltemal uit die veld geslaan: “Meestal rys, hoewel daar party dae geen kos is nie, dan eet ons nie.”

 

Ek kom uit so 'n welvarende deel van die wêreld en tog is daar te midde van al daardie rykdom soveel ongelukkigheid. Soveel mense is net so begaan oor hulself, hoe hulle lyk en wat ander van hulle dink, dat hulle uiteindelik perspektief verloor. Ware vreugde, opregte vrede; daardie gevoel van rustige vertroue in die lewe, wat nie afhang van geld of selfs 'n vol maag nie, is waarna die mens smag.

 

In Jesaja 58:11 staan: Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

 

Ware vreugde kom van die Here. Van 'n ryk, kragtige verhouding met Jesus. My vriend uit Bangladesh weet dit.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Nuwe Mens
2 perc 11. évad 233. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

Hoe ouer ons word, hoe meer kan dit voel asof ons onder die bagasie van die verlede gebuk gaan. En hoe langer ons die bagasie saam met ons dra, hoe swaarder word dit ... totdat ons op 'n punt kom, waar ons net tou opgooi.

Het jy geweet dat jou bloedstroom elke drie maande heeltemal hernu word? Elke twaalf maande word elke sel in jou liggaam vervang met 'n nuwe een. En elke agtien tot vier-en-twintig maande word jou hele beenstruktuur hernu? Dis ongelooflik!

Dit wil voorkom asof God se werkswyse is om voortdurend alles te vernuwe. Om die oue te vervang met die nuwe. Dink net, ongeveer elke twee jaar is die persoon wat nou in die spieël na jou kyk, heeltemal ‘n nuwe skepping.

Dit is verstommend dat mense ál die moeite doen om beter te lyk en beter te voel. Hulle gebruik selfs operasies daarvoor, maar ons word buitendien elke klompie maande, heeltemal hernu.

Ja, die liggaam verouder en uiteindelik sterf ons almal. Maar God het hierdie wonderlike skeppings, dis nou vir jou en vir my, gevorm, en spesifiek ontwerp om voortdurend hernu te word. Nie dis nie slegs jou liggaam nie, maar ook jou siel en gees wat die gawe van vernuwing besit.

Die apostel Paulus het dit lank gelede geskryf in:

2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

En weet jy - dit is presies wat gebeur wanneer jy in 'n verhouding met Jesus tree. Wat ook al die dinge in jou verlede is waaroor jy spyt is, wat ook al die seer is wat jy saam met jou dra, dit word net so relevant soos die dooie vel-selle wat elke minuut van die dag van jou liggaam afval.

Glo jy in Jesus? Dan is jy 'n nuwe skepping. Die verlede is irrelevant. Alles is nuut. Dít is nou goeie nuus. Dít is waar jou nuwe lewe begin. Hier en nou.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Hoe lank O God?
2 perc 11. évad 232. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 35:17 Hoe lank, Here, sal U dit duld? Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mense wat my soos leeus bedreig.

Teëspoed is deel van die lewe. Niemand sal dit betwis nie. Maar as teëspoed na ons kant kom, behandel ons dit skielik asof dit die abnormaalste ding is wat nog ooit met ons kon gebeur. Hoekom doen ons dit?

 

Het jy al ooit opgemerk dat as dit buite koud en nat is, en jy binne lekker knus na 'n goeie film op televisie sit en kyk, hoe vinnig drie ure omgaan? Die tyd vlieg letterlik verby.

 

Maar as jy in pyn verkeer; koud en nat is; jy onder druk verkeer; of eensaam is; of seermaak voel - dan voel drie ure soos 'n absolute ewigheid. 'n Enkele dag kan voel asof dit nooit end kry nie.

 

Wanneer jy dus deur ‘n woestynervaring gaan, iets wat ons almal maar te goed ken, is een van die grootste vrae: “Hoe lank Here? Hoe lank?"

 

Koning David was presies in daardie posisie en hy het presies daardie vraag gevra in:

Psalm 35:17 Hoe lank, Here, sal U dit duld? Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mense wat my soos leeus bedreig.

 

Dawid het dikwels in vrees vir sy lewe verkeer; al voordat hy koning van Israel geword het en ook daarna. Hoe meer jy oor hom lees, hoe meer sal jy agterkom hoe God daardie moeilike en gevaarlike tye gebruik het om sy karakter en sy geloof te ontwikkel.

 

Hoe lank? Gewoonlik is dit nie 'n oomblik langer as wat God nodig het om te doen wat Hy beplan om te doen nie.

 

Die tydsberekening hang heeltemal van Hom af. Maar weet dit: Hy is in daardie situasie by jou. As jy Hom vertrou, sal Hy jou ‘n vrede en ‘n vreugde gee, wat eenvoudig nie sin maak nie. 

 

Moenie wanhoop nie. Moenie moed opgee nie.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Valskermsprong
2 perc 11. évad 231. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Deuteronomium 31:8 Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

Hier in die rot-resies van die lewe in die 21ste eeu, is “godsdiens,” God en Jesus vir baie mense …wel, vaag en irrelevant. Ek moet erken dat ek ook destyds so gevoel het, tot op ‘n dag . . .

Ek het 'n bekentenis om te maak. Ek haat hoogtes. Tydens my offisiersopleiding in die weermag, is ek die geleentheid gebied om 'n valskermsprong uit te voer. Nee, nee, ék spring? Jy maak seker ‘n grap? Waarom sou enige regdenkende mens op ‘n hoogte van tien duisend voet uit 'n honderd persent veilige vliegtuig wil spring?

Maar. . . aan die ander kant, as die enjins aan die brand was, of as die vliegtuig besig was om te val, en iemand het my 'n valskerm aangebied, het ek sterk ‘n vermoede dat ek die sprong sou waag.

Daar is mense wat so leef. 'n Huwelik wat dreig om op die rotse te loop. 'n Lewe wat buite beheer is. God het deurgaans, deur Jesus, vir jou ‘n oplossing aangebied. Waarom sou jy dit aanvaar?

Tot nou toe ... tot op hierdie oomblik. . .  Hy is geduldig. Soms wag Hy totdat ons lewe so 'n gemors is, dat ons geen ander opsies het nie. Dit is presies wat 'n kwarteeu gelede met my gebeur het.

En weet jy, my enigste verwyt is dat ek dit so lank uitgestel het. Hoekom? Ek weet nie. Maar Hy was die hele tyd daar, besig om te wag vir die regte tyd.

Miskien is dit nóú die tyd vir jou om jou lewe vir Hom te gee. Miskien klop Jesus juis vandag aan die deur van jou hart en wag dat jy sal reageer. Ek wil jou van harte aanmoedig om dit te doen. Dit maak nie saak in watter situasie, onder watter omstandighede of selfs in watter gemors jy jouself vandag bevind nie . . .

Deuteronomium 31:8 sê: Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Mislukking
2 perc 11. évad 228. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Eish, daar is tye in die lewe wanneer jy net alles wil opgee, die handdoek wil ingooi en in jou dop wil terugtrek. Ek verstaan. Ek was ook al daar. Maar ek het vandag goeie nuus vir jou. God het 'n totaal ander plan.

Laat ek jou vra - het jy al ooit in jou lewe gevoel asof jy 'n mislukking is?

Dit lyk asof almal rondom jou gesonde, bruikbare en produktiewe lewens lei – maar jy voel nutteloos, asof jy vinnig besig is om jou ‘verval datum’ te bereik.

Dit is eintlik ‘n redelik algemene gevoel, veral as jy 'n bietjie ouer word en die sprankelende, jong geslag op jou hakke sien aankom. Dit gebeur op een of ander tydstip met ons almal, en as jy niks het om na uit te sien nie - geen hoop of drome nie - is dit regtig neerdrukkend.

Maar dit is nie God se plan vir jou nie. Inteendeel. Dít is wat Hy vir sy volk Israel gesê het toe hulle op 'n hopelose plek was en ek wil met my hele hart glo dat Hy dit ook vandag vir jou en vir my sê:

Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Miskien ken jy daardie gedeelte goed, maar hoe beter ons met iets vertroud is, hoe groter is die kans dat ons dit kan miskyk. Maar wag, luister na wat God vandag vir jou sê.

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

Hou moed  - die beste is op pad.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Vestings
2 perc 11. évad 227. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

2 Korintiërs 10:3-5 Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Dit is snaaks hoeveel blinde kolle elkeen van ons het. Ons kan hulle natuurlik nie self raaksien nie. Dis die rede waarom hulle blinde kolle genoem word. Maar ons ervaar die gevolge daarvan. O ja. En hulle maak seer!

Het jy al ooit opgemerk hoe maklik ons ​​aan idees en opinies kan vasklou wat (a) nie so rasioneel is nie en (b) nie so nuttig is nie? Neem byvoorbeeld die idee van: ek weet die beste. Ek moet die hele tyd my sin kry.

Dis net logies dat niemand van ons altyd reg is nie, en as elkeen van ons daarop aandring om elke keer ons eie sin te kry, sal dit chaos afgee. Tog klou ons steeds aan ons eie opinies vas.

Selfsug is nog 'n blinde kol. Ons is tog so goed om dit te ontken. Hoogmoed is nog ‘n grote wat ons leerproses blokkeer. Ons het almal sonder uitsondering, etlike blinde kolle in ons lewens wat ons teen God se wysheid laat vasskop. Hy noem daardie plekke “vestings”; vestings van die intellek wat teen God in opstand is om hulself teen Hom te verdedig.

Maar Hy wil jou met sy bonatuurlike krag bevry van vestings wat jou lewe verwoes. In 2 Korintiërs 10: 3-5 lees ons: Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Ek wil vestings die dinge noem waaraan ons regtig styf vashou. En die hartseer ding daarvan is dat, terwyl ons daaraan vashou, ons hande nie vry is om die seëninge wat God ons wil gee, te ontvang nie.

Ondersoek jouself: watter vestings, watter trotse struikelblokke het jy wat jou van God weghou? Is jy bereid om dit neer te lê? Sal jy elke gedagte gevange neem en dit aan Christus gehoorsaam maak?

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Om Mens te Wees
2 perc 11. évad 226. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Spreuke 15:1 'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam.

Vertel my, waar het jy die wysheid gekry wat jy vandag het? Waar kom dit vandaan? Is daar leemtes in jou wysheid? Is daar blinde kolle met ongewensde gevolge wat voortdurend by jou spook? 

 

Vir baie jare het ek  gedink: “Weet jy, my skooljare in die onderwysstelsel het my baie geleer. Maar dit het my nooit geleer hoe om 'n effektiewe mens te wees nie.”

 

Dis eintlik blote geluk as jy leer hoe om menswaardig op te tree. Wie ons vandag is, ek en jy, hang volkome af van hoe goed ons ouers en onderwysers daarin geslaag het om goeie waardes aan ons oor te dra; goeie oortuigings, goeie sedes, goeie gedrag.

 

Ek was regtig verras toe ek die Bybel begin lees. Regtig! Ek het gedink dit moet 'n droë, godsdienstige handboek wees. Wat ek nie verwag het om daarin te vind nie, was verhale en wysheid en dinge wat my gehelp het om ‘n baie beter “ek” te wees. Net een voorbeeld: Ek het in Spreuke 15:1 geleer: 'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam.

 

Dit is briljant. Absoluut briljant. Dink net, as elkeen van ons net geleer het om daardie een stukkie goddelike wysheid te midde van konflik uit te leef, hoe anders sou ons wêreld nie gewees het nie! 

 

Daardie twaalf woorde kon lewens verander en inderdaad die verloop van die wêreldgeskiedenis! Daardie twaalf woorde kan 'n omwenteling in jou verhoudings veroorsaak en selfs voorkom dat oorlog uitbreek.

 

Maar dit is nie net woorde nie. Dit is God se woorde. 

Geïnspireer deur die Heilige Gees ... daarom het hulle soveel krag. Dis die einste soort krag wat ek en jy nodig het om dié soort mens te wees waarvoor God ons bestem het.

 

Die lewe is nie maklik nie ... jy moet jouself afvra, waarom probeer so baie van ons dit op ons eie doen?

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Weergebore
2 perc 11. évad 225. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Petrus 1:23 Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God.

As jy jouself 'n Christen noem, wil ek jou vra, is jy waarlik 'n Christen? Nie volgens jou eie definisie nie, maar volgens wat die Woord van God sê. Is jy "weergebore" ... of nie? Jou antwoord is baie belangrik!

 

Ek het onlangs saam met 'n paar mense in 'n motor gery en die gesprek het gehandel oor wat dit beteken om 'n Christen te wees. Dis interessant, want hulle was nie gelowig nie en daarom het ek met groot belangstelling geluister. Hulle vra toe my opinie. 

 

Toe ek begin vertel, het een dame my met minagting en afgryse in haar stem onderbreek: “Ag, ek hoop nie jy is een van daardie weergebore Christene nie!” 

 

Ek het geglimlag, want ek sou 'n paar jaar gelede presies dieselfde gesê het. Ek dink dat sy 'n bietjie in die gesiggevat was, toe ek antwoord: “Wel, dit is die enigste soort Christen wat daar is.” 

 

Kyk wat staan in: 1 Petrus 1:23  Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God.

 

Om 'n Christen te word, gaan nie oor die opruiming van jou lewe met die hoop dat God jou dan sal aanvaar nie. Dit is heeltemal die teenoorgestelde. Dit is nie iets waarvoor jy kan werk nie, dit is ‘n geskenk wat God aan jou gee wanneer jy die lewegewende boodskap van God glo. 'n Boodskap wat vir ewig aanhou.

 

Dit is soos 'n splinternuwe begin, wanneer ons met alles wat ons is, met alles wat ons het, met elke hoop en elke droom - glo dat Jesus Christus vir ons gesterf het. Dit gebeur wanneer ons in 'n verhouding met 'n liefdevolle God tree, Een wie se liefde jou totaal verbyster en onsself aan daardie God oorgee. 

 

Dit is wat dit beteken om weer gebore te word. En dit is die enigste soort Christen wat daar is.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Bybel
2 perc 11. évad 224. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 18:1- 5 In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” Hy het 'n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”

Ons het almal al gehoor van woordassosiasie. Jy sê swart, ek sê wit. Jy sê meisie, ek sê seun. Jy sê lemoen, ek sê sap. Goed, ons almal snap dit. Hier is 'n woordassosiasie toets vir jou. Ek sê Bybel, en jy sê ... wat presies?

 

Daar is deesdae party mense wat “die Bybel” sien as 'n ou stowwerige boek, wat slegs verkrampte, godsdienstige fundamentaliste ooit sou kon lees. Dit is 'n teorie wat verkondig word deur diegene wat dit nog nooit gelees het nie. Volgens hulle, is dit enersyds verouderd maar andersyds 'n gevaarlike boek vol reëls vir godsdienstige sotte. Kom ons kyk of dit so is. Kom ons kyk na net een aanhaling, net een ding wat Jesus gesê het in:

Matteus 18: 1-5 In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” Hy het 'n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”

 

Klink Hy vir jou soos 'n godsdienstige versteurde persoon? Of is hierdie ‘n definisie van nederigheid - iets waarby die hele wêreld kan baat vind? Baie van die dinge wat God in sy Woord, die Bybel, sê, is kontra-kultureel. Dit druis in teen die hedendaagse denke.

 

Ons maak asof dit iets nuuts is, asof die Bybel onlangs verouderd en irrelevant geword het. Maar eintlik was dit omdat Jesus kontra-kultureel was, omdat dit wat Hy gesê en gedoen het, lynreg teen die denke van sy tyd ingedruis het. En dis hoekom hulle Hom gekruisig het.

 

Die Bybel. ‘n Reëlboek vir godsdienstige sotte, of God se liefdesbrief aan die mensdom? Besluit jy.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Uitstel
2 perc 11. évad 221. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Samuel 15:22 Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme..

Kan ek jou vra: wat is dit wat jou verhinder om alles vir Jesus neer te lê? Is jy bereid om, wat Hy ook al van jou vra, op te offer? Ons almal het iets waaraan ons vashou. Wat is jou ‘iets’?

 

Die grootste deel van my lewe het ek 'n sterk vermoede gehad dat Jesus is wie Hy sê Hy is. En iets in my hart het geweet dat ek eendag my lewe vir Hom sou leef.

 

Maar ek was onervare – ek moes nog dinge doen, plekke besoek, lewenservaring opdoen ... geld verdien. Maar weet jy dat geen van hierdie dinge daardie leemte in my gevul het nie. Diep binne-in my het ek altyd leeg gevoel.

 

Die rede waarom ek huiwerig was, was omdat ek geweet het dat ek iets moes prysgee. En dít was die verkeerde dinge wat ek nagejaag het. In 1 Samuel 15:22 lees ons: Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme.

 

Gehoorsaamheid. Dit was my probleem. Ek was bang vir dit wat ek moes prysgee. Ek het geweet dat Jesus daar was vir my, maar ek was bang om daardie stap nader aan Hom te neem. As ek nou terugkyk, kan ek selfs gedurende daardie jare, sy hand in my lewe raaksien. En deur daardie vormings jare het Hy my gemaak wie ek is en ek het geen berou daaroor nie.

 

Daar is net een ding in my lewe wat ek graag sou wou verander: dat ek, toe ek sy stil stem my hoor roep, nie baie vinniger geantwoord het nie. Want weet jy, die dinge wat Hy my gevra het om op te gee, was niks in vergelyking met wat ek gekry het nie.

 

Moenie bang wees om op sy roepstem te antwoord nie. Dit is absoluut die moeite werd!

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Vertragings, Vertragings, Vertragings
2 perc 11. évad 220. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.

Kan ek jou vra om terug te dink aan die laaste keer wat jou planne uitgestel of gedwarsboom is? Hoe het jy gevoel? Hoe het jy gereageer? Wat het jy vir God gesê?

 

Het jy al opgemerk hoe dinge nie altyd volgens jou plan verloop nie? Jy sien al uit na die resultaat, maar jou plannetjies word dikwels vertraag. Dit is so frustrerend!

 

Ek weet ek nie van jou nie, maar as ek terugkyk op my lewe, sien ek hoe ek keer op keer vir God probeer vooruit loop het. As 'n jong Christen in die Bybelkollege, was ek so opgewonde, so gereed om die wêreld in te gaan en groot dinge vir God te begin doen ... of so het ek gedink. . . 

 

Maar dit was nie God se tyd nie, en as ek daaraan terugdink, was ek beslis nie gereed daarvoor nie. Dit het agt jaar geneem waartydens Hy die noodsaaklike veranderinge in my aangebring het, voordat Hy my kon vrystel om hierdie werk te doen. Agt jaar kan soos 'n leeftyd voel wanneer jy brand om aan die gang te kom. Maar glo my, God se tydsberekening is altyd perfek. Ons lees in:

Habakkuk 2: 3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.

 

Ons kan nie die groot prentjie sien nie. Ons wil hê dat dinge nou sus of so moet gaan. Nou dadelik!! Maar ons verstaan ​​nie dat die beproewings waardeur Hy ons lei, nodig is om ons gereed te maak nie.

 

God het 'n plan vir ons lewens, joune en myne. Dit is 'n goeie en perfekte plan en sy tydsberekening sal altyd absoluut onberispelik wees. Wees net geduldig. Dit sal beslis kom.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Net Een Boek
2 perc 11. évad 219. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 20:30,31 Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.

Ek ken baie mense wat sê dat hulle in God glo, en tog is hul lewe nie naastenby wat Hy belowe het, dit sal wees nie. Maar daar is altyd 'n rede daarvoor. Die rede is dat hulle nie 'n persoonlike ontmoeting met Jesus, sy Seun, gehad het nie.

 

Ek wonder, wanneer was die laaste keer dat jy 'n boek van voor tot agter deurgelees het? Verlede week, verlede maand ... miskien baie lank gelede.

 

As jy net een boek kon lees, watter boek sou jy lees? Dis nogal ‘n probleem, nie waar nie? Wie het die tyd? Waar kry jy deesdae tyd om 'n hele boek te lees?

 

Nou ja,  hier’s 'n uitdaging vir jou: daar is een boek wat net twee uur sal neem om te lees. Ons kan mos almal 'n paar uur afknyp?

 

Dit is een van ses en sestig boeke in 'n versameling wat ons deesdae die Bybel noem. Meer as die helfte van hulle neem minder as 'n halfuur om te lees. Is jy seker jy het geen tyd nie?

 

Hoe dit ook al sy, die een boek wat ek aanbeveel is die Evangelie van Johannes, die vierde boek van die Nuwe Testament. Dit is 'n weergawe van die lewe van Jesus Christus. En dit is geskryf met 'n baie spesifieke doel in gedagte: Luister wat staan in:

Johannes 20: 30,31 Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.

 

Ongeag wie jy is of wat jy glo, wil ek jou aanmoedig om die een boek - Johannes – in 'n hedendaagse vertaling te bekom en dit te lees.

 

Dit is 'n aangrypende vertelling en jy weet nooit of Jesus, terwyl jy lees, dalk net sal opdaag.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Rekeninge, Rekeninge, Rekeninge
2 perc 11. évad 218. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 5:15 maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.

Baie mense ken die teorie dat Jesus aan die kruis gesterf het vir ons en as ons in Hom glo en as ons op Hom vertrou dan ontvang ons onmiddellik die gratis geskenk van die ewige lewe. Dis mooi woorde, maar dit is 'n hele ander saak om te lewe asof dit waar is.

 

Dit wil voorkom asof daar nie 'n dag verby gaan, sonder dat  ons nog 'n rekening in die pos of in ons e-posbus ontvang nie. Elektrisiteit, water, belasting ... of huur. Voel jy ook asof dit net nooit ophou nie?

 

Wat dit nog erger maak, is dat hulle ook nooit goedkoper word nie. Bietjie vir bietjie kruip hulle op - drie persent hier, vyf persent daar. Dit word net meer en meer.

 

Daar is natuurlik die “gratis aanbiedinge” wat hulle op televisie of op advertensieborde adverteer. Hulle is natuurlik “gratis” ... op voorwaarde dat jy net eers dit of dat koop. Dit lyk asof niks in die lewe gratis is nie.

 

As God dus kom en sê: "My Seun Jesus, het vir jou aan die kruis gely en gesterf, sodat jy die ewige lewe wat Hy daardie dag vir jou gekoop het, heeltemal gratis kan ontvang," dink ons ​​by onsself: "Gratis? Ag nee wat, niks in die lewe is gratis nie! Ewige lewe? Moenie my laat lag nie!"

 

Ons lees in: Romeine 5:15 maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk.

 

Dis 'n gratis genadegawe. Ek en jy kan eendag, heeltemal vergewe, heeltemal skoon en rein in God se oë, voor Hom kom staan. Die rede is omdat Jesus reeds die prys vir ons sonde, wat God eis, betaal het.

 

Die lewe wat God gee, is 'n genadegawe. Dit is gratis.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Jesus Christus
2 perc 11. évad 217. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 1:16,17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Kan ek vandag vir jou vra, wat beteken “Jesus Christus” vir jou? Is Hy enigsins relevant tot jou daaglikse lewe? Of verteenwoordig Hy eintlik, net 'n klomp onrealistiese reëls? Watter waarde hou Hy vir jou in?

Voordat ek 'n Christen geword het, het ek vir jare lank die woorde “Jesus Christus” slegs in woede of as ‘n vloekwoord gebruik. Ek het Christene gehaat en ek het gedink dat selfs die idee dat daar ‘n God is, belaglik was.

Dit wys jou net hoe ver ek van God af was. En tog, toe die tyd ryp was, het Jesus na my toe gekom, sy hand op my skouer gesit en gefluister: “Ek het jou lief.”

Die apostel Johannes verwys dikwels na Jesus as “die Woord”… met ander woorde, Jesus is God wat met ons praat in 'n taal wat ons kan verstaan. En daardie taal is nie 'n klomp reëls en wette nie, maar 'n taal van liefde, 'n taal van genade en waarheid. Ons lees in:

Johannes 1: 16,17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Die woord “Christus” beteken die een wat deur God aangestel is. Die woord Jesus (of Yeshua soos dit in Hebreeus uitgespreek word) beteken God se verlossing of God se Verlosser. Dus beteken “Jesus Christus” God se aangestelde Verlosser. Die een wat God gestuur het om ons te red - maar waarvan? Van onsself. Van ons mislukkings. Van ons vrees. Van 'n ewigheid sonder Hom.

Ons kan hardloop. Ons kan wegkruip. Ons kan dit ontken. Ons kan spot. Maar vroeër of later hoor ons Hom almal wanneer ons dit die minste verwag, as Hy fluister: “Ek is lief vir jou.” Dit is 'n afspraak wat God gemaak het. Hoe ons daarop reageer, is iets wat Hy aan ons oorlaat.

Die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘Oh My God’ (OMG)
2 perc 11. évad 214. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 22:2 My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?

Die vierde van die tien gebooie is maklik verstaanbaar.  Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. En tog sien ek dit oor en oor gebeur, selfs onder Gelowiges.Hoekom is dit?

 

Realiteits-TV bly om een of ander rede steeds op die lug. Hoekom? Want mense kyk daarna.

 

Het jy al ooit een van daardie voorkoms-opkikker-programme gekyk? Een waar hulle die eienaar op 'n vals voorwendsel vir ‘n tyd lank wegneem, en vir 'n kamer of tuin of selfs 'n hele huis ‘n nuwe voorkoms skep. En dan bring hulle die eienaar terug, met al die kolligte en kameras op hulle gerig, om hul reaksie vas te lê.

 

En wat sê hulle nege uit die tien keer? Oh my God, Oh my God, Oh my God. Alles vir 'n kamer, of selfs 'n tuin of 'n huis! 

 

En my hart breek as ek na hulle kyk en dink: “As jy maar net geweet het wat jy sê. As jy maar net geweet het dat dit die Naam van God en die woorde van Jesus is, wanneer jy dit sê.” Ons lees in:

Psalm 22:2 My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?

 

Dit was ook hierdie woorde wat Jesus uitgeroep het toe Hy aan die kruis gehang het en vir jou en my gely en gesterf het.

 

My God, my God, waarom het U my verlaat?

 

En wanneer ek en jy hierdie woorde van God lukraak uitroep, raak dit Hom diep en intens, omdat Hy ons innig lief het. 

 

O my God.

 

Dit is kosbare woorde. Eer God en respekteer sy Naam.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

​​

Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig. (Jesaja 40: 8). Daar is so 'n ongelooflike krag in die Woord, krag om jou vry te maak. Krag om jou lewe te transformeer. 

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Nie Goed Genoeg Nie?
2 perc 11. évad 213. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Daar is iets wat gebeur wanneer ons op Jesus vertrou – op die Seun van God. Op Hom, wat Hy gestuur het om ons sondes weg te neem. En dit is inderdaad die rede waarom God Hom gestuur het om aan die Kruis te sterf. En dit my vriend, was ‘n ontsettende groot gebeurtenis. Dit het die hele gang van die geskiedenis verander.

Party dae voel dit asof jy jou bes probeer, maar op een of ander manier is jou beste, eenvoudig nie goed genoeg nie. Ek het al so gevoel. Jy het seker ook al so gevoel. Ons kyk na onsself in die spieël en wonder: 'Wat is fout met my? Waarom is ek so? ” Op een of ander manier kan ons net nie die uitdagings wat ons in die gesig staar oorkom, of aan die verwagtinge van mense om ons, voldoen nie. En dis dan wat jy 'n klein, stemmetjie hoor sê:

Dit is nie hoe Ek jou sien nie.

Hoe nou?

Toe my Seun aan daardie kruis gesterf het - het Hy vir jou gesterf. Hy het al jou gevoelens van 'nie goed genoeg nie' op Hom geneem. Ek sien hulle nie meer raak nie.

Regtig? Wat beteken dit?

Dit beteken dat as Ek na jou kyk, sien Ek jou soos jy veronderstel was om te wees. En as ek saam met jou die pad stap en jy saam met My, treetjie vir treetjie, sal jy die persoon word, wat Ek jou gemaak het om te wees.

Dis natuurlik nie my woorde nie, kyk wat staan in:

2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Ja, dis korrek, Jesus het gesterf sodat jou sondes vergewe kon word. Ja, Hy het die prys betaal ... maar met 'n einddoel in gedagte; dat hulle nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Dit is 'n nuwe lewe. 'n Lewe wat ons vir Hom leef. Die verlede is irrelevant. In Christus lê ‘n heerlike toekoms voor. Die geheim is om vir Hom te leef, nie vir jouself nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Alles of Niks
2 perc 11. évad 212. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Timoteus 6:18,19 Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.

Watter dinge in jou lewe maak jou gelukkig? Die dinge wat jou hart laat sing en jou gees laat sweef? Wat is die dinge in jou lewe wat vir jou die kosbaarste is?

 

Oor die jare was daar ongelooflike vooruitgang op die gebied van tegnologie.

 

Aan die einde van die sewentigerjare, toe ek my eerste IT-graad gedoen het, het ons ‘n massiewe rekenaar gehad wat 'n hele kamer beslaan het. Dit het rolle ​​papier en ponskaarte gebruik. Vandag het ek 'n slimfoon in my hand wat twee miljard keer meer as daardie eerste rekenaar se stoorkapasiteit het.

 

In die vroeë 2000's het ek saam met 'n tegniese ghoeroe in die VSA geëet, en ek kan onthou dat hy gesê het: "Jy weet, binnekort sal ons alles op niks kan bêre." Wel, ek dink daardie tyd het aangebreek.

 

Nou wonder ek maar; is ons vandag gelukkiger met al die vooruitgang op die gebied van die tegnologie? Is ons lewens ryker? Laat hierdie dinge ons harte sing en ons gees sweef?

 

Dit lyk vir my asof ons ons hele lewe besig is om alles aan niks te bestee. Ons wil tog uiteraard net leef. Ons wil ‘n vervullende lewe hê. 'n Toekoms. 'n Hoop. 'n Ewigheid. Ons lees in:

1 Timoteus 6: 18,19 Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.

 

Jy kan alles besit wat hierdie wêreld kan bied en tog niks hê nie. 

Of jy kan lossies vashou aan dit wat jy het; dit gulhartig deel met ander en ‘n vervullende lewe hê.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Spatsel Kleur
2 perc 11. évad 211. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 52:10 Maar ek staan sterk soos 'n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg.

Ek is oud genoeg om die outydse swart-en-wit televisie stelle te onthou. Dit is immers waarmee ek grootgeword het. Maar toe ek eendag die eerste keer ‘n kleur-TV in 'n winkelvenster sien, was ek heeltemal betower. Tot op daardie stadium het ek geen idee gehad wat ek mis nie.

 

Ek het die ander dag 'n pragtige foto gesien. Dit was 'n swart-wit nabyskoot van ‘n struik in 'n tuin. En daarop sit daar toe 'n pragtige helder oranje vlinder, wat ‘n verruklike kontras op die swart-wit agtergrond vorm. Dit is 'n foto waarna ek keer op keer kyk, want dit spreek tot my op diep vlak.

 

Voordat Jesus in my lewe ingekom het, het ek gedink dat ek ‘n heel skaflike lewe het. Maar, as ek vandag terugdink, besef ek  dit het soos die swart-wit-agtergrond van die foto gelyk.

 

Die dag toe Jesus in my lewe instap, beland 'n verruklike kleurskyf in die middel van my landskap. Nee wag, dis nie heeltemal reg nie. Dit het my in die middel van my wese getref; dit het soveel dinge verander - wie ek is, hoe ek die wêreld sien, selfs hoe ek oor die toekoms voel. Hierdie lewendige kleur het my hart, my wese, my plat, monochroom lewe heeltemal verhelder.

 

En daardie gevoel van verwondering en ontsag, van lig en kleur, het my nog nooit verlaat nie. Maak dit sin? Wat eers dood was binne-in my, het lewe gekry.

 

Koning David het dit effens anders gestel in:

Psalm 52: 8 Maar ek staan sterk soos 'n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg.

 

Dit is wat gebeur as Jesus die kern van jou lewe word. Dit maak nie saak waarheen jou lewenspad loop nie, dit maak nie saak hoe plat of monochroom of leweloos die hede is nie, maar ‘n oorvloedige polsende lewe wag op jou. 

 

Die antwoord is Jesus.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Ander Perspektief
2 perc 11. évad 210. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

Ek weet nie of jy in God glo nie. Ek het uiteraard geen idee waar jy ten opsigte van geloofsake staan nie, maar daar is vandag iets op my hart wat ek met jou wil deel. Eintlik is dit die heel belangrikste ding wat ek ooit met jou kan deel.

 

Dis 'n snaakse ding; iets onbekend kan van ver af vreesaanjaend voorkom, maar diep in ons hart weet ons dis die regte ding.

 

Neem byvoorbeeld verandering. Verandering is onvermydelik, maar dit bevat dikwels 'n element van vrees. Wat sal gebeur as my plan nie werk nie? Wat sal gebeur as ek misluk? En wat sal gebeur as alles net erger word in plaas beter? Ons ervaar almal daardie gevoel van afwagting aan die een kant, maar vrees aan die ander kant.

 

En weet jy, dis maklik om na Jesus te kyk en te glo dat Hy goed is, maar wat doen ek dan? Wat doen ek, as Hy my dan vra om iets te doen wat ek nie wil doen nie? Wat gebeur as ek met volle oorgawe besluit om Hom te volg en dit werk nie soos ek gedink het dit sou nie?

 

Jy hoor Hom fluister - 'Ek is lief vir jou'. Jy voel daardie verlange, daardie hartsbegeerte om Hom te volg. Miskien is dit vandag die dag vir jou om daardie stap te neem. Miskien is dit vandag die dag om daardie uitnodiging te aanvaar. Miskien is dit vandag die dag om met 'n ander perspektief na Hom te kyk. Ons lees in:

Matteus 4: 18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

 

Hoor jy vandag hoe Jesus na jou roep? Volg hom.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Vraat en die Dronkaard
3 perc 11. évad 207. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 11:18,19 “Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”

Een van die hartseerste dinge wat ek dwarsdeur die wêreld waarneem, is mense wat godsdiens beoefen en al die dinge doen, wat hulle dink God sal behaag, sonder om Hom ooit werklik te leer ken.

 

Stel jou die volgende prentjie voor: Jesus kom na die stad en hulle behandel Hom soos 'n groot ster. Al die besighede en al die skole sluit. Boere kom van hul plase om Hom te hoor praat. Die skare verdring mekaar om Hom te hoor.

 

Hy is die Seun van God, maar dan, in plaas daarvan om na die plaaslike biskop se huis te gaan vir ete, gaan Hy na 'n tollenaar se huis. Tollenaars was deur die Jode verag omdat hulle tolgeld vir die Romeine geïn het. Daarby het hulle dikwels hulle landgenote afgepers. 

Jesus verkies die geselskap van tollenaars; hy drink wyn en eet saam met hulle, terwyl hy die godsdienstige leiers, die belangrike manne in die stad, ignoreer. En hulle reaksie? Dit is hoe Jesus dit gestel het in:

Matteus 11: 18,19 Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”

 

Die godsdienstige elite het Hom belaster. Dink net: Hy ignoreer hulle en kuier saam met die tollenaars. Dis ongehoord! 

 

Jesus het siekes en blindes genees, diegene wat verwerp is, liefgehad en melaatses aangeraak. Hy het selfs die dienskneg van 'n Romeinse offisier genees.

 

Dit is die rede waarom die godsdienstige leiers Hom gehaat het. Hierdie aardse, opregte Jesus-liefde het nie by hulle godsdiens en selfgeregtigheid ingepas nie. Hieroor het hulle beplan om Hom dood te maak. Hulle het Jesus gekruisig. Dit is wat godsdienstigheid uiteindelik doen. Dit kruisig Jesus.

 

Wat verkies jy? Godsdiens ... of Jesus?

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Gereed om te Sterf
2 perc 11. évad 206. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 10:8,9 Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Ek het onlangs saam met ou vriende van my geëet. Hulle was regtig ‘ou’ vriende. Sy was in haar tagtigs en hy in sy negentigs. Terwyl ons gesels, besef ek dat hulle op hul ouderdom 'n heel ander siening van die lewe het as ek.

 

Nie een van ons hou daarvan om te veel oor die dood te dink nie, maar of ons wil of nie, dis ‘n werklikheid. Ek en jy sal eendag ons laaste asem op hierdie aarde uitblaas. Ons kan nou grappies maak oor die dood, maar as die dood ons in die gesig staar - soos dit eendag sal - is dit nie ‘n grap nie.

 

Ek was altyd bang vir die dood. Ek onthou hoe ek 'n paar jaar gelede op ‘n vlug na Christchurch in Nieu-Seeland ‘n angswekkende landing beleef het. 'n Koue front het deur die lughawe beweeg net toe ons land. Ek was so bang. Maar toe verander iets vir my.

 

Diep in my hart, het ek my lewe, elke greintjie van my wese in Jesus se hande geplaas. Hoe?

 

Ek het gesê: “Here alles wat ek is en alles wat ek het, ek elke hoop en elke droom. Gee ek vir U.” Dit het beteken dat ek op Hom vertrou en in Hom glo, en dat ek weet dat, omdat Hy gesterf het om vir my sondes te betaal, ek vir ewig sal lewe. En sonder dat ek dit eers besef het, het die vrees vir die dood verdwyn.

 

Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, ek het soveel om voor te leef en so baie wat ek nog wil doen. Maar wanneer daardie dag aanbreek . . . Ek is gereed. Ons lees in:

 

Romeine 10: 8,9 Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

 

Wat van jou? Is jy gereed?

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Kleur jou Lewe in
2 perc 11. évad 205. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 10:10 ’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Dis baie hartseer om daaraan te dink dat die lewe vir baie mense altyd vaal en leweloos voorkom. Ek weet ons gaan almal maar van tyd tot tyd deur so ‘n fase, maar dis nie veronderstel om permanent te wees nie. Dit was nooit God se plan vir jou om 'n vaal, kleurlose lewe te lei nie. Nee, nooit nie.

Ek het 'n wonderlike dogter, Melissa. 'n Paar jaar gelede toe sy nog in die huis was, het ons besluit om haar slaapkamer te verf. Die mure was net 'n vuil wit kleur en dit het regtig 'n vars laag verf nodig gehad.

Ons het baie dapper gevoel en besluit op ‘n diep, helder pers vir die een muur en 'n sagte wit vir die res van die kamer. Die verwery het net twee dae geduur en jy kon eenvoudig nie die transformasie glo nie. Twee dae en twee blikkies verf later, het dit soos 'n splinternuwe kamer gelyk. Dit was ongelooflik.

Kleur maak 'n groot verskil aan die lewe.

Jesus het gesê dat Hy vir ons ‘n oorvloedige lewe beplan. Ons lees in:

Johannes 10:10 ’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Nou ja, as Jesus is wie Hy sê Hy is - die Seun van God, die Skepper van die Heelal - dan kan ons saamstem dat Hy kleur geskep het.

Kyk om jou rond. Daar is letterlik miljoene skakerings van kleure in hierdie wêreld. “Oorvloedig” sal dit nooit kan beskryf nie, of hoe? Wat sou die lewe sonder daardie kleure wees?

Kan ek jou vra? Is jou lewe vol oorvloedige kleur, of is dit 'n lewelose, vaal-vuil lewe?

Miskien is dit tyd om jou lewe in te kleur. Miskien is dit tyd om na Jesus toe te kom en Hom te vertrou om 'n ongelooflike transformasie in jou te bewerk.

Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Kat by die Venster
2 perc 11. évad 204. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Johannes 5:14,15 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

As jy aan God dink en al die hooi wat Hy op sy vurk het, dink jy dat Hy op hierdie oomblik aandag aan jou probleme kan gee? Is Hy betrokke… of is Hy êrens besig met iets anders?

 

Ek het 'n kat by die huis en haar naam is Doggy. Rare naam vir 'n kat, nè?

 

Elke oggend wanneer ek kombuis toe gaan om 'n koppie tee te maak, sit sy daar buite op die vensterbank en vra om binne te kom.

 

Doggy weet hoe om ‘n mens te manipuleer. Dis haar truuk; sy sit daar en maak seker dat jy haar moet sien! Die houding, gesigsuitdrukkings en oogkontak. . .  Ek is seker sy sou 'n driedubbele bollemakiesie slaan, as sy kon, net om aandag te trek, net om te sê: “Laat my in.”

 

Ek het in die verlede gedink dat dit só met God sou werk. As ek uiteindelik na Hom toe gaan met iets, sal ek bollemakiesie moet slaan om sy aandag te trek. Ek sal seker ook spesiale gebede, of die een of ander geheime formule moet hê, of ek sal  eers moet seker wees dat my lewe rein is. Ek sal sekerlik iets indrukwekkend moet doen, voordat Hy my kan inlaat.

 

Nee, dis nie hoe dit met God werk nie. Ons lees in:

1 Johannes 5: 14,15 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

 

Wat jy ook al vandag op jou hart het, wat jou ook al pla, wat jy ook al nodig het, wat jou seergemaak het; praat sommer nou met God en vra Hom.

 

Kan dit regtig so eenvoudig wees? Natuurlik kan dit.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

 
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Klein Klippie
2 perc 11. évad 203. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Spreuke 12:15 In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad.

Is dit nie snaaks hoe dit altyd die klein dingetjies is wat ons in die steek laat nie? Een klein vonkie kan 'n hele woud afbrand. Een klein klippie kan 'n perd verlam. Ja, soms moet jy maar mooi bedag wees op die klein dingetjies.

Ek het onlangs 'n nuwe waaier oor die stort in my badkamer laat installeer om die vog uit te suig - die ou een het die gees gegee. Hierdie nuwe een het 'n splinternuwe blink aluminium rooster wat regtig mooi lyk teen die wit teëls.

Toe ons die skakelaar probeer aanskakel, het dit nie gewerk nie. Daar was net so 'n brom-geluid, maar die waaier wou nie draai nie. Die elektrisiën moes terugkom om dit reg te maak.

Dit blyk toe dat daar die kleinste, klein klippie tussen die waaier-lemme en die buitenste omhulsel is. Die oomblik toe hy dit verwyder, het alles begin werk soos dit veronderstel was om te werk.

Ek en jy kan ook aan die buitekant fantasties lyk, maar is dit nie waar dat die kleinste klein dingetjies aan die binnekant ons kan keer om te werk soos die Vervaardiger dit beplan het nie? Jy weet mos, dis daardie gebreke in ons mondering wat ons terughou. Ons kan probeer om hulle te ignoreer, maar hulle sal ons altyd van lewenskwaliteit beroof.

Kom, wees eerlik vandag. Wat is die klein klippie in jou lewe, in jou samestelling, of jou denkwyse wat jou terughou? Kan jy dit vasvat? En indien wel, wat gaan jy daaraan doen? Kyk wat staan in:

Spreuke 12:15 In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad.

Die kans is goed dat jy iemand na aan jou, tot raserny dryf  deur daardie einste klein klippie. Hulle het jou seker ook al oor-en-oor daarvan vertel?

Die vraag is: Wat gaan jy daaraan doen?

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Lewe is ‘n Parade
2 perc 11. évad 200. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.

Dis sekerlik die moeilikste ding op aarde om te erken dat ons verkeerd is. Jy ken die storie. Jy hou aan om iets verkeerds te doen, al weet jy voor jou siel dis verkeerd, maar hoe verder jy op hierdie verkeerde pad stap, hoe moeiliker is dit om dit om te draai.

Was jy al ooit ‘n toeskouer by ‘n groot parade? Die soldate stap almal in dieselfde rigting en in gelid met mekaar - links, regs, links, regs - anders sou dit net ‘n deurmekaarspul wees.

As 'n jong offisier van die weermag, was ons in baie parades. En om seker te maak dat ons almal in pas marsjeer, het ons 'n orkes gehad. En elke orkes moes natuurlik ‘n tromspeler hê! Doef, doef, doef - 116 slae per minuut. Doef. Ons marsjeer op die ritme van die trom.

Hoe lyk jou lewe? Hoe affekteer die wêreld se parade jou? Watter trom se ritme volg jy deur hierdie groot optog wat ons 'die lewe' noem? 

So baie mense is nie eens bewus daarvan dat hulle êrens op die tromslag van die een of ander tamboermajoor marsjeer nie, en tog het hulle hierdie knaende gevoel dat iets nie heeltemal reg is nie. Dit werk nie regtig nie. Dit is nie vervullend nie.

Doef, doef, doef... hulle hou net aan marsjeer en uiteindelik ontdek hulle dat hulle in die verkeerde rigting op pad was.

As daar 'n deel van jou lewe is, waar jy weet dat jy in die verkeerde rigting op pad is; dan is dit vandag die dag om dit om te keer.

Dit is hoe koning Dawid sy lewe verander het nadat hy moord en owerspel gepleeg het. Hy het in 

Psalm 51: 12-14 gebid: Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.

Maak ‘n regsomkeer. Vandag nog.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Wie moet jy Glo?
2 perc 11. évad 199. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 119:114 By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue.

Ons kan soms heeltemal hulpeloos voel - in ‘n diep, donker gat, in 'n somber en eensame plek. Ek was daar, en jy het dit sekerlik ook al beleef. Wat is ons veronderstel om te doen wanneer ons in so ‘n situasie is?

Margaret Court is die grootste tennisspeler van alle tye. Tussen 1960 en 1975 (voor die tyd wat ons nou die “Grand Slam”-era noem) het sy 62 hoofliga wedstryde gewen. Nog geen ander speler, man of vrou, het al ooit eers naastenby haar prestasies bereik nie.

Sy het 'n rukkie gelede in 'n onderhoud aan my vertel dat sy, nadat sy opgehou speel het, vir 'n tyd lank hopeloos en wanhopig gevoel het ... dit was so ‘n diep en donker tyd, dat sy gesê dat sy weet dat daar 'n duiwel is, want sy kon hom daar in die hoek sien sit.  Sy was beslis in ‘n donker plek.

Jy sou kon dink dat iemand met soveel roem en oorwinnings op haar kerfstok, nie so iets sou deurmaak nie. Sulke moedelose gedagtes is sekerlik net vir gewone mense soos ek en jy?

Ek vra haar toe wat sy gedoen het om te herstel;  hoe sy uit daardie moeilike situasie uitgekom het; hoe sy haarself uit daardie diep, donker gat uit gekry het.

Haar antwoord aan my was onomwonde en eenvoudig: “Ek het op Jesus Christus vertrou. Ek het begin glo wat God in die Bybel oor my sê, in plaas daarvan om te glo wat die wêreld en die duiwel oor my sê.”

Wel, dit klink miskien 'n bietjie naïef, maar dit was nie 'n oningeligte persoon wat ek sommer op die straat raakgeloop het nie. Dit was Margaret Court, die grootste tennisspeler van alle tye.

Iemand wie se lewe in doodsgevaar was, het hierdie gebed tot eer van God neergeskryf in:

Psalm 119: 114 By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue.

Miskien is dit tyd om na God te gaan en te glo wat Hy oor jou te sê het.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Nou is die Tyd
2 perc 11. évad 198. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 10:9,10 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.
Jesus… dit is 'n naam wat vir verskillende mense verskillende dinge beteken. Maar laat ons een ding mooi verstaan: Dit is slegs wanneer jy in Jesus glo; en die vergifnis van jou sonde aanvaar; en die nuwe lewe wat jy deur sy kruisdood ontvang het, omarm, dat jy die gratis geskenk van die ewige lewe ontvang.

 

Het jy al ooit die begeerte gehad om jou lewe aan Jesus te gee, maar nog nooit heeltemal daarby uit gekom nie? Of miskien het jy weggedwaal en het die verhouding wat jy voorheen met Hom gehad het, vervaag tot ‘n vae herinnering?

 

Nou ja, miskien is dit nou die tyd om jou lewe aan Jesus te gee. Hoekom bid jy nie nou hierdie gebed saam met my nie? Want wie weet, eendag, mag dit te laat wees:

 

Vader God, ek glo dat U u Seun Jesus Christus gestuur het om te sterf, om te betaal vir al my foute en mislukkings. Ek glo dat Hy weer opgestaan ​​het en dat ek deur Hom die ewige lewe kry.

 

Ek het berou oor die foute, en ek wil wegbreek van hulle en my geloof in Jesus as my Verlosser stel. God, ek gee U my lewe - alles wat ek is, alles wat ek het, elke hoop en elke droom gee ek aan U.

 

Ek wil 'n nuwe lewe hê - stuur asseblief u Gees om in my te woon - en lei my vorentoe om die lewe te leef wat U nog altyd vir my begeer het.

 

Vader ek bid hierdie gebed in die naam van Jesus Christus. Amen.

 

As jy hierdie gebed van harte en met geloof gebid het, dan het jy die grootste geskenk ontvang. ‘n Ewigheid by Jesus.

 

Romeine 10: 9,10  lees: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

 
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY



God is die God van ‘n Nuwe Begin
2 perc 11. évad 197. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 40:2-4 Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op 'n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê, 'n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!

Soms lyk dit asof niks ooit sal verander nie, asof niks ooit beter gaan word nie. Sien God nie wat besig is om te gebeur nie? Het jy al so gevoel? Toemaar, vandag het ek goeie nuus vir jou.

 

Net wanneer dit lyk asof niks ons uit hierdie treurige bestaan gaan red nie en of niks ooit beter gaan word nie, kom daar iemand wat sê:

 

“Het jy geweet dat God 'n God van ‘n nuwe begin is?”

 

“Ag asseblief,” hoor ek iemand dink. "Regtig? Daar’s niks wat ooit verander nie. Niks gaan ooit regkom nie.”

 

Kan ek in die rukkie wat ons saam is, net een ding met jou deel? Wat ook al in jou lewe aangaan, wat ook al jou pyn is of jou vrees, jou frustrasie, eensaamheid, fisiese pyn, verlies of teleurstelling ... God wil ingryp en vir jou 'n nuwe begin gee.

 

Koning Dawid van Israel, wat beslis hierdie emosies beleef het, het in Psalm 40: 2-4geskryf: Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op 'n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê, 'n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!

 

Luister na my: God is die God wat jou sal oprig, jou voete op vaste grond sal sit en 'n nuwe lied, 'n loflied, in jou hart en op jou lippe sal plaas.

 

Moenie tou opgooi nie, glo in Hom ... wag dat Hy jou uittrek uit jou slymerige put. Hy is die God van ‘n nuwe begin.

 

Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Tyd Vlieg
2 perc 11. évad 196. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Ek het onlangs saam met 'n paar vriende gekuier en ons het oor die toekoms gepraat.  Hierdie vriende was almal baie ouer as ek, met die gevolg dat die onvermydelikheid van die dood, vir hulle ‘n groter realiteit was.

Kan jy dit glo? Hier is ons, dit is al die middel van September. Hoe het dit gebeur? Waar is hierdie jaar heen? Voor ons onsself kan kry, is dit weer Kersfees!

Ek onthou toe ek 'n kind was, hoe my ouers dikwels gesê het: “Ai, dit lyk asof die jare al hoe vinniger verby vlieg”. Ek het gedink hulle is simpel. Elke jaar op skool het soos ‘n ewigheid gevoel.

Nou ja, my pa is nou al amper 'n kwarteeu lank dood, my ma het nou die dag negentig geword en ek is in my sestigerjare! En ek moet sê dat hulle reg was! Dit lyk asof die jare al hoe vinniger verbyvlieg!

Dit is maar hoe dit is.

Wat hou die toekoms vir ons in? Net nog 'n jaar wat een van die dae eindig en dan is dit die volgende jaar en die volgende en die volgende ... en waarheen dan? In Johannes 14: 6 lees ons:

Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Gelukkig weet ek hoe my “en waarheen dan?” gaan lyk. Dit is 'n ewigheid by God, want ek glo in Jesus. Jesus wat aan daardie kruis vir jou en vir my gesterf het. Dieselfde Jesus wat weer opgestaan ​​het om vir ons die gawe van die ewige lewe te gee. Dié Jesus wat sy Heilige Gees gestuur het om elkeen, wat sy lewe aan Hom toevertrou, te vul.

‘n Ewigheid saam met Jesus. Dit is waar my "en waarheen dan?" gaan wees. Wat van joune?

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Onversetlik Vasklou
2 perc 11. évad 193. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 4:18,19 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

As jy net om jou kyk, sien jy hoe mense se vernietigende gedrag, nie slegs hulle eie lewens nie, maar ook die om hulle verwoes! Dis maklik om die vinger na ander te wys, maar is ons bereid om in die spieël te kyk? Hmm?

 

Het jy al agtergekom dat jy, ten spyte van die feit dat jy weet dat jou gedrag vernietigend is, onversetlik daarmee voortgaan?

 

Ons doen dit almal somtyds. Ons gaan hardkoppig voort met ons verkeerde houdings en gedrag, asof ons hierdie keer ‘n positiewe resultaat gaan kry. Dis mos ons reg! Reg? Dit is totaal  irrasioneel! Ons gedra ons soos 'n bulhond wat aan sy been vasbyt - ons wil net nie laat los nie. En dit beïnvloed uiteindelik nie net ons eie lewens nie, maar ook die lewens van die mense om ons.

 

Jesus het die boekrol van die profeet Jesaja oopgerol en hierdie woorde oor Homself gelees:

Lukas 4: 18,19 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

 

Vrylating van gevangenis? Laat ‘n mens dink . . .  So dikwels wil ons hê dat Hy ons moet bevry van ons omstandighede, van ander mense, of van finansiële probleme. Ons vergeet dat die eintlike ding, waarvan ons bevry moet word, onsself is!

 

Jesus is waarskynlik nou besig om jou bewus te maak van iets spesifieks waaraan jy vasklou. Kan ek jou aanmoedig om dit te bely en in sy hande te plaas. Moenie daaraan vashou nie. Laat dit gaan.

 

Laat Jesus jou vrymaak.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Huweliksmaats
2 perc 11. évad 192. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Petrus 3:7 Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Waarom eindig so baie huwelike in 'n egskeidingshof of ontwikkel dit in 'n voortslepende vreugdelose bestaan? Waarom gebeur dit? Die huwelik was tog bestem om ‘n ongelooflike seëning van God te wees? Dit het so goed gegaan aan die begin, dit was so romanties. Waarheen het die aanvanklike vreugde verdwyn? Hoekom het dit gebeur?

 

Ek en my vrou, Jacqui, was onlangs vir ‘n paar dae alleen weg – weg van die huis, weg van die gesin en werksverpligtinge. Net die twee van ons. ‘n Week van volkome rus op ons eie.

 

Jy weet, dit is eers wanneer jy uitspan, dat jy besef hoe hard jy gewerk het en hoe moeg jou liggaam en gees regtig is.

 

Wag nou, moet my nie verkeerd verstaan nie; daar is absoluut niks verkeerd met harde werk nie - ek is self 'n groot voorstander daarvan! Maar ek weet: God het my die mooiste en die beste vrou gegee. Sy is, sy seën vir my. Dit is wonderlik, maar tog so maklik vir ons almal om ons geseënde huwelike as vanselfsprekend te aanvaar.

 

Soos baie ander paartjies werk ons hard, maar ons wil ook graag spesiale tye saam deurbring. Ons het die begeerte om net saam te wees, te rus en mekaar tot seën te wees. En dit is 'n fantastiese ding om te doen. 

 

Kyk wat lees ons in 1 Petrus 3: 7: Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

 

Kan ek julle getroude paartjies aanmoedig om jul huweliksmaats met respek te hanteer? Om af en toe iets spesiaals te beplan. Om mekaar te verras – dalk ontbyt in die bed? Of daardie spesiale afspraak? Dit hoef nie ‘n spul geld te kos nie.

 

Die huwelik is so 'n seën van God ... en dit is so maklik, so maklik, om dit te vergeet.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Sit agteroor
3 perc 11. évad 191. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

Enige gelowige wat God opreg wil volg, sal op een of ander stadium agterkom dat dit harde werk is. Nou wat is die antwoord dan? Moet ek moed opgee en terugkeer na 'n lewe van gemak? Of moet ek harder werk tot ek uitbrand? Of is daar miskien 'n derde opsie?

 

Ons begeer almal ‘n gemaklike lewe. 'n Gemaklike stoel, ‘n gemaklike rit, goeie koffie, lekker kos, lugversorging, vermaak op aanvraag . . .  Ja, ons wil almal sommer net gemaklik wees. Maar daar is tog ‘n deeltjie diep binne-in ons, wat graag iets in die lewe wil bereik; ons wil uitgedaag word, moeilike dinge, selfs soms onmoontlike dinge, vermag.

 

Die geheim is om die balans te vind. Ons moet almal rus, en ons moet almal gestimuleer en uitgedaag word. Maar, op die ou end wil ons maar net hê die lewe moet maklik wees. Ons leef maar voort en ontwyk nuwe uitdagings. Maar so ‘n bestaan is tog so onbevredigend, nie waar nie?

 

En dan kom Jesus - die Jesus waarvan die Bybel praat – en sê: "Neem jou kruis op en volg My."

 

Wag 'n oomblik, ek wil gemaklik wees. Kruis? Kruis?! Waarvan praat ons? ‘n Kruis?

 

Maar kyk wat lees ons in Matteus 11: 28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

 

Dis nie maklik om Jesus te volg nie. Maar as ons uitgeput en moeg voel en dringend rus nodig het ... kan ons na Hom toe gaan. By Hom sal ons ontdek dat daar werklik ‘n derde manier van lewe is –‘n lewe in die geloof.

 

Ja, daar is 'n prys ... maar Jesus is hier, net hier, om jou te help om daardie vrag te dra.

 

Sy juk is sag en sy las is lig.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Hongersnood?
2 perc 11. évad 190. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 63:6,7,8a Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond. As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is my hulp 

Mense kla deesdae oor dieselfde ding. Dit is die gevoel dat ons, ten spyte van die feit dat ons onsself tot oorlopens gevul het met alles wat hierdie wêreld kan bied, op die een of ander manier nog steeds leeg, onrustig, en ontevrede voel. Ons weet dat daar iets meer moet wees.

 

Ek is een van die mal ouens wat daarvan hou om vroegoggend op te staan ​​- gewoonlik so drie-uur of drie dertig. Ek is dol daaroor!

 

Gevolglik, is ek doodhonger teen sewe-uur. En dit is my ontbyt tyd. Toe ek die ander oggend my spek en eiers geniet, dink ek opnuut daaraan hoe wonderlik dit is. Die meeste van ons eet dag na dag, na dag ontbyt, middagete, aandete . . .

 

Nou-ja die meeste van ons kan seker sonder ‘n probleem ‘n maaltyd of twee oorslaan, maar as ons lank genoeg sonder kos bly, sterf ons. 

 

Sê nou dit werk op geestelike vlak op dieselfde beginsel? Sê nou ons gees, moet net soos ons maag gevoed word? Sal ons gees, as hy lank genoeg honger ly - sterf?

 

Ek het die idee dat die omvang van geestelik hongersnood deesdae geweldig groot is. Kyk wat het Israel se koning Dawid vir God gesê, terwyl hy in die woestyn van Juda, hongersnood gely het en vir sy lewe moes vlug. Ons lees in:

 

Psalm 63: 6-7 Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys. Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond. As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek. U is vir my ’n hulp

 

Die waarheid is, dat ons méér nodig het as kos. Baie meer. Ons kan onsself volstop met kos en alles wat die wêreld bied, maar sonder God, sal ons nooit tevrede wees nie.

 

Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

God se Vingerafdrukke
3 perc 11. évad 189. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Hebreërs 11:3 Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.

Het jy al ooit gedink dat daar iets meer aan die lewe moet wees as ‘n malle gejaag na wind? Dit kan tog nie al wees wat die lewe bied nie. Daar moet beslis iets meer wees!

Laat ek jou iets vra - as jou motor teen die spoed van lig kon beweeg, sou jou kopligte nog werk? Nogal ‘n goeie vraag. Ek was mal daaroor om fisika te studeer, of dit nou sterrekunde was, waar ek oor die heelal geleer het, of kwantummeganika om die atoom te probeer verstaan.

En die snaakste ding hiervan is, dat soveel van die dinge wat ons dink ons ​​weet, tog maar slegs op onbewese, wetenskaplike teorieë gegrond is.

Die heelal is inderdaad 'n merkwaardige plek. Dink net  aan die oneindige heelal, waarvan ons net ‘n klein deeltjie kan sien, tot by 'n onsigbare elektron wat ons aanneem bestaan. . . En tog gee party mense voor dat dit alles per ongeluk tot stand gekom het!

Aan die anderkant kan ons vra: “Is dit waar? God, het U dit alles vir my geskep? Jesus, het U my regtig so lief gehad, dat U in my plek aan die kruis sou sterf? Vader is U plan vir my die Ewige Lewe?”

Nee, my vriend, ek kan nie vals wees nie. As ek opkyk na die Melkweg, of na die ongelooflike begaafde mense om my, of selfs, om die waarheid te sê, na my hond, kan ek nie vir ‘n oomblik enige ander teorie aanvaar nie.

God se vingerafdrukke is oor alles.

Daar is soveel meer in die lewe as wat ons kan sien, meer as dit wat ons dink ons ​​weet. Miskien is dit die rede waarom soveel mense deur die lewe swerf met 'n knaende gevoel dat daar iets meer moet wees. Maar kom ons kyk wat staan in:

Hebreërs 11: 3 Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie. 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Wil jy ‘n Reënboog Hê?
2 perc 11. évad 186. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Genesis 9:16,17 Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.” God het vir Noag gesê: “Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

Wanneer jou bootjie op ‘n stormsee rond dobber, klou jy aan God se beloftes vas? Herinner jy jouself aan God se goedheid? Vertrou jy op God se getrouheid ... Hmm, dis makliker gesê as gedaan, nè!

'n Reënboog is vir my een van die aanskoulikste gesigte van die hele skepping.

Die spatsel lig en kleur wat op 'n agtergrond van donker stormwolke geverf is, is wat dit so pragtig maak. Maar weet jy, as jy 'n reënboog begeer, moet jy die reën verduur!

Ek weet nie waarom God soms toelaat dat donker storms ons lewens bedreig nie, maar Hy laat dit toe. En dan eendag, kom verf Hy sy oorvloedige lig oor daardie donker agtergrond; 'n lig wat soveel helderder is, kleure wat soveel ryker is - en net daar wis Hy die donkerte van die storm uit.

Noag en sy gesin was veertig dae en veertig nagte lank saam met al die diere in hul ark. Dit moes 'n vreeslike tyd van storms en reën gewees het. Maar toe dit verby was, het God hulle gerusgestel. In 

Genesis 9: 16,17 lees ons: Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.” God het vir Noag gesê: “Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

Daardie reënboog was 'n teken van God se belofte dat Hy nooit weer die hele aarde sou laat oorstroom nie.

Net wanneer die storm verby is, terwyl die aarde nog vars van die reën is, verskyn die reënboog. En op daardie oomblik ervaar jy ‘n onbeskryflike skoonheid, wat jou herinner aan God se beloftes. ‘n Wonder wat sonder die storm, nie moontlik sou gewees het nie.

Miskien is dit die rede waarom daar storms daar is.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Gewete
2 perc 11. évad 185. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jesaja 30:21 Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.”

Dikwels, wanneer een van God se kinders onseker voel, vra hul hulself: “Watter rigting wil God hê moet ek inslaan?” Hulle voel effe ongemaklik oor hul besluit, maar hulle ignoreer dit, want dis seker net hulle gewete. Het jy al ooit so gevoel?.

Die die mantra van ons tyd is: As jy lus voel om iets te doen, doen dit!. Maar jy weet, ons wil so graag doen wat al die ander mense doen, want dit klink so goed. Maar al wil ons hoe graag saam met die stroom gaan, weet ons êrens, diep binne-in ons harte, dat ons dit nie behoort te doen nie.

Hulle sê jou gewete is die klein krapperigheid in jou, wat seermaak wanneer jy eintlik goed voel. Hoekom is dit? As jy regtig ontstaan ​​het uit die oer-slym van ‘n saamgeflansde versameling lewende stowwe; wat is die rol van jou gewete dan?

Daar is natuurlik die moontlikheid dat God die Skepping deurgekyk en gesê het: Dit is tyd om die mens na ons beeld te maak - man en vrou het Hy hulle geskape.

As jy dit glo, begin die belangrikheid van die gewete skielik sin maak. Want dan kry jou gewete 'n nuwe betekenis, omdat jy verstaan dat die gevoel van reg en verkeerd deur God daar geplaas is.

En dit is die sleutel, want jou gewete is een manier waarop God met jou praat. Hoe werk dit? Ons lees in:

Jesaja 30:21 Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.”

Verstaan jy nou? Jou gewete is daardie stil, sagte stem wat met jou praat. Die stem wat diep in ons harte vir ons wys watter keuse ons moet maak.

Moet dus nie dink dat jou gewete nie die vermoë het om God se stem te hoor nie. Want as God so met jou praat, sal Hy vir jou die regte pad wys.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Nie in die Wind, Aardbewing, of Vuur nie
2 perc 11. évad 184. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Konings 19:11,12 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.

Daar is 'n groot behoefte onder sommige van God se mense, om Hom te hoor praat. Hulle is nie tevrede met kennis oor God nie. Nee, hulle wil God self beter leer ken.

 

Nou-ja, hier is 'n vraag wat baie gelowiges so effens ongemaklik laat voel. Hoe hoor jy God? Hoe sê Hy vir jou wat sy wil vir jou lewe is?

 

Soms hoor jy iemand sê: 'God het vir my dit gesê', of 'God het dat vir my gesê.' Goed, maar hoe het Hy dit of dat vir hulle gesê? Op watter manier het hulle gehoor dat Hy met hulle praat?

 

Ek dink soms verwag ons dat God op 'n groot, flitsende, kragtige manier sal verskyn. En Hy doen dit soms, as dit Hy wil. Maar die meeste kere is glad nie so nie. Die meeste kere is regtig baie anders. Kyk hoe praat die Here met Elia. Ons lees in:

1 Konings 19:11,12 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.

 

Is dit nie 'n wonderlike prentjie wat God daar vir ons skilder nie? Hy praat nie deur die sterk die wind, wat die berge uitmekaar skeur, nie. Nie deur die aardbewing nie. Nie deur die vuur nie. Maar in ‘n stil, sagte stem.

 

Vandag, waar ons 24/7 met die wêreld in verbinding kan wees; waar ons soveel opsies het, soveel dinge het om ons aandag af te trek, moet ons baie stil raak as ons die stil, sagte stem van God wil hoor.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Ons is Almal Anders
2 perc 11. évad 183. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jakobus 4:10 Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Ons het elkeen daardie een persoon in ons lewens wat ons tot raserny dryf. Jy weet - daardie persoon wat, wanneer jy na hulle kyk of hul stem hoor, rys jou nekhare sommer.

 

Een van die dinge in die lewe waarvan ek regtig hou, is dat ons almal anders is. Maar tog, is die feit, dat ons almal anders is, een van die mees frustrerende dinge.... En dit is nie verbasend hoe hierdie verskille ons die aapstuipe kan gee nie? 

 

'n Paartjie trou. Hy druk die tandepasta buisie van onder-af, maar sy druk die tandepasta van bo. Hy hang die toiletrol sodat die papier voor hang. Sy hang dit sodat dit agter die rol uitkom. Hy hou van motors. Sy is lief vir skoene. En dan word die prentjie nog meer gekompliseerd deur ander mense! Dit is genoeg om jou heeltemal gek te maak!

 

Maar waarom laat ons toe dat ander mense se verskille ons irriteer?

 

Miskien is dit omdat ons elkeen wil koning kraai op ons eie mishoop? As ek myself as so belangrik beskou, dan kan jy nooit goed genoeg wees nie. Kom ons wees eerlik; dis my trots wat my pootjie. Kyk wat staan in:

Jakobus 4:10 Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

 

Daardie stukkie wysheid van God gee ons heeltemal ‘n ander perspektief, nie waar nie? En dit gebeur dikwels wanneer ons sy Woord hoor of lees. God se wysheid loop gewoonlik lynreg in die teenoorgestelde rigting as die sogenaamde wysheid van hierdie wêreld.

 

Nederigheid. Weet jy, 'n snaakse ding gebeur as ons besluit om onsself te verneder - en verstaan my mooi - nederigheid is 'n doelbewuste keuse.

 

Skielik irriteer ander mense se swakhede ons nie so erg nie. Die verskille tussen ons word skielik kosbaar.

 

Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Lewe in ‘n Tronk
2 perc 11. évad 182. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 4:18,19 “Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

As ek jou sou vra: “Voel jy vry?” wat sou jou antwoord wees? Miskien is ons eerste reaksie om te sê: “Natuurlik, natuurlik is ek vry.” Maar dan begin ons dink aan al die dinge wat ons inperk - dan is ons miskien nie meer so seker nie.

Die lewe kan soms soos 'n tronk voel. Ons is met 'n vrye gees geskape, en wanneer iets of iemand ‘n las op ons plaas, voel dit asof ons vryheid verloor het.

Werk kan so voel. Om ‘n tuisbly-moeder te wees, kan so voel. Om iemand te hê wat jou oorheers, kan so voel. Jy weet net dat dinge nie reg voel nie. Maar aan die ander kant kan ons dink dat vryheid ons die reg gee om ‘enigiets enige tyd’ te mag doen, maar dit is ook nie die geval nie.

Vryheid is iets diep binne ons. Ons ervaar dit as ons weet dat ons geliefd is, wanneer ons weet dat ons individue mag wees en wanneer ons besef dat ons keuses het. Dit kom daarop neer dat ons vryheid beleef, as ons weet ons het waarde. Dan kan omstandighede vertroebel, mense kan doen wat hulle wil, hulle kan ons selfs toesluit, maar in ons hart bly ons vry.

En dit is die soort vryheid wat Jesus vir ons gebring het. Met sy eerste openbare optrede het hy in Lukas 4: 18,19 gesê: 

Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

Dit is maklik om daarop te reageer en te sê: “Wel, ek hoef nie van iets bevry te word nie. Ek is nie 'n gevangene nie. Ek word nie onderdruk nie.” Maar tog weet ons dat ons nie ware vryheid het nie. Iets ontbreek.

Daardie iets is die vryheid wat net Jesus kan bring.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Grootword
2 perc 11. évad 179. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Petrus 4:10 As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

Het jy al ooit gewonder, wat is die verskil tussen 'n kind en 'n volwassene? Behalwe vir die ooglopende fisieke realiteite, wat is die een ding wat die twee onderskei? Op watter punt weet jy dat hierdie kind van jou uiteindelik 'n volwassene is?

 

Tieners-grootmaak is sonder twyfel een van die uniekste kombinasies van vreugde en frustrasie wat ‘n mens kan beleef. As jy al ooit ‘n tiener in die huis gehad het, weet jy presies waarvan ek praat.

 

Dit is so wonderlik om te sien hoe hulle in volwassenheid ontluik. En tog kan dit so ongelooflik frustrerend wees as jy sien hoe hulle foute maak en seerkry. Maar jy weet ondervinding is die beste leermeester. Dis hoe 'n mens grootword.

 

'n Reuse deel van die grootword proses is om te leer hoe om weg te kom van die eie-ek en iemand te word, wat weet hoe om ander te dien. Hoe om op te offer. Hoe om te kook en te was en skoon te maak en dag na dag, sonder veel erkenning, werk toe te gaan - net omdat dit gedoen moet word.

 

Die ware baken van volwassenheid is in der waarheid ons ​​vermoë om ander te dien. Dit is waarskynlik waarom party mense nog nooit regtig grootgeword het nie! Kom ons lees in 

1 Petrus 4:10 ‘n Vader se raad aan sy kinders oor diensbaarheid:

As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

 

En hier is die interessante ding. Dit gebeur nie voordat ons die eie-ek oorwin het nie. Ons sal ook nie die vreugde ervaar en ons volle potensiaal bereik, sonder om te leer hoe om dienaars te word nie. Gebruik jou unieke Godgegewe gawe om ander te dien. 

 

As jy dit nog nie verstaan nie, laat ek dit saamvat:. Word groot.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

God het jou Lief
2 perc 11. évad 178. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 15:34 Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

Ek en jy smag daarna dat iemand ons moet lief hê. Dit is net hoe ons gemaak is. Ons het onvoorwaardelike liefde nodig. Maar in die alles- maklik-weggooi-era ontwyk dié soort liefde ons dikwels.

Het jy al ooit so desperaat en eensaam gevoel, dat dit vir jou voel asof daar nie 'n enkele persoon op aarde is, wat regtig vir jou omgee nie?

Ek het, en dit is absoluut aaklig. Dit is die diepste leegheid in jou siel - jy glo verseker sonder twyfel dat niemand jou liefhet nie; dat daar regtig niemand is, met wie jy kan praat, of op wie jy kan steun nie.

Dit was daardie verskriklike verlatenheid, wat Jesus moes verduur, om vir ons sonde aan die kruis te betaal. Hy het vir die eerste en laaste keer in alle ewigheid beleef dat Hy heeltemal afgesny is van sy Vader. Ons lees in:

Markus 15:34 Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

As ek dink aan Jesus, wat daar aan die kruis hang, besef ek dit moes die eensaamste, aakligste plek op aarde gewees het.

'My God, my God, waarom het U my verlaat?'

Maar Hy het dit vir jou en vir my gedoen. Waar Jesus daar aan die kruis hang, roep God vir my, en vir jou: “Verstaan jy nie? Besef jy nie hoe lief ek jou het nie?”

As ek aan die kruisiging dink, gaan daar ‘n pyl deur my hart. Die verskriklike pyn! Die prys! Maar op 'n vreemde manier maak daardie pyn my weer heel, want dit gaan oor die vaste wete dat ek geliefd is. Daar kan nooit weer enige twyfel in my hart wees nie.

Dit is deur die eeue heen God se roepstem na die mensdom.

Verstaan jy nie? Weet jy nie hoe lief ek vir jou is nie?

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Stap Dapper, Tree Versigtig
2 perc 11. évad 177. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Het jy al ooit gewonder wat die beste manier is om jou geloof met ander te deel? Wat is die beste manier om God se liefde en genade aan mense, wat dit nie wil hoor nie, oor te dra?

Ek kan dit nie verdra as mense dinge in my keel probeer afdruk nie; as hulle my probeer indoktrineer nie. Dit werk net nie, of hoe?

As iemand wil hê ons moet van standpunt verander, moet hulle ons oortuig. Hulle moet met ‘n argument kom – ‘n logiese argument, ‘n emosionele, of selfs ‘n geestelike argument – wat ons kan laat uitroep:  Ja! Dis reg! Dit werk! Dit is waarna ek gesoek het!

Ek het al gesien hoe baie ‘Christene’ hulle geloof in ander mense se kele probeer afdruk. Ek wil nie krities wees nie, maar dit werk nie!

Ek sou sê dis ‘n opregte, liefdevolle egtheid wat mense, na Christene aantrek. Hulle soek na iets wat geloofwaardig is. Hulle stem miskien nie met alles saam nie, maar in hul harte weet hulle dat hier iets is wat hulle nie ken nie.

God het eenkeer die volgende deur die profeet, Miga, aan sy volk gesê. Ons lees dit in Miga 6:8: Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Enigeen wat in Jesus, as die Seun van God glo, verstaan wat goedheid regtig is. En al wat God van ons wil hê, is dat ons sy goedheid moet uitleef deur regverdig, vriendelik en lojaal te wees. Ja, dis reg, al wat God van ons vra, is dat ons Hom nederig moet gehoorsaam.

En weet jy, dit is waarna mense vandag smag - ‘n liefdevolle egtheid.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Harde Werk
2 perc 11. évad 176. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Titus 3:4-7 Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

Dit gebeur so maklik dat ons, te midde van alles wat om ons aangaan, die kern van ons lewens miskyk. Ons luister na Christene se gesprekke en dit wat hulle sê, laat ons ongemaklik voel. Godsdiens. Nee dankie, dis nie vir my nie. Maar wag nou, dit is nie waaroor dit gaan nie! Dalk mis jy die kern!

 

Weet jy, ons leef in 'n tyd waarin mense dit nie net vreemd vind nie, maar aanstoot neem, as jy sou praat van wat reg en verkeerd is. Mense wil nie hoor wat God sê en verwag nie. 

 

Hoe durf hierdie Christene hulle verouderde, verkrampte sedes vir die res van ons oplê?

 

Dis hoe mense redeneer. Weet jy, dit is hoe my kop ook  destyds gewerk het. Maar as ons eerlik wil wees, is daar vandag in hierdie moderne eeu, met al die sogenaamde wyshede en vryhede, nog nooit soveel gebroke huisgesinne, eensame, honger en minderbevoorregte mense nie. 

 

Selfs diegene wat in weelde leef, dié wat met ‘n goue lepel in die mond gebore is, weet dat hulle iets kortkom. Kan ek jou vandag ‘n geheim vertel? Kan ek die kern van die Christelike boodskap met jou deel? Dit spreek tot ons diepste nood. Kyk wat staan in:

 

Titus 3: 4-7 Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

 

Jesus het uit sy eie vrye wil gekom om ons van die toorn van God, wat elkeen van ons verdien, te red. Hy het dit gedoen uit sy goedheid, liefde en genade. Ons kon niks doen om dit te verdien nie.

 

Jesus het gekom om jou te red.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Saai- en Oestyd
2 perc 11. évad 175. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Galasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

Het jy nie al soms, net so effens, ongeduldig geraak met God nie? Jy hou aan om goed te doen, goed te doen, goed te doen ... maar jou seën, jou beloofde oes, wil maar net nie kom nie.

Laat ons eerlik wees, ons wil almal die beste uit die lewe put; ons wil 'n oes insamel.

Ons saai met groot pyn en lyding 'n saadjie. Kom ons dink aan iets eenvoudig, soos om iemand te vergewe, wat ons nie lus het om te vergewe nie. Of om iemand te help as ons nie lus voel om hulle te help nie.

Oukei, ek het vergewe, wat nou? Nou begin my brein met my draaie loop: - hy sê:  Ek het iets gedoen. Ek het 'n saadjie gesaai. En wat kry ek nou daaruit? Waar is my oes? Wat van my?

Jy’s heeltemal reg om só te dink. God leer ons immers van saai en oes. Maar daar is iets wat tussen die saai en oes lê ... en daardie iets, is tyd. Tyd is 'n snaakse ding. Dit voel asof die tyd stilstaan terwyl ons 'n opbrengs op ons belegging verwag. En nou raak ons ​​ongeduldig ... en jy weet wat dit tot gevolg het: ons begin soos rebelse tieners teenoor God optree, en ons eis ons oes van Hom.

Kyk wat sê Galasiërs 6: 9 hieroor:  Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

Hier is God se belofte -  as ons nie moeg word om goeie dinge te doen terwyl ons wag nie, en nie moed verloor nie, dan sál ons die oes ontvang.

Wanneer? Daar is ‘n spesifieke tyd om ‘n oes in te samel. Slegs wanneer die oes ryp is. Dit word oestyd genoem. En dit gebeur wanneer dit God se bestemde tyd daarvoor is.

Moenie intussen moeg word om goed te doen nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Dis Eensaam op die Kruin
2 perc 11. évad 172. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Korintiërs 11:1 Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.

Hoe ons ander behandel, spreek boekdele oor ons verhouding met Jesus of miskien meer nog, oor hoe sterk ons geloof in Jesus is. Hoe behandel jy ander mense?

Ons is van kleins af met die wen-motief grootgemaak. Ons moes die beste wees op skool, in sport, in ons verdere opleiding en in die arbeidsmark.

Mededinging word soms so belangrik dat, wanneer ons ons doel bereik, ontdek ons hoe eensaam die kruin van die golf kan wees.

Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, hierdie wêreld het gefokusde, uitkomsgerigte mense soos ons, nodig. Maar die gevaar is dat jy uiteindelik 'n spoor van mense wat jy seergemaak het, agter jou kan laat.

Een van die dinge wat ek in Jesus bewonder, is dat Hy regtig gefokus was. Hy het presies geweet waarom Hy hier was en waarheen Hy op pad was ... na die kruis.

Maar langs die pad het Hy gestop en gesels met mense vir wie ek of jy miskien ons neus sou optrek. Hy het mense aangeraak vir wie ons moontlik sou gril. Hy het 'n spoor van mense agtergelaat wat wonderlik geseën is, deur hul ontmoeting met Hom.

Die apostel Paulus het later geskryf in:

1 Korintiërs 11: 1 Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.

Dit blyk dat fokus en prestasie nie noodwendig liefde en vriendelikheid uitsluit nie.

Kan ek jou vandag uitdaag om een ​​van die Evangelies in die Bybel te kies - Matteus, Markus, Lukas of Johannes en dit dwarsdeur te lees? Let mooi op na hoe Jesus sy fokus behou het en kyk terselfdertyd hoe Hy die mense behandel het. 

Goed dan  ... volg dan nou die voorbeeld van Christus.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Interessante Filosofie
2 perc 11. évad 171. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 14:27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

Ek het ontdek dat, toe ek Jesus aangeneem het, ek onverwags die kosbaarste geskenk bygekry het  – sy vrede wat alle verstand te bowe gaan, wat Hy in my hart uitgestort het! 

 

Kyk net na hierdie diep filosofiese stelling: Jy moet glimlag en 'n lekker dag hê. Dit sal diegene wat ander planne vir jou het, totaal en al frustreer.

 

Weet jy wat het ek ontdek? Dit lyk asof daar is ‘n hele spul mense is wat my dag opsetlik wil bederf. Daardie klein ou vroutjie wat so stadig ry dat ek die groen verkeerslig mis. Die buffel in sy groot swart vierwielaangedrewe bakkie wat my forseer om op die geelstreep te ry, net sodat hy van baan kan verander.

 

Daar is mense wat ons van ons vrede wil beroof.

 

Maar Jesus het, net voor sy kruisiging in die tyd toe sy dissipels gevrees het vir hul lewens, ‘n vreemde ding vir hulle gesê in

Johannes 14:27Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

 

As ek nou in Jesus se skoene was, sou die laaste ding waaraan ek gedink het, my vriende se gemoedstoestand wees. 

 

Hier is die kern van die saak: die vrede van God in Jesus Christus, die vrede wat Hy vir ons laat, die vrede wat Hy ons gee, is soveel groter as die mense om ons wat ons van daardie vrede wil beroof.

 

Stop net, haal diep asem en laat hierdie waarheid insink.

 

Moet dus nie ontsteld wees nie. Moenie bang wees nie. Aanvaar sy vrede as ‘n geskenk uit sy Hand.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Wanneer Dinge Nog Slegter Gaan
2 perc 11. évad 170. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Job 37:5 Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie.

Die meeste van ons is heeltemal tevrede om te aanvaar dat God almagtig, alwetend en liefdevol is . . .  totdat. . . . dinge in ons lewe skeef loop. As ons eerlik wil wees, begin ons maklik op daardie stadium twyfel.

 

Ek het ‘n rukkie gelede iets gelees wat my laat dink het: “Glimlag en wees gelukkig - dinge kon erger gewees het.” Toe glimlag ek en ek was gelukkig. En dinge het toe voorwaar nog erger geword.

 

Ek dink ons hoop almal dat dinge beter gaan word, maar dan gebeur dit soms dat dit net slegter gaan.

 

Ons toekoms lyk soms so duister dat ons nie weet watter kant toe ons moet draai nie. En dan dink ons, ​​ons moet alles self regmaak. Maar ons kan nie. Die feit dat ons dit nie verstaan nie en die feit dat ons nie self die oplossing kan vind nie, maak dit nog erger.

 

Ek wil jou van Job in die Ou Testament vertel. Hy was ‘n man wat  deur God self as goed en eerlik bestempel is, ‘n man wat God gerespekteer het en die kwaad vermy het. Tog het daar verskriklike dinge in sy lewe gebeur wat hy glad nie kon verklaar nie. Hy was  aanvanklik ‘n vermoënde en geseënde man, maar toe het hy bykans alles verloor.

 

Hy het geen idee gehad, waarom die verskriklike dinge oor hom  gekom het, hoe lank dit sou aanhou en waar dit sou eindig nie. Ons lees in:

Job 37: 5 Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie.

 

Is dit nie waar nie!  Soms doen God dinge wat ons eenvoudig nie kan verstaan ​​nie. Wie weet? Miskien sal Hy ons eendag 'n verduideliking gee, miskien ook nie! 

 

Maar wees verseker daarvan, dat wanneer jy swaarkry, God groot en magtige dinge doen. Wanneer dinge nie sin maak nie, vertrou net op Hom.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

 Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Vorentoe!
2 perc 11. évad 169. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Johannes 3:18-20 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles.

Hoe weet jy of jou geloofslewe op die regte spoor is? Wat sal vir jou wys of jy na Jesus op pad is ... of in die teenoorgestelde rigting?

 

Adolf Hitler was 'n verskriklike man, maar ek is seker dat hy sy dade in sy eie gedagtes kon regverdig. Ek en jy is darem nie naastenby soos Adolf Hitler nie! Maar weet jy, ons lewens is ook nie heeltemal vlekkeloos nie - kyk hoeveel mense onsdeur die jare vertrap, verwerp, verwaarloos en seergemaak het.

 

Hul siening van ons, is heel waarskynlik anders as ons eie. Hul waarheid oor ons en ons waarheid oor onsself ...nou-ja, dit hang af van ons verskillende perspektiewe oor die saak.

 

Ek is seker ons kan almal ons koppe in skaamte laat sak as ons terugkyk na verhoudingswrakke wat ons agtergelaat het. Weet jy dat ons niks hieraan kan verander nie? Wat ons wel kan verander, is hoe ons mense vorentoe behandel, diegene wat ons goed behandel én die wat ons beledig. Hier is die resep in:

1 Johannes 3: 18-20  Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles.

 

Wanneer die waarheid van God se liefde deur ons lewens begin werk, gebeur twee dinge. Mense sien nie meer die  ou skynheilige ek nie, maar begin om Jesus is hul midde te sien en  te ervaar. Dis die eerste ding. 

 

En die tweede ding wat vir jou sal wys of jy op die regte spoor is, is as jy sien hoe die liefde van God, ten spyte van wat dit jou kos, deur jou optrede vloei.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Ek het ‘n vraag
2 perc 11. évad 168. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Johannes 3:16 Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. 

Daar is deesdae baie bitsige gesprekke en argumente in die openbaar oor dinge soos sonde en hemel en hel. Die debat skep diep verdeeldheid. Maar vir my lyk dit asof daar iets in die debat ontbreek.

 

Wag nou, ek het 'n vraag. Laat ons vir een oomblik aanneem dat God inderdaad God is.

 

Hy skep die hele heelal, dan plaas Hy ons daarin. Hoekom Hy dit gedoen het, weet niemand nie. Maar die feit is, Hy het. En wat doen ons? Ons draai dan ons rug op Hom soos 'n opstandige tiener sy rug op sy ouers draai. Wie het God nodig? Wat weet Hy in elk geval?

 

Verstaan jy wat ek sê? Goed, hier is my vraag: Hoe sou jy gereageer het as jy God was? Dink mooi: hoe sou ek en jy, mense soos ons, behandel het as ons in God se skoene was? 

 

Sou jy bereid wees om Jesus vir sulke ondankbare mense te word? Sou jy bereid wees om mense wat hul rug op jou gedraai het, met liefde te behandel? Meer nog, sal jy toelaat dat hulle jou slaan, op jou spoeg, jou kruisig? Sal jy?

 

Ek is nie seker of ek dit sou toelaat nie. . . Maar dis nie al nie, kyk wat staan in:

1 Johannes 3:16 Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. 

 

Hy het dit inderdaad gedoen. Hy het gely en gesterf vir ons -  vir ons wat eendag ons rug op Hom sou draai.

 

Die konsepte van reg en verkeerd, sonde en vergifnis, hemel en hel ... wel, dit lyk asof dit deesdae baie aanstoot gee en daar is deesdae wêreldwyd bitter kritiek hierteen. Nou ja, so is dinge ... maar dit lyk ook nie of ons deesdae meer soveel oor liefde praat nie.

 

Dit is hoe ons weet wat ware liefde is: Jesus het sy lewe vir ons gegee.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Vasgevang in Sukses
2 perc 11. évad 165. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 146:7,8 Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief.

Wat is jou doel in die lewe? Wat is die hoofdoel, die wedstrydplan? Sê vir my, as jy dit in een woord moet opsom, oukei, een sin dan, wat sou dit wees?

Sukses. Wat dit ook al is, wat dit ook al beteken, dit klink so mooi. Sukses.

Ek en jy het waarskynlik nie dieselfde doelstellings vir ons lewens nie; ons strewe moontlik daarna om verskillende dinge te bereik, want ons is anders. Maar wat ook al ons drome is, ons wil dit bereik!

En waarom sou ons nie? Ons wil almal terugkyk op ons lewens en die gevoel hê dat ons suksesvol was. Daar is niks daarmee verkeerd nie, behalwe as ons ons sukses laat bepaal deur dit, wat ander mense van ons dink. Dit gebeur so maklik dat ons gevangenes van ons eie sukses word in die wedloop om ander te beïndruk. Dis soos 'n koning wat nie buite sy eie paleismure in die straat kan stap nie.

Kyk wat sê God hieroor in:

Psalm 146: 7,8  Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief. 

Sukses is lekker, maar God het jou nie op die aarde geplaas om suksesvol te wees nie. Jesus het nie aan die Kruis gesterf om jou suksesvol te maak nie.

Hy het gesterf en weer opgestaan ​​om jou te help, om jou te voed, om jou vry te maak. Hy het dit alles gedoen sodat jy sy verlossingsplan kan verstaan en jou eie maak.

Ek gee toe, om sukses te smaak, is lekker. Maar dit is nie die belangrikste wedstryd wat jy ooit in jou lewe gaan speel nie.

Jesus het gekom om jou vry te maak..

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Tyd om te Skeer
2 perc 11. évad 164. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Spreuke 23:19-21 Luister, my seun, soek die regte insig: bly op die regte pad; moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie, want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop.

Jesus het eenkeer gesê dat die pad wat na vernietiging lei, 'n maklike pad is en dat daar baie mense is wat dit neem. Maar hoe lyk die pad in my en jou lewe? Hoe weet jy of jy op die regte of die verkeerde pad is?

 

Ek geniet dit om Saterdagoggende rustig te wees en nie te skeer nie. Dit is net so salig om vir een dag van die week vry van die skeer-proses te wees.

 

Nou en dan gaan ek miskien twee dae sonder om te skeer, en as dit 'n langnaweek is, miskien drie. Maar teen daardie tyd begin die baard stekelrig raak, en as dit gebeur, kan ek, snaaks genoeg, nie wag om weer weer ‘n mooi, gladde baba-gesig te hê nie.

 

Dit is alles 'n kwessie van balans. 'n Bietjie is oukei. Te veel is, gmf te veel. En weet jy, dat die lewe in baie opsigte dieselfde patroon volg.

In Spreuke 23: 19-21 lees ons: Luister, my seun, soek die regte insig: bly op die regte pad; moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie, want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop.

 

Ons wil net ontspan, sonder verantwoordelikhede wees, doen wat goed voel. En aan die begin is dit oukei. Maar na 'n ruk raak daardie oukei, wat dit ook al is, 'n bietjie ongemaklik. Maar te gereeld, in plaas daarvan om na die skeermes te soek, leef ons met die ongemak. Vir sommige is dit te veel drank of kos. Vir ander is dit hul slegte houding, of die manier waarop hulle ander mense behandel, of wat ook al ...

 

En alle dade het gevolge.

 

. . . want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop.

 

Kom dan nou en luister en wees wys. Wees versigtig om die regte pad te volg.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Besluit
2 perc 11. évad 163. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 6:22 Maar nou – julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe.

Kom ons kyk, as jy vandag moet sê, op 'n skaal van nul tot tien, hoe naby aan God voel jy? Tien is 'n ryk, intieme verhouding met Jesus. Nul is ... dit is 'n miljoen kilometer ver. Dink nou -  hoe naby voel jy regtig nou aan Hom?

 

Daar is soveel mense, wat jare gelede 'n wonderlike verhouding met Jesus gehad het. Maar weet jy hoe dit gaan? Die daaglikse druk van werk, familie, kinders ... die een ding het tot die ander gelei, en dit wil nou voorkom asof hierdie Jesus 'n miljoen kilometer ver van jou af is. Was dit ooit eg? Is Hy nog daar? 

 

Die ergste van alles is, dat ons al hoe verder van Hom af wegbeweeg het. Voor ons onsself kan kry, het ons weer in ons ou slegte gewoontes - dink jy ek kan maar die s-woord gebruik? – ja, in ons ou sondes verval. Ek wonder, ken jy so iemand?

 

Miskien is dit dalk belangrik om weer vir jouself  te vra hoe jou verhouding met God lyk? Bely jou sonde in opregtheid, kry jou verhouding met Hom reg en lees wat op jou wag in:

Romeine 6:22 Maar nou – julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe.

 

Vriend, luister na my. Jesus het gesterwe om vir al jou sondes te betaal en vir jou 'n splinternuwe lewe te gee; 'n lewe wat vry is van daardie ou sondes. 'n Nuwe lewe waarin jy vir Hom en net vir Hom leef. Glo jy dit of nie?

 

Wel, as jy dit glo, is dit tyd om te besluit.

 

Kyk, ek en jy kan al die verskonings onder die son maak ... besig, druk, verantwoordelikhede. Nee man, hou op om jouself te bluf en verskonings te maak. Besluit.

 

Besluit om jou lewe net vir God te leef. Besluit om Hom lief te hê, besluit om Hom te eer, besluit om jouself te verootmoedig. Dan besluit jy dat jy van nou af, met elke asemteug wat jy neem, elke tree wat jy gee, vir Hom en Hom alleen lewe.

 

Jesus is die weg na die Ewige Lewe. Besluit.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Vrug van Geduld
2 perc 11. évad 162. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 5:3-6 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe.

Kan ek jou vandag 'n ongemaklike vraag vra? Hoe hanteer jy swaarkry? Nee, wag, dis nie al nie! Sukkel jy daarmee om te midde van lyding God te vertrou?

Voorspoedige tye kom, voorspoedige tye gaan. Probleme kom ... en soms lyk dit of hulle aanhou en aanhou ... en aanhou! Ons worstel met hulle. Ons pleit by God om hulle weg te neem. Ons verloor moed, ons wil handdoek ingooi ... Here WAT maak U?

Maar het jy al ooit gedink dat God dit vir jou eie beswil doen? En dat ons besig is om téén Hom te werk, eerder as om saam met Hom te werk? Ons saboteer dit wat Hy so hard probeer om in ons lewens te bewerkstellig! Kyk wat sê:

Romeine 5: 3-6 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe.

Hier is die kern van die saak. Ons kry eers vrede in ons hart, wanneer ons gedurende daardie swaar tye besluit om op God te vertrou en te glo dat Hy weet wat Hy doen. As ons geduldig aan God vashou, kry ons hoop - regte, rotsvaste hoop, wat ons nooit teleur sal stel nie en dan kom die Heilige Gees skielik en stort die liefde van God wat daar in Jesus Christus is, in ons harte uit.

Dit is die vrug van geloof.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Voel Goed
2 perc 11. évad 161. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Kan ek jou vra, hoe belangrik is jou gevoelens vir jou? Hoe belangrik is dit vir jou om goed oor jouself te voel? As jy in Jesus glo, behoort jy so baie oor jou gevoelens en gedagtes te dink?

Weet jy wat het ek ontdek? Elke mens het inherent die behoefte om goed oor homself te voel en ek dink dit is net natuurlik. Maar verander dit in die lig van beproewings?

Ek is oortuig daarvan dat elkeen van ons op hierdie planeet, iets het, wat ons liewer nie wil hanteer nie.

Dit is juis daardie “iets” wat ons van die gevoel van vrede in ons binneste beroof. Is ek reg?

Jesus het, toe hulle vir hulle lewens gevrees het, sy dissipels in  Johannes 16:33  met dié woorde gerus gestel: 

Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilikhê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Elke keer as ek praat oor hoe ons goed moet voel oor onsself, kom iemand na my toe en sê: "Sjoe, Berni, ek weet nie of jy dit moet sê nie."

Maar weet jy, ek moet! Jesus het gesê dat jy in hierdie lewe probleme gaan hê, maar dat jy te midde daarvan dapper moet wees, want Hy het die probleme klaar oorwin.

Hy het ook gepraat van vreugde en vrede te midde van lyding. Hy het aan die kruis gesterf om dít vir ons te koop; om ons van ons skuldgevoel, onsekerheid en minderwaardigheid te bevry.

Vandat ek dít verstaan het, het ek nie opgehou om goed oor myself te voel nie, want ek het besef dat dit nie meer oor my gaan nie, maar oor dit wat Jesus vir my gedoen het. 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Dom idee?
2 perc 11. évad 158. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 6:27,28 “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.

Die ‘wet van die oerwoud’, is baie eenvoudig. Wees goed vir die mense wat goed is vir jou. En behandel die mense wat sleg optree teenoor jou, sleg. Dis mos hoe dinge nog altyd werk! Maar toe kom Jesus en verongeluk die stelsel.

 

Ek wil jou vandag vra om iets vir my te doen wat geheel en al irrasioneel, radikaal en belaglik klink.

 

Dink aan die een persoon in jou lewe wat jou liefgehad het, jou gehelp het, jou geseën het en vir jou meer as enigiemand anders op die planeet omgegee het.

 

Dink nou aan die een persoon wat jou meer hartseer en pyn veroorsaak het, as wat woorde ooit kan beskryf. Dit is nogal ontstellend nè?

 

Hier kom nou die irrasionele deel - ek wil hê dat jy vandag vir albei hierdie mense iets moet doen; iets wat hul voete onder hulle sal uitslaan!! Doen iets proaktief, doelbewus, liefdevol om uit te reik en om hulle op 'n tasbare, onmiskenbare manier om aan te raak. Iets wat sê: 'Ek gee om vir jou, ek waardeer jou en ek is lief vir jou.'

 

Dit is maklik om die persoon wat jou liefhet, lief te hê. Enigiemand kan dit doen. Maar dis baie moeiliker met daardie persoon wat jou pyn en hartseer veroorsaak het. . .  

 

Dit is so dikwels dat laasgenoemde ons liefde en ondersteuning dringend nodig het. Ek weet dit klink verregaande. Dit is 'n dom idee. Wie het daarmee vorendag gekom? Kom ons kyk in:

Lukas 6: 27,28  wat Jesus sê: “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.

 

Vind gerus 'n manier om daardie persoon wat jou seer en pyn veroorsaak het, te seën ...ter wille van Christus.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Wat is Eensaamheid?
2 perc 11. évad 157. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 18:35-40 Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier verby. ”Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word. 

Kom nou, ons moet erken, dat sommige mense ‘n baie goeie indruk op ons maak en ander nie. Net sommige mense lyk goed en klink goed, ander nie. En as ons volkome eerlik met onsself is, is ons geneig om aangetrokke te voel tot diegene wat ons beïndruk.

Het jy al opgemerk hoe sommige mense gemaklik aan groepsbesprekings deelneem, terwyl ander terugstaan en miskien selfs skaam is? Ek het die ander dag in 'n vergadering gesit, en een van die baie stil mense in die groep het iets gesê, wat my onkant betrap het. Hy het gesê: “Ek dink eensaamheid is wanneer nie genoeg mense weet wie jy is nie.” Is dit nie betekenisvol nie? En jy kon hoor dit kom uit sy diep, persoonlike belewenis.

Soms dink ons ​​dat diegene wat minder indrukwekkend in ons midde voorkom, niks te sê het nie. Die wêreld rol dus bo-oor hulle. Wat sou verander as ons maar net kon stilbly en luister? Kyk wat lees ons in:

Lukas 18:35-40 Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier verby.” Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word.

Wat kan minder belangrik wees as 'n blinde bedelaar wat langs die pad sit? Die skare het hom probeer stilmaak, maar Jesus het daar gaan stilstaan en gesê: "Bring die man na my toe!"

Ek is dol oor Jesus. Hy het die skare geïgnoreer en gestop, geluister en die bedelaar genees.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Geregshof
2 perc 11. évad 156. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 15:13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

Dit voel ontsettend sleg om onregverdig behandel te word, nie waar nie? Daardie gevoel dat jy magteloos is om op te staan vir jou regte. Deesdae is dit wêreldwyd ‘n tendens dat mense aggressief van mekaar verskil en hulle regte wil afdwing. Dit raak soms nogal lelik, nie waar nie?

 

'n Jong vrou het die ander dag vir my vertel dat sy in een van ons plaaslike howe werk en haar rol is om mense oor hul wetlike regte in te lig.

 

Jy kan jou seker voorstel, dat sy partykeer baie negatiewe reaksies kry. Sy sê vir my: “Dit is soms so moeilik, maar ek probeer dit nie persoonlik opneem nie.”

 

Ons leef in 'n wêreld waar ons aandring op ons regte, of dit nou in die ry in die supermark of in 'n hofsaal is. Dikwels, sal ons bo-oor iemand loop net om ons eie sin te kry.

 

Tweeduisend jaar gelede het Jesus binne sewentien uur, vyf hofsake deurgemaak. Getuies het vals gesweer, die reëls van die hof is verontagsaam en tog, toe hulle Hom vra om Homself te verdedig en om op te staan ​​vir sy regte ... het Hy dit nie gedoen nie. Hy het ​​in stilte daar gestaan, terwyl die grootste onreg gepleeg is.

 

Hulle het Hom geslaan. Hulle het op Hom gespoeg. Hulle het Hom gekruisig.

 

Dit wil voorkom asof Hy bereid was om sy regte op te gee. Vir wie?

In Johannes 15:13 sien ons:  Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 

 

Hy het dit vir jou en vir my gedoen. Hy het dit gedoen omdat Hy geweet het, dat dít die prys is, vir jou rebelsheid en myne, vir jou sonde en myne, die prys wat God vereis – die dood. Hy het geweet, dat Hy die enigste een was, wat dit vir jou en my kon betaal.

 

Daar is iets in hierdie wêreld wat baie, baie ... baie groter, baie, baie ... baie belangriker is, as ons regte.

 

Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Getroue Eggenoot
2 perc 11. évad 155. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Efesiërs 5:25 Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het

‘n Mens hoor die woord 'liefde' en die meeste van ons dink aan maanskyn en rose. Dit is mooi en klink pragtig, tot ons eerlik na die rolspelers kyk - een onvolmaakte persoon wat 'n ander onvolmaakte persoon liefhet – dit vra noodwendig baie pyn en deursettingsvermoë.

Om iemand lief te hê, kan 'n gekompliseerde saak wees. Ek het op 'n dag by die Bybel Kollege, waar ek onderrig gegee het, ‘n klas aangebied. Die onderwerp die dag was opregte liefde. Hoe kan ons die liefde wat Jesus aan die kruis vir ons betoon het, uitleef?

Een van die mans in die groep het vertel dat sy vrou deur menopouse gaan, en dat sy elke nou en dan ongelooflike irrasionele, emosionele uitbarstings het. Hy het gesê: “Weet jy, sy besef nie dat dit met haar gebeur nie.” 'n Halfuur later sal sy terugkom en vra: "Het ek nou-nou 'n uitbarsting gehad?"

Maar weet jy, terwyl hy dit vir ons vertel het, het sy stem gebewe en kon jy die pyn in sy stem hoor.

Iemand het hom gevra: “So, hoe hanteer jy dit?” 

Hy het geantwoord: “Weet jy, dit is nie maklik nie, maar ek het tot op die punt gekom, dat ek besef het dat dit nie haar skuld is nie, en as ek haar liefhet, moet ek net tjoepstil bly en haar deur die moeilike fase steeds liefhê."

Sy getuienis daardie dag, het 'n blywende indruk op my gelaat.

Sommige mense dink dat die huwelik 'n verouderde konsep is. Maar as jy na hierdie voorbeeld kyk, sien jy dat daardie vrou, of sy dit besef of nie, getroue en wonderlike liefde van haar man ontvang... en dit kan geen geld ter wêreld koop nie. Ons lees in:

Efesiërs 5:25 Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.

Hoe dit ook al sy, om iemand só lief te hê soos God liefhet, is nie maklik nie.

Wees getrou, ten spyte van.... Wees lief, ten spyte van ....

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die argument
2 perc 11. évad 154. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Efesiërs 5:1,2 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was. en 4:31,32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. 

Soms is argumente onvermydelik. En tog kom daar in elke argument 'n stadium wanneer ek en jy kan besluit om anders op te tree. Dis wanneer ons 'n tree terug kan neem en die volgende tree in liefde, eerder as in woede kan neem.

 

Die ander dag het 'n jong dame aan 'n groep van ons vertel van 'n argument wat sy met haar man gehad het. “En weet julle wat die hele saak befoeter het?” het sy gesê: “Dit was net die toon van sy stem. Ons het albei presies dieselfde gesê.”

 

Ons doen dit almal. Dis wat ek sou bestempel  as ‘n 'vurige ooreenkoms.’ Ons maak aannames, ons reageer, ons vlieg mekaar in. Maar wat gebeur as ons navolgers van God word? Wat sal gebeur as ons eerder ander mense behandel, soos God ons behandel?

Kyk wat sê: Efesiërs 5:1,2 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.

 

'n Slim man het eendag vir my gesê: wanneer jy die woord 'omdat' in die Bybel lees, moet jy vra: waarom is die 'omdat' daar? Waarna verwys dit? In hierdie geval verwys dit na die twee verse onmiddellik voor dit:

 

Efesiërs 4: 31,32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.

 

Onthou nou, die volgende keer as iemand iets sê waarop jy negatief wil reageer, stop, dink ... Sal dit nie heeltemal ‘n ander uitkoms hê, as jy reageer met dieselfde soort liefde wat Jesus vir jou gehad het, toe Hy vir jou gely het en gesterf het nie? Wat sal gebeur as jy, in plaas daarvan om hom in te vlieg, bereid sou wees om die minste te wees?

 

Wees 'n navolger van God ... gee jouself as ‘n lewende offer, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik is.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

 
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Wat is God se plan?
2 perc 11. évad 151. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Levitikus 26:11,12 Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees.

Ek weet nie van jou nie, maar soms begin ek wonder wat die sin van die lewe is. Veral, as ek moedeloos voel oor die dinge waarvoor ek nie lus het nie, maar moet doen. Wat is die doel daarvan? Ek kan regtig nie verstaan waarom God my op hierdie pad geplaas het nie.

Het jy al ooit gewonder of God regtig God is? As Hy jou, my en die heelal gemaak het, waarom het Hy dit dan gedoen? Wat was sy doel met dit alles?

In een van die eerste boeke van die Bybel sê Hy in:

Levitikus 26:11,12 Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees. 

Dit staan daar, God se diepste begeerte ... Hy wil ons God wees; ons moet aan Hom behoort en Hy wil in gemeenskap met ons leef. Met ander woorde, God het ons geskape om naby aan Hom te wees.

Dwarsdeur sy Woord lees ons van hierdie verhouding wat God met elkeen van ons  begeer... tot aan die einde, waar Hy ons 'n blik gee op dít wat vir elkeen, wat in sy Seun Jesus glo, wag.

Kom ons kyk wat in Openbaring 21: 3 staan: Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.

My vriend, dit is hoe dit eindig. God se hartsbegeerte om ons God te wees, en ‘n diep verhouding met ons elkeen te hê, sal dan vervul wees.

En wat van die dinge wat alles tussenin gebeur? Geskiedenis? Ons eie lewens? Weet jy, hulle is almal deel van die wonderlike reis wat God beplan het  - van die begin af tot en met die vervulling daarvan.

Wat 'n plan! Wat 'n reis! Wat 'n einde!

Ek sal by julle bly; julle sal my volke wees, en Ek sal by julle wees.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Sou jy kon doen met ‘n miljoen?
2 perc 11. évad 150. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 62:6,7,11 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.

“As ek maar net 'n bietjie meer geld gehad het! Nou nie ‘n miljoen nie, net so tien persent meer. Dit sal baie handig inkom!” Is dit nie wat die meeste van ons dink as dit by geld kom nie? Net 'n bietjie meer ... dis  al wat ons wil hê. Maar sal dit 'n verskil maak?

 

Ons verstaan dat alle mense op die aarde nie ewe ryk is nie. Daar is ‘n spektrum van baie ryk tot baie arm mense.

 

My voete word onder my uitgeslaan as ek net daaraan dink, dat mense in Chicago in die VSA, in Manchester in die Verenigde Koninkryk, in Krakow in Pole, in Sao Paulo in Brasilië, iemand in Wewak in Papua-Nieu-Guinee almal vandag 'n VARS- boodskap in sy eie taal ontvang.

 

Dit veroorsaak nogal ‘n tameletjie. Wat sê ek oor geld, sonder om op iemand se tone te trap? Hoe voel ons oor God se siening van rykdom, as ons nie almal ewe ryk of ewe arm is nie? 

 

Gelukkig oortref God se wysheid ons individuele situasies. Is dit nie maar menslik dat almal meer geld wil hê nie? Dan is dit ook nie snaaks, dat sommige mense bykans enige iets sal doen om dit te kry nie; maak nie saak of hulle ryk of arm is nie.

 

Maar kom ons kyk wat sê:

Psalm 62:11: Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.

 

Meer geld is nie die antwoord op enigiemand se ellende nie. Miskien het jy genoeg, miskien het jy nie. Maar ek het al mense gesien, wat alles het wat hul hart kan begeer, mense wat aan wêreldse standaarde veronderstel is om só gelukkig, só veilig te wees, maar tog ellendig, verlore én leeg is. Dit is wat gebeur as rykdom ons lewe regeer.

 

In dieselfde Psalm skryf koning Dawid ook in vers 6 en 7: Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.

 

Geld is nie alles nie. God is. Hy is die allerbeste.

 

Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die lewe se Aandagafleiers
2 perc 11. évad 149. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jesaja 48:12 Luister na My, Jakob, luister, Israel, vir wie Ek geroep het: Ek is die Here, Ek is die eerste, en Ek is die laaste.

Het jy al ooit gevoel asof God in die besige lewe van jou vergeet het? Jy is lief vir Hom, jy glo in Jesus, maar op een of ander manier lyk dit asof God in die niet verdwyn het.

 

Daar is deesdae soveel dinge wat ons aandag in beslag neem; e-posse, telefoonoproepe, inkopies, televisie, die rondry van die kinders skooltoe, buitemuurse aktiwiteite... net te veel eise wat aan ons gestel word. Ons klou vas aan die hoop dat die tempo uiteindelik sal bedaar, maar dit gebeur nooit nie. En hoewel geeneen van die dinge op hul eie sleg is nie, word dit net mettertyd te veel.

 

Eendag skrik jy wakker en dink: “Waaroor gaan dit alles? Waarheen jaag ek? En wat het van God geword te midde van dit alles?”

 

Goeie vrae. Kom ons kyk wat God eenkeer gesê het in:

Jesaja 48:12… Luister na My, Jakob, luister, Israel, vir wie Ek geroep het: Ek is die Here, Ek is die eerste, en Ek is die laaste.

 

Hy is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste. Hy is ontsagwekkend. Regtig… almagtig.  So onberekenbaar groot, dat daar niks is wat met Hom kan vergelyk nie. In sy teenwoordigheid, word al ons ou probleempies niksseggend.

 

Maar kyk wat sê God:... luister na Myluister. Hou op om rond te skarrel, raak stil en luister.

 

Die Here het jóú geroep, want jy is deel van die eiendomsvolk van God, en volgens 1Petrus 2:9  is jy afgesonder vir God. My vriend, jy behoort aan God. Hy is die eerste, en Hy is die laaste. Dis die boodskap wat ek en jy moet hoor. Ons moet ‘n ewigheidsperpektief kry op al die nietighede wat ons lewens beheer. Want as ons dit doen, neem al die ander dinge hul regmatige plek in.

 

Moenie toelaat dat die sorge van die lewe jou aandag van jou Here af steel nie. Luister na Hom.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

As alles te veel raak!
2 perc 11. évad 148. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Ons wil dit nie erken nie, maar soms raak ons ​​omstandighede te veel vir ons; dit oorweldig ons tot op die punt waar niks wat ons probeer, niks wat kan ons doen, wil werk nie. Dis op hierdie desperate plek, waar ons 'n nuwe benadering nodig het.
 

Die lewe raak soms bra ingewikkeld. Net die gewone alledaagse dinge - om kinders groot te maak, jou finansies te bestuur, jou verpligtinge na te kom - dit alles vra fyn voetwerk.

 

Jy kan dit nie vryspring nie, dis nou maar wors! Waar jy ook al woon, wat jy ook al doen, wie jy ook al is, die druk en spanning en selfs die angs om in die maalkolk van die lewe te oorleef, laat jou soms neerslagtig voel.

 

Wat is ons oplossing vir die probleem? Ons beraam plannetjies en probeer onsself beter organiseer. Maar selfs dit is soms nie genoeg nie. Ons deurdink dinge tot ons flou is en dit lei ons tot op die punt van wanhoop, want selfs met al die beplanning, al die dinkery, kan ons nie lig sien nie.

 

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek glo dat ek en jy verantwoordelikheid moet neem vir die dinge wat in ons lewens aangaan. Ons moet probeer om ons reg te ruk. Maar as dit nie genoeg is nie, lê die oplossing nie daarin om bekommerd te wees, en om in sirkels rond te hardloop nie. Wat is dit dan?

 

Ons lees in: Spreuke 3: 5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

 

As dinge hand uitruk, moet ons 'n ander benadering volg. Ons moet met ons hele hart op die Here vertrou en terselfdertyd ophou om aanhoudend in sirkels te dink. Ons moet ophou om op ons eie, beperkte, dikwels gebrekkige en onvoldoende begrip, te vertrou, en aanhou om God te eer in alles wat ons doen, want... Hy sal jou die regte pad laat loop.

Dit is die belofte.

 

En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY



Die Droë Spons
2 perc 11. évad 147. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

Vir ons, wat in Jesus glo, is daar niks erger as wanneer dit voel asof ons diep binne-in dors het nie. Dit voel asof die egtheid en spontaniteit in ons verhouding met Jesus soos mis voor die son verdwyn het.

Die ander oggend toe ek vir my 'n koppie tee maak, mors ek met die swaaiende teesakkie op die kombuistoonbank. Ek is seker dit het al met ons almal gebeur!

Ek haal die sponsie uit die wasbak, maar dit het oornag droog geword. Teen my beter wete, probeer ek die gemorste tee daarmee opvee. Die resultaat? Al wat dit gedoen het, was om die tee oor die toonbank te smeer, want die droë spons kon nie die gemorste tee opsuig nie. Ek was verplig om die spons nat te maak, voordat dit die plassie tee kon opvee.

Soms is ons 'n bietjie soos die droë spons. Iets ontbreek. Om die een of ander rede loop dinge net nie soos hulle moet nie. Jy ken die gevoel -  jy probeer dinge doen wat jy gewoonlik moeiteloos en goed doen, maar dié keer is dit 'n gemors. Weet jy hoekom jy misluk het?  Dit is omdat daar iets ontbreek het.

Kyk wat bied Jesus in Johannes 7:37,38 aan: Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

Daar is dit. Voordat die Gees uit jou kan uitvloei, moet God jou eers vul. Maar, voordat jy die doel kan bereik, waarvoor God jou geskape het, moet jy eers dors wees. Waar begin jy? Jy gaan na Jesus en vra Hom om jou te vul met sy Heilige Gees.

 

Dan sal strome lewende water uit jou binneste vloei.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Vullis Dromme
3 perc 11. évad 144. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Dit sal interessant wees om 'n opname te maak van mense se gebedslewens - om vas te stel wat hulle bid. Vra hulle net vir God om in hulle behoeftes te voorsien? Wil hulle net hulle harte voor Hom uitstort? Vereer en aanbid hulle Hom? En, hier is die uitknikker hou: Bely hulle hul sondes voor God en vra Hom om vergifnis? Ek wonder …

Die ander oggend was ek vroeg op, en ek het by die lessenaar in my studeerkamer gesit met die venster oop en dit was vullis-verwyderings-dag. Jy kon die vragmotor in die straat hoor ry en hoor hoe die vullissakke gelaai word. Elke week, dieselfde tyd, dieselfde roetine.

Maar jy weet hoe dit lyk en ruik as die vullis vir net twee of drie weke nie verwyder is nie!

Kom ons erken dit - net deur te lewe, skep ons rommel; liggaamlik, emosioneel en  geestelik. Dit is ongelukkig 'n natuurlike neweproduk van die lewe. Maar ons wil nie daarvan praat nie. Ons smeer 'n dun vernis-lagie van ordentlikheid bo-oor - jy weet, mooi klere, lekker huis, goeie werk, en dan wonder ons partykeer waarom die lewe so ellendig is!

Jy kan nie die vullis wegsteek nie, die slegte reuk verraai die bron. Jy kan nie die sonde verberg nie, uiteindelik vergiftig dit jou lewe. Dit bring ons by die antwoord –  sit dit uit, laai dit op en ry dit weg! 

1 Johannes 1:9 gee ons die resep: Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Om ons sondes te bely, beteken om eerlik en opreg met God daaroor te wees, verantwoordelikheid vir ons sonde te aanvaar, teenoor God te erken dat ons skuldig is en vergifnis te vra.

 

Wat sal gebeur as ons dit doen? God vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Hoe weet ons dit? Omdat Hy getrou en regverdig is. Ons kan op Hom staatmaak om dit te doen. Raak vandag, môre en elke dag ... ontslae van jou vullis.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Ontwykingsstrategie
2 perc 11. évad 143. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jakobus 1:5,6 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.

Ek dink nie daar is 'n enkele persoon op aarde wat op hierdie oomblik die perfekte lewe lei nie. 'n Lewe heeltemal sonder probleme? Gmf! Watter probleme ondervind jy tans? Hoe hanteer jy hulle of ontken jy dat hulle bestaan? 

Ek wonder of jy met my absolute gunsteling tekenreeks, "Charlie Brown," vertroud is?

In een strokie stap Linus en Charlie Brown saam en gesels. Linus sê: 'Ek hou nie daarvan om probleme te hanteer nie. Ek dink die beste manier om probleme op te los is om hulle te ontwyk. My teorie is, dat geen probleem so groot of ingewikkeld is, dat ‘n mens nie van hom kan weghardloop nie!” 

Dit werk miskien vir Linus, maar dis nie hoe dit in die regte lewe is nie. As ons, ons probleme probeer ontwyk, word hulle steeds groter en groter en hulle agtervolg ons.

Ek wonder nou, op watter vlak lê die probleme wat jy probeer vermy; is dit verhoudings, is dit finansieel of persoonlik? Jy kan hulle 'n rukkie ignoreer, maar op die ou end sal die lewe soveel beter wees as jy hulle konfronteer en hanteer - hoe onaangenaam dit ook al mag lyk.

Oukei, miskien het jy nie al die antwoorde nie, maar hier is raad in:

Jakobus 1:5,6 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.

Ek wonder wie het ons die idee gegee dat ons al ons probleme self moet oplos? Onthou: God se wysheid is enige tyd en oral tot jou beskikking! 

Glo net en vra sommer nou. Hy gee dit elke keer blymoedig en vrylik.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Doggy in die kat-herberg
2 perc 11. évad 141. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Deuteronomium 31:7,8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

Daar is tye dat ons in 'n situasie beland, wat ons eenvoudig nooit vir onsself sou kies nie. Jy ken mos die gevoel -  daardie gevoel dat God ons verlaat het.

 

Miskien het jy my al hoor praat van my kat, wat ek destyds gehad het? Haar naam was “Doggy.” Ja, ek weet – dis nou regtig  'n buitengewone naam vir 'n kat!

 

Af en toe, moes ons noodgedwonge vir Doggy in die kat-herberg laat oorbly. Maar net wanneer ons haar by die voordeur uitdra, het sy styfgeskop. Ek neem aan sy moes dink, dat ons haar na ‘n vreemde plek neem en haar haar daar gaan los. Doggy was deel van ons gesin en ons sou nooit kon droom om haar daar te los nie, maar sy kon dit nie verstaan nie. Dit lyk asof sy vra: ‘Gooi hulle my weg? Sal ek my mense en my huis ooit weer sien?’

 

Soms is dit presies hoe ons in ons verhouding met God voel. Hy neem ons uit ons gemaksone, omdat Hy besig is om iets te doen, wat ons nie kan begryp nie. Iets wat uiteindelik tot ons voordeel is, maar op daardie stadium duister lyk.

 

As ons maar net kon verstaan, dat Hy ons nooit leed wil aandoen nie en ons nooit alleen sal laat nie. Ons is immers deel van sy familie, nie waar nie? Ons lees in:

Deuteronomium 31: 8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die pad na Innamincka
3 perc 11. évad 141. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Spreuke 16:9 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop

Ek kan jou nie vertel hoeveel keer ek al gedink het dat ek 'n briljante  plan beet het nie; 'n plan om iets spesifieks te doen, om van rigting te verander... en dan kom God en ontwrig my briljante plan geheel en al.  Ai, tog, frustreer dit jou nie ook eindeloos nie?

Ek het onlangs 'n pragtige skildery in skakerings van rooi en oranje, van ‘n afgeleë plattelandse streek in Australië, gesien. Die titel van die skildery was “Op pad na Innamincka.” Jy moet nie slegvoel as jy nie weet waar Innamincka is nie, dit is in die gramadoelas, min mense weet dat dit bestaan!

Hoe dit ook al sy, in die middel van die skildery, was hierdie lang, reguit pad wat kilometers ver loop. Dit is die pad wat jy normaalweg sou neem, as jy op pad na Innamincka was.

Langs die pad was daar, ‘n spruitjie met welige groen plantegroei in die middel van hierdie droë, onvrugbare land. Die kronkelende stroompie het sommer lewe aan die skildery gegee. Ek het nogal gedink: “Die kronkels, bring ‘n skilderagtige dimensie na vore - nie reguit en vervelig soos die mensgemaakte reguit pad nie.”

Soms dink ons, ons kan ons hele lewe in 'n reguit lyn, van punt A tot punt B beplan. En wanneer ons dan al die kilometers ver ry, kan dit droog en vervelig voel – seker maar baie soos die pad na Innamincka.

Maar weet jy, God, vorm ons lewenspad vir ons - dis nie deur mensehande gemaak nie. Dis kronkelend. Dis onvoorspelbaar, en daar’s verrassings om elke hoek en draai, maar dis gevul met ryk, welige plantegroei. Kyk wat sê:

Spreuke 16:9 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.

In hierdie lewe moet ons dikwels deur dorre, droë streke reis. Dis natuurlik net menslik om die reguit en die vinnigste roete te begeer.

 

Maar moenie verbaas wees as God jou met die skilderagtige roete langs neem nie. Dit kan 'n bietjie langer duur, maar daar is beslis water en skaduwee langs die pad.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Vloei saam met die stroom
3 perc 11. évad 140. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 66:5-7 Kom hoor wat God gedoen het, kom hoor van sy magtige dade onder die mense: Hy het die see in droë land verander; sy volk het droogvoets deur die rivier getrek. Toe het ons gejubel oor Hom wat ewig heers deur sy mag en die nasies in die oog hou. Die vyande moet hulle nie teen God verset nie! 

By watter deel van jou lewe, dink jy, wil God betrokke wees? Is dit net die geestelike en die emosionele sy? Of is jy bewus van Sy heerskappy, Sy koninkryk, Sy voorsiening en seën in elke deel van jou lewe?

20072Ek en my vrou, Jacqui, het jare gelede 'n pragtig gerestoureerde negentiende-eeuse skakelhuis besit. Maar toe sien ons eendag 'n verwaarloosde ou huis, teen 'n winskopie. Wat moet ons doen? Moet ons, ons bestaande huis teen ‘n wins verkoop en die nuwe huis koop en al die opknapwerk doen?

Dit was 'n baie groot besluit. Ons het daaroor gebid - Here, wat wil U hê moet ons doen? Wat is U besig om vir ons te leer? En ons het altwee gevoel dat God wil hê dat ons die stap moet neem, hoewel ons nie heeltemal seker was hoekom nie. Ons het toe die ou huis gekoop en ons bestaande huis op die mark geplaas.

Om te koop voordat jy verkoop het, kan 'n riskante besigheid wees. Maar ek moet jou sê, dit het alles baie goed uitgewerk. Wat 'n seën!

En dan vra mense: "Raak God regtig betrokke by daardie soort alledaagse, afgesaagde dinge in ons lewe?" Natuurlik! Ons lees in:

Psalm 66:5-7 Kom hoor wat God gedoen het, kom hoor van sy magtige dade onder die mense: Hy het die see in droë land verander; sy volk het droogvoets deur die rivier getrek. Toe het ons gejubel oor Hom wat ewig heers deur sy mag en die nasies in die oog hou. Die vyande moet hulle nie teen God verset nie! 

Ons het so dikwels al gesien hoe God wonderlike dinge in ons lewens doen. En waarom sal Hy dit nie doen nie? As jy jou hart vir Hom gegee het, Hom met erns volg, Hom eer, en sy Naam grootmaak ... sal jy Hom in jou alledaagse lewe ervaar.

 

Kom hoor wat God gedoen het!

 

Jy dien 'n magtige God. Wees gereed om spraakloos van verwondering te wees oor dít wat Hy gaan doen!

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Voorbedagte Vergifnis
3 perc 11. évad 137. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Wat is jou eerste reaksie, as iemand iets doen om jou seer te maak of jou te irriteer? Die natuurlike ding om te doen, is om hulle te oordeel en te veroordeel. Dit is miskien so, maar hoewel dit 'n natuurlike reaksie is, is dit nie altyd raadsaam nie.

 

Ek het altyd gewonder waarom Jesus soveel klem gelê het daarop, dat ons ander mense moet vergewe. Hy het nogal 'n paar ongemaklike dinge gesê oor oordeel en vergifnis. Ons lees in:

 

Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

 

Die implikasie is baie duidelik. As ons ander mense oordeel, sal God ons oordeel. As ons ander veroordeel, sal Hy ons veroordeel. En as ons ander mense nie vergewe nie, sal Hy ons ook nie vergewe nie. Dit is baie ernstig.

 

 

Maar as jy mooi daaraan dink, maak dit regtig sin. As ons almal ander mense vergewe het ... sou daar geen oorloë gewees het nie. En hoe meer jy erns daarmee maak; en hoe meer jy vergifnis uitleef; hoe meer sal jy ontdek hoe jou spanning verdwyn.  Laat vaar die oordeel en veroordeling en vergewe.

 

Een van die slimste mans wat ek ken, is ook een van dié, wat die vinnigste is om te vergewe. Hy was my mentor en ek het in die twintig jaar, wat ons saam gewerk het, by hom geleer wat vergifnis is. 

 

Hy het die gawe gehad om ongevraagd te vergewe. Hy sou partykeer moeilikheid sien aankom, en die skuldige persone, nog voordat hulle hom, weer aanval, vroegtydig vergewe. Dan weer in ander situasies, wanneer iemand hom met opset seermaak, sal hy hom vergewe, terwyl hy nog op die grond lê en krul van die pyn.

 

Ek dink sy vermoë om te vergewe, het hom onderskei van baie ander en my respek afgedwing.

 

Vergewe ander, en jy sal vergewe word.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar
3 perc 11. évad 136. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 25:37-40 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

Baie mense het deesdae 'n 'beleggingsportefeulje' waarin hulle belê vir 'n veilige en gemaklike aftrede. Dis seker slim. Maar hoeveel het 'n 'portefeulje' om diegene te help, wat nooit genoeg sal hê nie, hmm?

 

Ek het 'n goeie vriend met die naam van Joseph wat in Accra, Ghana woon. Deesdae is hy die Afrika-direkteur van ons bediening, Christianityworks.

 

Hoe dit ook al sy, Joseph het my vertel dat, van die miljard mense, wat dwarsoor die groot kontinent van Afrika woon, meer mense tot ‘n radio toegang het, as tot skoon drinkwater.

 

Ek het in my vier spore vasgesteek. Dit het my net laat besef hoeveel dinge ék as vanselfsprekend aanvaar. Dit het my laat wonder hoe dikwels ons ​​aan mense, wat sonder die basiese behoeftes moet lewe, dink? Hoe gereeld doen ons iets daadwerklik om in hul lewens ‘n verskil te maak? Jesus vertel 'n verhaal, 'n gelykenis, oor hierdie ernstige ding. 

 

Hy het in Matteus 25:37-40 gesê: Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

 

Om vir iemand, wat dit nie het nie, vars drinkwater te gee, is asof jy dit vir Jesus self gee.

 

Daar is soveel mense op hierdie planeet wat seer het. Ek en jy kan nie almal se las verlig nie, maar ons kan vir sommige mense help. Maak seker dat jou “gee-portefeulje” die armes insluit. Gee totdat dit seer maak.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Stralekrans
3 perc 11. évad 135. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jesaja 29:23 want wanneer hulle die kinders sien wat Ek aan hulle gee, sal hulle my heilige Naam eer; hulle sal die heilige God van Jakob eer, hulle sal ontsag hê vir die God van Israel.

Dit is snaaks hoe gereeld God deur gewone dinge; dinge wat in ons alledaagse lewens gebeur, met ons praat. Hy het met my gepraat deur jong mense wat deur die slim gebruik van tegnologie kattekwaad aangevang het. God praat, ja, maar luister ons?

 

Ons het onlangs ons webwerf, christianityworks.com, herontwikkel. En die jong ontwikkelaars, almal in die twintiger- en dertigerjare, het besluit om 'n bietjie pret daarmee te hê. Voordat dit versend is vir uitsending, het hulle 'n klein halo bo my kop op die foto van die tuisblad gemaak.

 

Ons het almal die grap ingesien, lekker gelag en toe het hulle dit vinnig verwyder!

 

Maar dit het my laat dink, dat as ons na die beeld van God gemaak is, God sekerlik ook sou dink dis snaaks. Ek het die grootste ontsag en respek vir God, maar weet jy, Jesus het vir ons gesê om Hom, Pappa, te noem. Dit het die Jode van die eerste eeu dwars in die krop gesteek.

 

Dit is vandag nog vir mense ongehoord om so aan God te dink: Hierdie ontsagwekkende, heilige, wonderlike God wat terselfdertyd 'n teer pa is - iemand met wie ons kan gaan sit en praat, lag en selfs huil - en iemand vir wie ons kan aanbid.

 

Toe ek terugdink aan die jongmanne se grappie, het God met  my gepraat en ek het sommer weer besef watter seën daardie jongmense in ons lewens is, daar staan in:

Jesaja 29:23 want wanneer hulle die kinders sien wat Ek aan hulle gee, sal hulle my heilige Naam eer; hulle sal die heilige God van Jakob eer, hulle sal ontsag hê vir die God van Israel.

 

Dit is maklik vir ons om diegene wat jonger as ons is, af te skryf as verspot en onvolwasse. Natuurlik behoort hulle tot ‘n ander generasie, maar hoe ouer ek word, hoe meer sien ek die heerlikheid van God ín, en deur hulle.

 

Ons kon eenvoudig nie die webwerf sonder hulle gebou het nie. Dit is die heerlikheid van God, wat deur die jongmense skyn; en dit is hoe dit behoort te wees.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Verlore en Teruggevind
2 perc 11. évad 134. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Konings 19:11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”

Sê my, is Jesus vir jou ‘n werklikheid? Hoor jy Sy stem elke dag, of is daardie ervaring en intimiteit iets wat jy eendag, lank gelede, ervaar het?

'n Vriend het my vertel, dat hy eendag, terwyl hy besig was om van rommel ontslae te raak, 'n boek ontdek het, waarvan hy al heeltemal vergeet het. Dit titel is: "Hoe om jou geheue te verbeter," nogal ironies nè?

Is dit nie snaaks hoe ons iets, wat belangrik is, kan vergeet en nie weer daaraan dink nie?

Ek het vroeg in my lewe, diep in my hart geweet, dat God 'n ongelooflike ding gedoen het, deur Jesus aan 'n kruis te laat sterf. Maar soos die tyd verbygegaan het, het die wete heeltemal vervaag. En toe ek eendag in 'n geestelike woestyn ronddwaal, het Hy my daaraan herinner.

Dit was 'n rustige aanraking, 'n sagte stem wat geleidelik - nie harder nie - maar duideliker geword het, en tot vandag toe, is ons verhouding die belangrikste ding in my lewe.

Dit is hoe God werk. Hy nooi ons ​​liefderik nader. Ons lees in:

1 Konings 19:11-13 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Ondenkbaar
2 perc 11. évad 133. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 13:41- 43 Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.”

Hulle sê, jy moet nooit sê: Dít is onmoontlik nie, of dit sal gebeur as die perde eendag horings kry, nie! Want, dít wat vandag ondenkbaar is, word môre 'n opspraakwekkende werklikheid.

 

'n Eeu gelede was lugverkeer oor lang afstande heeltemal ondenkbaar. Deesdae vlieg jy en 'n paar honderd ander mense oor geweldige lang afstande: Perth na Londen, Singapoer na New York, Johannesburg na Atlanta en dit binne minder as 19 uur; reise wat vroeër, jare in 'n seilboot geneem het.

 

'n Halfeeu gelede was die wonder van hartoorplantings  ondenkbaar. Vandag is daar tienduisende mense wat verskillende organe ontvang en normale lewens lei.

 

Die ontsettende impak van die internet was net twintig jaar gelede, nie ‘n moontlikheid nie. Dit is vandag 'n onontbeerlike instrument van kommunikasie, navorsing en besigheid vir biljoene mense.

 

En weet jy, daar is selfs vandag baie mense vir wie die idee van hemel en hel ondenkbaar is. En tog gebeur “die ondenkbare” die hele tyd. Jesus het dit so gestel in: 

 

Matteus 13:41,42 Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.”

 

God het tweeduisend jaar gelede aan 'n kruis op Golgota, in die bloed van sy Seun, 'n uitnodiging na die hemel geskryf. Dit gaan so:

 

Ek kom terug. En my kruisiging was vir jóú. Waarom kom jy nie na  My toe nie? Waarom plaas jy nie jou vertroue in My nie? Ek wil jou vir ewig by My hê.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die duur horlosie
2 perc 11. évad 130. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.

Ellendige armoede is so deel van die lewe, dat ons baie maklik besluit, dat niks wat ons kan doen, 'n verskil sal maak nie. En dit is natuurlik 'n maklike gevolgtrekking om te maak, as jy nie eintlik ‘n oorvloed geld het nie. 

 

Ek het so pas van die roltrap in die winkelsentrum afgestap en verby 'n juwelierswinkel geloop. Daar was ‘n gewapende wag buite en die koeëlvaste glasdeur was goed gesluit en gegrendel. 

 

'Dit lyk aanloklik,' dink ek by myself. Toe kyk ek na die ware in die venster. 'n Manshorlosie het my oog gevang. Sjoe, slegs 17duisend 500 $ dis oor die R300 00.  Aardetjie, dis ‘n winskoop! Ek sal sommer twee koop!

 

Wag ‘n bietjie, is dit nie belaglik nie? Ek dra 'n goeie horlosie, maar dit kos nie eers naastenby ‘n aks van die prys van die luukse een agter die koeëlvaste glas nie! Kom ons beskou die saak eerlik. Dit is bisar! Dit is nie meer effektief as my goedkoop horlosie nie. Nee jong, dit gaan oor die handelsmerk waarmee die koper kan spog.

 

Dis ondenkbaar dat ons derduisende rande aan weelde artikels sal spandeer, en dit terwyl miljarde mense in ellendige armoede leef, of hoe?  Sekerlik nie!!

 

Spreuke 22:9 leer ons: Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.

 

Koning Salomo praat van 'n gesindheid van vrygewigheid en barmhartigheid: hierdie wete dat ek genoeg het, nee, meer as genoeg het, om te deel.

 

Kan ek jou vra – ja, ek besef dat ek dalk op tone kan trap, maar ek sal dit in elk geval vra! Is jy mededeelsaam? Leef jy jou lewe met 'n oorvloed mentaliteit? Deel jy vrylik uit aan die armes?

 

As jy nie barmhartig is nie, moet jy nie seën verwag nie.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Wen die ‘Lotto’ en vind geluk?
3 perc 11. évad 129. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 16:25,26 want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?

Prioriteite, is 'n snaakse ding. Ons weet dat ons, ons prioriteite in orde moet kry - ons tyd, ons geld, ons fokus - ons moet konsentreer op dié dinge wat regtig saak maak. Maar dis tragies hoe ons op die een of ander manier betrokke raak in belaglike dinge.

 

Hoe dikwels het jy al gewens jy kan die ‘lotto’ wen? Dink net aan die miljoene – my aarde, sal dit jou nie gelukkig maak nie? Maar weet jy, navorsing het die teendeel bewys.

 

Roy Kaplan, van die Florida Instituut van Tegnologie, het meer as duisend lotery wenners oor 'n tydperk van tien jaar opgespoor. Dit is 'n baie deeglike studie en die resultate is ontstellend. Baie min lotery wenners het blywende geluk gevind. Baie van hul huwelike het op die rotse geloop en baie van hulle het hul fortuin verkwis.

 

Waarom mors ons dan soveel van ons tyd en moeite om rykdom na te jaag? Ons weet mos diep in ons wese dat  familie, verhoudings en geestelike vervulling, die dinge is wat regtig saak maak.

 

Ek wonder wat sal gebeur as ons net gaan stil sit en dink aan hoe ons huidige prioriteite verskil van die werklike belangrike dinge in ons lewe. Jesus het dit so gestel in:

 

Matteus 16:25,26 want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?

 

As jy eerlik kan sê dat jou eerste prioriteit is om Jesus te volg, wil ek jou vriendelik dog ferm vra: Weerspieël jou lewensstyl, jou ware prioriteite?  Hoe lyk die wyse waarop jy jou tyd en geld spandeer? Die manier waarop jy ander mense behandel? Die besluite wat jy neem? Dink mooi!

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

My Vrou wou my Vergiftig
2 perc 11. évad 128. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 4:17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Het jy al een van daardie lastige straatpredikers op 'n seepkissie gesien? Daar staan hy, Bybel in die een hand, en skree: “Bekeer julle, sondaars, bekeer julle, of julle gaan Hel toe!” En almal stap verby en probeer hom ignoreer. Miskien is sy metode  aanvegbaar, maar sy boodskap is beslis nie!

 

Ek onthou hoe my vrou vroeg in ons huwelik, my een keer probeer vergiftig het – toemaar, ek spot net! Ek het een oggend vroeg, soos gewoonlik, in my studeerkamer gewerk en sy het vir my, soos gewoonlik, 'n koppie koffie en 'n broodjie gebring, ag, my dierbare vroutjie, mag die Here haar seën!

 

Die broodjie het 'n bietjie tamatie op gehad. Ek hou van tamatie, maar toe ek die eerste hap neem, val ek amper van my stoel af, want onder die tamatie was daar ‘n paar gerookte oesters, wat die vorige aand oorgebly het. Ek hou van oesters, maar oesters half sewe in die oggend? Agge nee. Pasgetroude kok!

 

Ek kan nou daaroor lag, maar dinge is nie altyd wat ons verwag nie. Jy kan dit bo-op versier, maar dan neem jy 'n hap en jy gril!

 

Jy kan probeer om sekere dinge oënskynlik aantreklik te laat lyk, maar jy kan nie die waarheid verdoesel nie. Hoekom is dit? Dit is omdat oesters nie ophou om oesters te wees nie en sonde hou nie op om sonde te wees, net omdat tye verander het nie!

 

Jesus het ‘n wonderlike gawe om tot die kern van kwessies deur te dring, om 'n graaf 'n graaf te noem, of 'n oester 'n oester, na gelang van omstandighede. En keer op keer beveel Hy ons om weg te draai van dít, wat ons weet verkeerd is, en ons lewens na God terug te draai. Dit is wat bekeer eintlik beteken - dit is 'n omdraai, as't ware 'n terugkeer. Ons lees in:

 

Matteus 4:17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

 

Moenie 'n fout maak nie, die sonde wat jy wil bedek, is besig om jou lewe te vergiftig. Bekeer jou.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Sê nou ons het net 60 Sekondes!
3 perc 11. évad 127. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Hemel, Hel, Ewigheid ... dit lyk nou nie baie relevant nie. Maar weet jy, eendag, as ons in die Ewigheid is, sal al die dinge wat vandag vir ons so belangrik is, heeltemal irrelevant wees.

Sestig sekondes. Dit is al wat ons het. Wat moet ek sê? Hoe kan jy die volgende sestig sekondes gebruik om jou Ewigheidsbestemming te verander?

Ek en jy doen 'n tandem-valskermsprong. Ons spring uit die vliegtuig, ek trek die trekkoord, maar ons valskerm is verstrengel. Die nood valskerm funksioneer ook nie. Ons klou mekaar desperaat vas en stort neer na ‘n onvermydelike dood. Ek het net sestig sekondes om die belangrikste nuus, wat ek ooit vir jou kan vertel, nóú te vertel. Hier is dit:

Vriend daar is 'n God. Daar is 'n Hemel. Daar is 'n Hel. Dit kan ek jou verseker - daar is!

Weet jy: God het jou so baie, baie lief, dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om vir jou te sterf. Om vir jóú sondes te betaal. En die enigste manier - die enigste manier - wat jy die Ewige Lewe kan kry, is om nou jou vertroue in Jesus te plaas.

In Romeine 10:9  lees ons: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Nou-ja, hopelik het ek en jy 'n bietjie meer as sestig sekondes van ons lewens oor. Maar ons weet al twee dat die einde kom. Ek en jy is onvermydelik besig om al hoe nader aan die einde van ons lewens te beweeg.

En as dit gebeur, bepaal dit wat jy glo, waar jy die res van die Ewigheid gaan deurbring. Daar is 'n Hemel. En daar is 'n Hel.

As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Stok
2 perc 11. évad 126. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jeremia 17:7,8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

Ons ervaar verskillende seisoene in ons lewens en party is beter as ander. Ons weet daar is vier seisoene per jaar, maar as ons in die middel van een van daardie diep, donker, koue winters van die lewe is, is dit moeilik om te onthou dat die lente om die draai is.

'n Paar jaar gelede het ek en my vrou 'n stok gekoop. Wel, eintlik was dit 'n klein Chinese kershoutbloekom-boompie met daardie liggroen, hartvormige blare, wat gedurende die herfs 'n pragtige goudkleur kry.

Ons het die boom in die winter gekoop, en dit het soos 'n gewone stok, van ongeveer sestig sentimeter lank, gelyk. By die kwekery het hulle ons verseker dat dit die ware Jakob is, maar op daardie stadium was dit net ‘n ‘stok.’

Vandag is dit 'n ongelooflike mooi boom, ongeveer vier en ‘n half meter hoog en drie meter in omtrek, net soos hulle belowe het; lank, gesond, mooi en florerend.

Ek dink terug aan daardie stok en skud net my kop - hoe het dit gebeur? Net God het die antwoord.

As jy om jou kyk, besef jy dat hierdie groeiproses deel van sy plan is. As dinge lank en gesond is en floreer, het hulle lewe wat deur hulle vloei. En dit is God se plan ook vir jou.

In Jeremia 17:7,8 lees ons: Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

Daar sal seisoene wees wanneer jy soos 'n stok voel en lyk. Vertrou op die Here gedurende hierdie tye, en jy sal geseën word. Jy sal daardie sterk, pragtige, veerkragtige boom word, met sy lewe wat deur jou are pols.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Kennis maak dit glashelder
2 perc 11. évad 123. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Efesiërs 1:3-6 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.

Die felste kritiek op die Christelike godsdiens is dat dit net 'n klomp verouderde, irrelevante reëls is. En wie het buitendien nog meer reëls in hul lewe nodig? Ek verstaan ​​die argument heeltemal, want dit is presies hoe ek vroeër daaroor gevoel het.

Mense werk deesdae al hoe meer tuis. Ek doen dit nou al jare lank.

Die tegnologie is deesdae so gevorderd. In ons huis is daar 'n hele paar toestelle - rekenaars, tablette, telefone, drukkers - alles wat aan die WiFi gekoppel is; elkeen met sy eie netwerk. En vir jare kon ek 'n paar van die toestelle nie behoorlik laat werk nie.

Tot op 'n dag toe ‘n slim rekenaar foendi my 'n bietjie raad gegee het oor netwerk koppeling en skielik het alles gewerk.

Weet jy, dit was hoe die Christelike godsdiens 'n hele paar jaar gelede vir my gevoel het. Al hierdie reëls het my oorweldig. Totdat iemand my net 'n bietjie raad gegee het. Hoor wat staan in:

Efesiërs1:3-6 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.

Om God te dien, gaan nie oor reëls nie, maar oor liefde en genade. En in 'n oogwink verander dit alles. 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Tieners wat Vroeg opstaan op ‘n Saterdag?
3 perc 11. évad 122. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Ek dink 'n deel van die grootword-proses, is om verantwoordelikheid vir ons eie foute te neem. As ons 'n fout maak, is ons eerste instink dikwels, om iemand anders daarvoor te blameer. Maar om ons mislukkings, ons swakhede, ons foute te eien, is die eerste stap na 'n beter lewe.

Saterdag is beslis my gunsteling dag van die week. Dit is die een dag wat ek lekker laat kan slaap. Ek hou van daardie gevoel.

Ek onthou een Saterdagoggend, ‘n hele paar jaar gelede, so net na ses, terwyl ek nog heerlik, half deur die slaap, in die bed lê, toe ek ons tiener dogter, Melissa, hoor stort en regmaak vir skool. Ek was heeltemal uit die veld geslaan.

Ons het eers na die tyd die storie gehoor. Toe sy wakker word, het sy skoon vergeet dis Saterdag, sy’t opgevlieg en begin stort. Kan jy jou dit voorstel? ‘n Tiener wat daarvan hou om Saterdae laat te slaap?

Dit was gelukkig net ‘n glips, waaroor ons lekker kon lag, want dit was onskadelik. Gewoontes is kragtig. Ons doen dikwels dinge, sonder om eers te dink, want dit is deel van ons roetine.

Weet jy, dat ons verkeerde gewoontes ons lewens kan verwoes? En weet jy, wanneer dit kom by ons slegte gewoontes, bedrieg ons onsself en ons gee voor dat ons onskuldig is? Kyk wat staan in:

1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Die eerste stap, is om met God te praat oor jou geheime en slegte gewoontes. Bely dit met ‘n opregte hart, en met diep berou. God belowe dat Hy ons sal vergewe, en Hy sal - want Hy is getrou en regverdig. Maar Hy sê ook dat Hy ons van hierdie sonde sal reinig. Dit is hoe groot ons God is.

Bely jou sondes voor God en Hy sal jou vrymaak.

Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Op ‘n Ui Verstik
2 perc 11. évad 121. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 5:24 Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

Hemel en hel. Agge nee, Berni ... gaan jy weer daardie holrug geryde onderwerp aanspreek? Dit lyk nie aldag meer so relevant nie. Maar weet jy, eendag ... eendag is dit die enigste ding wat saak maak. Vir alle ewigheid.

 

Ek het 'n paar jaar gelede een van die slegste ervarings van my lewe gehad. Dit was ‘n doodgewone Saterdag en ek het in die agterplaas gebraai. Die uie was amper gaar en ek het ‘n stukkie afgesny en daaraan begin peusel. Op die een of ander manier het ek verstik en ek kon nie asem kry nie. Dit was nie net 'n hoesbui nie! Ek het ophou asemhaal en blou in die gesig geword.

 

Ek het na my vrou gehardloop, haar kop gegryp, haar mond op myne gesit, sodat sy mond-tot-mond-asemhaling op my kon toepas. Ek kan eerlikwaar sê, as sy nie daardie dag daar was nie, sou ek nie vandag hier gewees het nie. . .

 

Ons liggame is so ongelooflik ingewikkeld en sterk. En tog het een klein happie ui my amper my lewe gekos.

 

Ons lewe asof daar altyd ‘n môre sal wees. Daar sal nie. Die einde kan vinnig en onverwags kom.

 

Is jy gereed? Is jy gereed om te gaan? Want eendag sal jy moet. En as jy gaan, waarheen sal jy op pad wees? Jesus het dit so bondig gestel in:

 

Johannes 5:24  Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

 

As jy gehoor en geglo het, het jy die gawe van die Ewige Lewe. 

Maar as jy dit nie doen nie, sal jy skuldig bevind word. Jy sal die ewigheid deurbring in die plek wat ons die Hel noem, en vir ewig van God geskei wees.

 

Dit is nie my woorde nie. Dis Jesus s’n.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Gesiglose Busbestuurder
2 perc 11. évad 120. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 5:27 Daarna het Jesus uitgegaan en 'n tollenaar met die naam Levi by sy tolhuis sien sit, en Hy sê vir hom: “Volg My.”.

Hoe meer tegnologies gesofistikeerd ons raak, hoe meer wil dit lyk, asof mense vir ons onbelangrik word. Of dit nou die skandeerders in die supermark is, die smousoutomaat, of outomatiese tellermasjiene ... dit lyk asof mense nie meer relevant is nie.

  

Ek maak dikwels gebruik van openbare vervoer. Ek ry graag bus, aangesien die bushalte naby my huis is en die rit slegs tien minute stad-toe neem. Deesdae skandeer jy jou buskaartjie by ‘n digitale kaartmasjien, stap niks siende verby die bestuurder in sy blou uniform - ignoreer hom basies - en gaan sit.

 

So word die busbestuurder gesigloos – ‘n blou uniform agter ‘n stuurwiel. Hy kon netsowel 'n masjien gewees het! 

 

Maar nou die dag ry ek verby die plaaslike busdepot en daar sien ek 'n bestuurder in sy blou uniform na die depot hardloop, blykbaar laat vir sy skof.

 

En meteens het daardie busbestuurder vir my soos 'n regte mens gelyk. Dit is ontstellend hoe ons deesdae mense ignoreer of sommer onpersoonlik behandel, sonder dat dit ons pla.

 

Toe tref dit my. Ek het die vier historiese verhale van Jesus se lewe al etlike kere gelees. Matteus, Markus, Lukas en Johannes. En jy weet, Jesus het mense nooit so behandel nie. Nie een keer nie. Ons sien in:

 

Lukas 5:27 Daarna het Jesus uitgegaan en 'n tollenaar met die naam Levi by sy tolhuis sien sit, en Hy sê vir hom: “Volg My.”.

 

Levi was 'n tollenaar, verag deur die Jode. Hy was as ‘n vyand gesien; en die gewone Jode sou waarskynlik met ‘n snedige opmerking verbygeloop het, maar Jesus het gestop, met hom gepraat, hom geroep en Levi het hom gevolg.

 

Wie is die mense in jou lewe by jy maklik verby gaan? Mense is mense!

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Praat, Praat, Praat
2 perc 11. évad 119. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Deuteronomium 5:27  Gaan jy (Moses) nader en luister na wat die Here ons God sê, dan kan jy alles wat Hy vir jou sê, vir ons vertel en ons sal dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.’

Die gerieflikste ding ter wêreld, is om ons eie interpretasie te maak, van wat God sê. Mense doen dit die hele tyd, hulle argumenteer met God as Hy nie sê wat hulle wil hoor nie. Wat van jou? Hou jy daarvan om regtig te luister na wat God sê?

Ek het ‘n rukkie gelede 'n videokonferensie gehad. Twee van ons was bymekaar en vier ander mense was op verskillende plekke.

Toe ek na die mense op die skerm kyk, het dit vir my gelyk asof almal praat, maar niemand luister nie.

Die “bespreking” het taamlik driftig geword. Ek het die klank afgeskakel en vir die ou langs my gesê: "Mis ek iets, of is hulle besig om vurig met mekaar saam te stem?" Dit blyk toe, dat hulle almal basies dieselfde ding sê, maar omdat niemand luister nie, het hulle dit nie besef nie.

Ek het voorheen dikwels nie saamgestem met wat God sê nie. Toe ek eendag stilstaan ​​en na Hom luister, het ek ontdek dat Hy dié dinge sê, wat ek nodig het om te hoor, en ek het besef dat Hy reg was. Dit het beteken dat ek regtig moes luister om Hom te hoor.

In die Ou Testament lees ons in Deuteronomium 5:27 hoe die volk vir Moses gesê het:

Gaan jy nader en luister na wat die Here ons God sê, dan kan jy alles wat Hy vir jou sê, vir ons vertel en ons sal dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.’

Ons het deesdae ‘n baie beter Moses. Ons het die Bybel, die lewende Woord van God wat deur die Heilige Gees geïnspireer is.

Die vraag is, sal ons stilstaan en luister? Of sal ons net voortgaan op ons kommervrye pad en aanhou om met God te argumenteer?

. . .  luister na wat die Here ons God sê, dan kan jy alles wat Hy vir jou sê, vir ons vertel en ons sal dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.’

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Jesus is die Weg
3 perc 11. évad 116. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Was jy al ontsteld oor die houding van sekere Christene wat beweer, dat dít wat hulle glo, suiwerder is, as dít wat jy glo? Watter reg het hulle om hul verouderde godsdienstigheid op my te probeer afdwing? Toemaar, jy is nie die enigste nie.

Is dit nie verskriklik as mense hul idees in jou keelgat probeer afdruk en jou vertel wat om te dink nie? Maar daar is dié een ding, wat my geweldig ontstel. Verskoon my, maar ek moet dit van my hart af kry.

Deur die geskiedenis heen het mense se idees oor dinge verander. Filosowe, teoloë en inderdaad gewone mense, soos ek en jy, was op soek na 'die waarheid'. Hulle het geredeneer as hulle dit vind, hul lewens sal verbeter. Nou-ja, maak nogal sin. Of hoe?

Deesdae het ons die idee van absolute waarheid verwerp. Jou waarheid is jou waarheid, my waarheid is my waarheid, en as jou waarheid vir jou werk, mooi so! Dis wat ons dink. Nee, my vriend, wat ek nou uit die Bybel gaan aanhaal, kan vir sommige mense 'n bitter pil wees om te sluk.

Johannes 14:6 sê: Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Die waarheid is dat God jou so liefhet, dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het, om aan die kruis te sterf, om die prys vir jou sonde te betaal.

En dieselfde Jesus sê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Dit is die kern van die saak! Daar is geen ander manier nie! Ek weet dit kan moeilik wees, maar dit is die waarheid.

Jy het nou die geleentheid om op Jesus te vertrou, 'n verhouding met Hom te hê, om Hom te vra om die gemors in jou lewe uit te sorteer. Maar weet jy, daar sal ‘n dag kom wat jy nie meer hierdie geleentheid het nie. Dis jou keuse: Neem sy uitnodiging aan, of ploeter voort.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Gemorskos vir die Hart
3 perc 11. évad 115. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Spreuke 4:23 Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

Ons wil almal graag gemaklik deur die lewe gaan. Ons doen dieselfde dinge wat ons nog altyd gedoen het, met die hoop om effens beter resultate te verkry! En dit, sonder om te wonder, of die idees en mense wat ons toelaat om ons te beïnvloed, ons goed of kwaad doen. Merkwaardig!

Ons weet almal dat gemorskos sleg is vir ons. Ons weet dit, en tog was daar nog nooit in die geskiedenis van die mensdom, meer suiker, verfynde koolhidrate, meer chemiese vervaardigde olies en verwerkte voedsel geëet, as nou nie.

Is dit dan 'n verrassing dat diabetes, hartaanvalle, beroerte, kanker en demensie almal aan die toeneem is? Gesondheidsbegrotings is heeltemal buite beheer. Hospitale kan eenvoudig nie die druk hanteer nie.

Ons weet nou wat die probleem is, maar ons weier om die verband tussen dít wat ons eet, en die verskriklike gesondheidsuitkomste te erken. Ons dra dus die gevolge van ons eie dade.

Drie duisend jaar gelede het koning Salomo, een van die wysste manne wat ooit geleef het, geskryf in:

Spreuke 4:23: Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

Hy het nie gepraat van die vuisgrootte pomp in jou borskas nie. Hy het gepraat van jou wese; van wie jy is, die kern van jou bestaan. En tog hou ons aan om emosionele en geestelike gemorskos te eet - die televisieprogramme wat ons kies om te kyk, die gesprekke waaraan ons deelneem, die leuens van hierdie wêreld wat ons aanhou glo. En dan verwag ons roem, rykdom en erkenning, terwyl ons sonder ophou hierdie vernietigende dinge in ons eie keelgate afdruk. En die gevolge is voor die hand liggend. Die probleem is dat ons nie die verband wil insien nie.

Al wat ons is, alles wat ons doen, die lewe wat ons lei, vloei uit die hart. Hou op om dit met geestelike gemorskos te vul.

Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Handelsnaam: Jesus
3 perc 11. évad 114. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 5:7,8 ‘n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

In vandag se winsgedrewe mark is ‘n bekende handelsnaam alles. As jy die ‘regte’ of soos die jongmense sê ‘cool’ handelsnaam kan registreer, selfs al is jou produk maar so-so, sal jy waarskynlik baie geld maak. Maar die populariteit van 'n handelsnaam is 'n wispelturige ding.

 

Ek het nou die dag 'n tiener gevra: “Wat is cool?”

 

'Cool' is 'n konsep wat baie belangrik is onder jong mense. 'Cool' beïnvloed baie besluite, tot op die punt waar motorvervaardigers hul advertensies op kinders rig! Kinders besluit wat ‘cool’ is, en die motorvervaardigers verstaan watter impak hulle op hulle ouers het. Kan jy glo, dat kinders selfs die keuse van 'n nuwe motor kan beïnvloed? Ongelooflik! 

 

Wat beteken dit om vandag ‘cool’ te wees? Is dit om die nuutste slimfoon te besit, of om ontwerpers-etiket-klere te dra of die nuutste tendens na te volg?

 

En wat van die Jesus-handelsnaam? Hier is die snaakste ding. Alhoewel ‘kerk’ nie meer as ‘cool’ bestempel word nie, word Jesus gesien as baie ‘cool’. Hierdie Jesus wat teen skynheiligheid opgetree het, wat die armes gehelp het, wat dinge gesê het, wat sin maak, en dinge gedoen het, wat eg was. Dis ‘cool’!

 

Maar hier is die belangrikste ding. Die Jesus-handelsnaam troon bo alles uit, want Hy is God wat met ons praat in 'n liefdestaal wat ons kan verstaan. Ons lees in:

Romeine 5:7,8 ‘n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

 

Jesus is God, wat met sy hele lewe sê: “Ek het jou lief”. Ons wil almal só liefgehê word. Jesus het nie slegs van liefde gepráát nie. Hy het liefgehad met sy hele lewe. 

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

 Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Verborge Skat
3 perc 11. évad 112. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.

As iemand vir jou die één ding kan gee wat jy regtig wil hê, wat sou dit wees? Dink ‘n bietjie. En dan, as jy dit gekry het, sou dit jou vir ewig en vir altyd tevrede hou? Wel, sou dit?

Op een of ander manier is dit asof ons almal op 'n skattejag is. Ons is op soek na daardie één ding, daardie verborge skat, wat ons lewenslank sal bevredig. Weet jy, dat ons eintlik soek, na ‘n diep gevoel van tevredenheid en voldaanheid. En totdat ons dit bereik, sal daar altyd ‘n leemte wees.

Verskillende mense, soek op verskillende plekke en hulle het  verskillende antwoorde op die vraag van wat vir hulle ewige geluk sal bring. Weet jy, dit kan vir ‘n rukkie voel asof ons dit gevind het - maar namate die dae en weke verbygaan, word ons gedwing om tot die gevolgtrekking te kom, dat dit tog nie dit was nie!"

En weet jy hoekom? Dit is omdat ons deur God ontwerp is, om slegs volkome en diep tevrede te wees in 'n ryk en oorvloedige verhouding met Hom. Dis die dit.

Jesus het dit so gestel in:

Matteus 13:44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.”

Dit het my laat regop sit. Ek het omtrent alles onder die son probeer om my tevrede te stel en my veilig te laat voel, maar niks het gewerk nie. Ek kan jou verseker ek het wyd en syd gesoek! 

En toe eendag, het ek op hierdie verborge skat afgekom. Jesus. Ek het nie alles wat ek besit, fisies verkoop nie, maar aan die binnekant het ek alles aan Sy voete neergelê. Nie omdat ek moes nie, maar uit vreugde, omdat ek uiteindelik daardie skat ontdek het.

Die lewe was sedertdien nog nooit dieselfde nie. Uiteindelik het ek dít gevind. Jesus.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Nog ‘n Berg om te klim
2 perc 11. évad 109. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Mattheus11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” 

Daar is tye wat ons net uitgeput voel. Die lewe is nie vir ‘sissies’ nie! Jesus het belowe dat as jy Hom volg, dinge waarskynlik nog moeiliker sal raak. Die versoeking is om moed te verloor en op te gee.

 

'n Paar jaar gelede was ek, my vrou en my veertien-jarige dogter, met 'n gesinsvakansie op 'n ongelooflike pragtige stranddorp met reënwoude, blou strandmere en sand strande. Op ons laaste dag het ons gaan bergklim. Dit was 'n groot uitdaging! Dit het gelyk asof elke steil krans in 'n vals kruin eindig, en dan was daar nog een. . . 

 

Ek het gewonder of ons ooit die kruin sou bereik. Ons het ons dogter die hele tyd probeer moed inpraat en gesê: 'Ons is amper daar.' Na ‘n paar ruskansies, was ons uiteindelik bo! Dit was die moeite werd; die uitsig was asemrowend.

 

Die lewe lyk soms na die een vals kruin na die ander; die een steil krans om te klim na die volgende. Maar as ons net ‘n ruskansie wil neem en stop en luister, sal ons Sy stem hoor. In 

Mattheus11:28-30  sê Jesus: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

 

Jy is amper daar. Moenie moed opgee nie. Jy kan dit maak. Ek het jou lief. Ek's met jou. Dit is, wat ek glo Jesus wil hê jy moet ervaar.

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Berni Word Charlie
2 perc 11. évad 108. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 10:29-31 Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” 

As ons eerlik wil wees, voel die idee dat God intiem in ons lewens betrokke kan wees, sommer net onmoontlik. Dikwels weet ek en jy nie eens, wat in ons eie lewens aangaan nie. Hoe kan 'n besige God moontlik tred hou met alles?

 

Ek het onlangs by een van daardie bekende koffiewinkels middagete geëet. Die jong kelner het my, soos sy waarskynlik geleer is;  gevra wat my naam is. Ek het geantwoord: ‘Berni.' Hierna het sy my naam in elke sin daarna gebruik.

 

Doen jy vandag inkopies “Berni?” 

“Nee.”

 Jy  gaan dan seker werk toe, “Berni”? 

“ Ja.”

 

En so het dit tot vervelens aangegaan. Dit het vir my gevoel asof ek met 'n robot praat. Maar dis nog niks!

 

Nadat sy vir my, my strokie kom oorhandig het, spreek sy my skielik as “Charlie” aan.  Moenie my vra hoe dit gebeur het nie. Ek het geen idee nie. Toe was dit “Charlie” voor en “Charlie” agter. Sjoe!

 

Dit kan 'n vreeslike transaksionele, onpersoonlike wêreld wees, nè? En weet jy, ek het my altyd voorgestel dat God 'n bietjie so sou wees. Hoe kan Hy bybly met almal se name, om nie eers te praat van wat in ons lewens aangaan nie!  Jesus het vir ons kom wys dat Hy heeltemal anders is. 

 

Hy het in Matteus 10:29-31 gesê: Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

 

Die waarheid is, dat God soveel omgee vir ons. Hy ken elke klein detail van ons lewens. Nie net ons name nie. Alles oor ons. Hoe ons voel, wat nou in ons lewens aan die gang is. Alles. Is dit nie wonderlik om dit te weet nie?

 

En weet jy, Hy het my nog nooit een keer ‘Charlie’ genoem nie!

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Bedagsaamheid
3 perc 11. évad 107. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Filippense 4:5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 

Iets waaraan ons nie gereeld nadink nie, is hoe ons, ons naaste behandel. Ag nee wat, dis tog baie belangriker om te dink aan hoe húlle óns behandel? Is dit nie so nie? Hoe tragies is dit? Maar sê my, hoe behandel jy ander?

 

Ek weet nie hoe jy by die werk kom nie, maar oral in die wêreld spring miljoene mense elke oggend en elke middag in motors of hulle gebruik openbare vervoer. Een groot geskarrel.

 

Of jy téén die verkeer stoei, of jou pad in ‘n trein, of bus of taxi probeer oopwurm, is daar waarskynlik een woord wat jy eenvoudig nie sal gebruik om jou reis te beskryf nie. Bedagsaam. Dit is alles behalwe. Probeer brutaal, frustrerend, woedend, dreinerend, alles BEHALWE bedagsaam!

 

En selfs op plekke waar ons verwag om medemenslikheid en gemoedelikheid te sien, ontbreek dit so dikwels. In bejaardesorg-fasiliteite, hospitale, skole, selfs in huise.

 

Bedagsaamheid is byna 'n vergete eienskap in hierdie chaotiese wêreld. Stem jy saam? Ek bedoel, hoeveel saggeaarde hulpvaardige mense is daar by jou werk? As jy mense sou vra hoe hulle behandel wil word, sal hulle enige tyd erken dat hulle vriendelik en sagmoedig hanteer wil word.

 

Ek is nie van nature 'n sagte mens nie. Dit is iets wat ek moes leer; inteendeel, iets wat ek nog besig is om te leer. Die apostel Paulus, het 'n paar duisend jaar gelede die spyker op die kop geslaan toe hy die volgende uit sy dodesel geskryf het in:

Filippense 4:5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.

 

Wanneer jy môreoggend gereed maak vir jou besige dag, sal jy outomaties daaraan dink aan hoe jy sagmoedig en vriendelik kan optree? Seker nie?

 

Maar besef jy dat jy iemand se dag kan opkikker, deur ‘n gebaar van vriendelikheid. Jy kan vandag iemand se lewe verander deur hom as mens raak te sien. 

 

Laat almal sien dat jy bedagsaam en vriendelik is.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Het Ek Iets Misgekyk?
2 perc 11. évad 106. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense. 

Wat het jy gisteraand vir aandete gehad? Het jy dit geniet? En wat van ontbyt vanoggend? Was dit lekker? Dit is wonderlik om 'n vol maag te hê, versadig en tevrede te wees. En tog is daar miljoene mense in die wêreld, wat geen idee het hoe dít voel nie.

Elke keer as daar 'n griepuitbraak is, sterf 'n handjievol mense van ons gemeenskap. Normaalweg is dit bejaardes wat sterf. Het jy geweet dat dit 'n bekende feit is, dat begrafnisondernemings in die winter goeie besigheid doen?

Wat gebeur as daar 'n baie groter uitbraak is? 'n Epidemie, ‘n pandemie soos die voëlgriep, die Sars en nou die Corona? Die paniek. . . 

En tog lyk dit asof ons willens en wetens die feit kan ignoreer dat meer as 40 000 mense elke dag van honger sterf; twee derdes van hulle is kinders. Stop en dink mooi: 40 000 daagliks!

Hoekom raak ons op hol oor virusse en steur ons nie aan die 40 000 nie? Ek vra jou, waarom is daardie 40 000 nie die belangrikste item op elke aand se nuusbulletin nie?

Miskien is dit omdat ek en jy virusse kán kry, maar ons gaan nie honger ly nie? Miskien stel diegene van ons, wat die nuus kyk, meer belang in dinge wat óns raak; ons gemak, ons vrede, ons vreugde, as in die ondenkbare lyding van miljoene honger mense?

Jesus het 'n baie groot geneentheid teenoor die armes gehad. Hy het gesê dat Hy gekom het om die goeie nuus aan die armes te bring. Hy het baie van sy tyd saam met hulle deurgebring. Hy het hulle liefgehad. Hy het hulle genees. Hy het hulle geseën. Hoekom? Want dit is wie God is. Ons lees in:

Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.

Kan ek jou vra: Wat doen jy vir diegene wat honger het? 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Pastoor Jesus
2 perc 11. évad 105. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Matteus 20:29-34 Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het 'n groot menigte Jesus gevolg. Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly, maar hulle het al hoe harder geroep: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle sê toe vir Hom: “Here, dat ons oë oopgaan.” Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg. 

Vir baie mense is hulle kerk baie belangrik, vir ander nie eintlik nie. Ek  sien op ‘Facebook’ baie kommentaar oor hoeveel mense hul kerkfamilie geniet. Mooi so. Maar is daar nie die gevaar, dat ons net 'n bietjie te gemaklik raak nie?

Ek het die ander dag gewonder wat sou gebeur as Jesus, na my kerk toe sou kom, op soek na werk. Sou ons Hom as predikant aanstel?

Verstaan my mooi, my kerk is ‘n goeie plek; skoon, netjies en doeltreffend. Ons doen baie goeie dinge daar. Ons help die armes. Ons sing liedjies en luister Sondae na die predikant. Ons… wel, jy kry die prentjie. Dit is 'n goeie plek; 'n opbouende plek.

Maar sal ons Jesus in ons gemeente wil hê? Sal ons hom as ons predikant aanstel? Dink mooi: Hy was ‘n vriend van prostitute, melaatses, tollenaars, veragtelike en verworpe mense. Hy het uitgereik na mense wat ander vermy.

In Matteus 20: 29-34 lees ons: Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het 'n groot menigte Jesus gevolg. Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly, maar hulle het al hoe harder geroep: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!” Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle sê toe vir Hom: “Here, dat ons oë oopgaan.” Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.

Aan wie se kant sou ek en jy gewees het? Aan dié van die kritiese skare, of aan Jesus se kant? 

Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Daardie geheime Element
2 perc 11. évad 102. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 12:47 En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red.

Ek vermoed dat baie mense deur die lewe gaan met 'n knaende gevoel dat iets ontbreek. Dit is die gevoel dat alhoewel ek in ‘n tweedimensionele wêreld leef, daar 'n derde dimensie moet wees, wat ek nog nie ontdek het nie. Iets ontbreek.

Die lewe gly onverbiddelik voort. Die sekondes, minute, ure, dae ... maande ... jare ... en ja, die dekades.

Party dae is fantasties, en dit is hoe dit moet wees. Ander weer, nie so goed nie. Ander dae, heeltemal aaklig. En dan is daar die dae tussenin, wanneer jy besef dat alhoewel alles mooi lyk, daar tog iets ontbreek. Dit is moeilik om jou vinger op die wond te lê. Jy voel onvergenoeg, want jy wéét dat daar iets meer moet wees.

Dit is nie godsdiens waarna jy soek nie. Godsdiens gaan oor reëls en rituele en veroordeling. Nee, dit is nie waarna enige een van ons soek nie. Daar moet iets meer wees!

Natuurlik is daar. Liefde. 'n Vader se liefde. Lewe. 'n Nuwe lewe. Jesus het in Johannes 12:47 gesê:

En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red.

Red? Red? Red van wat? Van daardie íéts. Dis moeilik om dit haarfyn vas te pen.

Ek het nooit gedink dat ek van iets ‘gered’ moet word nie. Dit het baie goed gegaan met my, maar diep in my hart het ek geweet dat daar nog iets ontbreek.

Na al die jare, sedert ek Jesus die eerste keer ontmoet het, weet ek waarvan ek gered moes word. My eie ek.

Ek was die probleem. My walglike houding. My selfsug. My kortsigtigheid. Dit is waarvan ek gered moes word. Wat van jou?

Ek het nie gekom om jou te veroordeel nie. Ek het gekom om jou te red.

Jesus.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Kapokaartappels, Jesus, Olyfolie
3 perc 11. évad 101. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

Nog 'n Sondag, nog 'n uittog kerk toe. Dieselfde mense, dieselfde liedere, dieselfde prediker ... alles dieselfde, dieselfde ou ritueel. Vervelig. Dit is hoe 'Christen-wees' vir baie Christene voel. Godsdiens. Vervelig.

 

Ek moet bieg, ek is lief vir kook en ek hou van lekker kos. Dis daarom nie snaaks, dat kookprogramme op die televisie en die resepte op die internet, vir my baie plesier verskaf nie.

 

Ek hou baie van verrassende kombinasies. Ons het almal al kapokaartappels geëet. Vervelig, nie waar nie? Maar die ander aand het ek 'n nuwe manier geleer om hierdie afgesaagde gereg interessant te maak.

 

In plaas daarvan om die aartappels met botter en melk te meng en fyn te druk, gebruik jy ekstra suiwer olyfolie en druk dit net met 'n vurk. En dan - hier is die geheim - jy kap waterkors – en soos hulle in Engels sê, ‘watercress’- en meng dit deur. Ongelooflik. Probeer dit, kapokaartappels sal nooit weer dieselfde wees nie.

 

Is dit nie snaaks hoe ons net 'n paar eenvoudige bestanddele op 'n nuwe manier kan meng en wonderlike resultate kan bereik nie?

 

Godsdiens is vir my 'n bietjie soos gekookte aartappels. Vervelig.

 

Maar dan, as jy Jesus toelaat dat Hy deur jou lewe vloei soos daardie olyfolie, is die resultate eenvoudig verbasend. Die lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Ons lees in: 

 

Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

 

Jesus het oor die Gees gepraat. Dwarsdeur die Bybel word olyfolie as 'n simbool van God se Gees gebruik. Die idee is dat ons die Gees van God toelaat om ons lewens te deurdrenk. Ek daag jou uit, as jou godsdiens vervelig raak, as jy dors is, drink Lewende Water by Jesus!

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Lewensvernuwing
2 perc 11. évad 100. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.   

Huisverfraaiing is deesdae hoogmode. Dit lyk asof al wat mens is, sy huis opknap soos nog nooit tevore nie. Uit met die oue, in met die nuwe. En, weet jy, ek en jy sou ook voordeel kon trek uit daardie soort opknappingsprojek, nie waar nie?

Ek stap nou die oggend buite in 'n pragtige boomryke straat, toe ek sien dat nog een van die ou huise in ons omgewing opgeknap word. Die bouers was besig om die ou verf aan die voorkant van die huis af te skraap en toe lyk die plek amper vervalle. Maar oor 'n paar maande sal dit weer nuut lyk. Dieselfde ou huis, maar 'n nuwe skepping.

As ons net ons lewens en ons persoonlikhede op dieselfde manier kon opknap! 'n Radikale ‘voorkomsverandering’ aan die binnekant. Ons almal smag op 'n sekere stadium in ons lewe na 'n nuwe begin. Ons wens almal dat ons die ou verf kon afskraap en splinternuut wees. Maar waar kry jy die soort persoonlike opknapping?

Nou-ja, weet jy dit is presies wat God doen. Dit mag vreemd klink, maar as Hy intrek, skraap hy al die ou verf af en verwyder die rommel. Soms voel ons 'n bietjie soos daardie huis, wat tydens die proses, kaal gestroop is. Maar na ‘n klein rukkie begin ons 'n pragtige beeld van vernuwing toon.

Ons lees in 2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.      

Dit is een van my gunsteling verse in die Bybel, want dit herinner my aan wat God in my lewe doen. Kyk die geskraap en getimmer is soms ongemaklik, selfs pynlik.  Maar weet jy, daardie vers laat my onthou dat die opknappingsproses nodig is en dat die eindresultaat absoluut die moeite werd is.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Gebraaide Knoffel
2 perc 11. évad 99. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 36:7b-9 U sorg vir mens en dier, o Here. Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.

Die eise wat God aan ons stel, is beslis uitdagend. Maar weet jy, om Jesus te volg, was nooit veronderstel om maklik te wees nie. En wat het ons gedoen? Ons het Hom geleidelik in ons boksie probeer inpas, ‘n meer gerieflike een. Ons het Hom só gering geag, sodat Hy op die ou end by óns lewenstyl sou inpas. Hoekom nie?!

Ek onthou die heel eerste keer wat ek gebraaide knoffel geproe het. Dit was in Walnut Creek in Kalifornië. Tydens middagete saam met my sakevennoot, Chuck, het hy daarop aangedring dat ons as voorgereg, die restaurant se spesialiteitsdis, gebraaide knoffel, moet bestel.

Dit was absoluut verstommend. 'n Groot knoffelbol, in die helfte gesny, deurdrenk met olyfolie, gebraai in die oond met 'n heerlike neutagtige geur. Heeltemal anders as enigiets wat ek al voorheen geproe het. Fantasties!

Maar in die laaste tyd, was die enigste knoffel wat ek te kope kon kry, nare klein gebleikte bolletjies.  Dit word glo gebleik om dit mooi wit te laat lyk, maar die metode beroof dit van die geur en bederf die hele smaak.

Snaaks, hoe ons so ‘n perfekte produk markgereed maak en mooi laat lyk, maar daardeur foeter ons dit heeltemal op.  In die proses het ons dit beroof van die ware potensiaal daarvan. 

En dit is grootliks wat baie mense met God gedoen het! Hulle het sy rol in hul lewens so klein en onbenullig gemaak, dat dit geen invloed op hulle het nie. Nee, laat ons wakkerskrik! Kyk wat skryf die psalmis in ‘n loflied aan God in:

Psalm 36:7b -9 U sorg vir mens en dier, o Here. Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.

Moenie God vir jou markgereed probeer maak nie! Moet Hom nie in 'n boksie, wat jou gemaklik laat voel, probeer sit nie. As jy dít doen, sal jy al sy goedheid en seën misloop.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Roker se Lewe
2 perc 11. évad 98. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Galasiërs 5:19-21 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

Die skeidslyn tussen reg en verkeerd, is vir jare al kontensieus en wankelrig. En die afgelope twintig jaar of so, het daardie lyn baie beweeg, en weet jy, ons noem dít sosiale vooruitgang! Die vraag is: Was dit tot ons voordeel?

Ek hou baie van stap. Die vars lug, die wonderlike reuke, die landskap, die geluide. Dis voed my siel! Die ander dag, stap ek buite en geniet die son op my gesig, die geur van blomme, en skielik begin iets anders met die geur inmeng. Rook! Nes ek gedink het! Voor my het iemand 'n sigaret aangesteek.

Ek was vroeër 'n drie-pakkies-per-dag-roker, daarom verstaan ek ​​die hunkering. Ek verstaan regtig! Maar is dit nie ontstellend hoe ons die perfekte wêreld, wat God geskep het, besoedel nie? En dan praat ek nie eers van die ongelooflike liggame wat Hy vir ons gegee het nie. Wat doen ons? Ons vergiftig onsself en maak asof ons dit geniet ... en dit, terwyl ons, teen ons beter wete, stadig maar seker aan die binnekant doodgaan!

Ons bluf onsself! Ons probeer regverdiging vind vir 'n hele klomp dinge wat sleg is vir ons. Kyk wat sê:

Galasiërs 5:19-21 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

Nou dink party van julle miskien: 'Ag, regtig, kom nou Berni! Dinge in die wêreld het baie verander. Dis hoe dinge vandag is.”

Miskien, maar al probeer jy ook hoe hard, jy kan niks vind wat die gevoel van die son op jou gesig en die geur van daardie blomme troef nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Oorvloedige Lewe
3 perc 11. évad 95. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Efesiërs 5:1,2 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.

Jesus het ons belowe dat as ons op Hom vertrou, Hy ons 'n oorvloedige lewe sal gee. Iemand het my eenkeer gevra: 'Hoe lyk dit?' En dit ... dit is 'n baie goeie vraag. Hoe lyk jou oorvloedige lewe in Christus? Hoe is dit veronderstel om te lyk?

 

Dis fassinerend hoe baie van ons eienskappe ons van ons ouers geërf het. Ons is hulle lewende nalatenskap. Ek is uniek, want ek is op ‘n wonderbaarlike wyse saamgeweef uit die DNA van my ma en my pa. Dieselfde is waar van jou.

 

Ons ouers leer ons hoe om te lewe. Onbewustelik neem ons hul maniertjies en moraliteit aan. Ons word gevorm deur wie hulle as mense is en die wyse waarop hulle ons opvoed.

 

Dit is 'n ongelooflike proses, as jy daaraan dink. En weet jy, in die volgende generasies, herhaal die hele ding hom weer en weer. Voorwaar wonderbaarlik. . . 

 

As ons ‘n bietjie daaroor nadink, sien ons dis dieselfde in ons verhouding met God. Hy is ons Vader. Ons is na sy beeld gemaak ... die beeld van 'n oorvloedig kreatiewe, 'n oorvloedig vrygewige, 'n oorvloedige liefdevolle God.

 

Soos die invloed wat ons ouers op ons gehad het, ons gevorm het, is ons veronderstel om God se vormingsinvloed in ons lewens te weerspieël.

 In Efesiërs 5:1,2 lees ons:  Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.

 

Hoe werk hierdie oorvloedige lewe wat Jesus ons in Johannes 10:10 belowe het, in die praktyk?  Ek dink dit gebeur as ons, ons dit ten doel stel om ons lewens op Jesus te modelleer en Hom as voorbeeld na te volg; kreatief, vrygewig, liefdevol.

 

... Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Twee pap Bande
2 perc 11. évad 94. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jesaja 40:30,31 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

Moegheid is deesdae 'n pandemie. Wat’s fout? Kry mense nie genoeg slaap nie? Moontlik. . . Maar ek vermoed dat die oorsaak van die gevoel van moegheid baie dieper lê, as ‘n blote tekort aan slaap.

 

Enigiemand wat 'n motor besit, weet hoe verskriklik dit is om te ontdek dat jy 'n pap band het. Wat 'n pyn! Maar daar is iets erger, as om net een pap band te hê. Ja, jy het geraai. Dit is om twee pap bande te hê. Dit is beslis baie, baie erger.

 

Dit het net onlangs met my gebeur. Terwyl ek 'n paar dae weg was, het iemand 'n skroewedraaier deur een van my motor se bande gesteek. Fantasties! Ek het die noodband opgesit, maar nie kans gemaak om die beskadigde een te herstel nie. Gister kom my vrou moedeloos uit die motorhuis teruggestap, met die aankondiging dat sy nêrens heen kan gaan nie, want 'n tweede band is pap.

 

Solank jy ‘n noodwiel het, gaan dit goed met jou. Maar as die noodwiel ook beskadig is, gaan jy nêrens heen nie. En dit is hoe baie mense hul lewens leef. Emosioneel is hulle platgeslaan en terselfdertyd is hulle ook geestelike uitgeput. Twee pap bande. Hulle gaan nêrens heen nie.

 

Mense vra my gereeld hoe ek, op my ouderdom, so ‘n besige tempo volhou. Dit is regtig baie eenvoudig. Ek bring elke oggend, tyd deur om te bid. Tyd alleen met Jesus. Tyd in God se Woord.

In Jesaja 40:30,31 lees ons: Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

 

Wag op die Here. Vernuwe jou krag. Elke dag.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Skellende Papegaai
2 perc 11. évad 93. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 12:46,47 Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red.

Een van die redes waarom so baie mense huiwerig is om Jesus aan te neem, is omdat ons bang is dat Hy ons sal veroordeel oor die dinge wat ons gedoen het. Dié vrees het my bykans twee dekades lank teruggehou!

 

Wanneer ek in my studeerkamer probeer werk, maak die buurman se papegaai, wat net aanhou skree, my absoluut mal. Moenie my verkeerd verstaan nie, dis 'n pragtige voël, maar hy maak dag na dag die vreeslikste geluide! Ek moet bieg, dat ek al in die versoeking was om die voël ernstige skade aan te doen.

 

Ek wonder of ons nie almal mense in ons lewens het, wat 'n opvallende ooreenkoms met die ellendige papegaai toon nie? Hulle lyk na wonderlike mense. Maar as hulle hul monde oopmaak, is hulle net so irriterend soos daardie skreiende, skreeuende papegaai. Ek was eintlik baie so. Die enigste woorde wat uit my mond gekom het, was harde, kritiese woorde.

 

Maar, toe Jesus in my lewe ingekom het, het iets radikaal verander. Ek het verwag dat Hy my met harde, kritiese woorde sou berispe, want dit is, wat ek verdien het. Maar Hy het na my gekom met sagte, liefdevolle woorde.

 

Hy moes my veroordeel het, maar in plaas daarvan, fluister hy in:

Johannes 12:46,47  Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red.

 

Weet jy, ons was almal sulke skreeuende papegaaie in iemand anders se lewe? Ons was! Maar Jesus se reaksie is nie om ons te oordeel, of af te skryf nie. Nee. Hy het ons kom red.

Jesus het gekom om jóú te red. 

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Vervang die Toiletrolletjie
2 perc 11. évad 92. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

Kom ons kyk vandag na die impak wat jy op ander mense se lewens het. Hier is die vraag: Wat is die een ding wat jy kan doen, om ‘n groter positiewe impak op ander se lewens te maak?

 

Soos kinders grootword, is daar verskillende fases, of mylpale, op pad na volwassenheid.

 

Jy kan dink ek is simpel, maar ek dink 'n kritieke mylpaal in die ontwikkeling van enige tiener, is, wanneer hulle uiteindelik onthou om 'n vars rol toiletpapier in die houer te sit, wanneer hulle die laaste van die vorige rol gebruik het. Elke ouer wat al ‘n tiener in die huis gehad het, glimlag nou seker!

 

Alle grappies op ‘n stokkie. Daar kom 'n tyd in ons lewens wanneer ons aan ander mense móét begin dink; waar ons gesindheid moet verander van "ek, ek, ek" na 'n dienskneg-gesindheid wat meer dink aan die behoeftes van ander.

 

Jesus het dikwels daarna verwys. Toe sy dissipels twis oor wie die belangrikste is, sien ons in:

Markus  9:35  Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

 

Is dit vergesog? Dit skrei teen alles wat ons moderne wêreld verkondig. Die belangrikste mense is tog diegene, wat hulself as die belangrikste beskou. Of hoe?

 

O nee! Dink daaraan. Dit staan lynreg teenoor die wêreld se sogenaamde ‘wysheid’. Die belangrikste mense in jou lewe, is tog diegene wat jou gehelp het, toe jy hulp nodig gehad het.

 

Diensbaarheid is so 'n belangrike deel van die grootword proses. Die probleem is egter dat sommige mense nooit grootword nie. En dan wonder ons hoekom ons nie 'n verskil in ander se lewens maak nie!

 

Word groot. Dien ander. Maak 'n impak.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Brandstofmeter
3 perc 11. évad 91. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas16:13 “Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”

Hoe graag wil jy ryk wees? Dink mooi -  op 'n skaal van nul tot tien? Hmmm. Ons praat van skat, skatryk wees. Dink weer, ook 

op ‘n skaal van nul tot tien, hoe gelukkig reken jy sal jy wees, as jy al die rykdom het?

 

'n Vriend van my het onlangs 'n e-pos met 'n foto van die motor se brandstofmeter aan my gestuur. In plaas daarvan om  'leeg' aan die een kant te lees en 'vol' aan die ander kant, het dit R0 aan die een kant gelees en 'R800 'aan die vol-kant gelees. Die onderskrif het gesê: 'Dit maak meer sin as die leeg en vol.’

 

Ek hou daarvan. En met die prys van brandstof deesdae, waarom nie? Maar dit het my laat nadink. Dit wil voorkom asof soveel mense se tenks vandag byna leeg is, en die probleem is dikwels geld. Wil jy meer daarvan hê? Dieper in die skuld raak? Wil jy langer en harder werk om jou geldhonger te voer? Geld sal nie geluk en vervulling bring nie.

 

Soos elke dwelmmiddel, kan ons begeerte na geld ons hele lewe in beslag neem en ons vernietig. Jesus het dit só gestel in:

Lukas16:13 “Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” 

 

En dit is die kern. Ons begeerte na geld skei ons uiteindelik van ons begeerte om God te dien. Die een trek ons ​​in hierdie rigting, die ander in daardie rigting, totdat een moet bes gee.

 

Maar 'n interessante ding gebeur as ons van die geld mallemeule afklim. Ons begin skielik die lewe geniet - en geld, hmf, geld gaan terug na waar dit hoort. Geld is weer jou dienaar en nie jou meester nie.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.


Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Multifokale Lense
2 perc 11. évad 88. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

 Jakobus 2:13 Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.

Konflik kom oral voor. Maar weet jy, ons dra dikwels by tot die konflik, net omdat ons op die verkeerde manier daarop reageer. Ons wens ons kon dinge anders doen, maar voordat ons onsself kan keer, maak ons dieselfde fout.... weer ‘n keer!

 

‘n Ruk gelede is ek na my oogkundige om 'n nuwe bril te kry. Sy stel 'n multi-fokale bril voor, waar die lense oorgaan tussen naby, middelafstand en ver. Dit was 'n bietjie van ‘n uitdaging, maar ek het my laat ompraat. . .

 

Toe ek die bril die eerste keer opsit, het dit gevoel of die vloer beweeg. En dit het my ‘n tydjie geneem om dinge op verskillende afstande mooi te sien. Ek moes leer deur watter deel van die lens om te kyk. 

 

Maar na 'n paar weke het dit nie gepla nie. My brein het, sonder dat ek daaraan hoef te dink, outomaties die aanpassings, vir my gemaak.

 

Ek vermoed dat die dieselfde beginsel in ons lewe waar is. Ons sien dinge op 'n sekere manier, soos ons dit nog altyd gesien het. “Wel, ek moes hom afdank. Wat sal die baas dink? My verhoging is op die spel. ” Hmm.

 

Maar, wat sal gebeur as ons dit sou waag om 'n ander bril op te sit en deur die lens van genade te kyk na dieselfde situasie? Dit sal natuurlik 'n rukkie neem om aan te pas. Byt vas, voor jy weet, lyk daardie situasie heeltemal anders.

 

Dit is 'n sprong van geloof, maar net ingeval jy 'n bietjie huiwerig voel, lees:

Jakobus 2:13 Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Grootste Impak
2 perc 11. évad 87. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Galasiërs 5:13,14 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 

Goeie kliëntediens word al hoe skaarser. Ons wil almal goeie diens hê. Maar wat gebeur, as dit ons is, wat moet bedien? Hoe effektief is ons om ander te bedien?

 

Ons het byna daagliks met kliëntediens te doen. By die bank, by die supermark, met die taxi-bestuurders, met die onvermydelike oproepsentrum-operateur, ensovoorts, ensovoorts.

 

Ek wonder hoeveel van die diens wat jy al ontvang het, regtig goeie diens was. Dink net aan al die kliëntediens-interaksies wat jy die afgelope week gehad het;  hoeveel van hulle staan vir die regte redes uit?

 

Ek wed jou, nie te veel nie! As ons die dag regtig goeie kliëntediens ervaar, is dit amper 'n skok.

 

Onthou jy daardie verkoopsman van die afdelingswinkel, wat, soos hy belowe het, opgevolg en teruggebel het? Die loodgieter wat betyds opgedaag het en teen 'n billike prys, goeie werk gedoen het en selfs skoongemaak het? Dit gebeur nie te gereeld nie. . .

 

Uit jou eie ervaring weet jy en ek, dat goeie diens ‘n kragtige indruk op mense maak. Kyk wat staan in Galasiërs 5:13,14: Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

 

Goeie diens spreek boekdele. 

 

Weet jy, as ek en jy beweer dat ons in Jesus glo, as ons onsself Christene noem, sal die wyse waarop ons ander dien, vir húlle vertel wie hierdie Jesus, waarvan ons praat, werklik is.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Klein Klippie in die poel
2 perc 11. évad 86. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Lukas 6:30,31 Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word. 

Maak dit sin om mense, wat dit nie verdien nie, ordentlik te behandel? Sê nou dis iemand wat iets van jou gesteel het; moet jy hóm met respek behandel? Weet jy, waar God regeer, is dít een van die slimste dinge wat ons ooit kan doen.

 

Daar was 'n wonderlike restaurant in my woonbuurt. Dit was nie volmaak nie, maar sjoe, waar in die wêreld kry jy iets wat perfek is? Op ‘n stadium het die bestuur besluit dat hulle nie meer tevrede was met die ‘onvolmaakte’ kelners nie. Myns insiens, was hulle bekwame kelners, wat die gaste goed behandel het.

 

Nou-ja, dit het 'n kettingreaksie veroorsaak. Die kelners het geloop en die besigheid het agteruit gegaan. Is dit nie snaaks nie; waar die personeel goed behandel word, is hulle vriendelik teenoor die gaste en effektief in hul werk. Dit is soos om 'n klippie in die dam te gooi en die rimpelings te sien.

Wat sal gebeur as ons by onsself begin? As ek en jy teenoor meer mense vriendelik sou optree? En nie net teenoor die mense wat vir ons aanvaarbaar is nie, maar ook teenoor die onvolmaaktes. Jesus het dit so gestel in:

Lukas 6:30,31 Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.

 

Om goedhartig te wees teenoor iemand wat iets van jou steel, klink nie baie wys nie. En dink net, wat sou die gevolge wees, as ons meer sou omgee vir die dief, as vir die ding wat hy gesteel het?

 

Hoe anders sou hierdie wêreld gelyk het, as God die krag van sy liefde, deur my en jou kon vrystel? Stel jou voor hoe die rimpelings van transformerende liefde kan uitbrei na jou vriende, dan na hul vriende, oor 'n stad, oor 'n land, oor die hele wêreld heen. . .

 

en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Kommunikasie in ‘n Tegnologiese Wêreld
2 perc 11. évad 85. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 10:51,52 Jesus vra vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” “Rabboeni,” sê die blinde man vir Hom, “dat ek kan sien.” Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan. 

Hier is 'n vreesaanjaende gedagte. Hoeveel tyd spandeer jy op jou tegnologiese toestelle en hoeveel tyd spandeer jy aan mense? Vir baie mense is die antwoord op hierdie vraag ontstellend.

 

Ek doen baie van my werk op 'n sleutelbord in my studeerkamer. Dit is 'n wonderlike werkruimte; ek het ‘n lieflike uitsig oor 'n paar groot ou bome en dis stil en gemaklik. 

 

Maar toe ek nou die oggend in my stoel terug leun, om my gedagtes te orden, was ek geskok deur dit wat voor my was. Daar was ses kommunikasie toestelle op my lessenaar. My slimfoon, my huistelefoon, my werktelefoon, my rekenaar, die tablet met my Bybels en biblioteek daarop, en my slimhorlosie wat my oefening en mobiliteit meet, en snaaks genoeg, hy sê ook hoe laat dit is!

 

Kan jy dit glo? 'n Vinnige videokonferensie na Parys of Hyderabad, geen probleem nie. Dit is deesdae net só maklik, want ons leef in die mees tegnologies gevorderde tyd in die ganse geskiedenis. Enige inligting wat ons nodig het, is daar met die druk van ‘n knoppie. Dis tragies - hoe meer toestelle ons het, hoe minder kommunikeer ons met mense. Hoe meer e-posse jy moet beantwoord, hoe minder tyd bestee jy daaraan om 'n vriend oor ‘n koppie koffie te ontmoet; om iemand persoonlik te ontmoet, of sommer net iemand te bel om te vra: "Hoe gaan dit met jou?"

 

Ons lees in Markus 10: 51,52: Jesus vra vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” “Rabboeni,” sê die blinde man vir Hom, “dat ek kan sien.” Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan.

 

Die wonderwerk het gebeur omdat Jesus, tussen die mense geleef en beweeg het. Hy was betrokke en wou die blinde man help.

 

Wat moet ons hieruit moet leer. . . 

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Lastige Onderbrekings
3 perc 11. évad 84. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” 

Nie een van ons geniet dit as teëspoed jou tref nie. Maar vanuit God se perspektief, het teëspoed 'n spesiale plek in ons lewens. Daarom moet ons leer om teëspoed reg te hanteer.

Stel jouself die situasie voor: Alles gaan voor die wind en skielik tref 'n draaibal van die linkerkant af, jou reg op die krop van jou maag. Een oomblik gelede was alles nog perfek en die volgende oomblik lê jy en krul van die pyn en hyg na asem.

Het jy al opgelet hoe dinge so onverwags verander; dinge wat jou beroof van jou vrede en jou vreugde. Probleme oorval jou uit die bloute. In 'n oogwink is jou lewe omskep in totale chaos.

Soms kom ons seëvierend uit die situasie. Ander kere wil ons in 'n hopie gaan sit en onsself bejammer, moed opgee, iemand blameer, of teen ons beterwete iets dom doen.

Ons laat toe dat ‘n onverwagte draaibal ons lewens verwoes. In ‘n oogwink is ons hele dag bederf, omdat ons nie daarvoor voorbereid was nie.

Net voordat Jesus gekruisig is, te midde van die onrus en die vrees, sê Hy in Johannes 16:33 aan sy dissipels: Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Moenie verbaas wees as probleme opduik nie. Dit het met Jesus gebeur. Dit gaan met jou gebeur. Verwag probleme, want dit kom.

Maar, as jy moed wil verloor, weet dit: Jesus, jóú Jesus, het al die probleme van hierdie wêreld oorkom. Wees dus dapper. Moenie toelaat dat die moeilikheid jou onverwags betrap nie. En as dit kom, weet dat jou Verlosser al die veldslae gewen het. Hy het inderdaad die hele oorlog gewen.

Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My.

Jesus.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Net Nog Een
2 perc 11. évad 81. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 8:31-34 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?” 

Een van die dinge wat ek, soos ek ouer word, al hoe meer besef, is dat ek die kuns van selfmisleiding uitstekend bemeester het. Wat van jou? Ons kan goed wat voor die hand liggend is, ignoreer - dinge, wat vlak voor ons neuse is.

Ek het die ander dag in ‘n ry gestaan, terwyl twee dames begin rook. Een van hulle hoes baie erg, en toe sy haar sigaret aansteek, draai sy na haar vriendin en vra: 'So, wat dink jy, is dit brongitis?'

Ek en ‘n man naby my in die ry het oogkontak gemaak, en weet jy, ons het nie geweet of ons moet lag of huil nie? Brongitis, regtig ?!

Maar doen ons dit nie almal nie? Ja, ons doen dit - laat ek dit maar kaalkop sê - ons doen regtig onnosel dinge, en dan dink ons verskonings uit, sodat dit ons nie meer pla nie en ons dit vergeet.

Klink dit nie na die man wat so hard werk, dat hy geen tyd vir sy gesin het nie? Of die baas wat haar personeel boelie en dan wonder hoekom hulle almal bedank? Nou ja, Jesus het ook iets pynlik reguit te sê oor die goed wat ons onsself wysmaak.

Johannes 8:31-34 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?”

Jesus. Hy het gekom om jou vry te maak. Luister na Hom… want wanneer jy dit doen, sal die waarheid, sy waarheid, jou vrymaak. 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Rommel Beginsel
2 perc 11. évad 80. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. 

Die idee dat Jesus gekom het om my te red, en om jou te red, klink party dae so baie na ‘n sprokie. Dink jy nie dat dit vandag, in die 21ste eeu, effens onwerklik voorkom nie? Aan die een kant is daar die realiteit van hierdie lewe en aan die ander kant die Jesus-lewe.

Toe ek die ander dag in my studeerkamer sit, het iets my getref.

Ek het ‘n snippermandjie onder my tafel waarin ek hoofsaaklik papier gooi. En dit is verbasend hoe vinnig dit vol word. Terwyl ek eendag besig was om rustig te werk, sien ek dit alweer begin oorloop! 

Waar kom al hierdie rommel vandaan?

En het jy al ooit gesien hoe vinnig vuilgoed in jou huis, in jou motor, of in jou agterplaas ophoop? Of wat van onder in jou yskas? Dit is asof rommel en vuilgoed natuurlike byprodukte van die lewe is. En tensy ons die mandjie leegmaak, of die motor skoonmaak, of die agterplaas opruim, of die yskas uitvee, sal ons net in 'n konstante gemors leef.

En glo vir my, dieselfde beginsel geld ook vir ons lewens. Vullis en rommel blyk natuurlike produkte van ons onvolmaakte lewens, te wees.

Maar in 1 Johannes 1:9 lees ons:  Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

God het vir Jesus gestuur met die doel om ons lewens van die gemors, die rommel en die vuilgoed te reinig. Ons hou miskien nie daarvan om dit te erken nie, maar hierdie rommel is 'n natuurlike produk van ons onvolmaakte lewens.

God noem dit sonde. En God se plan, om Jesus aarde toe te stuur, was sodat Hy die prys kon betaal, om ons gebroke lewens heel te maak – sodat Hy ons kan vrymaak.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Kyk na die lewe, vanuit God se perspektief
2 perc 11. évad 79. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jesaja 40:21,22 Weet julle dan nie, het julle nie gehoor nie, is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie, het julle nie 'n begrip van hoe die aarde ontstaan het nie? God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon. 

Jy sal my gereeld hoor praat oor perspektief. Dit beteken, hoe nader iets is, hoe groter lyk dit en hoe verder dit is, hoe kleiner lyk dit. Jou perspektief verander eintlik die werklikheid vir jou. Ongelooflik.

Goed, laat ons vir 'n oomblik aanvaar dat God inderdaad God is; dat Hy vir jou en my geskape het, en dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het, om vir ons aan die Kruis te sterf.

As dit alles waar is, hoe sien God jou? Ek bedoel, as jy deur dieselfde venster na jouself wil kyk, as wat God jou sien - hoe lyk die venster?

Is dit 'n klein venstertjie? Die soort wat nie veel lig inlaat nie? Of die soort waarmee jy nie ver vooruit kan sien nie? Kyk God deur 'n nou venster na ons lewens, of het Hy 'n baie wyer perspektief; 'n groot venster; wat oorvloedige lig laat instroom? Dié soort, wat hom toelaat om moontlikhede verder in die toekoms te kan sien, as wat jy ooit sou kon sien?

Kom ons vra, watter soort perspektief God op jou lewe het.

In Jesaja 40: 21,22 lees ons: Weet julle dan nie, het julle nie gehoor nie, is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie, het julle nie 'n begrip van hoe die aarde ontstaan het nie? God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon.

Hier’s die antwoord: God het 'n volmaakte perspektief. Die volgende keer wat jy 'n probleem het, wat te groot is vir jou om te hanteer ... onthou, ons God is 'n groot God. Hy sien baie meer as wat ons sien; Hy sien alles, en sy almag kan ons nie peil nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Ek is lief vir Katoeters
3 perc 11. évad 78. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Dit is maklik om heeltemal oorweldig te word deur al die nuwe tegnologiese toestelle wat beskikbaar is. Ons weet almal hoe tegnologie ons lewens verander, maar daar is iets anders, of moet ek sê, Iemand anders, met soveel meer krag, dat Hy jou hele lewe totaal kan hervorm. Dit laat ‘n mens se asem wegslaan.

Ek is mal oor my ‘gadgets’ of katoeters. Ek was nog altyd, en ek vermoed dat ek altyd sal wees.

Dink daaroor na. Jy sê vir jou slimfoon: 'Speel vir my van my gunsteling musiek.’ ‘Wanneer is my volgende afspraak?’ ‘Neem my soontoe.’ ‘n Toestel wat my verstaan! Hmm. Ek hou daarvan. Ek glo nie dat ons selfs vyf jaar gelede, sou kon voorspel, watter omwenteling tegnologie in ons lewens sou bring nie.

Ek het oor die jare soms gestoei met godsdiens en wat daarmee saam gaan. En weet jy hoekom? Ek het dit nie verstaan ​​nie, en gedink dit verstaan my ook ​​nie. Ons was op verskillende planete en is in baie opsigte nog steeds. 

Maar Jesus, dis ‘n ander saak. Hy praat my taal. Ons verstaan ​​mekaar. Hy lewe werklik. Ek gee toe, die slimfoon-ding is fantasties. Maar om met Hom te praat, Hom te hoor praat, te sien hoe Hy my lewe voor my oë verander ... dis onbeskryflik. 

Ons lees in Johannes 14:26 dat Jesus gesê het: en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 

Weet jy, hoe nader jy aan Jesus kom, hoe meer smag jou hart daarna om Hom te volg. Jy begin verstaan dat Hy die krag van die Heilige Gees in jou lewe vrystel om jou helper te wees. Om jou te help om jou potensiaal, waarvoor God jou gemaak het, te bereik.

Ek sou nooit, in my wildste drome, die krag wat Hy het om 'n lewe te verander, vir myself kon voorstel nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Geen Illusie
3 perc 11. évad 77. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Handelinge  2:38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. 

Kan ek jou ‘n vraag vra: Waaroor gaan hierdie hele Jesus-storie? Is dit waar, of is dit 'n illusie? Is diegene wat op Jesus vertrou, reg, of jaag hulle ‘n onwerklike droom na? 

Ek hou daarvan om na ‘n vertoning van ‘n kulkunstenaar te kyk. Mense noem hulle towenaars, maar dis nie toorkuns nie, al wat hulle doen, is om ons te kul met dit wat hulle ons toelaat om te sien, en dit wat hulle wegsteek.

Jare gelede, terwyl ek nog in die rekenaar-besigheid was, het ek ‘n kliënt gehad, wat sulke toertjies gedoen het. Hy het 'n klein guillotine gehad en jy moes jou vinger deur 'n gat steek. Daar was twee klein gaatjies vir tandestokkies bo en onder. Die toestel was ‘n groot stuk hout met 'n metaal blad. En op die telling van drie sou hy die guillotine na onder afklap en die twee tandestokkies bo en onder jou vinger sou knak, maar jou vinger in die gat was nog in een stuk. Ek kon nooit agterkom hoe die ding werk nie. Dit het my mal gemaak!

David Copperfield was vir baie jare een van die grootste kulkunstenaars. Ek was al by een van sy vertonings en het gesien hoe hy letterlik in 'n groot, verseëlde Perspex-boks vlieg. Hy is absoluut briljant. Maar hy het die volgende gesê: God se wonderwerke, wat in die Bybel opgeteken is, is ver groter as enigiets  wat 'n illusionis ooit sal kan doen. Maar, groter as enige fisiese wonderwerk, is die vermoë van hierdie man, Jesus, wat vir ontelbare miljoene mense deur die eeue heen betekenis aan hul lewens gegee het. 

Dit is geen illusie nie. Nee, my vriend, dis absoluut waar. Laat my dus toe, om jou met hierdie gedagte te laat:

In Handelinge 2:38 lees ons: Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Persoonlike Verhaal
3 perc 11. évad 74. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 3:16 God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 

Ek het geen idee waar jy in jou lewe en in jou verhouding met God staan nie. Ek het ‘n rukkie gelede een aand saam met 'n man geëet wat heftig teen God was. Dis seker sy keuse. Maar vandag wil ek jou my verhaal vertel.

Ongeveer 'n kwarteeu gelede het ek iets gedoen, wat ek nooit gedink het ek sou doen nie. Ek was 'n geharde, onverbiddelike  sakeman wat deur 'n reeks gebeure, byna alles verloor het. 

Dit was sonder twyfel die laagtepunt van my lewe; dit was asof die wêreld sy rug op my gedraai het. Maar te midde van die hartseer en die pyn, het iets vir my baie, baie duidelik geword. Dit was die feit dat God my liefgehad het. 

Johannes 3:16 sê: God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Dit is hoe lief Hy my gehad het! Ek het alleen onder 'n groot ou boom gaan sit en gesê: “God, ek gee my lewe heeltemal aan U. Alles wat ek het. Alles wat ek is. Al my hoop, al my drome. Gee ek aan U. ”

Dit het vyf en twintig jaar gelede gebeur. Alles het nie eensklaps verander nie. Baie trane en uitdagings later, het Hy my by ‘n punt gebring; ‘n plek, waar ek weer my kop kon optel. 

Alles was nie perfek nie. Dit het nie beteken dat ek geen probleme gehad het nie. Maar Hy het my op ‘n punt gebring waar Hy ín my gewerk het en deur my, ander kon seën, met die talente wat Hy aan my gegee het. En met al die op- en afdraandes sedertdien, kan ek eerlik sê dat ek niks sou wou verander nie.

Maak nie saak waar jy is nie, weet dit: Hy het jou so lief en Hy het beslis 'n plan!

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Wat Maak Jou Gelukkig?
3 perc 11. évad 73. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.” 

Tevredenheid is 'n interessante konsep. Ons beleef dit op verskillende maniere - deur 'n vervullende beroep - deur goeie verhoudings - miskien deur 'n heerlike vakansie. Maar op die ou end, gee nie een van die dinge op sigself vir ons, wat ons regtig wil hê nie. 

Daar was onlangs 'n Amerikaanse sepie op televisie. Dit was veronderstel om komies te wees, en dit was nogal. En tog, tydens een episode, spring 'n getroude vrou saam met 'n ander man in die bed. 

Toe hy haar vra waarom sy dit gedoen het, of sy haar man liefgehad het, of die huwelik aan haar behoeftes voldoen het? Antwoord sy “JA” op al die vrae.

Hy vra haar toe weer hoekom sy dit doen en sy antwoord: Wel, ek het ontdek dat die dinge wat ek wou hê, my nie gelukkig gemaak het nie. Hmmm. Ek wonder hoeveel mense leef hul lewens so. Ek bedoel, as iemand jou sou vra hoe gelukkig jy is; hoe tevrede jy regtig is, wat sou jou antwoord wees? 

Omdat so baie mense dinge najaag, wat hulle nooit sal bevredig nie, het Jesus in Johannes 6:51 gesê: 

Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”

'n Oondvars stuk brood laat ons mond water. Gemorskos kan ‘n versoeking wees, maar daardie reuk, daardie smaak van ‘n vars warm brood, dis tops!

Daarom het Jesus gesê: Ek is die brood van die lewe. Want of ons dit nou besef of nie, Jesus is die enigste een wat ons kan gee waarna ons soek. Net omdat ... Hy ons so gemaak het.

Dink mooi, op 'n skaal van een tot tien, hoe tevrede is jy?

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Piesangskil
2 perc 11. évad 72. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

2 Konings  1:15 Die Engel van die Here het vir Elia gesê: “Klim af saam met hom, moenie vir hom bang wees nie.” Elia is toe saam met hom die berg af na die koning toe.

Baie mense leef onbewustelik in 'n konstante toestand van verdoemenis en vrees. In werklikheid beroof daardie knaende gevoel van vrees baie mense van die vryheid, wat Jesus vir ons gebring het.

In 2005, in Londen, het ek die moltrein by Gloucesterweg gehaal met die doel om besienswaardighede te gaan besoek. Ek was effens honger en ek het 'n piesang op die platform gekoop.

Maar ek kon nêrens 'n vullisdrom vind om die piesangskil in weg te gooi nie. Toe besef ek waarom. Met wêreldwye terrorisme wat toeneem, en wat Londen dikwels teiken, kan vullisdromme nie in openbare ruimtes gebruik word nie.

Ja, dit was slegs 'n paar weke later, dat bomme weer op die Tavistock-plein ontplof het. 

Terrorisme gaan oor vrees. Die woorde 'vrees' of 'bang' kom byna 450 keer in die Bybel voor en dít is gewoonlik God wat vir die mense sê: "Moenie bang wees nie."

In 2 Konings 1:15 lees ons: Die Engel van die Here het vir Elia gesê: “Klim af saam met hom, moenie vir hom bang wees nie.” Elia is toe saam met hom die berg af na die koning toe.

Ons kan, en ons behoort verstandige voorsorgmaatreëls op allerlei terreine van ons lewens te tref. Dit maak nie saak hoe hard ons probeer nie, maar ons kan nie beheer hê oor baie van die angswekkende dinge wat met ons kan gebeur nie.

Maar, ek en jy, ons het 'n keuse. Die eerste en populêrste opsie, is om ons lewens in vrees te leef.

Dit is kommerwekkend om te sien hoe algemeen chroniese vrees voorkom.

Die tweede opsie, wat veel minder mense kies, is om die een Persoon te vertrou, wat regtig kan sê: “Moenie Vrees Nie.”

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Versmoor in die Besoedeling
2 perc 11. évad 71. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Galasiërs 5:19-21 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

Sonde is 'n woord waarvan die meeste mense nie hou nie. Dit laat ons gril. Dit klink so baie na daardie outydse, veroordelende godsdienstigheid. Ja, dit klink nogal so. Maar weet jy, sonde is 'n woord wat God baie gebruik.

Ek bestee baie van my tyd om oor die hele wêreld rond te vlieg - Asië, Afrika, Europa, Noord-Amerika, die Stille Oseaan, Australië en Nieu-Seeland. Ek kan jou ‘n geheim vertel, daar is 'n geweldige verandering in die lugruim.

'n Paar jaar gelede was die besoedeling slegs rondom die groot stede sigbaar. Dit was seker te wagte. Maar meer onlangs, kan ek nie 'n enkele keer in 'n vliegtuig onthou, wat daar nie 'n bruin waas oor die aardbol gehang het nie. Eerlikwaar, kan jy jou dit voorstel - in die middel van nêrens, oor sentraal Australië, die Stille Oseaan, of die Indiese Oseaan, oral, kruis en dwars, waarheen jy ook al deesdae vlieg, sien jy dit.

Ons is so besig om die lewe te geniet, dat ons nie oplet hoe besoedeling ons verswelg nie!

Dit blyk dat dieselfde ding in die lewe gebeur. Ons is so besig om te jol, te geniet wat ons goed laat voel, dat ons nie agterkom dat die afvalproduk besig is om ons ​​stadigaan dood te maak nie. Egskeiding. Perversiteit. Siekte.

Dit word sonde genoem.

Sonde word onomwonde in Galasiërs 5:19-21 beskryf: Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

Sonde. Dit vernietig ons. Daarom het God vir Jesus gestuur.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Is jy Ernstig?
2 perc 11. évad 70. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Deuteronomium 10:12,13 “En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel. Gehoorsaam die gebooie en voorskrifte wat die Here jou vandag deur my gee. Dit sal tot jou voordeel wees. 

Daar is 'n pandemie in die Christendom, wat God se mense beroof van die seën wat God vir hulle het. Dit word bedrywigheid, of sommer net besig-wees, genoem. Ek wonder of jy al die siekte opgedoen het?

Die afgelope paar maande het ek twee Christelike leierskonferensies bygewoon. Elke konferensie het 'n spesifieke fokus en tema gehad. 

Aan die begin van elke dag het hulle 'n kort tydjie vir Lof en Aanbidding geskeduleer. Dit was gereël vir 08:30, ‘n heel skaflike tyd. Daar was vyftien minute opsy gesit hiervoor. Dit was per slot van sake ‘n Christelike leierskonferensie!

Nou ja, ek moet jou vertel, ek was verslae. By albei konferensies het slegs 'n derde van die afgevaardigdes deelgeneem aan daardie kort Lof en Aanbiddingstye. ‘n Derde! Om die waarheid te sê, die gedagte wat by my opgekom het, was: 'Is julle ernstig?' Twee-derdes van hierdie sogenaamde Christenleiers het eerder gesit en kuier om die ontbyttafel, as om God te aanbid, Hom te eer, Hom eerste te stel!

Dit is baie duidelik in Deuteronomium 10: 12,13:  “En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel. Gehoorsaam die gebooie en voorskrifte wat die Here jou vandag deur my gee. Dit sal tot jou voordeel wees.

Ek gee toe, dat ons besig is. Ons is besig. Ons het vergaderings om by te woon. Haai, weet jy dat ek net nie tyd vir God kan inpas nie? Ek is so besig om dinge te doen, ek het nie tyd om met Hom te praat nie.

Kan ek jou iets vra? Wie jy ook al is, hoe jou lewe ook al lyk - as dit by Jesus kom - is jy ernstig? Want Hy is. Daar wag 'n ongelooflike verhouding op jou en my. Maar is ons regtig ernstig?

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Verwarring
2 perc 11. évad 67. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Korintiërs 13:12 Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

Ek dink een van die grootste foute wat enigeen van ons kan maak, is om ‘n verkeerde beeld van Jesus te hê. Kom ons wees baie eerlik; baie mense is nie heeltemal gemaklik met die Jesus van die Bybel nie.

'n Paar jaar gelede terwyl ek in die Verenigde Koninkryk was, het ek 'n Kanadees met die naam, Gary, ontmoet. Die eienaardigste ding was, dat hy byna dieselfde gelyk het as Bob, ‘n liewe vriend van my, wat al 'n paar jaar gelede oorlede is.

Dieselfde lengte, dieselfde gesig, dieselfde hare, dieselfde ouderdom, alles. Dit was ongelooflik. Elke keer as ek met Gary praat, voel dit asof ek met Bob praat. Ek moes baie hard konsentreer daarop, dat as ek met Gary praat, ek regtig met Gary praat. 

Verstaan jy wat ek bedoel? Ons doen dit dikwels, of hoe? 

Ons verwar die beeld van iemand anders met die gesig van die persoon reg voor ons, en dan behandel ons hom asof hy daardie ander persoon is.

Kom ons kyk na ons beeld van Jesus. Ek het jare gelede sekere mense hoor praat van Jesus en daardeur het ek ‘n wanvoorstelling van Jesus gevorm - 'n kerklike figuur, ‘n religieuse beeld soos in ‘n  loodglasvenster.

Maar ander mense het gepraat van ‘n heel ander Jesus - 'n slim, lewende persoon. ‘n Man wat melaatses genees het, lief was vir die ellendiges en iemand wat teen godsdienstige skynheiligheid opgetree het.

Hoe maklik is dit om verkeerd te oordeel? En wat kan die gevolge daarvan wees? Weet net dat ons eendag, die ware Jesus gaan ontmoet.

1 Korintiërs 13:12 sê: Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Teistering van E-pos
2 perc 11. évad 66. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus12:29-31 Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’. Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”

Een van die groot paradokse van die lewe in die 21ste eeu is dat, hoe slimmer ons tegnologies word, hoe meer raak ons kommunikasie op 'n betekenisvolle, menslike vlak verlore. En daar is 'n baie goeie rede daarvoor.

As jy toegang tot e-pos het, geniet jy dit waarskynlik aan die een kant, maar pes dit terselfdertyd ook. Dit is tog so gerieflik - nie meer nodig om briewe te skryf en dit poskantoor toe te neem nie. Aan die ander kant wil dit jou tot raserny dryf. 

Ek ontvang daagliks tussen drie- en vierhonderd e-posse. Nou ja, baie hiervan is rommelpos, en die tegnologie gooi dit deesdae, namens my, sommer in die e-asblik. Maar van die sowat honderd wat oorbly, is sommige van hulle nogal belangrik, en daar is altyd 'n handjievol wat regtig belangrik is. 

Nadat ek baie jare lank e-pos gebruik, het ek uiteindelik besef dat dit my lewe begin oorheers. Ek het ure spandeer om na ander mense se pype te dans. Net omdat hulle vir my 'n e-pos gestuur het, het ek tyd daaraan bestee om dit te beantwoord - of dit nou belangrik was of nie.

Die lewe kan ook so wees. Ons kan die meeste van ons tyd gebruik om te reageer op agendas van ander mense. Ons mors ons tyd op onbenullighede, wat op die ou end die belangrike dinge verdring. Nou wat is die belangrike dinge dan? 

Markus12:29-31 lui: Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.” 

Moenie toelaat dat ander mense se agendas jou van die belangrikste dinge in die lewe aflei nie. 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Het jy ‘n Redder Nodig?
2 perc 11. évad 65. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 3:21-24 Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

Ek weet nie of dit jou al opgeval het, watter groot gaping daar aan die een kant, tussen die alledaagse lewe, met al sy eise, en aan die ander kant die begrip van God, sy vergifnis, en ‘n Ewige Lewe, bestaan nie.

Het jy al een van daardie straatpredikers gesien wat op 'n seepkissie staan ​​en met sy prekerige stem uitroep:  Bekeer. Bekeer jou voordat dit te laat is. Ons het almal gesondig en ontbreek aan die heerlikheid van God. Bekeer jou van jou slegte weë . Bekeer jou van jou boosheid. Slegs in Christus vind jy verlossing. Hy is die enigste weg. Keer terug na God. Bekeer!

O, gee my krag - wie ís hierdie man?!

Die ‘kerk’ sê al twee duisend jaar lank vir die ‘wêreld’ dat hulle 'n Verlosser nodig het. Baie mense hoor dit en dink - Ag nee, ek is nie so sleg nie! Ek hoef nie gered te word nie. En as ek 'n ewigheid met dáárdie man moet deurbring, lyk die hel miskien nie so ‘n slegte opsie nie.

Selfs al glo ons reeds 'n tyd lank in Jesus, dink ons dikwels... Wel, ek is nie só 'n slegte persoon nie. My ‘sondes’ is net klein sondetjies. Bekeer? Nee, dit is vir iemand wat baie slegter as ek is.

In Romeine 3:21-24  staan daar: Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

Daar is geen hiërargie van sondes nie. Daar is geen uitsonderings nie. Almal van ons het gesondig. Nie een van ons is goed genoeg om in God se goddelike heerlikheid te deel nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Seuns en Beddens
2 perc 11. évad 64. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jakobus 1:27 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

Soms voel dit vir ons asof die lewe soveel makliker sou gewees het, as ons net 'n bietjie meer geld gehad het, kom ons sê so 10% meer. Het jy al ooit so gedink? Maar kom ons dink aan mense wat wêreldwyd in verskriklike armoede lewe; gesinne wat enigiets sou gee om net 10% van ons besitting te kon hê.

‘n Paar jaar gelede het ek 'n skool vir minderbevoorregte kinders in Indië besoek. Ek was verbaas om geen beddens in die plek te sien nie. Toe ek die skoolhoof vra: “Waarom?' Antwoord hy dat hulle geen beddens kan bekostig nie. 

Die besef dat die kinders op die betonvloer slaap, het my vreeslik ontstel. Ek het dit aan 'n paar vriende genoem, en ons het saamgespan en 'n bietjie geld vir beddens gestuur. 'n Paar weke later ontvang ons 'n foto van glimlaggende seuns in hul nuwe beddens. Vir die eerste keer in hulle lewens het hulle elk hulle eie bed gehad.

Dit is wat die skoolhoof geskryf het: Tuis slaap die meeste van hierdie kinders op vloere wat met beesmis gepleister is. Hierdie beddens gee hulle 'n goeie nagrus weg van rotte en kakkerlakke. Baie dankie. Sjoe!

Jesus het 'n passie vir die armes gehad. Jy kan nie meer as twee minute in die Bybel oor Jesus se lewe lees, sonder om dit te sien nie. 

In Jakobus 1:27 lees ons: Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

Miskien kan ek en jy nie die probleem van wêreldwye armoede oplos nie . . .  maar vanaand slaap ‘n paar seuns in beddens!

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Kanker van die Siel
2 perc 11. évad 63. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Kolossense 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Een van die moeilikste dinge wat God van ons vra, is om die mense wat ons seergemaak het, te vergewe. En as hulle steeds voortgaan om ons seer te maak, is dit nog moeiliker om hulle te vergewe.

Het jy al ooit ‘n groot hap aan 'n suurlemoen gegee? Ooee, die gedagte daaraan stuur 'n siddering teen my ruggraat af. Maar stel jou voor, dat jou lewe so moeilik is, dat jy hierdie sensasie daagliks beleef. Wat 'n vreeslike gedagte!

Ek het onlangs met 'n man gesels wat sy eie organisasie gestig het en wonderlike hoogtepunte in sy loopbaan bereik het. Maar toe, ongeveer tien jaar gelede, het hy ‘n meningsverskil gehad met mense in sy besigheid en hulle het hom uitgestem en afgedank! 

Dit moes baie moeilik gewees het, maar tien jaar later, kon ek nog steeds die bitterheid in sy stem hoor. 'n Wonderlike man, maar dit was asof hy die kanker van onvergewensgesindheid in sy siel gehad het.

Vergifnis was en bly 'n groot saak vir God. Dit is die rede waarom Jesus na die Kruis gegaan het, sodat ons vergewe kan word, as ons net glo, dat Hy dit vir óns gedoen het.

In Kolossense 3:13 lees ons: Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Miskien is dit onnodig om te vra, maar glo jy dat vergifnis die kanker in ons siele kan genees?

Wie is daar vandag, teenoor wie jy 'n gevoel van onvergewensgesindheid het? Dink mooi. Sien die persoon se gesig in jou geestesoog.  Hoeveel van jou negatiewe gedagtes en jou emosionele energie gebruik jy, om aan die verkeerde dinge, wat hy aan jou gedoen het, te dink? Watter invloed het dit op jou emosionele welstand en jou lewenskwaliteit?

vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Toevalligheid en Gebed
2 perc 11. évad 60. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Johannes 5:14 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.

Gebed is 'n snaakse ding. Soms wend ons ons tot gebed as 'n laaste uitweg. Maar sou dit nie beter wees, as dit ons eerste opsie was nie? Wat sal gebeur as ons meer en meer tot God bid? Vir die groot goed en ook vir die klein goedjies.

Hallo, namens Berni Dymet en welkom terug by VARS.

Het jy al ooit iemand hoor sê toe iets, heel toevallig gebeur het: “God het dit gedoen. God het vir my uit die penarie gehelp!” Intussen dink jy: "Wag 'n oomblik, dit was net 'n toeval.”

Ek het vroeër só gedink, totdat die een ding na die ander gebeur het en Jesus vir my ‘n werklikheid geword het. En hoewel ek ‘n rasionele, logiese mens is, wat dinge beplan en dit laat gebeur, besef ek dat ek gereeld besig is om God vir dinge te vra en dat dít gebeur. En glo my; ek praat nie van ‘net gebeur nie’, maar op 'n wonderbaarlike manier gebeur.

Ek moet jou vertel van die tyd, baie jare gelede, toe ek platsak was en ons 'n rommelverkoping by die kerk gehad het. Ek het die goed, wat ek gebring het, binne 'n uur verkoop, terwyl niemand anders vir die res van die dag iets verkoop het nie!

Nou-ja, eenmaal is net 'n toeval, maar 'n rits toevalle; veral as dit is  waaroor jy gebid het, is baie moeiliker om weg te redeneer.

Kyk wat staan in Johannes 5:14 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.

Iemand het onlangs vir my gesê dat toevallighede, die dinge is wat ophou gebeur, as jy ophou bid. God gaan nie rondspring vir al ons giere  nie. Hy is immers God. Maar soos enige betroubare pa, sal Hy inspring en help, en niks is te groot of te klein vir Hom nie.

As jy bid, hoor Hy jou.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die God van Klein Dingetjies
3 perc 11. évad 59. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Spreuke 30:24-28 Daar is vier goed in die wêreld wat klein is maar buitengewone wysheid het: miere is nie sterk nie en tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg; dassies het nie veel krag nie en tog maak hulle hulle tuis teen die kranse; sprinkane het nie 'n koning nie en tog trek die hele swerm in formasie; 'n geitjie kan jy met die hand vang en tog kry jy hom in koninklike paleise.

Laat ek jou vra: wat is die dinge in jóú lewe wat vir God belangrik is? As jy twee kolomme sou trek;  aan die linkerkant skryf jy die dinge wat vir God saak maak, en regs die dinge wat Hom nie interesseer nie, wat sou jy in elk skryf?

 Hallo, namens Berni Dymet en welkom weer by VARS. 

Die meeste van ons dink dat God slegs in groot dinge belangstel. Oorloë, politiek, godsdiens ... maar die klein dingetjies, nee wat, Hy het nie tyd daarvoor nie.

'n Paar jaar gelede beland ek en my vrou in Chicago se O’Hare Internasionale Lughawe, een van die besigstes ter wêreld. En ná ‘n lang vlug uit Australië, was haar tas soek. Ek moes onmiddellik nog ‘n vlug na Minneapolis neem, en daar sit sy toe stoksielalleen in ‘n hotel, sonder haar tas.

Toe ek die volgende dag weer op O’Hare land, het hulle nog nie haar tas gekry nie. Maar toe is dit my beurt. Nadat ek vir meer as 'n uur angstig saam met al die ander passasiers gewag het vir my tas, word ons meegedeel dat ons hele vliegtuig se bagasie op die verkeerde vervoerband was. En hier kom dit! Ek het daarheen gehardloop en daar wás my tas saam met al die ander. Maar net toe ek buk om dit op te tel, sien ek op die vervoerband langsaan,  Jacqui se tas -  en dit op 'n Vrydagmiddag in een van die besigste lughawens ter wêreld!

En mense dink dat God nie in die klein goedjies belangstel nie.

Kom ons lees: Spreuke 30: 24-28 Daar is vier goed in die wêreld wat klein is maar buitengewone wysheid het: miere is nie sterk nie en tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg; dassies het nie veel krag nie en tog maak hulle hulle tuis teen die kranse; sprinkane het nie 'n koning nie en tog trek die hele swerm in formasie; 'n geitjie kan jy met die hand vang en tog kry jy hom in koninklike paleise.

Hy mis niks!

 Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Stink Boemelaar
3 perc 11. évad 58. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Jakobus 2:1-4 My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook 'n brandarm man in met ou klere aan, en sê nou julle maak 'n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

Sommige dinge in die lewe is nie eenvoudig nie. Hierdie oplossing lyk reg en daardie een verkeerd. Gmf. . .  Ongelukkig is alles nie so simplisties nie ... Wat sê jy?

Hallo, namens Berni Dymet en welkom terug by VARS.

Was jy al ooit in die kerk toe ‘n stinkende, hawelose ou instap en in die ry voor jou gaan sit? Ek is ernstig - hy stink regtig. Wat doen jy? Gaan jy die hele diens agter hom sit? Moet jy op ‘n ander plek gaan sit? Ek het al selfs gehoor van kerke waar daardie stinkende man gevra word om agter te gaan sit, waar die reuk niemand sal pla nie.

Dit is nie so maklik nie, is dit? Aan die een kant wil jy die 'Christelike ding' doen, maar aan die ander kant stink hy so, dat ‘n mens naar wil word!

In Jakobus 2: 1-4  lees ons: My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook 'n brandarm man in met ou klere aan, en sê nou julle maak 'n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

Die Jesus wat ek ken, het verkies om 'n Jood te wees, een van die mees vervolgde rasse in die hele geskiedenis. Die Jesus wat ek ken, het verkies om gereeld met mense soos die stinkende ou te assosieer, eerder as met die een wat kerk toe kom en hoog heilig lyk.

God het daardie stinkende ou meer lief as wat woorde ooit kan sê. Moenie oordeel nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Druppel in die Emmer
2 perc 11. évad 57. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 4:37-39 Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.

Of ons dit nou wil erken of nie, hoe oulik en sterk ons ​​ook al dink ons is -  een of ander tyd gaan dit voel asof die lewe ons oorweldig. Dit gebeur met ons almal. Die vraag is: wat dan?

Hallo, namens Berni Dymet en welkom weer by VARS.

Het jy al die stories gehoor van mense wat in 'n vaatjie by die Niagara-waterval afgaan? Dit is net ’n storie, totdat jy dit sélf sien. Ek was onlangs daar en het gesien hoe die krag van 345 000 liter water per sekonde, oor die rand stort. Dis net ongelooflik.

Toe ek daar staan ​​en kyk na hierdie ontsaglike skouspel, plaas ek myself in my gedagtes, in daardie vat. Dit was vreesaanjaend! Maar weet jy, soms voel die lewe so. Dit voel asof jy in hierdie maalstroom van bruisende water oor die rand van ‘n waterval gejaag word, en daar is absoluut niks wat jy daaraan kan doen nie. Toe ek daar by die Niagara-waterval staan ​​en nat word van die sproei, het ek hierdie verhaal onthou:

Markus 4: 37-39 Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!” Die wind het gaan lê en daar het 'n groot stilte gekom.

Op daardie oomblik het ek onthou dat die Niagara-valle met al sy krag en wreedheid in vergelyking met die krag van my God, wat die heelal geskep het, slegs 'n druppel in die oseaan is. 

Terwyl jy miskien eendag op pad is na ‘n situasie wat vir jou voel asof jy in 'n vat oor ‘n waterval stort, moet jy onthou dat op Sy bevel die wind sal stop, en die see kalm sal word.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Opsomming
2 perc 11. évad 56. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Psalm 103:1-4 Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon,

Niemand wat Jesus lankal volg, se lewe is probleemvry nie. Ons het almal al ontdek dat dit soms 'moeilik gaan' en onsself  afgevra of die kool die sous werd is.  Wel, is dit?

Hallo, namens Berni Dymet en welkom terug by VARS.

Die Bybel is ’n baie dik boek. Dit bestaan uit 66 boeke wat oor ongeveer 1500 jaar, deur verskillende mense geskryf is. Daar is 1,189 hoofstukke,  31,173 verse en ongeveer 807,361 woorde. Inderdaad 'n dik boek!

Is daar nie 'n korter weergawe vir besige mense beskikbaar nie? Is daar nie ‘n opsomming wat vir ons vertel watter voordele dit inhou om die boek te lees nie?

Nou-ja, eintlik is daar. In slegs 'n paar kort verse in die middel, is daar 'n uitstekende opsomming van die inhoud. Kyk hier wat sê Dawid in:

Psalm 103:1-4  Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon,

Dit som die inhoud baie mooi op. Kyk, laat ons nie doekies omdraai nie, dis nie 'n maklike ding om Jesus te volg nie. Hy roep ons om stroom-op te swem, en dikwels in die teenoorgestelde rigting as die trop te gaan. Dit ís harde werk.

Is dit die moeite werd? Wil jy ‘n eerlike antwoord hê? Dit is beslis! Dit is waarom koning Dawid se woorde so vol lof is.

…. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes. Hy red jou van die graf, bekroon jou met liefde en ontferming.

Dit klink na soveel voordele -  glad nie sleg nie. Glad nie sleg nie.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY


Gooi die baba met die badwater uit
2 perc 11. évad 53. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Markus 7:6-8 Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. “Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.”

Vir almal wat Jesus opreg volg, bestaan daar spanning ... tussen die rigting waarin ons kultuur ons roep, en die rigting waarin Christus ons roep. Die twee is selde, dieselfde. Hoe kies jy?

Het jy al ooit na ou foto's van jouself gekyk, en gedink: “Sjoe, ek kon tog nooit só aangetrek het nie!” Dames, kyk net, daardie oranje mini-romp met die platform-skoene of die wit stewels.  En manne, die pers “bell-bottoms,” daardie “sidies,” of miskien was dit daardie groot, hang snor. Dit is snaaks hoe tye verander. Modes en idees verander. Dit is uit met die oue, in met die nuwe. Dit is eintlik maar net die manier waarop die modebase die ekonomie manipuleer.

Kyk byvoorbeeld na hoe klank-opnemers ontwikkel het: Bandopnemers, Kassetopnemers, CD-spelers, DVD-spelers, MP3-spelers. Weet jy dat dit nogal skaars is om as gesinne, met etes saam om ‘n tafel te sit, selfs saam kerk toe te gaan? Dis outydse godsdiens. Ja, ‘n uitgediende vorm van godsdiens! Ek kan onthou hoe hard die kerkbanke was. Nee wat, gooi hulle uit!

Maar het ons nie miskien die baba met die badwater uitgegooi nie? Het ons nie deur die wêreld geïndoktrineer geraak nie? Ons kultuur skryf vir ons voor wat 'waar' is, en nou is ons so verward, dat ons nie meer weet wát waar is nie. Ons weet nie meer hoe om tussen kultuur en Christus te kies nie!

In Markus 7: 6-8  berispe Jesus die Fariseërs en Skrifgeleerdes: Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. “Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.”

As jy in Jesus glo, word jy nie bestem om die kultuur te volg nie. Jy word geroep om Christus te volg.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Spyt is Kragtig
3 perc 11. évad 52. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.

‘Identiteitspolitiek’ is 'n nuwe mode woord. Dit is die idee wat jou verbied om kommentaar te lewer oor my lewenstyl, want dit is wie ek is! Maar as dit die geval is, hoe gaan ons ooit groei en leer en verander, sodat ons ons Skeppingsdoel kan bereik?

Deesdae moet jy versigtig wees om nie iets te sê wat mense gaan affronteer nie. Maar dit is moeilik, omdat die waarheid, God se waarheid, reguit en soms beledigend klink.

As iemand 'n alternatiewe leefstyl het, en ons kom en sê: 'Wel, volgens God is dit verkeerd ...', dan glo hulle hulle word beledig.

Maar dis niks nuuts nie. Dit is wat Paulus byna tweeduisend jaar gelede aan die kerk in Korinte geskryf het in:

2 Korintiërs 7: 9,10 Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood.

Soms sal ons te na gekom voel, maar ons moet met diep berou die waarheid aanvaar. Deur die krag hiervan kan daar ‘n positiewe verandering in ons lewens kom.

Hoeveel egskeidings sou steeds huwelike gewees het, as mense die waarheid van onvoorwaardelike liefde opreg geglo het? Hoeveel vyande sou vriende gewees het? Hoeveel trane sou verhoed gewees het; hoeveel lewens sou verander het; hoeveel mense sou bevry gewees het, as ons maar net God se waarheid wou glo.

Natuurlik, kan God se reguit manier ons affronteer, maar ...

Die soort berou wat God wil hê, sal mense laat besluit om hul lewens te verander. Dit sal tot hulle redding lei, en ons sal nooit daaroor spyt wees nie.
Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Die Skyn Bewaar
2 perc 11. évad 51. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 12:3 Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.

Kan ek vra hoeveel van jou tyd en energie word opgeneem daardeur om ander mense te beïndruk? Kom nou, wees eerlik; op 'n skaal van nul tot tien, hoe hard werk jy daaraan? En nog ‘n vraag is ... is dit regtig die moeite werd?

Ek glo nie daar is een van ons, wat nie wil hê dat ander mense goed van ons moet dink nie. Ons probeer mense beïndruk. 
In vandag se wêreld, wat deur die idee van "sukses" gedryf word; is dit wat ons doen. 

Het jy al so ‘n persoon ontmoet? Al waarvoor hy omgee, is wat ander mense van hom dink. Dit gaan oor of hy in die regte voorstad woon, die regte motor ry, gesien word by die regte partytjies saam met die regte mense. . . 

Maar nou en dan ontmoet jy iemand wat miskien 'belangrik' is, of iemand wat baie in die lewe bereik het; miskien is hulle selfs bekend, en jy ontdek dat hulle hulself net as 'n gewone persoon beskou. Hulle hou daarvan om gewone dinge te doen en saam met gewone mense, soos ek en jy, te kuier.

Watter een van dié soort mense verkies jy - die een wat jou wil beïndruk of die een wat sommer net ‘n gewone mens sonder fieterjasies is? Die apostel Paulus het dit eenkeer geskryf in:

Romeine 12: 3 Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.

Wees eerlik, hoeveel van jou energie, jou gedagtes of jou tyd spandeer jy daaraan om ander mense te beïndruk?

Hier is 'n oplossing. Wees net die beste wat jy kan wees. Wie gee tog om wat ander mense dink ?

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

‘n Vreemde Ding om te Doen
3 perc 11. évad 50. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”

In 'n wêreld wat deur die wen-motief oorheers word, klink die stelling: ‘om te misluk kan 'n goeie ding wees,’ belaglik. En tog, deur die geskiedenis van die mensdom, het mislukkings karakters geslyp, nasies verander, en dit het nog baie, baie meer goeie gevolge gehad.

Die meeste lande ter wêreld het jaarliks een nasionale dag op hul kalender om die een of ander oorwinning te vier. Amerika vier Onafhanklikheidsdag. Die Britte vier Wapenstilstandsdag.

Maar op ‘n spesiale dag, elke jaar, doen die Nieu-Seelanders en die Australiërs iets vreemds. Terwyl ander hul oorwinnings vier, herdenk hulle 'n verskriklike nederlaag. Hulle herdenk hoe hul tydens die Eerste Wêreld Oorlog in Turkye op die Gallipoli-skiereiland 36.000 mense verloor het. Wat 'n vreemde ding om te doen!

En tog spreek hierdie verskriklike verlies kragtig tot die geboorte van twee nasionale identiteite. Christene doen eintlik ook 'n vreemde ding. Hulle vier ook 'n vreeslike verlies, die dood van Jesus aan die Kruis. 

1 Korintiërs 1: 18,19 lees: Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”

Dit is dwaas om 'n verlies te vier. Maar, net soos die verskriklike verlies van Gallipoli die karakter van twee nasies gesmee het, so het die kruisiging van Jesus ontelbare siele gered en hulle in 'n ewigheid met Hom ingelei.

Ek weet nie hoe jy voel oor Jesus se offer aan die Kruis ter wille van jou nie. Maar jou geloof in sy offer ontsluit die krag wat jou nuwe lewe gee. Dit is die krag wat jou siel red. Dit is 'n nederlaag . . . wat jou die oorwinning gee, tot in alle ewigheid. Jesus.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Here, Ek Glo
2 perc 11. évad 49. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Tessalonisense 5:1-3 Oor die tyd en omstandigheid wanneer hierdie dinge sal gebeur, is dit nie nodig om aan julle te skrywe nie, broers. Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos 'n dief in die nag. Wanneer die mense sê: “Alles is rustig en veilig,” sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne 'n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie.

Ek weet nie van jou nie, maar ek is baie bly dat ek nie weet wanneer ek sal doodgaan nie. Ek wil net nie weet nie ... maar of ek nou daaraan wil dink of nie, is dít presies wat eendag gaan gebeur.

Ek weet nie hoe dikwels jy aan die dood dink nie. Weet jy die statistieke bewys, dat uit elke honderd mense op die planeet Aarde, presies honderd sal sterf. Mense wat in Jesus glo, sal die Ewige Lewe ontvang, want 'n opregte verhouding met Jesus, is die enigste weg na die Ewige Lewe. Soveel ander mense sal in ewige skeiding van God, in daardie plek wat ons die Hel noem, moet leef, omdat hulle nie in Hom geglo het nie ... of miskien nog nooit sy uitnodiging ernstig opgeneem het nie.

1 Tessalonisense 5: 1-3 sê: Oor die tyd en omstandigheid wanneer hierdie dinge sal gebeur, is dit nie nodig om aan julle te skrywe nie, broers. Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos 'n dief in die nag. Wanneer die mense sê: “Alles is rustig en veilig,” sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne 'n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie.

Het jy Jesus aangeneem? Glo jy dat Hy in jou plek aan die Kruis gesterf het om die prys vir jou rebellie te betaal, sodat jy skotvry daarvan kan afkom? Of het jy dit nog nooit regtig reggekry nie?

Vandag is 'n goeie dag om te sê: “Here, ek glo. Here, ek vertrou op Christus en wat Hy aan die Kruis gedoen het. Ek aanvaar U gawe van Ewige Lewe.” Vandag is 'n perfekte dag vir die begin van jou ewigheid by Hom, want môre is dit miskien te laat.

Here, ek glo.

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

WAARDE
3 perc 11. évad 46. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 3:23-25 Almal het gesondig, en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe.

Het jy al gedink aan wat vir jou kosbaar is? Wat van jou huis, jou  nuwe kar, duur besittings – sal jy dit weggee? … God het sy kosbaarste besitting vir my en vir jou gegee. Sy seun.

‘n Paar jaar gelede was ek en my vrou in Londen. En wie kan Londen toe gaan sonder om Harrods, die beroemde afdelingswinkel, te besoek? Ons kon nie veel tyd daar deurbring nie, maar was verbaas om te sien wat ‘n mens alles daar kan koop.

‘n Diamanthalssnoer van 36 karaat vir ‘n halfmiljoen pond. ‘n Persiese tapyt vir tweehonderdduisend. Wat van hierdie bed vir vyf-en-sewentigduisend pond? Oooe en ek hou van hierdie eetgerei. Kyk, dit is slegs twee en sestig duisend pond. En daardie goudbedekte, diamant-ingelegde selfoon? ‘n Blote tien miljoen. Ag nee, kom ons kyk na iets heeltemal anders, hoe lyk dit met hierdie winskopie; ‘n pragtige porselein katjie vir tweeduisend pond?

Ek dink ek sal sommer twee van elk neem, dankie!

Ongelooflik die waarde wat mense op dinge sit. Die winkel was tjok-en-blok met mense wat geld uitgee asof dit aan bome groei. Nogal ‘n ervaring …

En terwyl ek in die middel daarvan staan, het ek gedink aan die wáárde wat God op jou en my plaas – die lewe van Jesus, sy Seun.

Romeine 3:23-25 Almal het gesondig, en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe.

Kry jy ‘n idee van hoeveel jy vir God werd is? Jou waarde is absoluut onskatbaar.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

DIE ELLENDIGSTE OORTREDER
3 perc 11. évad 45. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Johannes 2:2  Hy is die versoening vir ons sondes: en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

Hier’s vir jou ‘n hipotetiese vraag. Wat gebeur as ‘n moordenaar, wat op teregstelling wag, op die nippertjie besef dat hy gesondig het, en na Jesus uitroep. Onthou nou, hy is ‘n moordenaar. Die vraag is: gaan hy hemel toe, of nie?

As dit jóú besluit was, watter standaard sou jy stel vir toegang tot die hemel? Absolute volmaaktheid, ‘n uitstaande lewe, of ‘n goeie lewe? Of is ‘n bevredigende een ook oukei? Hoe hoog sal jy die dwarslat stel?

Ek dink die meeste van ons sal ongeveer 6 of 7 uit 10 aanvaar – dit is vir iemand wat basies ‘n goeie lewe gelei het. Ja, hulle is in! Maar wat van die regtig onbeskofte, verwerplike, selfsugtige mense en misdadigers? Absoluut nie!!

Dit sal jou miskien verbaas om te weet dat God se standaard heeltemal anders is. Omdat sy standaard vir ‘n Ewige Lewe saam met Hom in die hemel, absolute volmaaktheid is.Maar hoe nou, Berni? Niemand is tog perfek nie! Daarom het Hy sy Seun, Jesus, gestuur om te betaal vir ons onvolmaaktheid, ons “sonde,” soos Hy dit noem.

1 Johannes 2:2 Hy is die versoening vir ons sondes: en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

Op die dag, wanneer ek en jy voor Hom sal staan, sal die standaard volmaaktheid wees. En Hy sal ons net een vraag vra: Het jy ‘n lewende verhouding met my Seun gehad?

En dit geld vir, van die ordentlikste mense, tot die ergste van alle misdadigers. Die ou lofsang “Aan God die al die eer” stel dit so:

Die wonder, dat God tot Sy diens ons bevry,
Sy Gees ons in liefde kom lei …
Die grootste oortreder
Wat waarlik glo
Word dadelik deur Jesus
Vergifnis beloof…

Daar het jy dit! Dit gaan nie oor goeie werke nie. Vertrou jy dat Jesus se offer aan die kruis vir jou sonde betaal het?

Onthou: Die grootste oortreder wat waarlik glo, ontvang vergifnis.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


Enjoying The Content?


For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!


DONATE R50 MONTHLY

GENIET DIE EENVOUDIGE DINGETJIES
2 perc 11. évad 44. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

1 Korintiërs 14:33 God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede.

Ons dink soms dat God net in die geestelike aspek van ons lewens belangstel. Maar dit is nie waar nie. Hy is ook geïnteresseerd in die fisiese, intellektuele en emosionele kante, en dit is waaroor ons vandag gaan gesels.

Party dae is net so besig, dat jy wil mal word; dis die een ding na die ander. Maar dit gebeur seker van tyd tot tyd met die meeste van ons. Die laaste paar maande was vir my ‘n dolle gejaag. Ek het gevoel asof ek ‘n miljoen kilometer per uur hardloop. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek glo in harde werk! Wat ek sê, is dat ons ‘n kans moet maak om ‘n bietjie stil te word om na die wonderlike wêreld wat God vir ons geskep het, te kyk.  Ek glo dat Hy wil hê dat ons dit moet geniet.

Ek is soms so besig met voorbereiding vir radio- en televisieprogramme; met die administratiewe werk en e-posse wat instroom, dat ek oorweldig voel.

As ek op dié stadium kom, stop ek! Ja, ek stop, al voel ek daar is nie tyd nie. Ek neem my hond vir ‘n wandeling of gaan drink ‘n koppie koffie iewers. Ander kere maak ek ‘n koppie tee en gaan sit sommer by my hond.

God het hierdie eenvoudige, pragtige dinge vir ons gemaak om te geniet. Wanneer ons tyd neem om dit te geniet, vul Hy ons met die vreugde en die vrede, wat ons nodig het om op te staan ​​en aan te gaan.

Dis reg, fokus en werk hard, maar moenie aanhou werk, totdat jy so deurmekaar is, dat jou gedagtes en emosies verstrengel raak, en jy nie meer effektief is nie.

1 Korintiërs 14:33 God is tog nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



Enjoying The Content?


For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!


DONATE R50 MONTHLY

PATETIESE DIENS
2 perc 11. évad 43. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Galasiërs 5:13,14 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 

Mense raak al hoe meer ongeduldig. Het jy al agtergekom? Dit lyk asof daar, as gevolg van die vreeslike druk waaronder ons leef, toenemende wrywing in verhoudings is. Sou dit nie wonderlik wees, as ons die druk net ‘n kerf of twee laer kon stel nie?

Het jy al ooit by ‘n restaurant, waar die diens pateties was, gaan eet?

Stel jouself dié situasie voor: Dit is ‘n spesiale okkasie, jy is by ‘n goeie restaurant en moenie dink dis goedkoop nie! Die kos is goed, maar die diens? Die kelners is onvriendelik, hulle maak nie oogkontak nie; hulle druk mekaar ongeduldig uit die pad uit. Die soutpot is leeg, maar jy kan niemand se aandag trek nie. Jy het dus ‘n keuse: jy gaan sonder sout, of jy laat jou kos koud word terwyl jy wag.

Aaklig is dit nie? Maar ek wonder of dit nie ‘n teken van die tye is nie. Ons is deesdae so besig, dat ons nie tyd het om oogkontak te maak nie. En dan wonder ons waarom verhoudings so moeilik word. Dink net, as iemand vir jou of vir my moet wag om die soutpot vol te maak, sal hulle miskien ook nie so vriendelik voel oor húlle koue kos nie.

Galasiërs 5:13,14  Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Ons het pas Paasfees gevier en dit gaan oor die vryheid wat ons in Jesus Christus het as ons sonde vergewe word. Maar wat beteken dit vir ons? Ons moet mekaar in liefde dien, en nie ons nuutgevonde vryheid gebruik om onsself te behaag nie.

Dis so eenvoudig; ons maak ‘n verskil as ons ander dien.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


Enjoying The Content?


For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!


DONATE R50 MONTHLY

LEEF ‘N NUWE LEWE
3 perc 11. évad 42. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Romeine 6:4 Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.

Die vraag is: Het Jesus regtig uit die dood opgestaan, of was dit ‘n komplot, ‘n bedrogspul wat deur sy ontnugterde dissipels opgemaak is? Wat sê die getuienis? Kom ons kyk.

Verleidelike, glansryke advertensies belowe ons ‘n nuwe lewe. Gaan op hiérdie vakansie en jy voel soos ‘n nuwe mens. Koop hierdie bevogtiger en jy sal ‘n nuwe mens wees. Jy ken die verkoopstegnieke. Maar dit maak nie saak hoeveel ons spandeer nie; ons gaan nooit op húlle manier ‘n nuwe persoon word nie. Dit is alles ‘n bedrogspul.

‘n Paar duisend jaar gelede, in Israel, is ‘n timmerman uit Nêrens aan ‘n kruis vasgespyker. ‘n Paar dae later is die klip voor sy graf weggerol en honderde mense het getuig dat hulle Hom weer lewendig gesien het.

Een moontlikheid is dat dit alles ‘n bedrogspul was. Miskien het sy dissipels die liggaam gesteel? Maar in die volgende paar dekades is elkeen van hierdie dissipels geslaan en doodgemaak omdat hulle verklaar het dat Christus uit die dood opgewek is. ‘n Bedrogspul? Ek dink nie so nie.

‘n Ander moontlikheid is dat die owerhede die lyk weggeneem het, want gerugte van ‘n opstanding sou hulle polities benadeel.

Daar is ‘n derde moontlikheid en dit is die een wat ek glo – dat Hy leef! Dit lyk beslis nie na die mees logiese verklaring nie. Hoe weet ek dis waar?

Romeine 6:4 Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei.

Paulus skryf letterlik in die oorspronklike Grieks, ‘sodat ons in die nuutheid van die lewe kan wandel’. Hoe weet ek dat Christus opgewek is? Want ek leef die laaste kwarteeu al in daardie nuutheid van lewe. En al dit is eenvoudig; dis lewensveranderend.

‘n Vars begin. ‘n Nuwe lewe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Dis die Eenvoudige Dingetjies wat tel
3 perc 1. évad 113. rész Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Johannes 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Daar is deesdae nie baie positiewe stories op die nuuskanale nie! Of hoe? Maar ek dink dat ons dinge te krities ontleed en onnodig kompliseer, selfs as dit goed gaan! Op die ou end is die meeste dinge redelik eenvoudig. Veral as dit by die waarheid kom.

 

Vandag se ekonomie is 'n baie ingewikkelde ding. Dis aandele, aandelemarkte, dividende, termynkontrakte, afgraderings, wisselkoersskommelings, inflasie, deflasie ... 

 

Maar weet jy, geld is tog 'n baie eenvoudige ding. Spandeer minder as wat jy verdien, bepaal jou prioriteite, spaar 'n bietjie vir die toekoms en belê verstandig. ‘n Mens hoef nouliks geniaal te wees om dít te verstaan. Maar ten spyte van die gesofistikeerdheid en gekompliseerdheid van die finansiële markte, was huishoudelike skuld nog nooit hoër as nou nie!

 

Dit voel vir my 'n bietjie soos die teologiese biblioteek, waarin ek 'n paar jaar gelede rondgeloop het. Dit was propvol boeke oor God. En ek het heimlik gedink: "Hoe kan soveel mense so baie boeke skryf, oor iets wat so eenvoudig is? Veral in 'n tyd waarin die grootste aantal mense, ooit in die geskiedenis, ver van God af is!"

 

Miskien word ons so verblind deur die kompleksiteit, dat ons die eenvoudige waarheid uit die oog verloor!

Johannes 3:16 leer ons: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

 

Dit is die goeie nuus. Jesus het gesterf om die prys vir sonde, joune en myne, aan die Kruis te betaal. Dit beteken dat Jesus die ononderhandelbare prys, wat God geëis het, moes betaal, sodat ons, as ons net op Jesus vertrou, die gratis geskenk van die Ewige Lewe sal ontvang.

 

Baie teoloë besit baie boeke oor God. Veels geluk! Maar die goeie nuus van Jesus Christus, is iets so eenvoudig, dat selfs ek dit sonder honderde boeke, kan verstaan.

 

Deur wat Christus vir jou gedoen het, word jy vergewe. Vertrou op Hom.

 

Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY

Sebesség:
Érd el és vezéreld távolról a helyi hálózaton elérhető IntoRadio Cast képes eszközöeidet!
Böngésző-kiegészítő telepítése szükséges!
Chrome web store